Hart & Hand 15 September 2013
Eredienste Duxbury: 09:30
Dr Paul Kruger
Dr Paul Kruger (Emeritus) Skriflesing: Maleagi 2:13–3:5 Teks: Maleagi 3:2, 3 (veral vs. 3a) Sang: Ps 104a:1, 20, 21 Ps 72a:11 Sb 14-3:1-4 Ps 66a:4 Ps 119a:25 Sb 10-2
Aanddiens
Duxbury: 18:30
Tafelberg
Griffel van Wyk Skriflesing: Jesaja 6:1-8 Sang: Sal afgekondig word
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
In die silwer-smeltoond
Griffel van Wyk In Jesaja 6 gebeur amper dieselfde as wanneer die wind die mis rondom Tafelberg wegwaai. Die mis is weg en die berg wat jy geweet het daar is, kan jy nou skielik sien. Soms is ons perspektief op God mistig, soms is die mis so dig dat ons Hom glad nie kan sien nie... maar net in teorie moet aanvaar dat Hy daar is. Maar soms... dan kom waai Hy die mis weg... en dan sien ons... en wat ons sien... verander ons. Kom ons laat Jesaja 6 nou die mis vir ons wegwaai.
Troyestraat
Die hele Bybel in ’n neutedop Ds Fanus Heystek Die Bybel is ’n baie dik boek waarvan al die waarhede, wysheid en Goddelike openbaringe daarin nie getel kan word nie. En tog word êrens in die Bybel – in een hoofstuk – die ganse Bybel saamgevat. Daardie hoofstuk maak die res nie onnodig nie, maar bevestig dat die Bybel van begin tot einde ’n absolute eenheid is.
Onvoorwaardelike liefde
● naby ● ver ● diep ● wyd
Troyestraat: 10:00 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Openbaring 12 Sang: Ps 33:1, 7 Sk 9-3:1 Ps 25:1, 2 Lb 353:1-3
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Dagboek
18:00 Diakonie vergader in die konsistorie. 19:00 Kerkraad vergader in die moederskamer.
Troyestraat: Aanddiens Ds Fanus Heystek Skriflesing: Openbaring 10 Tema: ’n Engel sweer oor die einde
Donderdag: Troyestraat-dagboek UP: reses begin
Vrydag:
Vandag:
Skole sluit
Jeug-kleingroepe
Maandag:
19:00 Dissipelskapkafee
Woensdag 11 September: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30. Tema: 1 Pet 4. Woensdag 18 September: Kleingroep by Harmoniehof om 10:30.
Welkom aan
Dinsdag:
Woensdag: UP: lentedag
Lenie Kruger van Unionpark Gate 106 (071 513 7850) Johan en Ina van der Walt van Louis Mansions 302 (074 720 8800)
Gelukwense
Eljadahuis
UP: lesings sluit
Ek, die Here, stuur ’n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat ek vir jou reg gemaak het. (Eksodus 23:20) 15/9 15/9 16/9 17/9 17/9 18/9 18/9 18/9 18/9 18/9 18/9 19/9 19/9 19/9 19/9 19/9 20/9 20/9 20/9 21/9
Mariechen Steyn Alta Pierre Callie Karen Carin Mariaan Martyn Martinus Rigard Daan Hendrik Ria Wouter Johan Wico Joanel Marilee Casper
Schulze van Wyk Schulze Hoffman Steijn Booyens Booyse Heystek Nagtegaal van der Merwe van Zyl Guillaume le Roux Molenhuis Potgieter van Staden Booyse Potgieter van der Walt du Plessis
012 362 0356 082 828 9044 012 362 0356 082 561 7207 083 491 2981 083 635 7308 012 460 2142 072 805 8545 082 434 1614 072 497 5089 074 103 7737 083 254 2994 071 534 4639 083 655 4367 082 768 9201 083 454 2113 083 645 4461 082 850 7983 082 850 6975 082 309 6770
Dankie aan Brooklyn-gemeente wat so getrou kos aan Eljadahuis skenk. Daar word al staatgemaak op ’n motor vol kos wat aan die einde van elke maand by die huis afgelewer word. Blikkieskos en ander nie-bederfbare kossoorte is steeds baie nodig.
Diensgroep-kontakpersone Sal alle diensgroep-sameroepers asb. vir ons by die kerkkantoor die nuutste kontakpersone vir die jaar 2014 deurgee. Ons is besig met die opdatering van die gemeente-inligtingstuk.
Verlore goedere Verskeie breek- en kombuisware van gemeentelede wat ná funksies in die kombuis agtergelaat is, sal vir die volgende drie Sondae, ná die oggenddiens, deur Agapé op ’n tafel in die kerksaal uitgepak word. Kom kyk gerus en neem joune asb. Ware wat nie afgehaal word nie sal in ’n later stadium saam met ander artikels by ’n Wit Olifanttafel verkoop word. Fondse word gebruik vir Bybelverspreiding. Dankie.
Voorbidding – Suidelike Filippyne Die pastors en lekeleiers in die provinsies van Mindanao word opgelei om huiskerke te lei en om nuwe gelowiges vanuit ’n Moslemagtergrond te bedien. Bid dat die Here hul geestelike gawes sal aanwakker en dat hulle toegerus sal word om hul broers en susters te lei, veral diegene wat in Moslembeheerde gebiede woon.
Naasteliefde
Liefdevolle ondersteuning
Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Danksy die liefdevolle ondersteuning van almal wat gehelp het, asook jul bywoning, kan die Diensgroep Projekte R110 000.00 aan die kerk oordra
Siekte Paula Coetzer is in Unitas-hospitaal waar haar been geamputeer is. Dr Mechiel Venter het die afgelope week ’n neusoperasie ondergaan. Ons bid hulle die krag en seën van die Here toe.
Gelukwense Baie geluk aan Tertius en Delene Murray met die geboorte van hul dogtertjie, Nina. Mag sy julle baie vreugde verskaf.
Sodwana-uitstappie vir die gemeente Van 13 tot 16 Desember. Duik-, visvang- en kuiernaweek. Indien u belang stel, kontak Fanie so spoedig moontlik.
Ter approbasie As ouderling: As diaken:
Jan Breed Carlé Erasmus
Ingekom met attestaat Jooste Jan H
Heilbron
Hartlik Welkom!
Vertrek met attestaat Trichardt Carolus G Egg: Petru WS
Strand
Biltongfees 2013 Bruto inkomste
R 114 017.70
Minus uitgawes
R 38 980.30
Netto inkomste
R 75 037.40
PLUS Aanvulling uit reserwefonds van Diensgroep Projekte
R 34 962.60
Totale oordrag aan kerk
R 110 000.00
Voldoende fondse is beskikbaar vir verdere liefdesdiens en hiervoor dank ons die Hemelvader
Gedenkdiens vir prof Fritz Eloff Familie, vriende en kollegas van prof Fritz Eloff het op Woensdag in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn van hom afskeid geneem. Ds Henno Cronjé het die diens waargeneem in die plek van dr Mechiel Venter, wat in die hospitaal was vir ’n operasie. Fritz Eloff se liefde vir die natuur as skepping van God en sy mooi menswees - hy was ’n ware gentleman is telkens in die huldeblyke deur familie en vriende genoem. Al het hy op soveel terreine die hoogste sport behaal, het hy altyd nederig gebly.
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
Fanie van der Schyff
E-pos
Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za
kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
15 Sep
Duxbury
15 Sep
Troyestr
22 Sep
Duxbury
22 Sep
Troyestr
Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Derrick Mashau
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Reëlings Plek
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp
Philip Loots 082 614 9415
Datum
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
Ouderling GertLambert Erasmus Diaken Chris v.d. Meer
Onder die diens Diakonale werk By die deure Deputate Jeugsorg
Bets
Ouderling Colin Cameron Diaken Drikus v.d. Walt
Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas
Joëlna/Marie
Dienste deur Hervormde Kerk
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Augustus- Dankoffer 2013 R500 000 600000 500000
● Bygedra deur slegs 55 lidmate
400000 300000 200000
R289 350
100000 0 AUGUSTUS DANKOFFER
DOELWIT
DOELWIT
WERKLIK
● Slegs 7 lidmate is veranwoordelik vir 76% van bydraes
WERKLIK
Augustus is so pas verby en ons kan met dankbaarheid meld dat die kerk reeds R289 350 ontvang het. Dit is wel kommerwekkend dat slegs 55 lidmate bygedra het waarvan slegs sewe lidmate vir 76% van die bydraes verantwoordelik was. Die Augustus-dankoffer is ’n spesiale geleentheid om ons dankbaarheid te toon vir die Here se besondere seëninge in ons lewe. Elke lidmaat kan vir seker getuig van die Here se genade op een of ander plek in sy of haar lewe. Kom ons betuig ons dankbaarheid daarvoor al is dit op ’n klein manier. Ons doelwit is om R500 000 vir die jaar tot Februarie 2014 in te vorder. Ons is reeds oor die halfpadmerk en doen ’n beroep op al ons lidmate om vrywillig met dankbare harte by te dra. Ons dank die Here vir Sy genade.
Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees
nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word
Christene en geld Aangebied deur Griffel Maandag 16 September
Kom neem gerus deel!
OPROEP TOT 'N DAG VAN VEROOTMOEDIGING OP SONDAG 15 SEPTEMBER 2013 Hiermee roep Klassis Potchefstroom kragtens Artikel 66 Kerkorde die Kerke wat in die Algemene Sinode Potchefstroom vergader op tot 'n dag vanverootmoediging en gebed in die lig van die voortgaande dade van opstand,moord, aanranding, korrupsie, bedrog en diefstal wat die openbare orde in gevaar stel.
Hiermee word elke lidmaat opgeroep om hom of haarself voor God te verootmoedig en om vas te stel of daar nie in die eie lewe ongehoorsaamheid is waardeur wandade verswyg, aangemoedig of gepleeg word nie en indien wel om deur die Gees van God te smeek om 'n lewensommekeer. Dat die Owerheid verseker word van elke gelowige se voorbidding om deur die mag aan hulle verleen met krag op te tree teen enige wandaad wat mag verhoed dat die inwoners van ons Vaderland 'n rustige en 'n stil lewe mag lei. Dat elke lidmaat versoek word om in alle aspekte van die lewe hulle te beywer vir die voortgang en uitbreiding van God se Koninkryk deur voorbeeld, woord en daad volgens die Woord van God. Dat elke lidmaat hom of haarself sal verdiep in persoonlike gemeenskap met God deur Skrifstudie en gebed. U broeders in Christus w.g. SD de Kock w.g. FJ Venter
Rentia met verlof
Hulp om twee huise te bou In noordwes Botswana kort twee sending-gesinne hul eie huise. Eben le Roux werk as koördineerder van die mondelinge Boesman-Bybelvertalings en Tim Beckendorf is een van die taalgroepe se hoofvertaler. Albei gesinne kort ’n eie blyplek. Dit sal hulle finansieel baie help as hulle nie maandelikse huur hoef te betaal nie. Daar word beplan om gietvorms te gebruik om eie stene te maak (www. Stumbelbloc.com). Die gietvorms kan oor en oor vir verskillende projekte gebriuk word en ook plaaslik werk skep, aangesien professionele bouers nie nodig is nie; 100 gietvorms, asook sement word benodig. Indien jy in Desember 2013 wil help bou, skakel die uitreikspan. Borg ’n gietvorm@ R200 per vorm. Borg sement@ R100 per sak. Kontak Phia le Roux by 00267 74 903 802 (Botswana) of phialeroux@gmail.com of Jan van Wyk by 083 380 9279 (SuidAfrika).
ADVERTENSIES 1. PERSOONLIKE STILIS Verveeld en gefrustreerd met die klere in jou kas? Bestee jy te veel geld aan klere wat jy nooit dra nie? Kontak my gerus vir persoonlike stilering en ’n klerekaskonsultasie. Ek help jou om daagliks stylvol te lyk sonder al die frustrasie! Kontak Corlia by 082 960 8771. 2. MEENTHUIS: BELA-BELA (WARMBAD) Eenslaapkamer-meenthuis te koop in aftreeoord (Caritas) in Bela-Bela. Toesluitmotorhuis, verskeie verbeterings aangebring. Veilige en boomryke omgewing. Mediese sorg beskikbaar. Skakel Emmie by 012 341 8264 vir meer inligting.
Rentia is met verlof van 16 September tot en met 24 September. Gedurende hierdie tydperk sal Ela in die kantoor wees van 08:00 tot 13:00. Let asseblief daarop dat die kerkkantoor egter op Maandag 23 September gesluit sal wees.
Godsdienstige blaadjie Daar sal by geleentheid ’n godsdienstige blaadjie by die kerk se deure beskikbaar wees. Neem gerus ’n kopie. Rig navrae en kommentaar aan die kerkkantoor.
3. FOTOGRAFIE VIR PASGEBORE BABA (binne die eerste 10 dae) Hoe geseënd is ek om met een van die wêreld se wonderwerke te kan werk! Dit is my nuwe passie en ek wil dit baie graag met julle deel. Kontak my gerus indien jy belang stel om jou baba te laat afneem en/of navrae het oor koste: Suné Taljaard by 078 460 1932 of taljaardsune@gmail.com 4. WERK GESOEK ’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959. 5. RESTOUREER VAN BYBEL. Indien u van enige instansie of persoon weet wat ’n ou Bybel weer kan bind (in die Pretoria-omgewing), kontak asb. vir Fanie by 083 446 6096.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.