Hart & Hand 13 Oktober 2013
Saam op pad met God
Eredienste
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Duxbury: 09:30
Baie welkom by ons
Fanie van der Schyff Skriflesing: Sagaria 2:4 Sang: Sk 12-5:1, 3 Sk 12-2:1, 4, 5 Ps 102b:5, 6 Sk 15-7:1, 2, 6 Sk 20-1:3
Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Breek die stadsmure af! Fanie van der Schyff Nehemia het opdrag van die Here ontvang om Jerusalem se stadsmure weer te herbou. Om en by dieselfde tyd ontvang Sagaria ’n visioen van die Here waarin hy Jerusalem sonder stadsmure sien. Waarom sien Nehemia ’n stad met mure, terwyl Sagaria ’n stad sonder mure sien? Aanddiens
Herkalibreer Griffel van Wyk Dis soms nodig om as Christen introspeksie te doen. In jou binnekant in te kyk en seker te maak jy is nog op die spoor. Herkalibreer. Vrae wat hiermee help is: Hoekom doen ek wat ek doen? Hoe doen ek dit? Waartoe doen ek dit? 2 Korintiërs 5 help ons om antwoorde op hierdie vrae te kry en onsself te herkalibreer in die lig van Jesus.
Sagaria 2:4 Hy het vir dié engel gesê: “Hardloop en sê vir daardie jongman: Jerusalem gaan 'n stad sonder mure word, so baie mense en diere gaan daar in hom wees. Onvoorwaardelike liefde
● naby ● ver ● diep ● wyd
Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: 2 Korintiërs 5:11-21 Sang: Sal afgekondig word
Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Troyestraat Christelike Sentrum - dagboek Woensdag 16 Oktober: kleingroep/Bybelstudie by Harmoniehof
Dagboek
21 Oktober 2013
Leer my om te bid Aangebied deur Johann le Roux
Sondag:
Maandag:
Woensdag:
Jeug-kleingroepe 10:00 Fleurenville
18:00 Agapé
18:00 Diakonie vergader in die konsistorie 19:00 Kerkraad vergader in die moederskamer
Gelukwense
Tweedehandse boeke
Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte. (Johannes 15:5)
Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.
13/10 14/10 14/10 14/10 15/10 16/10 16/10 16/10 16/10 17/10 18/10 18/10 18/10 19/10 19/10
Jaco Lidia Gwen Janneke Contessa Heleen Bernard Elizabeth Elset Marcel Tanya Roné Pieter Annemarie Sune
de Beer de Wet Hussem Nortje Kruger Ferreira Hellberg Koekemoer Venter Bolsens Cameron Pretorius van der Mescht Hoogenboezem Kusche
083 387 3545 083 260 3772 083 441 6461 082 761 2925 082 464 2690 072 850 5425 083 346 9574 082 640 2998 082 545 5004 082 892 3328 083 680 7082 076 898 5699 084 417 5456 012 460 0734 082 493 8995
Eljadahuis Die jaar staan sowaar weer einde se kant toe en ons neem weer die vrymoedigheid om te vra vir nie-bederfbare kos vir Eljadahuis. Oor twee maande sluit die huis vir Desember en daar word gepoog om aan elke gesin ’n kospakkie te gee vir Desember. Ons is dus reeds besig om ekstra kos bymekaar te maak daarvoor. Alle bydraes sal baie waardeer word.
Sestigplussers Die volgende byeenkoms vind plaas op 24 Oktober. Hou Hart en Hand dop vir meer besonderhede.
Tukkies
Eerstejaarskamp 2014 13 -17 Januarie Vier nagte en drie lekker etes per dag alles vir R780.Skryf in by www.gereformeerdbrooklyn.co.za Navrae en meer inligting by hermannpretoriuis@gkbrooklyn.org. za of Hermann by 079 875 4290
http://www.facebook.com/GKBrooklyn
Voorbidding – Viëtnam Stamgebonde gelowiges in die sentrale hoogland en noorde van Viëtnam ervaar felle vervolging. Selfs al probeer hulle om onopsigtelik byeen te kom, word hulle heeltyd deur die regering dopgehou en ondervra. Bid dat hulle voortdurend hul hoop en toevlug in die Here sal vind.
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Bets Engelmohr by 082 320 9133 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Meelewing Meelewing met die afsterwe van Diek van Stek in die ouderdom van 99 jaar – sy sou op 17 Desember vanjaar 100 jaar oud geword het. Sy is Maandagoggend om 04:00 in haar bed in Fleurenville oorlede. Diek het onlangs geval en haar bekken gebreek wat ’n pynlike lyding veroorsaak het. Dit is egter nie haar ouderdom wat ons sal onthou nie, maar haar geloof en getroue meelewing met die gemeente. Sy het tot op die ouderdom van 97-98 jaar gereeld die eredienste in Troyestraat bygewoon. Haar diaken, Roelof Pelser, het haar elke keer gaan haal en ook gereeld besoek. Haar begrafnis Donderdag is gelei deur ds. Paul Geertsema. Preekreeks
Oggend-eredienste Fanie van der Schyff 13 Okt Breek die stadsmure af! 20 Okt Versierde stadsmure...
Groot Kersprogram-pret vir ons graad 1 tot 3’s! Alle graad 1- tot 3-kinders kan hierdie kwartaal daaarna uitsien om deel te wees van ons gemeente se Kersopvoering wat ná die erediens op 24 November 2013 op die planke gaan verskyn! Ons vra egter alle graad 1- tot 3-kinders en hul ouers se ondersteuning. Daar sal elke Sondag direk ná kerk 15 minute lank in die kerk geoefen word waarna die kinders na die lapa kan gaan vir hul weeklikse jeugkleingroep. Ouers word gevra om geduldig die 15 minute af te staan. Daar is ook hulp nodig met die dekor.
Gereformeerde Kerk Wierdapark word 40! Ons nooi alle oudlidmate en belangstellendes hartlik uit na ons feesnaweek 25 tot 27 Oktober vanjaar. Ons begin Vrydagaand om 18:00 met ’n verskeidenheidskonsert en ete waartydens ons ook lekker met ou vriende gaan kuier. Op Sondag 27 Oktober om 09:00 vier ons nagmaal en kuier daarna saam oor ’n koppie tee en verversings. Indien iemand die feesnaweek saam met ons wil deurbring, kontak Rita Breet van Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 13:00 by die kerkkantoor by 012 654 5629.
Brooklyn Brokkies Lidmate en belangstellendes wat graag ’n bydra tot die redaksionele inhoud van Brooklyn Brokkies wil maak kan kopie en fotos (JPG formaat) gerus per e.pos stuur.Merk die e.pos, Redakteur Brooklyn Brokkies. E.posadres gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com
Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp
Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Reëlings Datum
Plek
13 Okt
Duxbury
13 Okt
Troyestr
20 Okt
Duxbury
20 Okt
Troyestr
Diensbeurt Ouderling Matthys van der Hout Diaken Este-Marie Pieterson Dienste deur Hervormde Kerk Ouderling Ivan Altin Diaken Fanus Nortje Ouderling Bingle Kruger
Kollekte
Skinkbeurt
Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Joëlna
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Bets/Gerda
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Aanhalings van Andrew Murray " Geloof is om van God te verwag van wat bo alle verwagting bestaan. " " Ons liefde vir God word gemeet deur ons daaglikse gemeenskap met ander en die liefde wat dit openbaar. " " ‘n Mens behoort met sy hele hart te soek om met die Gees van God vervul te word . Sonder om met die Gees van God vervul te wees, is dit heeltemal onmoontlik dat 'n Christen kan leef of werk volgens God se wil. " “Gebed is nie ‘n monoloog nie, maar ‘n dialoog. God se stem in reaksie op myne is, is die mees noodsaaklike deel daarvan. " “Trots moet in jou sterf anders kan niks van die lewe in jou leef nie.”
Eerstejaarskamp Stellenbosch 2014 Jou kaartjie na suksesvolle studentwees! 18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm of by Mariétte by 072 778 7804 of by Johan by 082 929 1733.
9 Oktober 2013
VOLMAAN OOR DIE SEE Dis mooi verby – die volmaan verf die see silwer en jy kyk verwonderd daarna. Tog is die see onrustiger as die vorige aande. Die branders breek met meer geraas en geweld. Die see is met die maan gepla en dis noodsaaklik in die legkaart van die Skepping. In Genesis 1:10 skep God die see en op die vierde dag die son en maan en Dawid verwonder hom in Psalm 8:4: “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het…” en in Jeremia 31:35 staan: “...so sê die Here, Hy wat… die maan en sterre beveel om snags te skitter, Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis, wie se Naam Here die Almagtige is”. Ons leef soms met glans in ons oë en storms in ons gemoed, soos die volmaan oor die see – maar ons weet die stad in Openbaring 21:23 “het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp” - en selfs die see sal dan tot rus kom.
NG Kerk Universiteitsoord bied aan: Vroeë SomerKersfees op 26 Oktober om 19:00. Dit beloof om ’n aand met hoogstaande klassiek-kontemporêre musiek te wees met Akustika- kamerkoor, die Magalies-bergse kinderkoor, koor van Laerskool Pretoria-Oos, Dihan Slabbert as solis, saam met die gemeente se musiekgroep, onder leiding van Prof. Wim Viljoen. Vir verdere navrae kontak die kerkkantoor by 012 362 0664 of koop jou kaartjie by www.computicket.com Projek by Louis Botha-
Kinderhuis: Huis 9 Ons is op soek na mense wat ’n passie het vir kinders en wat betrokke wil raak by ons projek. Ons vat een maal per maand benodighede vir die huis en/of die kinders na Huis 9 – ’n huis met meestal tienermeisies. Hulle het ’n baie klein begroting en kom nie maandeliks uit nie. Dit kos nie meer as so R200/300 per maand nie; en dan gaan kuier ’n paar van ons in die aand daar vir so ’n uur (eerste Dinsdagaand van die maand). As jy nie die maand kan gaan kuier nie, tref ons ’n reëling om jou bydrae te kry. Ons reël ook soms (so vier maal per jaar) om oor ’n naweek by die kinderhuis te gaan kuier en dan vat ons kos soos hamburgers, wat ons daar braai en kuier ’n bietjie by die kinders. As jy betrokke wil raak, sms of bel Annette Snyman by 084 207 9272.
2013 Frankfort-Riviertoer Die inskrywings vind dié jaar vinniger plaas as in die verlede, maar daar is vir seker nog heelwat plek beskikbaar. Ons is dus nog glad nie vol bespreek soos die gerugte die rondte doen nie. Die inskrywingsvorms is op die Kruispad-webblad beskikbaar (sien onderaan). Die koste is R670 per kind, wat die verblyf, heerlike kos, vervoer na en van Frankfort-Tweeling (Zorgfliet) insluit. Frankfort Riviertoer: http://projekte.kruispad.net/frankfortriviertoer.html Riviertoer Facebook: https://www.facebook.com/riviertoer.frankfort
REDAKTEUR
Godsdienstige blaadjie Daar sal by geleentheid ’n godsdienstige blaadjie by die kerk se deure beskikbaar wees. Neem gerus ’n kopie. Rig navrae en kommentaar aan die kerkkantoor.
Daar is tans geleentheid vir iemand met taalvaardighede, liefde vir skryf en ’n sin vir nuuswaardigheid om as redakteur die versorging van Brooklyn Brokkies te hanteer. Indien jy geroepe voel om jou gawes met dié van ander te deel en leiding te neem om dié publikasie kwartaalliks die lig te laat sien, skakel gerus met Ivan by 082 444 3666.
ADVERTENSIES 1. BELASTINGOPGAWES 2013 SARS se sperdatum vir die indiening van elektroniese belastingopgawes vir die 2013belastingjaar is 22 November 2013. Skakel my gerus indien u hulp soek met die indiening van opgawes vir persoonlike sowel as besigheidsbelange. Geregistreede belastingpraktisyn en geoktrooieerde rekenmeester. Kontak Fanus by 084 764 6068 of e-pos fanus.nortje@gmail.com. 2. WERK GESOEK ’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959.
3. WOONSTEL OF TUINWOONSTEL ’n Jongman (met sober gewoontes) van 23 jaar, wat sy studie van volgende jaar af in Pretoria kom voortsit, is dringend op soek na ’n tuinwoonstel of woonstel om te huur vanaf 1 Desember - verkieslik in die Mootomgewing (Wonderboom-Suid, Riviera, Gezina, Villieria, Capital Park, ens.), aangesien hy by Soltech in Booysens sy prakties gaan doen. Hy het ook ’n klein hondjie wat moet saamkom. Kontak Ela by 084 260 0304 of MJ by 082 772 069.
Kennisgewing Let asseblief daarop dat die gholfdag wat vir 8 November geskeduleer was, gekanselleer is.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.