Hart en hand 18 augustus 2013

Page 1

Eredienste

Hart & Hand 18 Augustus 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Liefde se grense Fanie van der Schyff Ons Here se groot gebod aan ons is dat ons Hom bo alles en daarna onsself en ons naaste moet liefhê. Hy eis onvoorwaardelike, maar nie grenslose liefde nie. Aanddiens

Die hondjies kry ook hul deel

Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Ps 106 (13) Sang: Ps 18a:1 Ps 18b:5 Ps 18a:14 Ps 67b:1 Ps 103b:4, 7 Lb 334:1-4 Sk 13-3

Duxbury: 18:30 Ds Niek Pienaar (Pretoria-Wes) Skriflesing: Markus 7:24-30 Sang: Sk 1-1:1, 2, Sb 1-1:4, 7 Sb4-1: 1, 2, 5, 6

Ds Niek Pienaar (Pretoria-Wes)

Troye: 10:00 Predikant:

Troyestraat

Ds Fanus Heystek

Kla Satan my in die hemel aan? Het hy regsgronde daarvoor?

Skriflesing: Job 1:8-12, Sagaria 3:1-4 en Openbaring 12:10 Sang: Ps 33:1, 11 Ps 79:1, 6, 9 Sk 1–4:2, 3, 4 Lb 168:1, 2 Sk 4–6

Ds Fanus Heystek Die Satan word aanklaer genoem wat die gelowiges dag en nag voor God aankla (Op 12:10). Hy het ook Jesua (Sagaria 3) en Job voor God beskuldig. Waarom is hy toegelaat om in die hemel (voor God) sy aanklagte te bring? Het hy dan regsgronde daarvoor gehad? En wat van my – hoe raak dit my?

Lofprysing deur musiek ? aangebied deur Herman

Maandag 19 Augustus 19:00

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Vandag:

Troyestraat-dagboek

Jeug-kleingroepe

Maandag:

19:00 Dissipelskapkafee

Dagboek

18:00 Diakonie vergader in die konsistorie 19:00 Kerkraad vergader in die kerk

Gelukwense

Juig oor die Here julle God! Die reën wat Hy stuur, is ’n bewys van sy genade. Die herfsreëns en die lentereëns sal weer oorvloedig wees soos gewoonlik. (Joël 2:23) 18/8 18/8 18/8 18/8 19/8 19/8

Ruani JennaAnn Yolani Kobie André Peet

19/8 20/8 20/8 20/8 20/8 20/8 21/8 22/8 22/8 22/8 22/8 23/8 23/8 24/8 24/8 24/8 24/8

Karin Louis Johan Mitze Sanette Nilo Marita Lizanie Lize Gerda Flippie Ubert Chloe Bekker Gerdina Vera Isak

Woensdag

Breytenbach Cameron

083 660 7851 012 348 2598

Steenekamp Venter Pienaar van der Schyff Venter Kruger Minnie Scheepers Schreurs Thiart Scheepers Coetsee van der Walt Venter Volschenk Bolsens Breebaart Pelser Schreurs van Biljon Venter

012 991 8598 012 343 4889 013 282 2512 012 348 2467 082 459 0079 083 375 4991 082 551 1776 012 343 7083 012 460 0165 012 332 3631 012 430 5502 078 341 9334 012 348 8210 072 316 8127 082 691 0740 012 804 6620 012 460 4270 083 450 6093 012 804 2296 012 809 3155 012 348 7117

Woensdag 21 Augustus: Woensdagdiens in kerkgebou om 09:30. Tema: Job se kinders Woensdag 21 Augustus: Kleingroep by Harmoniehof om 10:30. Tema: 1ste brief van Petrus Woensdag 28 Augustus: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30. Tema: 1 Petrus 4

NAAM vir TROYESTRAAT SE  KERKGEBOU Die bedieningskommissie werk tans aan ’n gepaste naam. Drie woorde gaan waarskynlik nodig wees om die gebou te beskryf. Almal betrokke word genooi om daaroor te besin. Gee u gedagtes deur aan my of enige kerkraadslid of medewerker. Die volgende beskrywende woorde word oorweeg: Eerste woord: Troyestraat of Ararat Tweede woord: Koninkryk of Christelike of Gereformeerde Derde woord: Sentrum (Nie “kerk” nie, aangesien die gebou meerdoelig benut gaan word). Dus iets soos: Troyestraat Christelike Sentrum of AraratKoninkrysentrum of Troyestraat Gereformeerde Sentrum. Die kerkraad van Brooklyn sal die finale besluit neem nadat u insette ontvang is. Sluitingsdatum: einde September. Ds Fanus

Sestigplussers Kom ons kuier gesellig saam op Donderdag 22 Augustus by La Monaco om 10:00. Waar is dit? ’n Lekker gesellige restaurant in Lynnwood, so feitlik op die hoek van Rodericksweg en The Hillside, regoor die Concordia Apteek. Sien jou graag daar! Vir enige navrae, bel Bingle by 082-4532417.


Annetjie in die kombuis (tweede van regs) tydens voorbereiding van maaltye.

Eljadahuis vergroot en is in nood Annatjie van Schalkwyk is raadop met die gebrek aan ruimte. Sy wil haar projekte uitbrei en het pakplek nodig. Sy wil meer kos maak en meer kussings maak en meer mense bewus maak van die liefde van ons Vader. Martin van Veelen van Ajcor Civil Projects het haar noodkreet gehoor en aan die einde van 2012 betrokke geraak om te kyk hoe hy haar en Eljadahuis se mense kan bystaan. Eljadahuis is aan almal bekend as ’n plek vol vreugde, vrede en ondersteuning vir behoeftige mense in die Daspoort-omgewing. Annatjie doen baie goeie werk onder moeilike omstandighede. Sy en haar span voer elke dag ’n horde honger monde, doen Bybelstudie en berading en help die vroue met opleiding en naaldwerk. Annatjie skryf: “Daar is genoeg ruimte op die terrein om die bestaande geboue uit te brei of nuwe geboue aan te bou, maar die sonering maak nie voorsiening daarvoor nie. Ons het toe besluit om Eljadahuis te laat hersoneer vir ‘institusionele’ gebruik. Ons het aan die begin van vanjaar ’n argitek aangestel om die terreinontwikkelingsplan by die stadsraad in te dien. Daarmee saam het ons Metroplan aangestel om die hersoneringsaansoek vir ons te behartig. Hulle bied hul professionele diens gratis aan. Die aansoek by die stadsraad nader nou goedkeuring en ek kan nie meer wag dat die eerste baksteen gelê word nie. Maar voordat ons finale goedkeuring kry, moet ons eers aan voorwaardes voldoen.

Een voorwaarde is die eenmalige betaling van die ekstra dienstebydraes. Dié bedrag beloop R45 440.73 (BTW ingesluit) en is soos volg uiteengesit: water (R3 761.66); riool (R5 877.95); stormwater (R1 749.30); paaie (R444.62); elektrisiteit (R33 607.20). Die doel met die nuwe werkruimtes is om die mans te betrek en hul talente te gebruik sodat hulle trots kan voel op hul handewerk. Hulle het reeds diefwering vir die vensters gesweis en opgesit. Die vroue is al ’n geruime tyd druk besig met die naaldwerkprojek en ons het ekstra masjiene gekry om hul produktiwiteit verder te verhoog. Ons het ook al die huis se buitekant mooi geverf en die voertuigafdak opgesit. Jul hulp en ondersteuning word ongelooflik waardeer. Annatjie van Schalkwyk.” Vir meer inligting oor die projek kontak Annatjie by 072 855 8289 of Big7@mweb.co.za of Dawid de Wet van Ajcor by 083 538 2865 of toerboer@gmail.com. Bankbesonderhede: Naam van rekeninghouer: Eljada Huis, rekeningnommer: 044396058 Bank: Standard Bank Tak: 051001

Jaarprogram 2014 Al die diensgroepleiers word gevra om die datums van aktiwiteite vir 2014 voor of op 1 September aan Rentia deur te gee.


Voorbidding – Somalië Bid vir wysheid vir die Somaliese president, Hassan Mahamud, en sy regering wat probeer om hul nasie te herbou ná die chaos en wetteloosheid wat die afgelope meer as 20 jaar geheers het. Loof die Here vir al die lande wat Somalië ondersteun.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Paula Coetzer van Karmel se groottoon is geamputeer en sy word tans by haar dogter versorg. Bets en Hennie Greeff van Steenberg het brongitis. Gwen Hussem is ongesteld met ’n longprobleem. Ons bid hulle almal gesondheid en God se krag toe.

Meelewing Bets Greeff se broer is die afgelope tyd oorlede. Ons bid haar, Hennie en die familie die troos en versterking van die Here toe.

Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan

Nagmaalete 25 Augustus ’n Geleentheid om LEKKER te KUIER en HEERLIK te EET Tyd: 11:30 vir 12:00 Elke gesin bring asb. ’n EENBAKGEREG genoeg vir jou gesin en bietjie ekstra. Vleis-en-groentebredie, bobotie, frikkadelle, hoender of pastageregte (rys of enige ander stysel-bykos kan in ’n aparte bak gebring word). BRING ASB. ook jou gunsteling SLAAI en NAGEREG saam. Geregte kan voor die diens in die kombuis se oond geplaas word. Alles word op een tafel uitgepak en almal skep van die groot verskeidenheid. Bring asb. ook jou eie borde, nageregbakkies, eetgerei, glase en drinkgoed. Agapé-diensgroep

Pannekoekpret Kom drink ’n koppie tee of koffie gratis en geniet ’n heerlike varsgebakte pannekoek daarmee saam. Koop sommer ’n paar om saam te neem huis toe. Suiker en kaneel teen R3.00 elk. Vleisvulsel teen R5.00 elk. Wanneer en waar: Vrydag 30 Augustus 2013 om 10:00 in die Troyestraat-konsistorie.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Moses

Storielyn Die mense kla Manna en kwartels Geen manna op die Sabbat Water uit ’n rots Moses se arms op in ’n geveg

Bybelverse Eks 16:1-8 Eks 16:9-21 Eks 16:22-35 Eks 17:1-7 Eks 17:8-16

Datum 19 Aug 20 Aug 21 Aug 22 Aug 23 Aug


Predikante verbonde aan die gemeente:

Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

Sondae Administrasiehulp

Fanus Heystek

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Plek

(Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

Reëlings Duxbury

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

WEBtuiste

18 Aug

(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za

kantoor@gkbrooklyn.org.za

Datum

Fanie van der Schyff

082 971 2725 mashautd@gmail.com Diensbeurt Ouderling Danie Eloff Diaken Willem Daling

18 Aug

Troyestr

Ouderling Bingle Kruger

25 Aug

Duxbury

Ouderling Danie Eloff Diaken Wouter Potgieter

25 Aug

Troyestr

Dienste deur Hervormde Kerk

Kollekte

Skinkbeurt

Onder die diens Diakonale werk By die deure Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys

Magda

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Janneke

Dissipelskapkafee e Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Volgende week 19 Augustus 2013 19:00 Lofprysing deur musiek: Hoe vind dit sy beslag in die Bybel

Aanbieder: Herman


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

HUISVESTING VIR BLINDE SEUN GESOEK Ons is op soek na ’n ouerpaar wat ’n spaarkamer het en dit beskikbaar sal stel as losieshuis (kamer) vir ons blinde seun, etes ingesluit. Hy is 12 jaar oud en gaan skool by die Prinshofskool in Pretoria-sentraal, langs die Nasionale Dieretuin in Boomstraat. Naweke sal hy huis toe kom met ons vervoer. Die persoon/persone moet bereid wees om toe te sien dat ons seun Bybel-onderrig kry (Bybel lees en bid elke aand) asook sy huiswerk doen en alle oefeninge kan nagaan. Braille word gebruik, maar ’n leeskaart met alle simbole op sal voorsien word asook ’n siende teks (veral vir die leeswerk). Basiese nasorg vir ’n laerskoolkind is van kardinale belang. U sal vergoed word vir losies en kostes. Kontak asb vir Dirk by 083 644 6180 of Christa by 082 3769 412 indien u belang stel of meer inligting verlang.

Baie geluk Ela Ela, ons kerk se administratiewe beampte en haar gesin is geseën met die onlangse geboorte van ‘n seun en kleinseun, Luan.

Bedanking Baie dankie aan al die susters in die gemeente vir die pragtige kaartjie en gelukwense met my verjaarsdag. Babs Prinsloo.

Ingekom met attestasie: Malan Johannes L Van der Walt Johannes P Egg: Catharina M

Rietvallei Wondersig

Hartlik welkom!

Ons wil alle matrikulante sterkte toewens met die rekordeksamen wat eersdaags begin. Versoek van klerebank Ons het dringend no. 7-manskoene of manstekkies nodig. As u kan help, gee dit asb. by die kerkkantoor af.

Tweedehandse boeke LENTETEE: VRYDAG 13 SEPTEMBER Alle senior lidmate, 70 jaar en ouer, word uitgenooi na hierdie geleentheid. Tyd: 09:00 vir 09:30 Al hierdie lidmate sal telefonies gekontak word deur die Agapé-diensgroep. Teken asb. hierdie datum in u dagboek aan. HIERDIE SPESIALE KUIERGELEENTHEID MOET U NIE MISLOOP NIE!

Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.


Ons kerklike bydraes Soos blyk uit onderstaande grafika het ons kerklike bydraes vir Maart, April en Mei die gemiddelde maandelikse doelwit van R226 000 oorskry, waarvoor ons dankbaar is. Ons Junie- en Julie-bydraes was egter onderskeidelik R28 000 en R29 000 onder die mikpunt. Met die wintervakansie nou agter die rug kan ons saam seker maak dat ons gereelde bydraes weer die begrote doelwit bereik.

Brooklyn het geen kontantreserwes waarop ons kan terugval nie. Daarom is ons gereelde maandelikse bydraes tesame met die Augustus-dankoffer van kardinale belang om die Koninkrykswerk te laat voortgaan. Die Augustus-dankoffer is jare gelede ingestel om aan ons lidmate die geleentheid te bied om een keer per jaar selfbetragting te doen oor die geestelike en materiële gawes wat ons so onverdiend uit die hand van die Here ontvang en onsself te verantwoord oor ons dankbaarheidsdiens deur ’n spesiale bydrae te maak. Dit is dus ’n besondere en bewuste geleentheid wat geskep word vir selfrekenskap as deel van ons geloofslewe. Die begroting van R500 000 vir die Augustus-dankofffer beloop maar 15% van die totale begrote inkomste. Tot aan die einde van Julie het ons R179 150, oftewel 36% van hierdie doelwit, ontvang. Kom ons vat almal hande en delg die grootste gedeelte van die uitstaande bedrag vóór die einde van Augustus.


Stokperdjie-ontbyt vir manne Wanneer: Saterdag 7 September Tyd: 08:00 Waar: GK Pretoria-Brooklyn Wat: Stokperdjie-ontbyt vir manne en seuns Hoe werk dit: Manne wat stokperdjies het, bring en wys vir almal wat hulle doen. Die doel is om as manne net lekker saam te kuier. Skottelbraaigeriewe en koffie sal voorsien word. Bring saam: Eie ontbyt soos twee eiers, spek en wors. Ons braai dit saam en almal geniet alles saam. Bring ook eie eetgerei en ’n beker vir koffie saam. Dis nie nodig vir frilletjies en valletjies nie – dis die manne wat saamkuier . Bring jou stokperdjie as jy een het. Stokperdjie: Kom wys die ander manne wat jy in jou vrye tyd (as jy so iets het) doen. Dink radarkarre, modelvliegtuie, seëlversameling, houtwerk, ens. Hulp: Enigiemand wat graag kan en wil help met die reëlings kontak asb. vir Ian Mitchell by 082 782 5463.

ADVERTENSIES 1. ALGEMENE TUINDIENSTE BENZ Tuindienste. Algemene tuindienste, op weeklikse en/of maandelikse basis, snoeiwerk en tuinvullisverwydering; en/of enige ander ad hoc-verfraaiing van tuin. Kontak Frans Bekker by 072 271 3778. 2. MEENTHUIS TE DEEL In Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ’n Christelike manspersoon. Beskikbaar vanaf 31 Julie. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

3. WOONSTELKAMER TE HUUR R2 500p/m, 1.4km van hoofkampus af. Om te deel met manstudent. Wi-fi-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Naby ’n winkelsentrum en die Gautrein-stasie by Hatfield. Onderdakparkering beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 0371155. 4. WERK GESOEK ’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.