Hart en hand 19 april 2015

Page 1

Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 19 April 2015 Foto: Mitcell Krog

Hart

&

Hand

Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Om Jesus te sien

Fanie van der Schyff Om Jesus te kon sien, moes Saggeus in ’n boom klim. Vroeër is Saggeus gedryf deur geld, maar hy het besef dat geld nie die leegheid in sy lewe kon vol maak nie. Christus roep en trek in genade na Hom en vul die leegheid in Saggeus met sy teenwoordigheid. "Sien" Jesus vandag ook "vir wie Hy is". Vind sin in jou lewe in ’n lewende verhouding met Hom. Aanddiens

Ons grootste begeertes

Chris de Beer Mense spandeer soms ’n hele lewe om hul hart se grootste begeertes te bewaarheid. Die probleem is dat hierdie begeertes ons uiteindelik kan vernietig. Residentia-Sunnyside

Tot hoe ver sal u gaan in ywer vir u Here?

Ds. Fanus Heystek In Johannes 2 lees ons met watter geesdrif en vurigheid Jesus die tempel gereinig het. Toe die dissipels dit sien, het Psalm 69 (Dawid se ywer vir die huis van die Here) in hul gedagtes opgekom. Dieselfde teks in die Ou en Nuwe Testament bring nuwe perspektiewe.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Lukas 19:1-10 (:3) Sang: Ps 38a:1, 17 Ps 130a:2 Ps 130d:2 Ps 42a:1, 3, 5 Ps 108b:1 Sk 1-2:1, 2, 3 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Genesis 22:1-19 Sang: Sb 14-2:1 Sb 12-3:1, 2, 3 Sb 9-2:1, 2, 3 Ps 40a:4 Sb 13-3 Amen Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Ds. Fanus Heystek Skriflesing: Johannes 2:13-17 (teks: vers 17) asook dele uit Psalm 69 en Markus 11 Sang: Voorsang: Ps 84, Lb 258, Sk 14-2 en Lb 387 Onder die diens: Ps 116, Sk 12-3 en Lb 389


Vandag: Verjaarsdagtee Maandag: 18:00 Klassis Oostelike Pretoria Dinsdag: 08:30 Predikantetoerusting

DAGBOEK Gelukwense Christine Fanus Annabella Walter Marietha Christo Step Karlien Peet Nico Josua Marius Monica Grete Sylvia Leendert Kailah Susan Johan Gerrit Eben Willem Chris

Coetzer Heystek Venter Booyens Kruger Barnard Oosthuizen v.d. Linde Oosthuizen Schuman Steyn Boersma Jooste van Dijk Venter Dekker du Plessis Reinecke Scheepers Schreurs Gerryts Reyneke v.d. Walt

Woensdag 22 April: Bybelstudie om 09:30 in die eetsaal van Karmel (Openbaring 14 - 2de deel)

Naasteliefde

Bedaar en erken dat Ek God is (Psalm 46:11). 19/4 19/4 19/4 20/4 20/4 21/4 21/4 21/4 22/4 22/4 22/4 23/4 23/4 23/4 23/4 24/4 24/4 24/4 24/4 24/4 25/4 25/4 25/4

Woensdag: 18:00 Diakonie 19:00 Kerkraad 19:00 Beginpunt Residentia-Sunnyside

082 615 8811 073 777 1254 082 459 0079 082 775 1627 073 194 3155 082 689 9441 072 123 1340 084 437 2346 073 057 0870 071 328 8721 082 782 8143 083 262 3779 012 329 1813 072 878 4322 082 554 9560 082 892 2949 079 902 2794 012 341 3648 083 327 0293 012 804 2296 082 568 8054 082 225 8790 083 305 5694

Voorbidding: Colombië Bid vir die geestelike leiers in Embera Katio, Cordoba, dat hulle deur die Here versterk sal word; hul kerk is vernietigeng geplunder. Mag hulle voortgaan om die evangelie te verkondig te midde van aanvalle in hul moeilike omstandighede.

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Ons vra u voorbidding vir Estelle Venter (084 510 1480), wat die 20ste gaan vir toetse, en ook vir Johan Jooste (072 776 5658), wat Vrydag ’n rugoperasie in die Eugene Marais-hospitaal ondergaan het.

Meelewing Familie en vriende van Hannie Steenkamp van Harmoniehof. Sy is Vrydag in die Kloofhospitaal oorlede. Dit was baie onverwags. Hannie was as 91-jarige ons medewerker vir Harmoniehof. Vertroosting word toegebid vir almal wat haar heengaan betreur. Marietjie Steenkamp van Fleurenville is die afgelope week oorlede. Vrede en berusting word die familie toegebid. Ons bid Louis en Petra de Klerk sterkte toe ná die afsterwe van sy broer, ds Bouie de Klerk. Hy was ook die oom van ds Fanie, Yolandi Lategan en Marie-Louise ’t Hart. Mag hulle ook in die tyd vertroos word.


Tema-opsomming

Wat het hulle in jou huis gesien?

Jesaja 38:1-8 Jesaja 39 (:4) 2 Kronieke 32:24-31 Hiskia was ’n gelowige, ryk en suksesvolle koning van Juda en het naby aan die Here geleef. Skielik, op veertigjarige leeftyd, ontwikkel hy ’n kwaadaardige sweer en hy ontvang tyding dat hy gaan sterf. Hy worstel en pleit by God en sy gebed word verhoor. God gee aan hom ’n teken as versekering van die belofte dat die kwadaardige sweer genees sal word. Die teken het daarin bestaan dat die sonwyser 10 trappe teruggeskuif het – ’n wonder wat die hele wêreld aangegryp het. ’n Afvaardiging uit die ooste kom later na Hiskia om navraag te doen oor die wonder van die sonwyser en die betekenis daarvan. In plaas daarvan om te getuig van die mag en genade van God, wys hy vir hulle sy rykdom in aardse skatte! Soos ’n hamerhou tref die vraag wat die profeet Jesaja hom daarop vra: “Wat het hulle in jou huis gesien?” Hiskia het die toets van dankbaarheid teenoor die Here vergeet en sy eie beuel geblaas! Eeue later was daar weer ’n hemelwonder wat mense aangegryp het – ’n ster wat wyse manne uit die ooste na Betlehem gelei het. Hierdie afvaardiging het nie ’n aardse koning met ’n paleis vol aardse skatte gevind nie. In nederigheid vind hulle Jesus ons Here, in die gestalte van ’n dienskneg. Hy wat sy Goddelike heerlikheid afgelê het om mens te word wat vir ons moes ly en sterf ... Hy is die Grootste Wonder ewig! Ons is geskape om God te eer en te verheerlik. Ons is geskape om sy vertoonvensters in hierdie lewe te wees. Wat sien mense in jou huis? Sien jy werklik die genade van ons Here in jou lewe raak en getuig jy van die wonder

Eljadahuis

van verlossing en die wonder van die Verlosser? Hy is ons grootste skat op aarde. Maak Hom sigbaar in alles in jou lewe.

Die offer van gelowiges Romeine 12:1-8

“En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God …” In hierdie vers is Paulus besig om die basis te gee vir die oproep wat volg. God het sy eie Seun geoffer sodat ons vrygespreek kon word. Die boek Hebreërs verduidelik hoe ons Here Jesus op Golgota moes sterf om vir ons die finale offer te bring - die offer wat al ons skuld voor God sou betaal. Ons hoef nou nie meer offers van diere te bring nie, want die prys is betaal, maar tog skryf Paulus in Romeine 12:1: En nou doen ek ’n beroep op julle … Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Ons moet begryp as Paulus skryf: “En nou doen ek ’n beroep op julle …” is hy nie besig om gelowiges ’n guns te vra nie. Hy is besig om ons op te roep om in ’n lewende verhouding met God drie-enig te leef. Wanneer Paulus skryf “gee julleself” dan bedoel hy alles - ons hele wese, alles wat ons besit, alles wat ons dink en doen. Vir Paulus is ’n volkome toewyding aan God die enigste sinvolle ding om te doen as jy gekonfronteer word met die waarheid van die Christus se verlossing. Tim Keller sê dit treffend: “As jy weet dat Christus Homself volkome vir jou gegee het, hoe kan jy nie jouself volkome terug gee nie.” ’n Halwe toewyding maak net nie sin nie.

Kos bly ’n daaglikse behoefte by die gemeenskapshuis Eljada in die weste van Pretoria, waar tot 60 mense daagliks kos kry. Indien jy ’n bydrae wil lewer, kan nie-bederfbare kos in die houtkis in die voorportaal van die saal geplaas word. As daar iemand is wat eerder kontant wil gee, kan dit in ’n koevert, wat gemerk is "Eljadahuis", in die kollektesakkie geplaas word.


TOERUSTING VIR GROEPE EN GESINNE Weektema: Vierde en vyfde kruiswoord Teks: Matteus 27:47 & Johannes 19:28 1.

2.

3.

4.

5.

Lees/Luister Lees as groep of gesin saam deur die tekste. In die vierde kruiswoord hoor ons Jesus in angs uitroep. Dit was die dieptepunt van sy lyding: die betaling van ons skuld. Ons leef in die troos dat ons nooit deur God verlaat was, is of ooit sal wees nie. In die vyfde kruiswoord roep Jesus uit: “Ek is dors …” Dit was ’n versugting wat sê “Ek kry swaar …” Ons mag dit ook vir die Here en mekaar sê wanneer dit moeilik gaan. Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar. Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte: a. Wat is die sentrale gedeelte van die tekste? b. As jy terugdink oor jou lewe, wanneer in jou lewe kon jy met Jesus se woorde identifiseer?  Waar dit vir jou gevoel het of God jou verlaat het.  Waar jy ook moes erken “ek het dors …” c. As jy vandag terugkyk na daardie moeilike tye, wat het jy daaruit geleer? Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: a. Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? b. Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet …” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? Bid: a. Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer. b. Bid vir gemeentelede en vir jou familie wat dalk voel asof hulle deur God verlaat is en wat uitroep “ek het dors …” c. Bid vir gelowiges wat vervolg word (kyk na Hart & Hand). d. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het.

Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid .


Agapé-kosbank

.Jesus

se vyfde kruiswoord

“Ek het dors” (Johannes 19:28). So hoor ons ons Here prewel aan die kruis, kort nadat Hy tevore uitgeroep het: “My God, My God, waarom het U My verlaat?” In hierdie versugting (in Grieks is dit net die enkele woordjie Dipso) hoor ons seer en swaarkry in sy uiterste vorm. Dit was my Here vir my! Dit was my tong wat aan my verhemelte moes vaskleef, ek wat vir ewig helledors moes ly, maar Hy het in my plek gely. In ons eie seer en swaarkry hoor ons die liefdevolle uitnodiging: kom na My toe, almal wat dors is ... Ek lei jou na stille waters waar daar rus is ...

Agapé vra soos in die verlede weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes na mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapédames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Kontak Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625.

Wit-olifant-verkoping Ons hou ’n wit-olifant-verkoping om geld in te samel vir Bybelverspreiding. Begin dus nou al om al die wit olifante na die kerkkantoor te bring. Kontak Bets Engelmohr by 082 3209 133 of Erna Kruger by 082 4532 417 vir meer besonderhede

Kragopwekker Die kragopwekker is in werking en bedien die pastorie, kerkgebou, saal, kerkkantooe en die Vodacom-toring. Ons dank die Here vir spesiale bydraes wat ontvang is van lidmate om die buitengewone kostes van die kragopwekker te delg.

Program vir Dissipelskapkafee April – Junie 2015 April

Mei

Junie

Kom gerus, bring iemand saam en woon hierdie byeenkoms by.

6 13 20 27 4 11

Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees?

18 25 1 8 15

Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie

Paul Grobler Paul Grobler

22

Die Engele en die duiwel

Magdal Pienaar-Marais

Paul Grobler

Chris en Paul


AGAPÉ-UITREIK Beroepenuus SONDAG 19 APRIL 2015 BEROEPE ONTVANG Proponent M Mdonga (Malwande) na New Life City Church in Pretoria.

BEROEPE AANVAAR Proponent M Mdonga (Malwande) na New Life City Church in Pretoria. Ds PJ van Blerk (Petrus) van Rustenburg-Wes na Rietvallei as medeleraar.

Sestigplussers Kom luister na ’n praatjie deur Bingle Kruger oor broodbome. Die praatjie vind plaas op 23 April om 10:00 in die moederskamer. Groetnis, Niek

Die jaarlikse gesellige uitreik saam met die Brooklyndames en hul huiswerkers en vriendinne vind weer plaas op Saterdagoggend 9 Mei om 09:00 vir 09:30 in die kerksaal. Dit beloof om soos elke vorige jaar ’n vrolike kenmekaar-geleentheid te wees saam met die orkes van New Life City Church en ’n interessante, informele program. Hierdie geleentheid word ook gebruik om geld in te samel vir Bybelverspreiding d.m.v. ’n witolifant-verkoping. Begin dus reeds nou om al die wit olifante na die kerkkantoor te bring. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133 of Erna Kruger by 082 453 2417 .

Gemeentepiekniek Op die kerkkalender word aangetoon dat ons komende naweek ons gemeentepiekniek het. Neem asb. kennis dat dit nie hierdie naweek gaan gebeur nie, maar eers later vanjaar. Ons is op soek na ’n lekker plek daarvoor en kon nog nie die geskikte plek vind nie. Hou die spasie dop.


BEURTKRAG

Bystand-kragopwekker Enige bydrae vir hierdie buitengewone koste-item is steeds baie welkom.

Ons bedieningswerk in die kerk, saal, kantore en by die pastorie moet aangaan te midde van beurtkrag omdat die agterstand van Eskom nie gou uitgewis sal word nie. Hiervoor het die kerkraad tenders uitgestuur en toe ’n bystand-kragopwekker by Genpower Electrical bestel. Die besonderhede is soos volg: 50 KVA Cummins-dieselopwekker met klankkas en oorskakelmeganisme; Totale koste plus BTW en installasie: R181 000; Dit tree in werking teen middel April 2015.

.

Plaas u bydrae elektronies oor in bankrekening Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, ABSA, rek.nr. 540 340 110 ( verwysing Generator) of in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkie.

ADVERTENSIES GESOEK: TUINWOONSTEL OF 1 SLAAPKAMERWOONSTEL vir werkende jong dame om te huur vanaf begin Mei. Skakel asseblief vir Hanri Pelser by 082 303 8709, Abri Pelser by 082 922 3888 of Dalize Pelser by 076 810 6622. 3-DIMENSIONELE HANDBORDUURWERK Stel jy belang om die kuns van 3-D handborduurwerk aan te leer? Borduur met sylint, wol, garing en krale. Ons borduur rose, blomme, bome, tuine en damesfigure mat aandrokke. Klasse word aangebied. Kontak Joey by 082 971 7266 vir meer inligting. HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreleta Park). Ons sien uit om u te ontmoet.

STRANDHUIS IN CANNON ROCKS, OOS-KAAP beskikbaar oor Paastyd en vakansie. Die huis loop uit op die strand met 180-grade-seeuitsig. Hoofslaapkamer vir 2 en kinderkamer met 5 stapelbeddens plus 1 bedbank in woonkamer, groot woonvertrek, kombuis en 2 badkamers, stoep plus motorhuis. Ten volle toegerus: beddegoed, badhandoeke, DSTV, speelgoed, boeke, Weber. Kontak Linda van Vuuren by 082 825 0220. KOSMOS SKOONMAAKDIENS Skoonmaak van alle tipes woonhuise en wooneenhede volgens jou behoefte. Weekliks, maandeliks of eenmalig. Werk self saam met span. Kontak Ansie by 076 7687 056. POS VIR BEMARKER Bemarker dringend gesoek. Eie vervoer, verkieslik ’n bakkie. Vir onderhoud/meer inligting, skakel Frans by 082 417 8979.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum Plek 19 Duxbury Apr

19 Apr

Troyestr

26 Apr

Duxbury

26 Apr

Troyestr

Diensbeurt Ouderling Jan Dekker Diaken Hannes Welman

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Die Kerkblad

Skinkbeurt Elfrieda en Ester

Ouderling Louis de Klerk Diaken Steyn van Wyk Hierdie dienste word deur die NG Kerk gereël.

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Ina

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.