Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 1 Maart 2015 Foto: Olyfberg, Jerusalem. 875 m - WIikipedia
Hart
&
Hand
Uit Hom, deur Hom en tot Hom
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Die betroubaarheid van die Nuwe Testament
Chris de Beer Vandag word die Bybel vanuit verskeie oorde aangeval. Mense bestempel die Skrif as onbetroubaar en verwerp dan vir God. Ons gaan vanoggend kyk hoekom weet ons die Woord van God is betroubaar en wat dit vir die wêreld beteken. Aanddiens
Die Bybel: As dit waar is verander dit alles ...
Paul Grobler Wanneer ons die Bybel lees, is dit maklik om net inligting daaruit te kry en dan lang debatte te voer of dit waar is of nie. Vanoggend het die prediking gegaan oor die betroubaarheid van die Bybel. Vanaand gaan ons die vraag vra: Wat doen ons as dit dan waar is? Waarvoor gebruik ons die Bybel en wat is die groot “sodat” van 2 Timoteus 16-17 wat ons help om te weet hoe dit alles verander. Troyestraat
Uiteenlopende sienings rondom die Wederkoms
Ds Fanus Heystek Voel jy ook jy kwyn weg – dat jou liggaam en gees ingee? Nie juis omdat jy oud is nie, maar omdat jy weet dat jy God teleurgestel het. Is God besig om in sy toorn my te straf? As jy só voel, is jy nie alleen nie. Dawid het 3 000 jaar gelede al geworstel met die vraag of ’n kind van God nie weer in onguns by Hom kan val nie? Skielik is dit asof God vyande van alle kant op Dawid losgelaat het – asof God hom verlaat het. Niks kan ’n mens meer uitteer as dit nie.
Eredienste: Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing:
Lukas 1:1-4; Johannes 20:30-31; 2 Timoteus 3:16-17 Sang: Ps 1b:2 Sk 12-3:1, 2, 3 Ps 130a:2 Ps 119a:1, 7 Sk 13-3 Amen Duxbury: 18:30 Paul Grobler Skriflesing: 2 Timoteus 3:16-17 Sang: Lied 151 - Skenk ons, Here, U beskerming (aanvullende boekie: p17) Ps 42a:1, 3 SB 20-2:1, 2, 6, 7 (Aandsang) SB 13-3 Amen Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Psalm 6 Sang: Voorsang: Ps 84, Sk 7-2, Lb 188 en Lb 530 Onder die diens: Lb 334, Ps 126, Ps 79 en Sk 14-2
Dagboek
Vandag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Agapé Dinsdag: 08:30:Predikante-toerusting Woensdag: 18:00 Bedieningskommissie 19:00 Beginpunt
Gelukwense
Die Hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:5). 1/3 1/3 1/3 1/3 3/3 3/3 4/3 4/3 5/3 5/3 5/3 5/3 5/3 6/3 6/3 7/3 7/3 7/3 7/3 03/07
Van Wyk Marzaan Theunis Hanneke Annéén Nita Petrus Leoni JG John Minnie Marlien Alta Jannie Alberta Rohann Johan Steggie Frieda Nellie
Hartman Human Jacobs Joubert Labuschagne Mennega Steyn Swart de Waal Mawdsley Scheepers v.d. Hout van Niekerk Breed v.d. Walt Eloff Kruger Kruger Sonnekus van Heerden
071 608 8400 072 264 4979 082 352 3027 073 282 8206 071 892 5357 083 276 2777 082 496 5941 083 376 6571 082 440 4717 082 779 2569 072 784 9433 076 137 8963 082 339 3309 082 553 3026 Louis Mansion 072 412 4757 012 332 0251 072 209 7254 082 770 8676 082 402 2718
Vetkoek-Vrydag Wegneemetes Soos reeds bekend is, bied ons gemeente in 2019 die Sustersaamtrek aan. In aanloop en ten bate van ons fondse gaan ons begin met ’n Vetkoek-en-maalvleisVrydag. Dit gaan as ’n wegneemete verkoop word. Julle kan by enige Agapé-lid bestel en betaal. Ons eerste Vetkoek-Vrydag is op 13 Maart. Groete Agapé-diensgroep
Donderdag: 12:00 KVA 19:30 Musiekbediening TROYESTRAAT-BEDIENING Woensdag 4 Maart: Bybelstudie om 09:30 in die eetsaal van Karmel (o.l.v. NG Kerk) Woensdag 11 Maart: Bybelstudie in eetsaal (09:30): Openbaring 13:11 e.v. (ds Fanus)
. Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.
Skenk wol en maak harte bly Die winter is amper weer op pad en die hande is lus om te werk, maar daar is geen wol nie! Hoe nou gemaak? Sal almal met sagte harte asseblief hul oorskietwol aan ons skenk. Ons brei en hekel kombersies, truie, serpe en speelgoed en menige harte word baie bly gemaak hiermee. Baie dankie by voorbaat vir skenkings. Gee asb. die wol af by die Brooklynkerkkantoor of by die Troyestraat-kerk. Kontak Hanneke by 012 341 3020 vir navrae.
Bedanking Baie dankie aan Frieda Sonnekus vir die skenking van die rolstoel wat nou op Sondae beskikbaar is in die konsistorie vir gebruik.
Die hoop wat in ons lewe ’n Mens kan baie dinge oor Suid-Afrika sê, maar dat dit vervelig is, is nie een daarvan nie. Ons sien hoe die parlement in chaos verval, hoe korrupsie onder ons leiers nuwe vlakke bereik en hoe mense in opstand begin kom teen swak dienslewering. In sulke omstandighede verval mense soms in moedeloosheid. Nou kan ons vra, hoe moet gelowiges reageer in sulke tye? Die antwoord is, met hoop! Ons weet mos dat Jesus met ons op pad is en dat daar ’n wonderlike toekoms vir ons wag. Dit is juis wanneer die wêreld in sak en as sit dat ons ’n geleentheid het om Jesus se lig die helderste te laat skyn. Petrus skryf ook aan ons: In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe (1 Petrus 3:15).
Oggendpreek Job 37:13
As Christen is dit natuurlik om met die mond te bely dat ons glo dat God werklik bestaan en dat Hy ten volle in beheer is van alles in hierdie lewe. Dit is immers hoe ons Hom deur die algemene openbaring van die skepping en die onderhouding van alle dinge en in besonder deur die Woord leer ken. Wanneer mens egter midde-in ’n lewenstorm van sonde, swaar en seer verkeer, is dit nie so maklik om regtig te glo dat God werklik bestaan en dat Hy ten volle in beheer is van alles in hierdie lewe nie. Dit is nie net ateïste nie, maar dikwels onsself wat worstel met die “waarom-vraag” en die vraag “of God werklik in beheer is van alle dinge” wanneer ons self in ’n lewenstorm verkeer. In sy verhouding en gesprek met Job gee God self vir Job, en ons, die antwoord op die “waaromvraag” en op die vraag “of Hy werklik in beheer is van alle dinge”. In Job se worsteling met God oor sy kinders wat in ’n fratsongeluk dood is, sy slawe wat almal vermoor is en al sy vee wat gesteel of deur weerlig doodgeslaan is en sy vrou van wie hy vervreem is (Job 1-2), neem die Almagtige Job na die grootsheid van die skepping (Job 38-42).
Uiteindelik kom Job tot die besef dat die antwoord op die “waarom-vraag” en die vraag “of God werklik in beheer is van alle dinge” nie lê in die detail-beantwoording van daardie vrae nie, maar in God wat sy Here is (Job 38:1). Hy stuur die storm, bestuur die storm, is saam met Job in die storm en klaar ook die storm op. Ons sal nooit in hierdie lewe antwoorde op die storms in ons lewens kry nie, maar ons leef met die sekerheid dat God ons Here is en dat Hy saam met ons in die storms is. So maak Hy Homself ook aan ons bekend as die Lewende midde-in die storms van die lewe.
Aandpreek Genesis 1:1-3; Psalm 33:6-7; Johannes 1:1-3 Deur die eeue heen was daar al hewige debatte oor die vraag of God werklik bestaan. Die Skrif leer ons dat God Homself aan ons bekend maak deur die skepping en deur die Woord (kyk Nederlandse Geloofsbelydenis: artikel 2). Dit beteken ons hoef net om ons te kyk om God se handewerk raak te sien. Die digter van Psalm 19 skryf: Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Daar is ook wonderlike wetenskaplike en filosofiese argumente wat God se openbaring beaam. Die eerste is die kosmologiese argument. Die reël van kousaliteit sê dat alles wat ontstaan ’n oorsaak moet hê. Die meeste wetenskaplikes glo die heelal het êrens ontstaan en daarom moes iets dit veroorsaak het. Uiteindelik is God die beste verduideliking vir die ontstaan van die heelal. Die tweede argument gaan oor intellegente ontwerp. Die wette waarbinne die heelal funksioneer, is so presies en kompleks dat ’n mens die intelligensie in die ontwerp daarvan kan waarneem. Dit beteken die kans dat alles lukraak ontwikkel het, is uiteindelik nie geloofwaardig nie. Die derde argument gaan oor moraliteit. Gelowiges en ongelowiges stem saam dat sekere dade soos moord, marteling en verkragting verkeerd is. Dit beteken daar moet ’n standaard wees waarteen goed en sleg gemeet kan word. Daar moet ’n morele wetgewer wees. Die feit dat God bestaan, gee vir ons wonderlike hoop, want dit beteken Hy is in beheer en Hy werk met ’n plan. Hy is op pad om die hele skepping onder een Hoof, Jesus Christus, te verenig (Efesiërs 1:10) en uiteindelik alles in die heelal nuut te maak.
Gemeentegeskiedenis
Almal wat belangstel om ‘n gedrukte weergawe van die onlangs gepubliseerde “Saam op pad met God” uitgawe van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn se kerkgeskeidenis te bekom het nou die geleentheid om van julle te laat hoor. Voltooi slegs die skeurstrokie skeur af en handig in tydens kollektes by die deure. Ek/Ons stel belang in ‘n gedrukte weergawe. Naam: Van:
Gedrukte weergawe
Jy kan die kerkkantoor ook in kennis stel
Skeur hier af
Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 sal die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.
Program vir Dissipelskapkafee Februarie – Mei 2015 Feb Maart
April
Mei
Junie
2 9 16 23 30 6 13 20 27 4 11 18 25 1 8 15 22
Agapé-vergadering Geloof alleen: Christus (Solus Christus) en die Heilige Gees (Sola Fide) Samevatting : Bespreking Vakansie Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees? Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie Die Engele en die duiwel
Chris de Beer Fanie van der Schyff Fanie, Chris en Paul
Paul Grobler Paul Grobler Paul Grobler Chris en Paul Magdal Pienaar-Marais
Gesinsbyeenkoms:
Eljadahuis Baie dankie aan almal wat in November en Desember so mildelik bygdra het met die spesiale pakkies en kos wat ons vir Eljadahuis kon gaan afllewer. Dit word opreg waardeer en het gehelp om ook vir mense wat swaarkry ietsie spesiaals te gee. Soos altyd is die nood aan basiese kos hoog en om elke dag vir sowat 60 mense kos te maak, het mens ’n taamlike voorraad nodig. Ons vra dus weer aan almal wat wil om ’n bydrae te lewer in die vorm van nie-bederfbare kos soos langlewemelk, blikkies vleis en vis, pasta, suiker, toebroodjiesmeer, hawermout en Weetbix, toiletbenodighede en skoonmaakmiddels. Die personeel van die huis het ook gevra vir plastieksakke, enige grootte en vorm, enige ou winkelsakke sal waardeer word. Die kos kan in die houtkis in die voorportaal van die saal gesit word. LW: Die deur van die saal regoor die kerk is gesluit en mense word gevra om deur die saal te loop om die kos in die houtkis te plaas.
8 Maart om 11:00 Ons herinner al die ouers met kinders tot graad 7 aan ons kuier op Sondag 8 Maart om 11:00. Die plek sal bevestig word, maar dit behoort in een van die parke in die omgewing te wees. Die doel van hierdie byeenkoms is om ouers wat min of meer dieselfde behoeftes het as dit kom by die kleiner geslag, van babatjies tot laerskoolkinders, te ontmoet of beter te leer ken. Natuurlik is enigiemand anders ook welkom, jonk en oud, maar die fokus is op hierdie spesifieke groep. Ons sal sorg vir tafels, maar vra dat elke gesin sy eie piekniekmandjie bring; daarmee saam ook een gereg per gesin wat dan op die tafels geplaas word en wat almal saam kan geniet. Bring kouevleis, slaai, vars broodrolletjies, verkieslik koue kos en onthou ook stoele en of piekniekkomberse.
Skakel Hannes Otto by 082 781 2397 of Annalie Grové by 082 879 6654 vir meer inligting.
Fondsinsamelingsprojek: President Kruger-Kinderhuise
Op 8 Maart gaan Marthinus, Marié en Tiaan Heystek die Cape Town Cycle Tour (Argus-fietswedren) ry. Dit sal Marthinus se 23ste Argus wees, Marié se 15de en Hartklop-Fees 2015 Tiaan se 5de. Kaartjies is ten bate van die Ons het besluit om die wedren te gebruik om vir Paul Kruger-Kinderhuis liefdadigheid te ry. Ons gaan die wedren ry en geld 28 Maart 2015 insamel vir President Kruger-Kinderhuise. Ondersteun ons poging om geld in te samel vir hierdie kinderhuis. NG Moreleta Indien u ons wil ondersteun, gaan Ouditorium na Kunstenaars: Bobby van Jaarsveld, http://www.doit4charity.co.za/Marthinus.H en klik op Riana Nel, Adam, Elvis Blue, “Sponsor Me Now” en dan sal u verskeie opsies hê om Karlien van Jaarsveld. by te dra. Indien u nie op die internet of met ’n Kaartjies beskikbaar by kredietkaart wil betaal nie, is u welkom om ons Itickets persoonlik te kontak vir ’n reëling. Marthinus, Marié en Tiaan Heystek. Kontak hulle by: 086 1000 291 mheystek@mweb.co.za www.itickets.co.za Marthinus by 082 853 6216, Marié by 082 684 3209 of Kaartjiepryse: R110-R250 Tiaan by 079 886 7576. Jesaja 58: 7
Wees getuie van Jesus Christus: Sorg
Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
Toerusting vir groepe en gesinne Weektema: Die Bybel - as dit waar is verander dit alles ... Teks: 2 Timoteus 3:16-17
Lees/Luister:
Lees as groep of gesin saam deur 2 Timoteus 3:16-17
Uitroeptekens:
Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moet dit nie te veel bespreek nie. Luister na mekaar.
Vraagtekens:
Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja/nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte: Wat is die sentrale gedagte van 2 Timoteus 3:16-17? Hoe in die afgelope week het die Bybel jou gehelp om: iets van God te leer? dwaling te bestry? iets wat verkeerd is reg te maak? iets te leer wat jy moet doen in jou lewe om Jesus te volg? Waar in die volgende week is jy bang jy gaan nie voorbereid wees om ’n situasie te kan hanteer nie? Hoe dink jy rus God jou toe vir die week wat kom?
Hande en voete:
Nadat julle die gedeelte klaar gelees het en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak. Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander dissipels van Jesus te maak?
Bid:
Bid as gesin of groep saam vir die volgende: Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te kan hanteer. Bid vir mense in jou gemeente en familie. Vra dat God sal verheerlik word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus. Bid vir die mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, by die skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het. Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid.
Voorbidding:
Kazakstan Kerke word nie toegelaat om as sulks te funksioneer sonder om by die owerhede geregistreer te wees nie. Die owerheid gebruik egter verskeie verskonings om so ’n registrasieproses te vertraag. Bid dat kerkleiers guns sal verkry by die owerhede en dat hulle wysheid sal hê oor hoe om hangende registrasies af te handel.
Sustersaamtrek: 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van ons gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015. Tema: Julle is Sout en Lig Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie van 07:30 Plek: Wapadrant-gemeente, Plot 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom. Kontak Ronel Stronkhorst asb. by 083 299 7413 of by exinco@mweb.co.za indien jy na die saamtrek wil gaan.
ADVERTENSIES BOEKRAK GESOEK
DIE WASLYN
Linda van Vuuren en Johanna Hellberg wil graag aanhou om geestelike boeke te verkoop. Ons wil graag die boeke op ’n boekrak uitstal en vra of iemand nie dalk iewers ’n boekrak het wat nie meer ’n doel dien nie? Ons idee is om tweedehandse boeke te verkoop en daarom vra ons dat ou boeke ook na ons kant toe aangegee word. Alle geld wat ons maak, gaan vir ons gemeente se Bybelverspreidingsprojek.
Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596.
Het jy dalk ’n ou fiets wat in die motorhuis staan en nie meer gebruik word nie. Guymore, ’n tuinwerker van Zimbabwe, is beroof en sy fiets (en heelwat ander goed) is gesteel. Hy gebruik die fiets om by sy werk uit te kom en sukkel in die stadium baie met vervoer. Indien jy dalk ’n fiets het wat nie meer gebruik word nie, kontak my gerus by wouter@sbplaw.co.za.
WOONSTEL TE HUUR
Enige oortollighede soos yskas, mat, enkelbed of dubbelbed, lessenaarlamp, bedlamp, hangkas, los hout- of staalkassie, klein eettafel, gordyne, TV. Kontak Frans Bekker by 072 271 3778. WERK GESOEK 41-jarige dame, Kathleen Branco, benodig ’n werk. CV beskikbaaar. Ondervinding van kassierwerk, versorging van ouer mense, ontvangs, kinderoppasser, huishouding. Kontak 071 393 4750.
WOONSTEL BENODIG
OU FIETS
MEUBLEMENT BENODIG
WOONPLEK BENODIG My ouers se huis in Belfast is verkoop en hulle moet einde Feb. uit hul huis wees. As daar iemand is wat weet van ’n 2-slaapkamerwoonplek verkieslik met ’n toesluitmotorhuis in Pretoria of naby genoeg kontak Liza by 073 588 6907 of haar ma by 083 463 1926. Die diakonie se woonstel, Normandie 301, is beskikbaar om te huur. Kontak Rentia by 082 775 6907 indien u belang stel.
FAITH PRODUCTIONS Kontak Hannes van Wyk by 084 820 5100 of e-pos faithproductions.tv@gmail.com vir foto’s, DVDopnames, redigering en klankopnames regoor SuidAfrika. 2 Slaapkamers met klein tuintjie en wat veilig is. Kontak Theuna Stolz ná 15:00 by 084 595 2820.
VARS SWART OLYWE UIT DIE NOORD-KAAP OM SELF IN TE MAAK Oestyd begin April – R40 per kg. Plaas bestellings by Cornelia by 082 903 1427 of Henning-higgins@absamail.co.za
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum Plek 1 Mrt Duxbury
1 Mrt 8 Mrt
Troyestr Duxbury
8 Mrt
Troyestr
Diensbeurt Ouderling Marinus v.d. Hout Diaken Willem Daling
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure ARSO
Skinkbeurt Leoné
Ouderling Danie Bakker Diaken Carlé Erasmus Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Esther
Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).