Hart en hand 22 junie 2014

Page 1

Hart & Hand 22 Junie 2014

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Waar is al die ander?

Fanie van der Schyff Elia was ’n kragtige profeet. Op die berg Karmel maak hy ’n openlike bespotting van die afgod, Baäl, en sy profete. Koning Agab se vrou, Isebel, sweer daarna wraak teen Elia en hy vlug die woestyn in. Hy is bang en dit voel vir hom asof hy alleen vir die saak van die Here staan... Aanddiens

Twee vaar beter as een!

Fanie van der Schyff Elia voel asof hy alleen vir die saak van die Here staan en wil opgee. God konfronteer Elia in die woestyn en stuur hom terug om sy dienswerk onder Israel voort te gaan sit. Omdat dit vir Elia gevoel het asof hy alleen staan, gee God aan hom ’n medewerker: Elisa. “Twee vaar beter as een ... ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie” (Prediker 4:9, 12).

Beroeping van ’n nuwe predikant Die beroepingskommissie gaan DV eerskomende Maandag, Dinsdag en Woensdag van 17:00 met predikante gesels met die oog op moontlike beroeping. Enige lidmaat is welkom om die gesprekke by te woon. Ons bly steeds vra vir voorbidding!

Ter approbasie Arrie van der Hout en Gerrie Kirsten word DV met die aanddiens asouderlinge bevestig. . Ons bid hulle die Here se seën toe.

DISSIPELSKAPKAFEE Maandagaand 23 junie 19:00 Gawes-kursus

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 1 Konings 19:1-18 Sang: Sk 1-6:1, 2, 3 Ps 34a:6 Ps 31a:1, 18, 17 Ps 90a:1, 2 Ps 90b:6 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 1 Konings 19:19-21 Sang: Lofprysing Ps 134a:4 Sk 10-2 Lied 565:1 Lied 566:2, 3 Troyestraat Christelike Sentrum: Troyestraat: 09:30 Karmel: 10:45 Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau


Brooklyn

Dagboek

Sondag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Dinsdag: UP: Hereksamens begin

Troyestraat Christelike Sentrum  

Vrydag:

Skole sluit

Gelukwense

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ’n regte leefstyl. Dit is God se manier om ons voor te berei, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê ons moet doen

(2 Timoteus 3:16-17). 22/6 22/6 23/6 23/6 23/6 23/6 24/6 25/6 25/6 26/6 26/6 26/6 26/6 27/6 27/6 28/6 28/6 28/6

Steinman George Lisa Leonore Hendré Chrissie Jeanette Meintje Coenraad Ignetia Pieter Herkie Mechiel Trudie Cobus Danie Magdel Emke

de Bruyn sr. Higgins de Ronde Jacobs Steenkamp van Vuuren Oosthuizen Schalekamp Steyn Mashau Stronkhorst Venter Venter Nel Stoltz Eloff Marais Stronkhorst

082 559 8786 012 348 8605 082 886 9450 082 851 5772 083 447 3315 012 343 0390 082 293 7285 072 406 9092 082 775 3366 082 971 2725 012 804 3661 082 320 8400 073 284 2081 083 740 6950 082 902 0032 083 952 4764 083 299 1407 083 299 7413

KERKTYE VANAF JULIE BY TROYESTRAAT Eerste, derde en vyfde Sondae van elke maand: Erediens in kerkgebou om 09:00. Daarna ’n erediens in die saal van Residentia om 10:00. Dienste word deur die Gereformeerde Kerk Brooklyn gelei. Tweede en vierde Sondae van elke maand : Net een diens om 10:00 in die saal van Residentia. Die Hervormde Kerk is hiervoor verantwoordelik.

Woensdag 18 Junie: Bybelstudie/kleingroep by Harmoniehof om 10:15 Woensdag 25 Junie: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30. Tema: Openbaring 7

Wat is haar naam? (Sy sal Lize genoem word) Jesaja 43:1

Fanie van der Schyff

(Opsomming van die oggendpreek op 15 Junie 2014 met die doop van Lize ’t Hart In die formulier vir die bediening van die kinderdoop bely ons: “...dat die doop ’n instelling van God is om aan ons en ons kinders sy verbond te verseël”. Wat is die inhoud en betekenis van God se verbond met ons? Jesaja 43:1 getuig van God se verbond in volle krag. Ons Here beloof van sy kant af sekere dinge wat Hy met en vir ons doen: Ek het jou kosbaar uniek gemaak (vergelyk Psalm 139:13-18). Ek het jou ook verlos omdat jy vir My so kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en lief het (Jesaja 43:4). Daarom het Ek Jesus in ruil vir jou lewe gegee. Ek beloof ook dat Ek altyd oral by jou is – daarom hoef jy nooit ooit bang te wees nie, selfs nie as jy deur bitter moeilike omstandighede moet gaan nie (Jesaja 43:2). Ek het jou bo alles op jou naam geroep. Ek het verklaar: JY IS MYNE! Dit is die inhoud en die krag van God se verbond.Die doop is as sakrament aan ons gegee as ’n teken en ’n seël van God se verbond met ons en ons kinders. Die doop verduidelik aan ons en herinner ons aan wat God ons beloof. Die teken van die doop is water en die water wys na die bloed van Jesus Christus. Nou word ons geleer en herinner: net so seker as wat water vuilheid afwas, net so seker was die bloed van ons Here Jesus Christus al die vuilheid van ons sondes af. Dit is die seël van God se belofte deur die doop: Ek was jou deur die bloed van Jesus skoon van al jou sonde. Hou aan hierdie belofte vas ...


Voorbidding: Sri Lanka Christene in die landelike gebiede van Sri Lanka staar vurige teenkanting van boeddhistiese geestelikes in die gesig. Bid vir meer geleenthede waartydens “Standing Strong through the Storm”-seminare in hierdie gebiede aangebied kan word sodat gelowiges toegerus sal word om vervolging beter te kan hanteer.

Naasteliefde

Brooklyn-Bybelbank

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Die vakansie is weer op hande. Dink asseblief aan die taal wat gebruik word waar julle heengaan en bespreek dit met Pieter Stronkhorst (072 600 7449). Kry dan ’n Bybel of Bybels by hom om saam te neem. Só kan jy iemand se hart bly maak – miskien iemand wat nie ’n eie Bybel het nie.

Siekte Oom Salmon Ligthelm bevind hom tans in hoësorg (Muelmed). Sy toestand is ietwat kritiek. Daarby tel sy jare (oor die 90) teen hom. Maar sy vaste geloof en vertroue op die Here dra hom al die jare. John Mawdsley (082 779 2569) (ouderling by Troyestraat) is Vrydag vir ’n liesbreuk geopereer. Hy sterk by die huis aan. Ter wille van sy werk by Troyestraat bid ons dat hy spoedig sal herstel. Louise Kuhn word op die oomblik in Little Company vir haar bene behandel. Sy word daar bederf, want selfs Troyestraat se haarkapster (Anneli) het haar hare daar mooi gaan optooi.

Administrasiehulp op Sondae Ons is op soek na iemand wat bereid is om met die administrasie te help as Marga nie beskikbaar is nie. Kontak die kerkkantoor.

Borge vir Mootkamp Ons kort nog sowat R5 000 om 12 kinderhuiskinders Mootkamp toe te stuur. Indien jy kan help, kontak Elzabé Barnard by 072 546 4612 of plaas die koevert, duidelik gemerk “Kinderhuis Mootkamp”, in die kollektesakkie.

Digte mis

The Paper Pulpit Volgens die Buro van Standaarde in Washington is ’n digte mis wat sowat sewe blokke tot 30 meter diep in die stad kan oordek, saamgestel uit minder as een glas water. Daardie hoeveelheid water is opgedeel in omtrent 60 biljoen klein druppeltjies. Tog, as daardie klein druppeltjie as mis oor ’n stad of landskap kom, kan dit omtrent alles onsigbaar maak.Baie Christene lewe in so ’n mis. Hulle laat toe dat ’n glas vol probleme hulle blind maak en hulle geestelik bedroef. Angstigheid, onrustigheid en verslaentheid verwurg hul gedagtes. Hul lewe word "verstik deur die sorge van die lewe" (Lukas 8:14). Maar "God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing" (2 Timoteus 1:7). Kom ons laat nie toe dat die mis ons onderkry nie. Kom ons lewe in die Seunskyn!

Die dood is nie noodwendig ‘n verlies nie Anoniem

'n Klein dogtertjie wie se bababoetie pas gesterf het, het haar ma gevra waar die babatjie dan heen is. "Om by Jesus te wees," het die ma geantwoord. 'n Paar dae later terwyl sy met 'n vriend gesels, sê die ma: "Ek is so bedroef oor ek my baba verloor het." Die klein dogtertjie het haar gehoor en onthou wat haar ma haar vertel het. Sy kyk toe op na haar en vra: "Mamma, is iets verlore as mens weet waar dit is?" "Nee, natuurlik nie." "Wel, hoe kan ons baba dan verlore wees as ons weet dat hy by Jesus is?" Haar ma het hierdie woorde nooit vergeet nie. Dit was die waarheid.


Biltongfees

Vrae en antwoorde Dis eksamentyd en leerders weet van moeilike vrae en regte of verkeerde antwoorde. Die lewe is vol vrae en in sommige gevalle is daar nie ’n antwoord nie. Abraham kan nie verstaan hoekom hy Isak moet offer nie (Genesis 22). Job se wêreld stort ineen en volgens hom, onregverdig. Met ʼn duisend vrae in sy gemoed, konfronteer hy God, maar ná God se antwoord sê hy: “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.” Jesus moet baie vrae beantwoord - deur Fariseërs wat hom in ’n val wou lok, deur Satan op die berg (Matteus 4) en selfs sy dissipels wat wil weet wie die belangrikste in die Koninkryk is, maar dikwels waag niemand ná sy antwoord “om Hom ’n enkele vraag te stel nie” (Lukas 20:40). Ons is ook dikwels in die duister, maar op die grootste vraag van alles het ons nie ’n antwoord nodig nie: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê (Johannes 3:16).

Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-SonderNaam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!

Datums vir 2014 - 10 Julie - 11 September - 9 Oktober - 13 November

Die biltongfees is DV op 15 Augustus. Bestellings kan geplaas word vir beesbiltong en bees-droëwors teen R180 per kilogram. Bestellings moet voor 21 Julie geplaas word. Die jagseisoen is reeds geopen. Enige wildsbokke is welkom. Ons het geriewe vir slag en die maak van biltong. Trofeejagters is welkom om van die slaggeriewe gebruik te maak en die vleis te skenk. Kontak Wina Cameron by 082 859 5216, Fanie van der Schyff by 083 446 6096 of Jaco Marais by 082 491 6204. Ons kan reël vir die verwerking daarvan. Kaartjies vir die biltongfees: Kaartjies is beskikbaar by Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5847, Wina Cameron by 082 859 5216 of Annalie Grové by 082 879 6654: R120 - volwassenes R100 - studente en hoërskoolkinders R50 - laerskoolkinders Gratis - voorskoolse kinders Kry solank vir jou ’n vriendekring om ’n tafel te bespreek. Toets solank broodresepte en versamel tuisgemaakte konfyt. Tel die dae af...

75 JAAR VAN GENADE Ons huis in Pretoria vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. Die 75 jaar waarin slegs genade beleef is, wil ons op ’n hoë noot vier. Die President Kruger-kinderhuise nooi u en u vriende hartlik uit na die Pretoria-Kinderhuis se 75-jarige feesviering. Datum: 15 Augustus 2014 Tyd: 18:00 vir 18:30 Hoërskool Oos-Moot Ons beplan ’n heerlike kuieraand met vermaak deur die sanggroep Con Gracia. Die koste per kaartjie is R200. Die bedrag sluit ’n heerlike ete, drankies, vermaak en gesellige kuier in. Veilige parkering op die skoolterrein word verseker. Indien u sou belang stel om die aand by te woon, kontak ons gerus vir bespreking van u kaartjies. Kom geniet die aand saam met ons.


TOPIA-nuus uit Malawi Ds Plum van die Shirevallei in Malawi

“ ’n visserman en ’n visser van mense ”

Stap saam met TOPIA op ’n reis van verandering. Sien die impak van ’n bybelse lewens- en wêreldbeskouing op mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. By TOPIA spits ons ons toe om hande met kerkleiers in Suider-Afrika te vat. Hulle is nie beroemde predikers wat jy op Twitter kan volg of wie se blogs jy gereeld kan lees nie. Hulle is leiers van klein kerkies in arm gemeenskappe. Hulle het baie keer nie eens skool klaargemaak nie en bitter min van hulle het naskoolse opleiding. Tog bring hulle hoop en laat hulle voetspore van hoop in Afrika. Ek ontmoet ds Plum in Marka, die mees suidelike punt van Malawi, in die Shirevallei. Hier langs die Shirerivier is dit warm en wemel dit van die muskiete. In Marka is die meeste mense vissers of kleinboere. Die Evangelical Presbyterian Church (EPC) van Malawi het my genooi om leiers van kerke in die Shirevallei te begelei. Ds Plum is hul leier in hierdie vallei. Hy bedien agt gemeentes in die streek. Vier aan die Malawikant en vier aan die Mosambiekse kant van die Shirerivier. Hy gebruik dit wat hy het om die groot gebied wat aan hom toevertrou is, getrou te bedien. Met ’n trapfiets en ’n mokoro, ’n uitgeholde boomstomp, reis hy baie kilometer ver om kerke en hul leiers te bemoedig en toe te rus. Ds Plum is ’n visserman soos baie ander wat in die Shirevallei woon. ’n Paar dae per week is hy op sy mokoro en vang hy vis. Die res van die week is hy ’n visser van mense. Met sy trapfiets ry hy groot afstande om gemeentes te bedien. Hy het 180km heen en weer op sy fiets gery om die opleiding by Marka by te woon. Ds Plum is nie teologies opgelei nie en omdat hy nie skool klaargemaak het nie, sal hy nie sommer toegang tot ’n Bybelskool of universiteit kry nie. Tog is ds Plum een van God se uitverkore instrumente om sy Koninkryk in die Shirevallei uit te bou. By ds Plum leer ek van toewyding, deursettingsvermoë, opoffering, gasvryheid, vriendelikheid en ’n positiewe houding teenoor die lewe. Hy borrel van energie. In ds Plum sien ek iets van God se grootheid en wysheid. Die nederige visserman is wysheid. Die nederige visserman is soos Petrus van ouds ’n visser van

mense. Gebede Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se Koninkryk in Afrika. Bid vir kerke en kerkleiers in die Shirevallei. Bid dat God deur TOPIA gemeentes en individue kan inspireer en mobiliseer om saam met TOPIA hierdie Koninkryksboodskap in Suider-Afrika uit te dra. Dank God vir tweedegeslag-fasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Wees saam met ons bly oor die nuwe lewe wat God aan ons toevertrou het. Lizanné is op 2 Junie 2014 gebore. Dank die Here vir sy beskerming aan ons gesin tydens hierdie besoek aan Malawi, Mosambiek en Zambië die afgelope sewe weke. Blog – Wil jy TOPIA se Blog ontvang? Teken in by www.topia.org.za/blog of stuur ’n e-pos aan support@topia.org.za Koninkryksbelegging – Indien God jou roep om by TOPIA ’n koninkryksbelegging te maak: ABSA tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319 Christus het opgestaan – in Hom, deur Hom en vir Hom! Lizanne, Lourens, Arina, Lizanné en Johannes Aucamp

Sestigplussers Harrie's Pancakes wag vir ons op 26 Junie om 10:00. Sien julle daar. Niek

Deeltydse koster Indien daar iemand is wat bereid is om nauurs en naweke in te staan as koster as daar ’n krisis is en Frans nie beskikbaar is nie, kontak Rentia by 082 775 6907.

Enkellopende en jonggetroude diensgroep Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.


Dis weer

Mootkamp-tyd! Ons hoop om weer hierdie wintervakansie met sowat 100 skoolkinders uit verskillende agtergronde te gaan kamp. Vir elkeen van hierdie kinders is die kamp nie net ’n groot klomp gesonde skoon pret nie, maar ook ’n geestelike hoogtepunt van die jaar. Ek was bevoorreg om nog op elke kamp te kon sien hoe kinders vir die eerste keer waag om die Here te begin vertrou en werklik daarna begin soek om Hom te volg as sy dissipels. Baie hegte verhoudinge word ook gesmee tussen ons eie studente wat vriendskappe vorm wat jare hou en die hoop is dat hulle ook die ervaring wat hulle as groepleiers opdoen, sal indra in die kerke waarheen hulle versprei met hul vertrek uit Brooklyn. Meer inligting en getuienisse van die kinders is te sien by www.mootkamp.co.za Verder moet ons elke jaar borge soek vir sowat 20 kinders en studente wat nie self hul kampgeld kan betaal nie. Indien jy ’n kind of student wil borg, sal dit ’n groot verskil maak. MOOTlight [Gr 7, 8, 9] kampkoste is R670 [5dae] MOOT [Gr 10, 11, 12] kampkoste is R890 [7dae] Groepleierskoste is R890 [10 dae] ABSA Hatfield: Moot Skoolverlaterskamp: Tjekrekeningnr: 2140279016. Takkode: 632 005 Stuur ook net asb. ’n e-pos na Ilse de Villiers sodat ons op hoogte kan wees van hoeveel en waarvoor die borggeld gaan ilsedevilliers@yahoo.co.uk En dan, wat elkeen van ons kan doen en onmeetbare waarde het: Bid asb. dat die Here hierdie kamp sal gebruik sodat Hy sigbaar sal word vir jongmense om hulle oor sy goedheid te verwonder. Bid asb. vir wysheid vir die jong groepleiers waarna die skoolkinders vreeslik opsien. Bid vir die predikantespan wat moet bontstaan met leiding en raad. Seënwense, Griffel 082 354 3726

Help asseblief!

Beeld 7 Junie 2014 Ons is almal bewus van die uitgerekte mynstaking in Rustenburg en omgewing. Daar het nou ’n versoek na die diakonie gekom om ons harte oop te maak vir die groot nood van die mense daar. Die diakonie is besig om met die betrokke gemeentes in Rustenburg te skakel en het besluit om dadelik te begin met hulp in die vorm van kosskenkings. Ons vra dus asb. vir enige nie-bederfbare kos soos blikkiesvleis, -vis en -groente, langlewemelk, pasta en rys, tee, koffie en suiker. Hierdie kos kan in die kombuis op die bedienluik geplaas word, sodat dit nie verwar word met ons koshulp aan Eljadahuis nie. Indien u liewer ’n kontantbydrae wil gee, kan dit in die kollektesakkie geplaas word en net duidelik gemerk word RUSTENBURG. Baie dankie, ons vertrou ons gaan ’n groot reaksie van ons gemeente kry soos in die verlede wanneer daar ernstige nood is. Diakonie

Gawes-kursus Kontak Paul Grobler by grobler.paul@gmail.com vir meer inligting.


ADVERTENSIES 1. HUISVESTING BESKIKBAAR Huisvesting is tans beskikbaar in Monumentpark vir ’n student of jong werkende man of meisie. Ruim slaapkamer met en suite-badkamer, kombuis en gemeenskaplike sitkamer. R2 500 p.m. ongemeubileerd (kan ook gemeubileerd gehuur word). Huur sluit in water en ligte, gratis internet en veilige parkering. Vir navrae kontak Paul Grobler by grobler.paul@gmail.com

2. GEMEUBILEERDE KAMER Klein, gemeubileerde kamer met eie ingang en eie badkamer beskikbaar in Menlopark, 2km van UP. Water en ligte ingesluit. Geen kombuis, ontbyt onderhandelbaar. R1 900 p.m. Dadelik beskikbaar. Kontak Mia by 082 443 0760.

3. TE KOOP

Goeie werkende elektriese stoof (oond, plate en suigwaaier) in vlekvrye staal-afwerking asook ’n wit porseleinwasbak met voetstuk te koop vir R2 000. Kontak Gerda by 083 625 6353 .

4. KAMER TE HUUR Erla van der Walt het ’n kamer te huur vir ’n damestudent van 1 Augustus 2014. Dis binne loopafstand van UP en daar is parkering beskikbaar. Kontak Erla by 076 840 3731.

5. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596. 6. HEERLIKE GESONDHEIDSBESKUIT Student in hotelbestuur verkoop beskuit vir ekstra geld – 1kg @ R60. Plaas asseblief bestelling vooruit. Kontak Marié by 079 523 0185.

7. NAMAKWALAND EN WESKUS:

17–24 Aug en 25 Aug–1 Sep Kom ervaar die nostalgie van die Weskus en die towertapyt van Namakwaland. Baie hoogtepunte! Slegs R7 640 p.p. wat deel. Vir inligting en besprekings kontak Elzette Minnaar Toere by 012 546 0770.

8. VAKANTE POS ’n Prokureursfirma is dringend op soek na ’n persoon vir ontvangs en administratiewe werk. Vereistes: tweetalig, eie vervoer, goeie telefoonetiket, moet onder druk kan werk, verkieslik regsagtergrond hê. Salaris: onderhandelbaar. Faks kort CV en salarisverwagting na 086 539 7230.

9. HEARING HUB-OUDIOLOË

Liza van Wyk help u graag om u gehoor te verbeter. Kom besoek ons gerus in Menlopark vir ’n gehoorevaluasie. Kontak ons vir ’n afspraak by 012 346 0511.

10. OPSIGTERSWERK BESKIKBAAR

Daar word dringend gesoek na ’n betroubare egpaar vir opsigterswerk by ’n woonstelgebou in Arcadia. Baie netjiese gebou in Johannstraat. Vereistes: goeie menseverhoudinge en moet inwoon. Vergoeding: onderhandelbaar (óf gedeelte van huur óf vaste salaris). Kontak Renate gedurende kantoorure by 012 481 6060.

11. DAKWOONSTEL TE HUUR In Lynnwoodweg op die 6de verdieping, digby Laerskool Pretoria-Oos en UP. Drie slaapkamers, 2 badkamers, 2 toesluitmotorhuise. Ander vertrekke sluit in: ruim sitkamer, eetkamer, TVkamer, kombuis (plek vir drie masjiene, bv. wasmasjien, skottelgoedmasjien of tuimeldroër), waskamer. Water en ligte is uitgesluit. Deposito vooruitbetaalbaar. Prys: R10 000. Beskikbaar van 1 Julie 2014. Skakel asb. voor 09:00 of tussen 15:00 en 17:00 om ’n afspraak te maak. Kontak: Petrus Bekker by 012 362 1090 of Annemarie Bekker 083 527 4350.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

22 Jun

22 Jun

29 Jun

29 Jun

Duxbury

Troyestr

Duxbury

Troyestr

(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za lidmate onder 30jr)

012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

Reëlings Plek

Fanie van der Schyff

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik

kantoor@gkbrooklyn.org.za

Datum

Predikante verbonde aan die gemeente:

082 971 2725 mashautd@gmail.com Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

Ouderling Hannes Grobler Diaken Drikus van der Walt Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël

Onder die diens Diakonale werk By die deure Bybelverspreiding

Ina

Ouderling Christoff Pretorius Diaken Elzabe Barnard

Onder die diens Diakonale werk By die deure Bybelverspreiding

Dalina

Ouderling Colin Cameron

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.