Hart & Hand 1 Desember 2013
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Wanneer ek, jy en Moses die Messias probeer wees Paul Grobler (leesdiens) Aanddiens
Die naam 'Christen' Griffel van Wyk
Eredienste Duxbury: 09:30 Paul Grobler
Skriflesing: Eksodus 18 Sang: Ps 146:1, 8 Sk 9-3 Sk 3-3:1, 5, 6
Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Handelinge 11:26 Sang: Ps 145b:1, 6, 8, 9 Sb 1-2:1, 2, 7 Sb 15-1:2, 3, 4
Dit gebeur soms dat jy skielik met vars oë kyk na ’n woord wat jy al baie gebruik het, en dan staan die betekenis daarvan vir jou opnuut uit. Wat kan dit vir jou beteken om met vars oë na die naam 'Christen' te kyk?
Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30
Troyestraat Ds Fanus Heystek
Ds Fanus Heystek Skriflesing: Matteus 1:18-25 Sang: Ps 33:1, 7 Sk 3 – 1:1, 3 (melodie Lb 504) Lb 335:1, 2 Sk 1–6:1 – 3
Waar pas Josef (in die lewe van Jesus) in? Josef was nie die biologiese vader van Jesus nie – die Heilige Gees was. Josef verdwyn ook spoedig van die toneel – teen die tyd van die kruisiging was hy reeds dood. Maria, ook ’n ware afstammeling van Dawid, maak skynbaar die teenwoordigheid van Josef onnodig? En tog het ’n engel in ’n droom aan hom verskyn. Waar pas Josef in? Waar pas ek in?
Brooklyn Bybelbank Gesels met Pieter en Ronel Stronkhorst ná kerk by die teedrink of kontak Pieter by 072 600 7449 om ’n Bybel te bestel in die taal van jou vakansieplek.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Woensdag: Skole sluit
Troyestraat Christelike Sentrum
Dagboek
Sondagaand 17:30: Aanddiens by Troyestraat. Woensdag 4 Desember: Huisbesoek buite (nie ouetehuise nie) en diens by Huis Davidz.
Gelukwense
Eljadahuis
Laat elkeen op die aarde die Here dien. Laat die inwoners van die wêreld ontsag hê vir Hom. Want Hy het gepraat, en dit was daar; Hy het beveel, en dit was so (Psalm 33:8-9).
Vandag is die laaste dag waarop die lekkernypakkies en kos vir Eljadahuis gegee kan word. Baie, baie dankie vir die wonderlike reaksie en vir al die pakkies en kos wat ons ingekry het. Dit word opreg waardeer.
1/12 1/12 1/12/ 2/12 2/12 2/12 2/12 3/12 3/12 3/12 4/12 4/12 4/12 5/12 5/12 6/12 6/12 7/12 7/12
Adine Gerrit Pricilla Janneke Annelize Ester Jan Delang Bertie Gerrit Otto Tiaan Karin Elana Michelle Joshua Steven Martie Bennie Lee
Hauptfleisch Myburg Venter Scheepers Swart van der Walt Venter Guillaume Kroes Pasch de Cruz Marais Odendaal Booyse Prinsloo Coetzee Oosthuizen Aucamp Bezuidenhout
083 507 2033 082 466 4825 083 446 5005 082 944 0693 082 466 3214 076 017 2728 079 871 7320 012 361 6334 082 348 8397 082 560 5938 079 490 0893 072 779 9157 082 782 1416 012 460 2142 083 380 6321 074 185 7569 083 326 7563 072 014 8041 079 890 6877
Ter approbasie As ouderling: Hannes Grobler
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE NABY – VER – DIEP - WYD
Lees en bespreek Lees jy graag boeke om jou verhouding met God te verdiep? Wil jy graag die inhoud daarvan met iemand bespreek? Skakel gerus in by ons groep. Vir meer besonderhede skakel Contessa by 082 363 2690.
Kerkkantoor Die kerkkantoor sluit op 13 Desember en heropen weer op 6 Januarie 2014. Die laaste Hart & Hand vir vanjaar sal op Sondag 15 Desember verskyn. Rentia en Ela wens al die lidmate ’n geseënde Christusfees en voorspoed vir 2014 toe. Aan almal wat met vakansie gaan, word ’n veilige reis toegebid.
Versoek Annemarie Bekker se oudste seun, Leendert Droomer (42), het twee jaar gelede beroerte gehad waardeur hy die gebruik van sy regterhand verloor het (gelukkig is hy linkshandig). Hy praat nou al amper normaal en ondergaan spraak-, musiek- en groepsterapie en is ook by ’n biokinetikus. Hy bestuur sy eie motor. Hy was vroeër bestuurder van ’n drukkery en het baie ondervinding in die motorbedryf. Sy gesondheidstoestand is nou weer normaal. Is daar dalk iemand wat hom met ’n toepaslike werk kan besig hou om die eensaamheid te verdryf? Kontak Annemarie Bekker by 012 362 1090.
Voorbidding – Noord-Korea Bid vir die Noord-Koreaanse vervolgers, Kim Jong-Un en sy regime, asook vir die wagte, geheime polisie, polisiebeamptes, regeringsamptenare, informante en ander wat beloon word om die Christene te verraai. Bid dat die Here hul harte sal vernuwe.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente is baie spesiaal. Ons beywer ons om oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk by te staan, hetsy met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons wil graag ons "siek" mense opdra aan die Here en ons gemeente, vir hulle bid en hulle ondersteun, maar kan dit alleen doen as die gemeente ons inlig. Ons nooi dus almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel, al is dit net per e-pos of sms, sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Siekte Ansie Theunissen het geval en haar knie beseer en Lucy Venter is steeds in die hospitaal. Ons bid hulle beterskap toe.
Meelewing Erla van der Walt se seun Coert is Donderdag oorlede. Hy is ook die broer van Jochie van der Walt, ons kassier. Ons bid hulle die troos en versterking van ons hemelse Vader in hierdie tyd toe.
Vertrek met attestasie: Van Rooy Pieter J Bloemfontein- Noord Jurrius Anna CA Montanapoort
Vertrek met bewys: Nagtegaal Martyn
NG Innesdal
Ons verkondig Christus aan die wêreld oor die radio FEBA Radio Suid-Afrika is deel van ’n wêreldwye netwerk genaamd Far East Broadcasting Association, wat die Evangelie van Christus oor die radio verkondig. As volgelinge van Jesus Christus gebruik ons media en tegnologie om die lewensveranderende Evangelie na moeilik bereikbare plekke regoor die wêreld te neem; plekke waar Christene vervolg word, waar oorloë woed, waar verlorenes geen ander manier het om te hoor as deur die radio nie. Ons senders verkondig die goeie nuus reeds meer as 67 jaar jaar lank in sowat 54 lande in meer as 130 etniese tale en bereik die Verre-Ooste, die hele Asië, Indië, die Midde-Ooste, die Horing van Afrika, FransAfrika, Oos-Afrika en Suider-Afrika. Derduisende luisteraars, waaronder Moslems, Hindoes en Boeddhiste, kontak ons daagliks om hul getuienisse te deel van hoe hul harte deur ons lewensveranderende boodskappe aangeraak is. Benewens die programme wat FEBA Radio SuidAfrika vir Franssprekende Afrika en die minsbereikte Yao Moslems van Malawi vervaardig, dien ons ook as steunwerwingsveld vir ons wêreldwye uitsaaibediening. Die gawes van donateurs stel ons in staat om die Evangelie na die minsbereikte wêrelddele te neem. U gebede is vir ons van groot belang. Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons bediening of om deel van ons gebedskring te word. Dit spyt my dat ek so laat in my lewe eers vir God leer ken het en dat ek soveel moes ly sonder Hom. Danksy jul uitsendings het ek nou vrede in my hart, iets wat ek nooit vantevore gehad het nie. Ek sê dankie, uit die diepte van my hart!” – ’n luisteraar in Viëtnam. FEBA Radio Suid-Afrika: Far East Broadcasting Association Kontakbesonderhede: Tel: 012 335 5708/764 E-pos: febasa@corpdial.co.za Web: www.febaradio.co.za facebook: 'FEBA Radio South Africa'
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
(Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Reëlings Datum
Plek
1 Des
Duxbury
1 Des
Troyestr
8 Des
Duxbury
Diensbeurt
Troyestr
Skinkbeurt
Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA Dankbaarheidsfonds
Almal
Ouderling
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Sanet
Diaken Walter van der Merwe 8 Des
Kollekte
Ouderling Schalk van Vuuren Diaken Steyn van Wyk
Dienste deur Hervormde Kerk
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Eerstejaarskampe 2014
Pretoria 13 – 17 Januarie 2014 Stellenbosch 18 – 22 Januarie 2014 Bloemfontein 10 – 12 Januarie 2014 Potchefstroom 6 -10 Januarie 2013
Eerstejaarskamp Stellenbosch 2014 18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.c o.za/eerstejaarskamp. htm of by Mariétte by 072 778 7804 of Johan by 082 929 1733
Eerstejaarskamp Bloemfontein 2014
Donker en lig Die stoepkamer op die familieplaas was vir ons kinders ’n skrikwekkende plek - nagdonker en verstikkend warm. Ons het vas geglo dat dit daar spook. As Ouma laataand kom kyk het of alles reg is, was sy vir ons ’n engel met haar los hare, wit nagrok, olielamp en besorgdheid oor ons welstand. Voor die skepping was die aarde donker en in Genesis 1:3 sê God: “Laat daar lig wees.” Met die geboorte van Jesus (Lukas 2) waak die skaapwagters in die nag as die engel vir hulle die boodskap van lig bring en ’n menigte engele daarna die lof van God verkondig. Die kruisiging (Matteus 27:45) dompel die aarde in die diepste duisternis, maar drie dae later staan Christus op en ’n engel bring die boodskap van ewige lig aan sy volgelinge. Met sy hemelvaart vertroos die engele en die Heilige Gees verlig die bymekaarkomplek met tonge van vuur. In Openbaring is die engele die boodskappers en gidse en prys hulle God só: “Die stad wat nie die son en die maan nodig het nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp” (Openbaring 21:23).
10–12 Januarie 2014. Alle voornemende jong werkendes en studente in Bloemfontein wat belang stel, stuur ’n e-pos na studente@gkbloembur g.co.za of skakel Jan by 084 440 1662.
CachetEerstejaarskamp 2014 Datum: 6-10 Januarie 2014 Plek: Nooitgedacht, 30 km buite Potchefstroom Koste: R750 (T-hemp en etes ingesluit) Vertrekpunt: Teologiese Skool Potchefstroom
Gereformeerde Kerk:
Kerkdienste vir vakansiegangers by die see
’n Kambodjaanse vrou luister na ’n FEBA-uitsending
Só bedien óns mekaar Soos wat reeds aan u bekend gemaak is, word die bestaande wykstelsel vervang deur ’n nuwe vorm van bediening en indeling. Die hele Brooklyn-groep wat nie deel vorm van die studente-bediening nie is in die volgende agt groepe ingedeel: Groep 1: Jong getroude lidmate sonder en of met klein kindertjies; Groep 2: Brooklyn/Menlopark; Groep 3: Oostelike dele van Pretoria/Garsfontein; Groep 4: Colbyn/Moot; Groep 5: Waterkloof; Groep 6: Afgetrede persone; Groep 7: Faerie Glen/Wilgers; Groep 8: E-Bediening aan lidmate buite Pretoria. Die groepe is, sover moontlik, geografies of ouderdomsgewys ingedeel. Binne elke groep is daar ouderlinge en medewerkers wat die mekaar-bediening binne die groepe en bestaande kleingroepe koördineer. Elke lidmaat sal eersdaags persoonlik in kennis gestel word in watter groep hy/sy/hulle val en onder watter ouderlingetoesig dit sal geskied. Dit bly vir die Kerkraad belangrik om dit te benadruk dat elkeen in die gemeente sy/haar gawes binne die raamwerk van mekaarbediening sal gebruik. Bo alles bly ons vra vir elkeen se voorbidding in hierdie saak.
Dienste vind plaas by Swanmorestraat 320, Shelley Beach, Suidkus, KwaZulu-Natal. Eredienste vind elke Sondag plaas: Eerste diens 08:30 en tweede diens 10:00. Geloftedag 16 Desember: 09:00. Kersdag 25 Desember: 09:00. Kontak ds H de Villiers by 076 173 4857 of ouderling A Badenhorst by 082 612 4244 of 039 315 5106.
Kersfees: Eredienste 25 Desember 2013 08:00 Erediens by Duxburyweg 10:00 Erediens by Troyestraat Predikant: Fanie van der Schyff Botswana: Bou-projek in Januarie Ons nooi julle uit vir ’n 10-daguitreik na die noordwestelike deel van Botswana. Ons gaan ’n huis vir Bybelvertaler-gesinne bou, met sementstene. Lees meer oor die uitreik en die werk wat daar gedoen word: http://projekte.kruispad.net/bouin-botswana.html Datum: 15-25 Januarie 2014 Kostes: R1 000 - vervoer en kos ingesluit. Ons gaan langs die Okavangorivier kamp. Terwyl ons daar is, gaan ons ook die gebied ontdek! Kontak Anneke by anneke@kruispad.net Registreer: http://projekte.kruispa d.net/bou-in-botswana1.html Borg stene: http://projekte.kruispad.net /borg-n-baksteen.html
Besluit oor die opleiding van predikante “kritieke bedieningsnood” in die GKSA “veral in swart, landelike en township-gemeentes” Daar is ʼn goot behoefte aan opgeleide predikante in suidelike Afrika en ook in die res van Afrika. Op die sinodes van die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika (GKSA) word die “kritieke bedieningsnood” in die GKSA “veral in swart, landelike en township-gemeentes” telkens gerapporteer. Lidmate van die GKSA en ander gelowiges uit suidelike Afrika en die res van Afrika kan hulle nie altyd in Potchefstroom vir teologiese studie vestig nie. Met nuwe tegnologie kan daar tans via die internet by verskillende leersentra in suidelike Afrika (en wêreldwyd) intyds en ook interaktief vanaf Potchefstroom klasgegee word. Die kuratore en senaat van die Teologiese Skool Potchefstroom (TSP) het die nuwe onderrigleermetode deeglik ondersoek. Dit blyk dat dit haalbaar is om teologiese studente wat hulle nie vir hul volle studietydperk in Potchefstroom kan vestig nie op hierdie wyse op te lei. Daar word dus nou beplan om oopleersentra wydverspreid in Suid-Afrika en Suider-Afrika beskikbaar te maak. Indien die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en in ons buurlande by hierdie projek inskakel en hul geriewe as oopleersentra beskikbaar stel, kan daar baie vinnig en effektief op baie plekke met die opleiding van arbeiders vir die Here se oes begin word. Studente wat hul onderrig gaan ontvang by die sentra wat die GKSA nou as nuwe inisiatief ontwikkel, gaan by die oopafstandsleerprogram van die Fakulteit Teologie inskakel en hierdie leersentra sal in die Noordwes-Universiteit (NWU) se stelsel gekontrakteer word as oopleersentra. Die studente sal dus afstandstudente van die NWU wees. Almal weet dat dit baie duur is om te studeer en dat teologiese studie nie ʼn uitsondering is nie. In samewerking met die NWU se Fakulteit Teologie, die kuratore, die TSP en die private besigheidsektor het ʼn groep lidmate van die GKSA ʼn inisiatief van stapel gestuur om dit finansieel moontlik te maak om die onderrig van soveel as moontlik teologiese studente met behulp van die
nuwe onderrigtegnologie te laat plaasvind. Die beplanning van die nuwe onderrigleermodel is reeds ver gevorder en eerste inskrywings word vir 2015 aanvaar. Persone wat reeds in 2014 die oopafstandleerprogram (OAL-program) wil gebruik, kan vir 2014 vir die NWU se UniPrepprogram registreer. Hierdeur kan sulke persone reeds enkele modules van die BTh/Kandidaats 1 afhandel en in 2015 gewoon voortgaan met hul studie. Die Registrateur, mev. Ami du Toit, kan in dié verband gekontak word by Ami.DuToit@nwu.ac.za of tel 018 299 1846. Meer gegewens oor die inisiatief is op die GKSA se webblad beskikbaar. Die nuwe onderrigleermetode bied uitstekende geleentheid aan gemeentes om betrokke te raak:
gemeentes kan van hul geriewe as leersentrum beskikbaar stel;
gemeentes kan studente identifiseer wat die gawes het en graag as predikante opgelei wil word, maar wat nie na Potchefstroom kan verhuis nie. Hierdie studente kan aangemoedig word om reeds in 2014 in te skryf vir die UniPrep-program (sien hierbo) of om in 2015 via een van die oopleersentra onderrig te ontvang;
gemeentelede kan hulp aanbied om as fasiliteerders by ‘n leersentrum op te tree (vereistes waaraan sulke fasiliteerders moet voldoen, word later volledig bekend gemaak).
Gebedsoproep “Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur” (Lukas 10:2). Dr. Douw Breed Voorsitter: Kuratore van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Kaartmasjien ’n Besluit van die kerkraad maak dit nou vir lidmate moontlik om met die gerief van ’n kaartmasjien debiet- en kredietkaarte vir die volgende dienste te benut: maandelikse bydraes; barmhartigheidsbydraes; boeketafel-aankope; kaartjies vir gemeentefunksies; betaling vir kampe. Die kaartmasjien sal op die volgende tye beskikbaar wees: Sondae ná die diens in die kerksaal by die persoon aan diens; Sondagaande by die boeketafel; weeksdae tydens kantoorure by die kerkkantoor; by spesiale funksies; vir Bybelbank-donasies.
ADVERTENSIES 1. OP SOEK NA WOONPLEK IN CENTURION
4. STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT
Pas getroude paartjie soek woonplek van Januarie 2014. Tweeslaapkamer-tuinwoonstel of -meenthuis naby Centurion Mall teen ’n bekostigbare prys. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949.
Queenswood. Kamer met badkamer en instapkas. Ten volle gemeubileer met yskas en kookgeriewe. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Water en elektrisiteit ingesluit asook gebruik van wasmasjien. Naby Tukskampus, Gautrein-busroete en mediese kampus. R2 000 p.m. Kontak 082 570 1778.
2. WERKGELEENTHEID ’n Mediese laboratorium bied ’n gratis kursus aan in laboratoriumwerk (medies) vir twee jaar vir blanke matriekmeisies wat nie ná skool kan gaan leer nie, maar wat tog iets wil doen. Gedurende die twee jaar kry hulle indiensopleiding, asook ’n salaris van sowat R5 000. Ná die twee jaar moet hulle nog drie jaar terugwerk, die salaris is dan meer, sowat R10 000 - R12 000. Daar is nie sluitingsdatums vir aansoeke nie. Stuur aansoeke na dirk@helplift.co.za
3. RIEMPIES Ek vervang riempies van meubels. Kontak Hendrik Jonker by 076 487 0638.
5. PERFEKTE KLEIN STUDENTEMOTOR Renault Clio ii 1.2l 16v 2002 met nuwe voorkoms. Volle diensrekord. Met onlangse diens is nokbelt, waterpomp en remskoene vervang. Sentrale sluiting, elektriese vensters en spieëls, lugversorging, kragstuur en ABSremme. Bande 80% 124 000 km. Rede vir verkoop - nie meer student nie. R45 000 sluit padwaardigheidsertifikaat en herregistrasie in. Kontak Leon by 072 248 3348.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.