18 Januarie 2015
Erediens vandag
Hart
&
Hand
Uit Hom, deur Hom en tot Hom Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Die Pottebakker
Fanie van der Schyff ’n Pottebakker kan met sy klei maak net wat hy wil. God is DIE Pottebakker en ons is die klei in sy hande. Ons oorsprong is uit Hom: Hy het ons geskape. Ons leef deur Hom: ons kan niks uit eie krag doen nie. Ons einddoel is tot Hom: ons is geskape om Hom te eer. Ja, uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge ... Aanddiens
Die anker van ons geloof
Chris de Beer Solus Christus beteken “alleen Christus”. Ons gaan vanaand kyk wat dit beteken om werklik in Jesus gewortel te wees en op Hom gebou te word.
Troyestraat
Ere aan God vir ewig
Ds Fanus Heystek Paulus worstel oor sy volk in Romeine 9 tot 11. Hulle was dan eers die uitverkore volk, maar het Jesus gekruisig en verwerp. Wat gaan van hulle word? Is hulle almal vir ewig verlore? Kan Paulus of enige ander mens of groep iets daaraan doen? Wie bepaal die uiteinde van elke saak?
Alle ouers van kinders tot graad 3 word versoek word om asseblief vandag in die voorste blok voor die preekstoel te sit omdat hierdie diens op die kleiner kinders gerig is.
Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Jeremia 18:1-6 (:6) Sang: Sk 2-2:1, 3 Lb 188:1, 3 Ps 134a:4 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Kolossense 2:1-11 Sang: Sk 3-1:1, 2, 3 Amen Sk 14-1:1, 2, 3 Lb 292:1 Lb 215:1, 2, 5 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Ds Fanus Heystek
Skriflesing: Dele uit Romeine 9-11 Voorsang: Lb 200, Ps 146, Sk 2–1, Lb 509, Ps 75 Onder die diens: Ps 18, Lb 577 en Sk 1–1
Vandag:
Donderdag:
Maandag:
Saterdag:
Jeug-kleingroepe begin UP-registrasie
Dinsdag
Kategete-toerusting Werkswinkel oor die roeping van die gemeente
08:30:Predikante-toerusting
Dagboek
Woensdag:
19:00 Beginpunt
Gelukwense
Naasteliefde
Maar ek is soos ’n olyfboom wat geil groei in die huis van God. Ek vertrou op God se goedheid so lank as wat ek lewe. Ek sal U altyd loof, o God, vir wat U gedoen het. Ek sal u Naam verheerlik voor hulle wat aan U getrou is (Psalm 52:10-11).
Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
19/1 20/1 20/1 20/1 20/1 21/1 21/1 21/1 21/1 23/1 23/1 24/1 24/1
Magdaleen Charl Esther Pieter Marinus Dawie Willie Dea Lucinda Celeste Ben Debora Elnette
Snyman Laubscher Naude Snyman Venter Botha de Jager Higgins Scheepers Marshall Venter Henning van Zyl
079 525 5409 012 333 2346 072 212 6203 083 625 6353 082 552 6574 073 085 2886 073 438 2224 012 348 8605 073 887 4346 076 151 2397 083 665 7657 082 756 8962 083 400 2819
Voorbidding:
Indië Bid vir vrywilligers wat beplan om komberse in verskeie gebiede regoor Indië te versprei. Loof die Heer vir hul diensbaarheid. Bid dat die Here doeltreffende en warm skuilplek sal voorsien aan die Christen-vlugtelinge van Bastar, Chhattisgarh, wat uit hul huise verjaag is – selfs in tropiese Indië kan die winter baie koel wees.
Almanakke 2015 Die nuwe almanakke vir 2015 is nou beskikbaar in die kerkkantoor teen R65 elk. U kan dit Sondae by Marga of in die week by die kerkkantoor kom koop.
Siekte: Kobus Sonnekus is siek en baie swak. Ons bid vir hom en Frieda die seën en krag van die Here toe.
Aandag Troyestraat Christelike Sentrum Die Bybelstudie sal DV weer begin op Woensdag 21 Januarie om 09:30 in die Araratsaal en daarna elke Woensdag, behalwe vakansiedae en skoolvakansies. Die Bybelstudie word afwisselend gelei deur ds Fanus Heystek (GK) en ds Elaine Dippenaar (NGK). Almal is hartlik welkom ongeag van kerkverband. Kontak Hanneke Joubert by 012 341 3020 of Ester Cordier by 072 463 9844 vir navrae.
Vermoëns en uitdagings Du Toit Ferreira glo die Here het hom sekere vermoëns om ’n rede gegee en hy wil sy volle potensiaal bereik. Só gesels Du Toit oor sy onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, musiek, geskiedenis, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe. Hy is die seun van Michael en Annie Ferreira en die kleinseun van Lenie van der Merwe. Du Toit gaan medies aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het reeds vakansiewerk by verskeie dokters gedoen en dit baie geniet én hy hou van biologie. Hy speel klarinet en het al in ons gemeente opgetree. Op skool aan die Afrikaanse Hoër Seunskool het hy rugby gespeel en aan debat deelgeneem. “Ek hou van wiskunde, wetenskap en uitdagings. Dis lekker om te sukkel met iets, maar dit uiteindelik tog reg te kry,” sê Monique Kooij oor haar onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, landbouwetenskappe, wiskunde, rekeningkunde en ook addisionele wiskunde. Monique is die dogter van Johan en Carla Kooij en die kleindogter van Alta Schulze. Sy was ’n leerling aan die Hoërskool Klerksdorp en gaan chemiese ingenieurswese aan die NoordwesUniversiteit op Potchefstroom studeer. Monique het haar opsommings van die skoolwerk aan ander leerlinge verkoop en só kon sy vroegtydig voorberei en ook sakgeld verdien. Akademie was egter nie al waarmee sy besig was nie, sy het ook aan buitemuurse en kultuurbedrywighede deelgeneem soos fietsry en sang. (Uit Beeld, 6/1/2015:10 verwerk deur Lidia de Wet)
Werkswinkel oor die roeping van die gemeente Ná maande se gebed en bestudering van die Skrif het die kerkraad dit goedgevind om ’n gefokusde gemeenteroeping vir die volgende drie jaar te formuleer en deur te voer. Ons gaan die roepingstrewe op 18 Januarie tydens die erediens bekend maak en ons beoog om DV op Saterdag 24 Januarie van 08:30 tot 12:00 breedvoeriger met die gemeente hieroor te gesels. Hou asseblief hierdie datum oop. Ons sien daarna uit dat jy ’n bydrae kom lewer. Fanie en Chris
Uitnodiging:
Ouers van hoërskoolkinders: middagete Jul kinders se geloofsgroei is vir ons belangrik en daarom wil ons vanuit ’n bedieningsoogpunt graag met julle as ouers gesels oor jul kinders se geloofsgroei in Brooklyn-gemeente. Die gesprek vind DV plaas op Sondag 18 Januarie om 12:00 by die kerksaal. Die gedagte is dat elkeen iets bring om te eet, ons pak alles saam op ’n tafel uit en dan kuier ons lekker. Dit sal wonderlik wees as julle die geleentheid met ons kan deel. Brooklyn-groete Fanie en Chris
Vriendelike dog dringende versoek Al die groepe wat gedurende die week van geriewe by die kerk gebruik maak, moet asseblief so spoedig moontlik die dae, tye en lokale aan Rentia deurgee sodat sy ’n rooster kan opstel. Dit sal oorvleueling voorkom en ook reëlings vir die koster makliker maak. Dit is baie belangrik dat almal wat ongeskeduleerde vergaderings reël eers met Rentia moet bevestig dat lokale wel beskikbaar is voordat kennisgewings daarvoor uitgestuur word.
Sustersaamtrek 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van ons gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015.
Tema: “Julle is Sout en Lig” Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie van 07:30 Plek: Wapadrant-gemeente, Plot 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom. Kontak Ronel Stronkhorst asb. by 083 299 7413 of by exinco@mweb.co.za indien jy na die saamtrek wil gaan.
Braai vir jong werkendes op 31 Januarie Die jong werkendes braai saam op 31 Januarie by GK Brooklyn. Moet dit nie misloop nie - dit gaan jou hare wegblaas!
Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.
Sestigplussers Kom geniet 'n lui-lekker oggend saam met ons op 22 Januarie om 10:00 Grenadine. Groete, Niek.
Beroepenuus Januarie 12 -19 Geen
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Sinode 2015
http://www.gksa.org.za/Sinodes/sinod e2015
Historieise sake RAPPORT 3: DEPUTATE HISTORIESE SAKE –
BURGERSDORPSE KULTUURHISTORIESE MUSEUM Sake waarvan die Sinode kennis neem Belangstelling Besoekersgetalle was onderskeidelik 3826 in 2012 en 3909 in 2013. Hieronder was daar in 2013/2014 jaar 84 buitelandse besoekers en 2138 skoolkinders. Die personeel onderneem ook besoeke aan die onderskeie skole in die omgewing en die skoliere maak ook dikwels van die personeel se dienste gebruik met hulle projekte rondom o.a. toerisme besienswaardighede in die Gariep-gebied, geskiedenis van die Taalmonument asook ander bevolkingsgroepe se kultuurgeskiedenis, geskiedenis en ontstaan van Burgersdorp en die Teologiese Skool van die GKSA. Spesiale melding moet gemaak word van die besoeke wat proff PH Fick en DF Muller vir hulle studente na die BKM (Burgersdorpse Kultuurhistoriese Museum) en die historiese bakermat van die GKSA in die Noord-Oos-Kaap gereël het. Vervolg op volgende bladsy
TROYESTRAAT-BEDIENING
Sondagaand 18 Januarie: Aanddiens om 17:30. Tema: Die eindtekens gesien vanuit 2 Tessalonisense 2 Woensdag 21 Januarie: Bybelstudie begin om 09:30 (gelei deur ’n NG leraar) Woensdag 21 Januarie: Bybelstudie/Kleingroep in Harmoniehof om 10:15
Program vir Dissipelskapkafee Februarie – Junie 2015 DATUM Jan Feb 2 9 16 23 Maart 2 9 16 23 30 April 6 13 20 27 Mei 4 11
Junie
18 25 1 8 15 22 29
ONDERWERP Geen Dissipelskapkafee nie Agapé-vergadering Uit Hom, deur Hom, tot Hom (Soli Deo Gloria) Die Algemene openbaring (Sola Gratia) Die Besondere openbaring (Sola Scriptura) Agapé-vergadering Geloof alleen: Christus (Solus Christus) en die Heilige Gees (Sola Fide) Samevatting : Bespreking Vakansie Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees? Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie Die Engele en die duiwel Vakansie
Sinode 2015
Vervolg van vorige bladsy Uitstallings Soos alle ander museums word daar van tyd tot tyd aanpassings aan bestaande uitstallings gemaak en nuwe uitstallings geskep. So is daar die afgelope tyd ‘n uitstalling van Steve Biko en die Geskiedenis van die ANC geopen. Heelwat ruimte is ook afgestaan aan ‘n uitstalling van ‘n unieke versameling Jagtrofeë. Die integriteit van die reeds bestaande uitstallings rondom die pioniersgeskiedenis van die Europese bevolking van die Noord-Oos-Kaap is hiermee nie aangetas nie en die geskiedenis van die GKSA asook die van die NWU geniet steeds die prominente plek wat dit nog altyd gehad het.
GESPREKSLEIER
Fanie van der Schyff Chris de Beer Paul Grobler Chris de Beer Fanie van der Schyff Fanie, Chris en Paul
Paul Grobler Paul Grobler Paul Grobler Chris en Paul Magdal Pienaar-Marais
wat dit nog altyd gehad het. Soos talle ander museums ondervind die BKM egter ook probleme weens ‘n gebrek aan befondsing om bestaande geboue en veral buitemuurse uitstallings te onderhou. Befondsing Die subsidie van die Oos-Kaapse regering beloop tans R112 000 per jaar. Omdat die tydelike werkers daaruit vergoed moet word, beteken dit dat die BKM se beskikbare fondse minder is as wat dit moes wees. Dit perk weer die Trusteeraad se vermoë in. Soos in die Deputaterapport van Sinode 2012 vermeld, maak die BKM ook gebruik van fondse vanaf die Nasionale Lottery in soverre dit beskikbaar is
Vervolg op volgende bladsy
Afgevaardiges tydens die Sinode van 2015
Museum
Vervolg van vorige bladsy Publieke donasies het in die boekjaar 2013/2014 R794 beloop. ‘n Bedrag van R3 900 is ook uit ledegeld en die verhuring van ‘n lokaal in die tydperk bekom. Die administrasie van die Museum Tien jaar na die Museumwet van die Oos-Kaapse regering in 2004 afgekondig en intussen weer hersien is, is dit steeds nie in werking gestel nie. Volgens die Acta van die Nasionale Sinode van 1997 was die situasie rondom die BKM toe “onduidelik en sensitief”. Niks het sedertdien verander nie en soos met die laaste Sinodes aanbeveel is, wil die Deputate weereens aanbeveel dat die GKSA ten opsigte van hierdie saak “’n versigtig afwagtende houding” inneem. Intussen word die BKM steeds deur ‘n Trusteeraad bestaande uit 14 lede geadministreer. Twaalf van die lede word as verteenwoordigers van die Oos-Kaapse Premier aangewys en twee deur die Vereniging van Intekenaars. Van die veertien lede is vyf lidmate van die GKSA, waarvan een, br Gerhard Coetsee die Voorsitter en ‘n tweede, Coert Venter die Ondervoorsitter is. Twee lede van die Deputate Historiese Sake naamlik di J Malan en G Opperman woon sover moontlik die kwartaalikse vergaderings van die TR by.110 Die vergaderings van die TR vind in ‘n goeie gees plaas, alhoewel die bywoning van die TR lede nie altyd na wense is nie. Die voorgesette en konstruktiewe betrokkenheid van die GKSA lede in hierdie vergadering is uiters belangrik vir die toekoms van die BKM. Spesiale melding moet gemaak word van die
van die GKSA lede in hierdie vergadering is uiters belangrik vir die toekoms van die BKM. Spesiale melding moet gemaak word van die diens wat br Gerhard Coetsee, ouderling van die GK Burgerdorp die afgelope jare as Voorsitter en ook as Voorsitter van die BKM se Dagbestuur op ‘n deurlopende basis gedoen het om die museumsake te laat vlot. Vereniging van Intekenaars Tans het die museum 117 intekenaars, waarvan 93 lewenslange lidmaatskap en erelidmaatskap besit. 24 Lede is gewone intekenaars. Twee nuwe lewenslange lidmate is gewerf. Die jaarvergaderings vind in Junie plaas. Belangstelling deur GKSA-lidmate in en betrokkenheid by hierdie vereniging is ewe eens belangrik vir die museum om die doelwitte waarvoor dit opgerig is, naamlik as “bewaar- en uitstalplek van die kulturele erfenis van die verskilende kultuurgemeenskappe van die OosKaap en Burgersdorpse omgewing”, te bereik. Hierin kan daar nie slegs op die lidmate van die GK Burgersdorp staatgemaak word nie. Hulle verswakte posisie in t.o.v. die BKM word reeds tydens Sinode 2003 vermeld (Acta:449). Personeel Mev Daleen Bredenkamp dien nou reeds meer as twintig jaar in die Museum en sy is tans die Museumhoof. Hierdie posisie vervul sy nie net met ervaring nie, maar ook met toewyding en goeie oordeelsvermoë binne die beperkinge van die BKM se begroting. Op die oomblik bestaan die permanente personeel net uit twee persone. Geen reaksie is op ‘n brief aan die Oos-Kaapse regering waarin daar navraag gedoen word rondom die aantal vakante poste by die BKM, ontvang nie. Die Museum is dus aangewys op tydelike personeel wat hulle uit eie hul fonds moet vergoed. Soms sal daar vrywilligers uit die gemeenskap Mev Brendenkamp bystaan.
(Uit Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika Sinode 2015 vanaf die webtuiste van die Gerefomeerde Kerke van Suid-Afika)
Lees meer oor die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Volg die skakel:
http://pub.lucidpres s.com/ gkpretoriabrooklyn /
ADVERTENSIES VERBLYF VIR BESOEKENDE OUERS VAN STUDENTE | SPESIALE TARIEWE Ons bied pragtige, luukse gaste-eenhede met selfsorggeriewe in Brooklyn. Eenhede is ten volle toegerus met privaatingang, DSTV, braai- en swemgeriewe. Baie gerieflik geleë, loopafstand van UP (500m) en Brooklyn Mall. Kontak ons by 061 390 0688 of brooklynscrown@gmail.com vir besprekings.
STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT IN QUEENSWOOD. 5km van Tuks en mediese kampus, naby Gautreinbusroete. Ruim vertrek met instapkas en badkamer. Yskas en kookgeriewe asook ’n klein patio. Privaatingang met onderdakparkering. Goeie sekuriteit. Huur R2 200 p.m. sluit wasgoeden skoonmaak-diens in. Skakel Joan by 082 570 1778.
2 EENSLAAPKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Waverley. Vier vertrekke en stoep. Sekuriteit. R3 700 p.m. en krag. Deposito R3 700. Skakel Gerda by 084 833 0421.
WOONSTEL TE HUUR Die diakonie se woonstel, Normandie 301, sal binnekort beskikbaar wees om te huur. Kontak Rentia by 082 775 6907 indien u belang stel
DIE WASLYN Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596.
TV BENODIG Ons is op soek na ’n televisiestel vir Talent, die nuwe koster. Kontak die kerkkantoor indien iemand een het om af te staan of te skenk.
TE KOOP 1) Platespeler: Ideaal om ou plate op ’n rekenaar oor te plaas en dit kan ook aan ’n klankstelsel gekoppel word. Uitstekende toestand. R800 kontant. 2) Panasonic-videomasjien: Nog in ’n baie goeie toestand. R300 kontant. Kontak Christo van der Walt by 082 454 1237.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
18 Jan 25 Jan
25 Jan
Troyestr Duxbury
Troyestr
(Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Baie dankie vir jou finansiële bydrae!
Reëlings Datum Plek 18 Jan Duxbury
Fanus Heystek
Diensbeurt Ouderling Kobie Venter Diaken Drikus van der Walt
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Ekumenisiteit Buitelands
Ouderling
Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA-sustentasie
Diaken Elzabe Barnard Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Skinkbeurt
Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).