Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 15 Februarie
Hart
&
Hand
Uit Hom, deur Hom en tot Hom
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Hoe ken ons Hom?
Chris de Beer As alles uit Hom, deur Hom en tot Hom is, dan maak dit tog net sin om die volgende ruk stil te staan by Hom. Hoe meer ons Hom ken, hoe meer gaan ons, ons afhanklikheid begryp. Dit beteken ons moet die vraag beantwoord: Hoe ken ons Hom? Hoe maak Hy homself bekend? Aanddiens
Jesus, my Vriend, my alles ...
Fanie van der Schyff Lees mens hierdie paar verse, is dit asof ons Johannes vandag nog hoor uitroep: "Jesus, my Vriend, my alles ..." Alles is uit Hom: Hy is die Bron van liefde en het jou lief! Alles is deur Hom: dit is Hy wat as Vriend nou aan jou blydskap en vrede gee! Alles is tot Hom: dit is Hy wat jou uitverkies het om vrugte dra wat God verheerlik! Hoe kosbaar is hierdie vriendskap met Jesus vir jou? Troyestraat (Nagmaal)
Uiteenlopende sienings van die Wederkoms Soveel mense en kerke, soveel sienings. Elkeen probeer sin maak uit die Bybelse beskrywing daarvan. Vrae van belang is o.m.: Hoe letterlik moet die Bybel hieroor opgeneem word? Het die apostels Jesus reg verstaan? Plaas die feit dat twee duisend jaar sedertdien verloop het, nie ’n vraagteken agter die Wederkoms nie? Aangesien ons waarskynlik in elk geval voor die tyd gaan sterf, is die Wederkoms prakties van enige betekenis in my lewe?
Foto: Berg Ararat. (Lugfoto Wikipedia) Ligging: Turkye Hoogte: 5,137 m
Eredienste: Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing:
Romeine 1:18-21 Sang: Ps 8a:1, 3, 4, 7 Sk 12-3:1, 2 Ps 130a:2 Lb 219:1, 2 Sk 13-3 (Amen) Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Johannes 15:9-17 Sang: Ps 134a:4 Sk 10-2 WegstuurseĂŤn Lb 565:1 Lb 566:2, 3 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: 2 Petrus 3 (teks: verse 3-4) Voorsang: Ps 130, Lb 280, Ps 29, Lb 200 Onder die diens: Lb 203:1, 2, 3 Sk 6-1:1, 4, 5 Sk 18-7:1, 3
Vandag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Dinsdag: 08:30:Predikante-toerusting Woensdag: 19:00 Beginpunt Donderdag: 19:00 Nuwe lidmate
Dagboek
Gelukwense
Ek is die Goeie Herder, ’n Goeie herder offer sy lewe op vir die skape (Johannes 10:11). 15/2 15/2 16/2 16/2 16/2 17/2 17/2 17/2 19/2 19/2 20/2 21/2 21/2
Tjaart Anina Mintje Christo Linda Anri Henry Geert Schalk Léandi Koos Ida Niek
Bosua Myburg Bosua Kuun Mennega Coetzee Human Stevens van Vuuren Venter Sauer Linde Wiechers
083 490 3225 082 788 6670 012 460 5086 082 551 7648 078 869 3310 072 589 7096 082 337 5629 082 458 9135 083 252 9176 071 593 6454 082 435 3483 073 610 2974 082 491 0004
TROYESTRAAT-BEDIENING Woensdag 18 Februarie: Bybelstudie om 09:30 in Araratsaal. Openbaring 13 (die dier uit die see) Woensdag 25 Februarie: Kleingroep by Harmoniehof om 10:15
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Siekte:
Sestigplussers
Gwen Hussem (083 441 6461) is in die Muelmed-hospitaal opgeneem ná ’n ligte beroerte. Ons bid haar die krag en seën van die Here toe.
Die volgende byeenkoms vind plaas op 26 Februarie. Hou Hart & Hand dop vir meer besonderhede.
Enkellopendes en jonggetroudes
Juventus-Aksies
Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.
STAPTOER NA NYLSVLEI: 20 tot 22 Februarie vir studente en jongwerkendes. Slaapplek @ R250 p.p. vir die hele naweek. Daar is ook plek vir tente, wat natuurlik goedkoper sal wees. Kontak Tiaan asb. by 083 419 7247 vir meer inligting. CANSA Shavathon word deur die kerk aangebied by Hillcrest Boulevard op 28 Februarie - alle vrywilligers en ondersteuners is welkom. Op Sondag 1 Maart sal daar ook by die oggend- en aanddiens hare gespuit en gesny word. Kontak Ilse asb by 083 310 7436 of Leoné (nauurs) by 082 581 7585 vir meer inligting of om hulp aan te bied.
Voorbidding:
Algerië Die terroriste-aktiwiteite van die Islamitiese Staat (IS) in hoofsaaklik Sirië en Irak beïnvloed terroristegroepe in Algerië en veroorsaak onstabiliteit in die land. Bid dat die kerk vurig sal bly in die geloof en dat gelowiges nie deur enige terroriste-aktiwiteite geraak sal word nie.
Aandpreek (Romeine 11:36)
Tot Hom … is alle dinge 1 Timoteus 1:17 Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. In hierdie wêreld lewe ons in ’n rat race ter wille van oorlewing. Daar gebeur baie dinge wat negatief is en ’n mens kan maklik mismoedig begin raak. Ons wonder soms waarom so baie dinge verkeerd loop en wat is die doel van alles. Die goeie nuus van 1 Timoteus gee vir ons perspektief in hierdie gejaagde wêreld. God drie-enig is ewig Koning, Hy bly in beheer en ons is syne. Ons lewe nie ter wille van onsself nie, ons lewe om Hom te eer te midde van hierdie gejaagde wêreld, want tot Hom is alle dinge!
Tot Hom is alle dinge Die afgelope paar weke het ons stilgestaan by die gedeelte “uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge”. Die woorde tot Hom was die fokus van die prediking die afgelope Sondag.
Oggendpreek (Markus 6:41; Lukas 24:50-53) Jesus het om die seën van die Vader gebid voor die vermeerdering van die brood en visse (Markus 6:41). Deur hierdie seëngebed het Hy die Vader om krag gesmeek om die wonder van vermeerdering te kan doen. Jesus het dit egter nie ter wille van Homself gesmeek nie, want Hy het tot die Vader gebid dat Hy (die Vader) Hom (Jesus) die krag sou gee vir die wonder … sodat die Vader alle eer moes ontvang, want alles is tot Hom. In Lukas 24:50-51 lees ons dat Jesus na die hemel opgevaar het terwyl Hy sy dissipels seën. Sy seën was ’n bron van krag vir die dissipels om te gaan wees en te doen waarvoor hulle geroep is. Jesus seën hulle nie ter wille van hulleself nie, maar sodat hulle met krag wat van Hom kom, tot eer van God hul roeping kon uitleef. Alles is dus tot eer van Hom alleen.
Tot Hom is … alle dinge. Twee woorde wat ons hele lewe verander, want Jesus Christus is meer as net ons Verlosser, Hy is ’n kosmiese Koning. Die hele skepping is deur Hom en vir Hom geskep (Kolossense 1:16). God drie-enig se raadsplan voor die skepping was dat alles in die heelal onder Jesus se Koningskap sal staan en daarom skryf Paulus ook: Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus (Efesiërs 1:10). In Filippense 2:9-11 lees ons hoe elke knie eendag voor Jesus sal buig en elke tong sal getuig dat Hy koning is. Dit het geweldige implikasie vir ons, want as die heelal op pad is om Hom as Koning te dien, dan behoort Hy in die middel te staan van alles wat ons doen, want tot Hom is alle dinge. Besoek www.gkbrooklyn.org.za/preke as jy na die preke wil luister.
Nuwe lidmate Alle nuwe lidmate word uitgenooi om op Donderdag 19 Februarie om 19:00 in die moederskamer bymekaar te kom. Ons wil julle graag ontmoet en meer vertel van ons gemeente. Indien iemand jou nog nie gekontak het nie, kontak asb. vir Fanus Nortje by 084 764 6068 of Elfrieda Marais by 072 179 5847.
Gelukwense Baie geluk aan Willem Reyneke wat vanaand in die amp as diaken bevestig word. Ons bid hom die Here se seën toe.
Verjaarsdagtee Dis weer tyd vir ons kwartaallikse verjaarsdagtee. Almal wat in Januarie, Februarie en Maart verjaar, word gevra om op Sondag 22 Februarie ’n bordjie handeetgoed te bring. Ná die diens drink ons almal saam met die verjarendes ’n koppie tee of koffie
Agapé-kosbank
Vetkoek-Vrydag Wegneemetes Soos reeds bekend is, bied ons gemeente in 2019 die Sustersaamtrek aan. In aanloop en ten bate van ons fondse gaan ons begin met ’n Vetkoeken-maalvleis-Vrydag. Dit gaan as ’n wegneemete verkoop word. Julle kan by enige Agapé-lid bestel en betaal.
Ons eerste Vetkoek-Vrydag is op 13 Maart. Groete Agapé-diensgroep
Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 sal die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.
. Program vir Dissipelskapkafee
Februarie – Mei 2015 Feb 16 23 Maart 2 9 16 23 30 April 6 13 20 27 Mei 4 11 18 25 1 8
Die Algemene openbaring (Sola Gratia) Die Besondere openbaring (Sola Scriptura) Agapé-vergadering Geloof alleen: Christus (Solus Christus) en die Heilige Gees (Sola Fide) Samevatting : Bespreking Vakansie Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees? Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel
Sustersaamtrek 7 Maart 2015
Junie
Chris de Beer Paul Grobler Chris de Beer Fanie van der Schyff Fanie, Chris en Paul
Paul Grobler Paul Grobler Paul Grobler Chris en Paul
Diakonale sake Hiermee ’n gedetailleerde uiteensetting van die afgelope vier maande se inkomste en uitgawes van die diakonie. Vir al die geldelike bydraes wat ons van die gemeente ontvang het, wil ons u graag hartlik bedank. U bydraes stel ons as diakonie in staat om ander te help wat die geld baie nodig het. Okt 2014
Nov 2014
Des 2014
Jan 2015
Totale Inkomste Kollekte Ontvang Ander inkomste
44 584.88 21 392.15 23 192.73
53 897.48 32 600.75 21 296.73
45 932.33 18 882.33 27 050.00
48 527.00 38 427.00 10 100.00
Totale Uitgawes
60 032.62
53 234.90
54 403.37
52 468.65
Uitgawes Barmhartigheidsdiens Maandelikse Toekennings AD HOC Toekennings v/d maand Ander/Diverse
Oorskot/Tekort
32 670.00
30 488.00
30 488.00
30 488.00
14 000.00
14 000.00
14 000.00
14 000.00
12 500.00
8 000.00
8 945.00
7 397.00
862.62
746.90
970.37
583.65
-15 447.74
662.58
-8 471.04
-3 941.65
Vir enige verdere navrae, kontak die diakonie gerus.
Hartklop-Fees 2015 Kaartjies is ten bate van die Paul Kruger-Kinderhuis 28 Maart 2015
Koninkryk van God en Sy geregtigheid Matteus 4:17
NG Moreleta Ouditorium
Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
Kunstenaars: Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Adam, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld.
Johannes 13:35
Kaartjies beskikbaar by Itickets 086 1000 291 www.itickets.co.za Kaartjiepryse: R110-R250
As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
1Korintiërs 12:27 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.
Toerusting vir groepe en gesinne Die afgelope paar weke het ons baie na die woorde van Romeine 11:36 gekyk. In dié gedeelte kom die woorde UIT, DEUR en TOT voor en ons het stilgestaan by gedagtes soos: 1. As alles uit Jesus is, is Hy die bron van alles wat goed is. 2. As alles deur Jesus is, is Hy die een wat ons krag gee. 3. As alles tot Jesus is, is Hy ook die einddoel van alles. Lees die volgende gedeeltes en bespreek die vrae om bogenoemde gedagtes beter te verstaan.
Johannes 1:1-5 In vers 3 staan daar dat alles deur Hom tot stand gekom het. ● Dink ons soms te klein van Jesus as ons na ons lewe kyk? ● Wat leer hierdie teks ons van hoe groot Jesus is? ● As jy terugdink aan die afgelope week, het jy dalk iewers vergeet dat Alles deur Jesus geskep is?
Handelinge 17:27-28 In vers 28 leer ons dat ons deur Jesus lewe, beweeg en bestaan. ● Wanneer laas het jy daaraan gedink dat wanneer ons Jesus volg Hy alles in ons lewe bepaal, selfs die manier waarop ons beweeg? ● Hoe bepaal die feit dat iemand Jesus volg daardie persoon se manier van lewe, beweeg en bestaan? ● Wanneer in die afgelope week het jy toegelaat dat iets anders bepaal hoe jy leef of beweeg?
1 Timoteus 1:17 Hierdie vers leer ons dat Jesus al die eer tot in ewigheid kry omdat Hy ewig Koning is. Alles is tot Hom. ● Wat verstaan jy as jy hoor Hy is vir ewig Koning? ● Hoe vorm die feit dat alles tot Jesus se eer werk jou manier van dink oor die toekoms? ● Wat het in die afgelope week gebeur wat jou herinner dat Jesus steeds in beheer is
Sustersaamtrek: 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van ons gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015. Tema: Julle is Sout en Lig Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie van 07:30 Plek: Wapadrant-gemeente, Plot 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom. Kontak Ronel Stronkhorst asb. by 083 299 7413 of by exinco@mweb.co.za indien jy na die saamtrek wil gaan.
ADVERTENSIES STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT IN QUEENSWOOD 5km van Tuks en mediese kampus, naby Gautreinbusroete. Ruim vertrek met instapkas en badkamer. Yskas en kookgeriewe asook ’n klein patio. Privaatingang met onderdakparkering. Goeie sekuriteit. Huur R2 200 p.m. sluit wasgoeden skoonmaak-diens in. Skakel Joan by 082 570 1778.
DEELTYDSE ADMINISTRATIEWE HULP BENODIG: DAMESTUDENT Werk in die gemak van jou eie huis, wanneer jy tyd beskikbaar het. Betaling is per uur en word onmiddellik na afhandeling van werk gedoen. Verwysings van vorige deeltydse werkers is beskikbaar. Jy benodig: matriek en ’n rekenaar met internetkonneksie. Kontak Petra Prinsloo by 0824628471 of petraprinsloo@absamail.co.za
BOEKRAK GESOEK Linda van Vuuren en Johanna Hellberg wil graag aanhou om geestelike boeke te verkoop. Ons wil graag die boeke op ’n boekrak uitstal en vra of iemand nie dalk iewers ’n boekrak het wat nie meer ’n doel dien nie? Ons idee is om tweedehandse boeke te verkoop en daarom vra ons dat ou boeke ook na ons kant toe aangegee word. Alle geld wat ons maak, gaan vir ons gemeente se Bybelverspreidingsprojek.
DIE WASLYN Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596.
WOONPLEK BENODIG My ouers se huis in Belfast is verkoop en hulle moet einde Feb. uit hul huis wees. As daar iemand is wat weet van ’n 2-slaapkamerwoonplek verkieslik met ’n toesluitmotorhuis in Pretoria of naby genoeg kontak Liza by 073 588 6907 of haar ma by 083 463 1926.
EKSTRA WISKUNDEKLASSE Ek is ’n honneursstudent in Aktuariële Wiskunde wat een-to-een Ekstra Wiskundeklasse vir gr. 1-11leerders by jou huis aanbied: laerskool @ R150 per uur en hoërskool @ R200 per uur. Kontak Jaco by 083 369 7880.
WOONSTEL TE HUUR Die diakonie se woonstel, Normandie 301, is beskikbaar om te huur. Kontak Rentia by 082 775 6907 indien u belang stel.
FAITH PRODUCTIONS Kontak Hannes van Wyk by 084 820 5100 of e-pos faithproductions.tv@gmail.com vir foto’s, DVDopnames, redigering en klankopnames regoor SuidAfrika.
WOONSTEL BENODIG 2 Slaapkamers met klein tuintjie en wat veilig is. Kontak Theuna Stolz ná 15:00 by 084 595 2820.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Vakant Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum Plek 15 Duxbury Feb
15 Feb 22 Feb
22 Feb
Troyestr
(Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Diensbeurt Ouderling Marthinus Heystek Diaken Barend Wierenga
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas
Skinkbeurt Ronél
Ouderling
Onder die diens Diakonale werk By die deure Pro Ecclesia Beursfonds
Janneke, Petra, Kotie, Beulah
Troyestr Duxbury
Fanus Heystek
Diaken Wessel Herbst Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).