Hart en hand 21 september 2014

Page 1

21 September 2014

Eredienste

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

God uit skole ...

Fanie van der Schyff Daar is tans groot debat en hofsake aan die gang om sekere skole te verbied om openlik hulleself as Christelike skole met Christelike waardes en gebruike te handhaaf. Hoe voel jy persoonlik daaroor, maar selfs belangriker as dit: Wat sê ons Here self daarvan? Aanddiens

Die Koning leef!

Chris de Beer Hoekom is jy ’n Christen? Vandag word gelowiges al hoe meer gekonfronteer met ‘hoekom’-vrae. Die hartseer is dat ons nie altyd goeie antwoorde gee nie en dan begin mense dink dat ons geloof onlogies is, terwyl die teendeel waar is. Vanaand gaan ons kyk na al die wonderlike redes hoekom ons glo “Die Koning leef!” Troyestraat

Waar en hoe dop die ryk man die ewige toets? Ds Fanus Heystek God gee sy son en reën vir almal (Matteus 5:45). Dit is deur God se algemene genade waarin selfs goddeloses/ateïste uit olie en die grond ryk kan word – soos ook hierdie ryk man van Jesus se gelykenis. Daarteenoor het Lasarus gely onder die algemene vloek van die sondeval. Wat was uiteindelik die verskil tussen dié twee dat die een verheerlik sou word en die ander tot die hel veroordeel word? Was dit die resultaat van rykdom? Of die feit dat die ryke bevoordeel is op aarde, maar Lasarus nie (Lukas 16:25)?

Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Romeine 1:8-17 (:16) Sang: Ps 47a:1, 4 Ps 108b:1, 2, 3 Ps 9a:1, 7 Ps 9b:9, 10 Ps 16b:1, 2 Sk 14-3:1, 3, 4 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: 1 Korintiërs 15:1-11 Sang: Lb 190:1, 2, 3 (staan) Sk 1-2:2, 3 (staan) Ps 89a:3, 6 (staan) Sk 13-3 Amen (staan) Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Lukas 16:19-31 (15) Sang: Ps 4 Lb 159 Sk 1-1 (mel Lb 504) Ps 18 Lb 602 Sk 14-2 Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD-formaat beskikbaar.


Dagboek

Vandag: Jeug: Kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: Erfenisdag

Gelukwense

Casper Elma Hanré Fanus Dawid Cecilia Lenie

23/9 24/9 24/9 25/9 25/9 25/9 25/9 26/9 26/9 27/9

Lillian Marié Roelof Annika Kirsten Johan Reinette Leatitia Eben Schalk

Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Naasteliefde

U is vir my ’n skuilplek. U beskerm my van teëspoed. U omring my met liedere van redding (Psalm 32:7). 21/9 21/9 22/9 22/9 23/9 23/9 23/9

Enkellopendes en jonggetroudes

du Plessis Human Kotze Nortje de Wet Pretorius v.d. Merwe Venter Heystek Pelser Altin Altin de Beer v.d. Schijff Ehlers Venter v.d. Walt

082 309 6770 072 264 4979 083 601 7750 084 76 46068 083 538 2865 083 276 4460 083 238 6121 084 433 3909 082 684 3209 082 412 7979 082 446 7595 072 241 8929 082 490 4201 082 494 5962 084 278 1933 082 780 6674 083 677 6242

Sestigplussers Ná al die vermoeiende aktiwiteite van Erfenisdag het julle beslis ’n lafenis nodig. Ons sien julle dus op 25 September om 10:00 by Grenadine. Groete, Niek.

Jaarprogram 2015 Rentia is besig met die nuwe jaarprogram. Sal almal asseblief voor 30 September vir haar die datums deurgee.

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Petra de Klerk (082 553 8602) is in die Wilgers-hospitaal opgeneem vir ’n ondersoek. Ons bid haar sterkte toe. Christo Kuun (082 551 7648) is skielik geopereer. Hy is in die Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Ons bid vir hom en Arnline.

Gelukwense Baie geluk aan Petrus en Frizelna Steyn met die doop van hul seuntjie, Josua, verlede week. Mag hy julle baie vreugde bring. Voorbidding:

Indonesië Talle nuwe gelowiges het dieper en sterker gegroei in die geloof vanweë die verspreiding van kontekstuele Nuwe Testamente. Sommige gelowiges het selfs na ander begin uitreik. Bid dat God se Woord deurgaans hul lewe sal verander en dat hulle effektiewe getuies van die evangelie sal word.


Kuierkombuis@Aardklop (7-11 Oktober 2014) Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Die Bult gaan vanjaar weer die gewilde Kuierkombuis tydens Aardklop bedryf. Die Kuierkombuis is ’n gewilde oase vir feesgangers waar hulle heerlik kan eet en ontspan. Kom geniet ’n klein, medium of GROOT ontbyt voor jou eerste vertoning of val tussendeur in vir ’n lekker stuk koek en ’n koppie koffie of tee. Middag- en aandetes is wildsvleispastei, lasagne of gerookte varkboud met slaai. Die gemeente se roeping is "Geroep en toegerus om deel te wees van die Here se bediening IN, OP en OOR die Bult" en daarom gaan alle wins wat gegenereer word vanjaar uitbetaal word aan liefdadigheids- en gemeenskapsprojekte op die Bult en in Potchefstroom. Die Kuierkombuis is op die hoek van Molen- en Borcherdstraat, oorkant die Loopstraatingang na die feesterein. Baie dankie vir jul ondersteuning. Navrae: gkbult@gmail.com of 018 297 4843.

Belydeniskamp Ons reël vanuit verskeie gemeentes ’n belydeniskamp. Die kamp sal in Afrikaans en Engels aangebied word as ons daarin slaag om al die kerke wat uigenooi word tot deelname te oorreed. Die kamp word gehou van Maandag 6 Oktober (vertrek 12:00 van gemeentes) tot Vrydag 10 Oktober (09:00). Die koste van die vorige kamp was R800 per kind. Hierdie koste sluit die kampgeld, kosgeld en studiemateriaal in. Die kamp vind plaas op die Sionsbergh-kampterrein naby Heidelberg - ’n kampterrein met netjiese slaapgeriewe, snoepie, mooi saal en skoon fonteinwater-dam, groen bome en groen gras. Alles is daar om die kinders ook tussen al die werk deur lekker te laat ontspan. Ons het nog plek op die kamp. As ’n belydeniskatkisant belang stel om deel te neem, kan hulle ds Daan Bakker skakel vir verdere inligting by 082 829 8456 of e-pos djbakker@telkomsa.net

Mooidoppers verkoop weer bosburgers op Aardklop Wat is Aardklop sonder ’n bosburger? Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Mooirivier, die Mooidoppers, verkoop weer tydens Aardklop van Dinsdag 7 Oktober tot Saterdag 11 Oktober die beroemde bosburgers op hul kerkterrein. Dit is op die hoek van Du Plooy- en Sol Plaatjiestraat, oorkant Wohnen-verfsentrum. Dié wat reeds baie jare Aardklop toe kom, sal ons produk ken. Dit is ’n gekrummelde bees-, koedoe-, of elandsteak in ’n roosterkoek met ’n sous van eie keuse. Daar sal ook wildspatties in ’n roosterkoek en gewone roosterkoeke met konfyt of stroop te koop wees. Ons beplan om koeldrank beskikbaar te hê. Kom ondersteun ons, vermy die druk van lang toustaan en geniet ’n bosburger op Aardklop. Navrae: ds Koos Mouton by 082 925 3959.

Brooklyn Brokkies vanjaar vol stories oor ons lief en leed Elke mens het ’n storie en daar gebeur dikwels interessante dinge met mense waarvan ons nie weet nie. Skryf asseblief ’n kort beriggie met foto oor persoonlike uitreike, jul prestasies en dié van jul kinders of oor sportbedrywighede – van alles en nog wat. Die berigte moet ons asseblief voor of op 1 Oktober bereik. Só kan ons die seën wat die gemeente die afgelope jaar beleef het in die jaarlikse uitgawe van Brooklyn Brokkies weergee. E-pos asseblief so gou moontlik jul bydraes met die opskrif Brooklyn Brokkies na kantoor@gkbrooklyn.org.za


Christus-gesentreerd: die resultaat

Johannes 15:1 – 8 en Heidelbergse Kategismus Sondag 1 en 32 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 14 September 2014 In Handelinge 2 lees ons hoe Jesus sy Gees uitstort Hy laat ons groei - dit is vernuwing deur die oor sy kerk. Hierdie handeling het bepaalde gevolge Heilige Gees of resultate in die lewe van gelowiges, want Jesus leef nou in ons deur sy Gees. Maar wat beteken dit as Jesus deur sy Gees in ons leef? Johannes 15 gee vir ons die antwoord:

Hy ent ons in - gee ons ’n nuwe identiteit Johannes se metafoor van die ware wingerdstok is ’n wonderlike beeld oor hoe die nuwe lewe in Jesus Christus lyk. Die beeld wys vir ons dat Jesus die wingerd is en gelowiges die lote. Jesus plant ons in sy wingerdstok en maak ons nuwe mense. Ons kry ’n nuwe identiteit. In 2 Korintiërs 5:17 skryf Paulus: “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” Die verhaal van die wingerdstok wys ook vir ons hoe totaal afhanklik ons van Jesus is. Jesus se woorde aan ons in vers 4 en 5 is treffend: “want sonder My kan julle niks doen nie". Ons is heeltemal van Jesus afhanklik. Sonder Hom, los van Hom, het ons geen energie, geen stukrag, geen effek nie.

Om in Jesus Christus geplant te wees, beteken dat ons in Hom groei. In 2 Korintiërs 3:18 skryf Paulus: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.” Geestelike groei is nie opsioneel vir gelowiges nie, want die lote wat nie vrugte dra nie word deur die Vader afgesny.

Hy bewerk vrug - dit is die resultaat Die resultaat van Jesus se offer en die Heilige Gees se vernuwing is nuwe vrug. Luister mooi na Johannes se woorde (Johannes 14:5): “Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte…” In Galasiërs 5:22-23 skets Paulus vir ons ’n baie mooi prentjie van hoe die vrug van die Gees in ons alledaagse lewe lyk: Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing…

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Finansies: Ontvangstes 2014-2015 finansiële jaar MAANDELIKSE

BEGROTING

R246 450

AUGUSTUS

Tydperk

MAART- JULIE 2014 BEGROOT

R1 232 250

werklik

R1 200 633

TEKORT

R31 617

DANKOFFER

R116 000

Ontvangstes Maart – Julie 2014

NETTO INKOMSTE

BILTONG FEES

R110 000


Met dank

Geseënd is die vredemakers Matteus 5:9: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” Die lewe van die mens wie se hart aan Jesus Christus alleen behoort, staan in diens van die totale vrede wat God oor sy wêreld wil bring. Die belang van vrede word bevestig deur die heilstoesegging van Jesus – hulle sal kinders van God genoem word. Ja, die wat hulle beywer vir vrede, sal kinders van die lewende God genoem word. Dit gaan hier oor meer as net vrede – vrede in ons hart en vrede tussen kerkmense en medegelowiges. Sjalom gaan oor die herstel van die totale wêreld wat God geskep het en vandag nog onderhou. Jesus is ons vrede. Efesiërs 2 beskryf dit soos volg in vers 17 en 18: “Toe Hy [Jesus] gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring… Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur een Gees vrye toegang tot die Vader.” Bewaar hierdie vrede met al jou kragte en koester dit elke dag.

DIE AULA Vrydag 24 Oktober om 18:30

’N FEES VAN

ONS BESTE DUETPARE Jannie Moolman en Corlea Botha Burgerd (van Romanz) en Zita (“Ons Lieflinge”) Willie en Natasha Joubert Kaartjies by info@duetfees.co.za of 082377 1112 Gereformeerde Kerke Bergsig en Andeon (620 kaartjies reeds verkoop)

Ons wil almal wat betrokke was by die onthaal vir die senior lidmate Vrydag hartlik bedank dat julle ons weer ingesluit het by jul uitnodiging. Ons betrokkenheid by Brooklyn se gemeente (1979 tot 1995) was 15+ jare waartydens permanente verbintenisse gesluit is. Ons leef steeds in die gees met julle saam - met baie se lief en ook met jul leed (soos die afgelope weke met Otto en Mariechen se dood - om maar twee te noem). Dankie aan almal wat op watter wyse ook al met ons kontak behou. Waarderend, Mechiel en Leona Venter.

Hallo al die Pik ’n Wyne Dit is nou minder as twee weke voor die fees. Bring jou kampstoel of kombers en al jou vriende en kom kuier die dag saam met ons. Alles gaan vir ’n goeie doel - om die lewe van die kinders in die President Krugerkinderhuis Pretoria so ’n bietjie op te kikker. Ons het ’n promosie vir die week - slegs R70 pleks van R80 vir ’n enkelkaartjie! Daar gaan heerlike kosstalletjies wees wat allerhande lekkernye gaan hê. Ons vra slegs R10 vir veilige parkering en daar gaan ’n veiling wees met fantastiese produkte. Kaartjies is aanlyn te koop by http://itickets.co.za/ 1. R80 per persoon - sluit proeglas in -NET R70 vir hierdie week 2. R300 per paartjie - sluit 2 glase en kaasbord in 3. R3 000 per tafel van 10 - sluit glase, vingerhappies en 4 bottels wyn in 4. R20 per kind onder 18

Biltongfees 2014 Ná afhandeling van uitgawes en sekere liefdadigheidstransaksies vir die bedrag van R59 717 kan ons met dankbaarheid steeds ’n netto wins van R110 000 verklaar. Weer eens baie dankie aan almal wat meegedoen het. Ons hoop dat hierdie fonds tot noodverligting kan bydra. Wina Cameron Namens Diensgroep Projekte.


Sola Scriptura-konferensie God sê: Ouderlinge slegs mans Datum: Tyd: Prys:

24 September (vakansiedag) 9:00-15:00 R65 (worsbroodjies & filterkoffie ingesluit) Plek: Gereformeerde Kerk Rietvallei Bespreek deur www.itickets.co.za (die volledige program vir die dag is hier beskikbaar) Program: 09:00: Opening. Christiaan Jooste 09:15: Hoe weet ons die Bybel is God se Woord? Attie Bogaards 10:00: Hoe lees mens die Bybel reg? Koos Adendorff 10:45: Teetyd: Boeretroos. 11:15: Hoe bepaal ons wat tydlose kernsake in die Bybel is? Faan Smit 12:00: Is manlike ouderlingskap ’n kernsaak? Slabbert le Cornu 12:45: Middagete: Boereworsrolle. 13:45: Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra? (Rom 14) Cobus Rossouw 14:30: Vraag- en antwoordsessie 15:15: Afsluiting Gereformeerde Kerk Bet-El www.gereformeerd.org

Ingekom met attestaat: Vertrek met attestaat: Karlien van der Linde Bloemfontein-Noord Christelle van der Walt CarolinaLouwrens Bester Pretoria-Wes Annette Venter Kaapstad Maria E van Wyk Riviera Jacobus H van Dyk Egg: Petronella GH Rietvallei Cornelius Labuschagne Egg: Lieze Dooplid: Kylie Dooplid: Mieke Rietvallei Catharina E Schaffner Wierdapark

Annemarie Hoogenboezem Cachet Anthony Biddulph Cachet Jan-Daniël Labuschagne Alberton-Noord HerbertKnuppel Egg: Engelett Rietvallei Emmerencia de Beer Wapadrant

Vertrek met bewys: Burgert A Malan Egg: Liesl Dooplid: Adriaan F Kerk sonder Mure

Met dank Ons wil almal wat betrokke was by die onthaal vir die senior lidmate Vrydag hartlik bedank dat julle ons weer ingesluit het by jul uitnodiging. Ons betrokkenheid by Brooklyn se gemeente (1979 tot 1995) was 15+ jare waartydens permanente verbintenisse gesluit is. Ons leef steeds in die gees met julle saam - met baie se lief en ook met jul leed (soos die afgelope weke met Otto en Mariechen se dood - om maar twee te noem). Dankie aan almal wat op watter wyse ook al met ons kontak behou. Waarderend, Mechiel en Leona Venter.

Hallo al die Pik ’n Wyne Dit is nou minder as twee weke voor die fees. Bring jou kampstoel of kombers en al jou vriende en kom kuier die dag saam met ons. Alles gaan vir ’n goeie doel - om die lewe van die kinders in die President Krugerkinderhuis Pretoria so ’n bietjie op te kikker. Ons het ’n promosie vir die week - slegs R70 pleks van R80 vir ’n enkelkaartjie! Daar gaan heerlike kosstalletjies wees wat allerhande lekkernye gaan hê. Ons vra slegs R10 vir veilige parkering en daar gaan ’n veiling wees met fantastiese produkte. Kaartjies is aanlyn te koop by http://itickets.co.za/ 1. R80 per persoon - sluit proeglas in -NET R70 vir hierdie week 2. R300 per paartjie - sluit 2 glase en kaasbord in 3. R3 000 per tafel van 10 - sluit glase, vingerhappies en 4 bottels wyn in 4. R20 per kind onder 18


ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR

7. KUNSKLASSE

word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za

Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za

2.OPSTEL VAN TESTAMENTE EN BEREDDERING VAN BESTORWE BOEDELS Niel van der Merwe Prokureurs. Ons lewer ’n professionele diens en het gesamentlik meer as dertig jaar ondervinding in die opstel van testamente en bereddering van bestorwe boedels. Skakel gerus vir Niel van der Merwe by 082 9005 354 of Braam Neethling by 083 3096 854 vir enige navraag of bystand.

3. TYD VIR ’N WEGBREEK? Eenheid by Mabalingwe beskikbaar 21-28 November 2014: pragtige uitsig, patio en braai, swembad baie naby chalet. R870 per nag – slaap 6 volwassenes - 3 slaapkamers, 2 badkamers. Foto’s op navraag. Kontak Fanus by 083 376 8274.

4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.

5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za 6. SAIPA-KLERKSKAP Gevestigde rekenmeesterspraktyk in Pretoria, Magalieskruin benodig Saipa-klerke. Stuur asseblief CV’s na Service@prispek.co.za of kontak Gerhard Labuschagne by 012 567 5502.

8. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.

Gesamentlike uitreik Op 27 September 2014 vind ons damesoggend ten bate van Huis Hermon-tehuis vir bejaardes plaas. Ons nooi elke gemeente in Pretoria en omgewing om deel te wees van hierdie heerlike poging. Plek: Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin Tyd: 09:00 vir 09:30 Gasspreker: Melanie Vosloo van die tydskrif Leef Tema: Net soos jy is. Elke gasvrou (of gemeente) is verantwoordelik vir die volgende: Die verkoop van 10 kaartjies @ R120.00 per kaartjie; eie breekgoed en glase, tee, koffie, suiker en melk. Die tafels sal gedek en versier wees. Kontak Marietjie Nortje by 082 928 9565, 012 543 0745 (faks) of marietjie@lpartisan.co.za

Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum 21 Sep

Plek Duxbury

21 Sep 28 Sep

Troyestr

28 Sep

Duxbury

Troyestr

Diensbeurt Ouderling Danie Bakker Diaken Elzabé Barnard

Ouderling Ivan Altin Ouderling Jan Dekker Diaken Fanus Nortje

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas

Skinkbeurt Ina

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Elfrieda

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.