23 November 2014
Kersprogram
Hart
Hand
&
Saam op pad met God
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom
Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Vertel dit vir ons kinders!
Fanie van der Schyff Jesus is gebore - glo dit en vertel dit vir ons kinders sodat hulle dit self ook weer vir ander kan vertel. Juig oor Hom, want as ons stil bly, gaan die klippe dit uitroep (Lukas 19:40)! Aanddiens
Wat maak jy hier?
Paul Grobler Dit voel soms of God ons miskyk en nie raaksien nie. Ek en jy wil soms net ’n klein bietjie erkenning kry as ons iets goeds gedoen het. Pasop! Moet nie die groter plan uit die oog verloor nie. Moet nie jou roeping vergeet nie. Op Horeb praat God met Elia. “Wat maak jy hier, Elia?” Dan antwoord Elia. Met die eerste hoor van sy antwoord lyk dit na ’n goeie antwoord. Hy voel teleurgesteld omdat sy betrokkenheid by die terugroep van die volk nie suksesvol was nie. Elia verval nou behoorlik in selfbejammering en die bron hiervan is geestelike hoogmoed. Soms kan ons onself ook so jammer kry. God reageer op Elia se selfbejammering met ’n opdrag en ’n belofte. God se planne gaan aan ten spyte van ons swakhede! Hy wil jou gebruik, sien jy kans of moet God ook vir jou vra: “Wat maak jy hier?”
Dissipelskapkafee Datum: 24 November 2014 Tyd: 17:00 Aanbieder: Paul Grobler
Die Heiligheid die Kerk
Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Deuteronomium 6:6, 7 Sang: Liedere is deel van die Kersprogram. Duxbury: 18:30 Paul Grobler Skriflesing: 1 Konings 19:1-21 Sang: Ps 118b:1, 2 & 7 Sb 18-7:1, 2, 3 (Nuwe Jerusalem) Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal)
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Versoek Indien enigiemand ekstra Psalmboeke by die huis het, bring dit asseblief kerk toe vir gebruik op Sondae as die krag af is.
Dagboek
Vandag: Kersprogram Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Vrydag: UP-hereksamen begin
Troyestraat Christelike Sentrum
Woensdag 26 November om 10:15: Bybelstudie in Araratsaal (Openbaring 10) Woensdag 16:00: Kooroefening (Araratsaal)
Gelukwense
Naasteliefde
Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat hom dien, en Hy red hulle (Psalm 34:8).
Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
23/11 23/11 24/11 25/11 25/11 25/11 25/11 26/11 26/11 27/11 27/11 28/11 28/11 28/11 28/11 29/11 29/11 29/11 29/11
Nico Nelia Pieter Julia Estelle Hannes Zania Dorie ChandréLeigh Sakkie Arnline Jan Peter Anna Gert Mikhe Henk Elmarie Hannetjie
Hugo van der Kooi Heslinga Lofthouse Venter Venter Vermaak Fourie Laubscher
084 818 2918 079 464 5068 082 551 0130 079 212 6127 084 510 1480 082 320 8400 072 152 6391 012 460 6418 076 858 3468
Fourie Kuun du Plessis Jacobs Kruger Loubser du Plessis Hoogenboezem Kruger van der Walt
078 47 54058 082 551 7648 072 560 1419 082 298 4701 Nebohof 314 082 448 7664 079 902 2794 012 460 0734 078 256 7855 084 370 5602
Lekkernypakkies vir Eljadahuis
Indien jy hierdie Kersgety by liefdadigheid betrokke wil raak, het jy nou die gulde geleentheid om vir mense wat werklik swaarkry iets te doen. By die deure is sakkies met ’n lysie op van goed wat jy kan koop en insit en terugbring kerk toe. Die lekkernypakkies word dan na Eljadahuis geneem waar dit aan behoeftige mense uitgedeel word. Bring die gevulde sakkies asb. terug kerk toe voor 8 Desember. Skakel Elfrieda Marais gerus by 072 1795 847 vir ’n vorm.
Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.
Sestigplussers: afsluiting Die jaareindfunksie vind plaas op 27 November om 10:00 in die moederskamer. Bring asseblief saam hope entoesiasme en ’n glimlag. Groete Niek
Ter approbasie: As diaken: Wessel Herbst
Lus om te help?
Hier’s jou kans Residentia Sunnyside het ons hulp nodig en omdat Brooklyngemeente die meewerkende liggaam is, is dit nou ons kans om te help. Onder een van die woonstelgeboue is ’n groot put vol water wat net eenvoudig wegloop. Baie geld kan bespaar word as dié water pleks van munisipale water gebruik kan word om die tuine nat te lei. Daarvoor het ons nodig: 1. Materiaal en apparaat om die besproeiing moontlik te maak. 2. Skenkings of ’n fondsinsamelings-projek om die nodige aan te koop. Kontak Danie Eloff by 083 952 4764 of Fanus Heystek by 012 542 3662 of 073 777 1254.
Kerssangdiens: Troyestraat U word hartlik uitgenooi na die geleentheid van ons Kerssangdiens om Jesus se geboorte te herdenk. Kom geniet interkerklike samesang in die gees van Kersfees. Die program bestaan uit: Bybelse voorlesings, klavier- en tjellospel en solosang, koorsang deur die Residentiasanggroep en gemeentelike samesang. Dit vind plaas op Sondag 30 November om 17:00 in die Troyestraat Christelike Sentrum se kerkgebou. Toegang is gratis, maar kollekte sal opgeneem word ten bate van die Karmel-hulpfonds.
Ons versoek almal (dié wat kan) om ’n bordjie eetgoed saam te bring sodat ons die aand feestelik met verversings kan afsluit. Vir navrae kontak Hanneke Joubert by 012 341 3020 of Petra Cooper by 012 341 2003.
KERSMARK:
TRANSORANJE SKOOL VIR DOWES Tshwane Events Centre (Pretoria-skouterrein) Ingang: P8 – WF Nkomo/Kerkstraat Saal L 21-30 Nov 2014: 09:00-20:00 Gratis toegang Saterdae 09:00-11:00 Sunrise Surprise-ontbyt @ R25pp Arts & Crafts-demonstrasies. Kunstenaarsoptredes. Kontak 012 386 6072 of www.transoranje.webs.com
Franse radiobediening Ds Eric Kayayan
Die FRB het pas ’n Facebook-blad opgestel wat julle gerus kan besoek: www.facebook.com/foietviereformees Daarop gaan ek gereeld foto’s en inligting sit sodat ander Facebook-gebruikers ons aktiwiteite kan volg. Ons is ook besig om ’n Twitter-rekening oop te maak om in die toekoms gespreksforum met soekende Fransmense (veral – waarskynlik – studente) te fasiliteer. met soekende Franse (veral waarskynlik studente) te kommunikeer. Om die groot evangeliese byeenkoms in Lognes (naby Parys) tussen verlede Sondag en Dinsdag te gaan bywoon was vir my hoogs insiggewend. Ek het daar ’n groeiende Calvinistiese neiging opgemerk in die teologiese sienings van ’n klomp groepe of bedienings wat teenwoordig was (in die besonder oor die grondslag van evangelisasie). Meeste van hulle hou vas aan die “groot doop” (die omvang van die verbondsgedagte is nog nie baie sterk by hulle nie).
Tog word die klem wel geplaas op God se soewereiniteit, sy liefde wat nie van sy heiligheid en regverdige oordeel geskei kan word nie en die gesag van die Woord bo menslike ervarings. Net voor die byeenkoms kon ek en my vrou ’n netjiese pamflet ontwerp en laat druk (slegs 50 kopieë om mee te begin). Ons gaan sy teks en voorkoms nog verfyn, maar dit was baie belangrik om nou reeds iets in die hande te hê om Foi et Vie Réformées se visie, missie, veld van aktiwiteite en kontakbesonderhede op ’n handige wyse te kan verduidelik. As ’n uitvloeisel van my deelname aan hierdie evangeliese byeenkoms is ek besig om bande aan te knoop met die plaaslike GBU(Groupe Biblique Universitaire) tak in Angers. Angers is ’n groot stad nie ver van ons af nie wat twee universiteite huisves. Die GBU is ’n bekende nasionale netwerk van Christenstudente wat evangelisasie onder medestudente doen en konferensies reël oor aktuele vraagstukke met Christenspesialiste. Vervolg op volgende bladsy
Sustersaamtrek: 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van jul gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015! Tema: “Julle is Sout en Lig” Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie vanaf 07:30 Lokaal: Wapadrant Gemeente, Plot nr 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom!
Centurion-gemeente bied aan:
TIENER-SEILKAMP
by Boskopdam 4-7 DESEMBER 2014 Alle tieners (gr 6-12) word uitgenooi om saam met Centurion-gemeente te gaan kamp by Boskopdam-seiljagklub (12km buite Potchefstroom). Die kampterrein is pragtig met groen gras en baie bome. Die dam se water is skoon en helder. Al noem ons dit ’n tienerkamp is dit eintlik ’n gesinskamp vir tieners. Daar is spesiale tariewe vir gesinne met jonger kinders. Daar is ook borgskap vir dié wat nie die koste kan dra nie. Jy moet gaan kamp as jy enigsins van die volgende hou: Nuwe mense aka lewenslange vriende ontmoet en leer ken, avontuur, groei, lag, min slaap, baie pret, lekker eet, son, swem, seil, roei, speletjies, spanbou, kos maak, tent opslaan. Die koste van R550 sluit die volgende in: Kampering - jy bring net jou eie tent; 10 etes, koeldrank en snacks tussenin; alle aktiwiteite; vervoer. Kontak Heidi van der Walt by 082 902 8032 of by heidi@ressco.co.za of renne@live.co.za
Woorde van waardering vir 2014:
ds Fanus, dr Fanie, dr Griffel, ds Chris en hul gades vir die voorbeeld wat hulle stel, vir jul inspirasie, vir die Woordverkondiging en nog baie meer; aan ouderlinge en diakonie (spesiaal vir Petra) vir getroue werk; aan die liewe susters wat op verskillende wyses ’n bydrae lewer tot die geloofsgemeenskap; aan die liewe susters in die kantoor; aan die buitepersoneel wat die kerk en terein netjies hou; aan br Jochie vir sy finansiële kontrole; aan Philip Loots vir sy orrelbegeleiding en aan die orkeslede; aan die liewe susters en broers wat met liefde en ywer sorg vir verversings ná die oggenddiens; aan elkeen wat op een of ander manier ‘n bydrae gelewer het. Mag 2015 vir u almal ’n geseënde jaar wees. ’n Lidmaat.
AUGUSTUSDANKOFFER Bydraes
REEDS ONTVANG
Geleentheid
LIDMATE KAN STEEDS BYDRA
Bydraes vir die Augustusdankoffer is met groot dankbaarheid teenoor God ontvang. Daar is egter nog tyd en geleentheid vir dankoffers. Sodoende kan die geraamde mikpunt bereik word.
Vervolg van vorige bladsy Die GBU in Angers is op soek na ’n predikant wat hulle op doktrinale en apologetiese vlak kan kom versterk om hulle beter toe te rus in hul missie. Blykbaar is die predikante (van watter denominasie ook al) in die omgewing van Angers net te besig (of stel nie belang nie?) om te kom help. Dit bied aan FEVR ’n wonderlike geleentheid om betrokke te raak, juis op die vlak waar ons roeping lê. DV gaan ek Woesdagaand 3 Desember in Angers met die leiers van die GBU deurbring. Bid asb. dat so ’n ontmoeting mooi vrugte in die toekoms kan lewer vir die effektiewe verkondiging van die evangelie aan ’n geslag jong mense wat dit nog nooit gehoor het nie.
Die Pasga-verhaal
Laat U wil geskied
Nagmaal speel ’n geweldige rol in die Bybel. In ’n sekere sin vertel dit vir ons die Bybel se verhaal. Om die nagmaal se storie te verstaan is dit nodig om deur sewe stories in die Bybel te lees: Storie 1 In Genesis 3:6 lees ons van die ete waar alles uitmekaar geval het. Hierdie ete se prys was so groot dat die mensdom nou nog daaraan afbetaal. Storie 2 Die eerste pasga word ingestel in Eksodus 12:1-14. Die rede hoekom die Israeliete pasga moes vier, was om God se verlossing uit Egipte te bly herdenk. Storie 3 Die aand voor Jesus se kruisiging is Hy en sy dissipels besig om Pasga te vier (Matteus 26:26-28). Tydens hierdie ete verduidelik Jesus dat die Pasga eintlik wys na wat Hy op pad was om te doen aan die kruis en dan stel Hy die nagmaal in. Storie 4 In Lukas 24:13-35 lees ons van die missionale impak van die nagmaal. Toe die Emmausgangers die tekens sien, het hul oë oopgaan en hulle tot geloof gekom. Op daardie oomblik verander hulle van mense wat wegloop na onverskrokke volgelinge van Jesus. Storie 5 In Handelinge 2:46-47 lees ons van die norm waarvolgens nagmaal in die eerste gemeente gevier is: Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaar gekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Storie 6 In 1 Korintiërs 11:27-29 lees ons die verhaal van die gemeente in Korinte. Die groot probleem was dat die gemeentelede liefdeloos met mekaar opgetree het. Elkeen moet voor nagmaal selfondersoek doen of hy of sy werklik begryp dat almal wat hierdie maaltyd vier, deel het aan die liggaam van Christus. Dit beteken wanneer ons nagmaal vier, vier ons juis ons eenheid in Jesus Christus. Storie 7 In Openbaring 19:7-9 lees ons van die nagmaal wat op pad is. Jesus sê elke keer dat ons nagmaal vier, verkondig ons sy wederkoms tot die dag dat Hy weer kom en dit gee vir ons ontsaglike hoop vir die toekoms, want daar is ’n fees wat wag.
Jesus leer ons bid: “Ons Vader wat in die hemel is ... laat U wil geskied”. Wat het Jesus ons in die derde bede van die “Onse Vader” geleer? Daar gebeur so baie ding in ons lewens wat ons nooit kan begryp nie. Is dit die Vader se wil wat in die mooi dinge in jou lewe, sowel as in die nare dinge geskied? In die eerste plek mag ons nooit vergeet dat ons as kinders van ons hemelse Vader die vrymoedigheid het om tot Hom te mag bid, deur Jesus ons Here en dat ons van God alles mag verwag wat ons nodig het vir liggaam en siel (Heidelbergse Kategismus: Sondag 46). Vanuit hierdie intieme verhouding mag ons dan bid: “Laat U wil geskied.” God se wil is meer as net ’n besluit wat Hy alleen geneem het. God se wil is ’n besluit in aksie – Hy is tans besig om wat Hy vooraf besluit het getrou uit te voer. Ons, sy kinders, is die inhoud van sy wil: God se totale wil is ’n besluit uit Hom, dit is ’n konstante aksie deur Hom en die einddoel van sy wil is weer tot Hom en dit gaan oor ons!
Eksodus 12:1 – 14 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op 16 Nov. 2014)
Matteus 6:9 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op 16 Nov. 2014)
Wat het die Vader oor ons besluit? 1. Hy het eerstens besluit om die mens (ons) te skape as die kroon van die skepping (Genesis 1:27). 2. Ná die sondeval was dit sy wil om die vervalle mens weer te red (Genesis 3:15). 3. Om die mens te kon red, was dit die Vader se wil om sy Seun te verbrysel (Jesaja 53:10). 4. Jesus se wil was om aan die Vader se wil gehoorsaam te wees (Matteus 26:39). 5. Jesus se testament (sy wil) is dat ons as sy kinders saam met Hom in die hemel sal wees (Johannes 17:24). 6. Die stukkende wêreld is op pad na die vervulling van God se wil soos wat Hy self beloof met die woorde: “Kyk, Ek maak alles nuut” (Openbaring 21:5). God se wil is dus een groot uitroep van genade: Jy is Myne en Ek is deur hierdie lewe met
jou op pad na die ewige lewe.
ADVERTENSIES 1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.
2. OPPASSER Ek het 'n baie betroubare oppasser wat vir Christiaan in die week oppas. Indien iemand dalk op soek is na oppas vir hulle baba (4 maande tot 1 jaar) gedurende die week kan julle Geertje kontak by 0836556567
3. GERIEFLIKE KAMER IN QUEENSWOOD Ruim slaapkamer met badkamer en instapkas. Goeie sekuriteit met eie ingang en onderdakparkering. 5 km van Tuks en Mediese Kampus. Een blok vanaf Gautrein-bushalte. R2 200 per maand. Elektrisiteit, wasgoeddiens en skoonmaakdiens ingesluit. Skakel Joan by 082 470 1778.
4. DIE WASLYN Fees-seisoen aanbod: Was, droog en stryk van gordyne @ R85.00 per drop. Gratis afhaal en ophang. Blanke diens. Keith Pretorius 078 296 4596.
5. HUISHULP BESKIKBAAR Huishulp soek werk vanaf Januarie 2015: Poppie het 4 jaar lank by my gewerk. Sy is baie betroubaar, het vir ’n kookkursus by Sonja's Foods gegaan, stryk goed, maak deeglik skoon en is lief vir kinders. Kontak Poppie asb by 082 846 1852 of Marita du Plessis by 082 871 5098 vir verwysing.
6. KUNSKLASSE Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za
7. KANTOORRUIMTE TE HUUR in Menlopark – 2
R11 000 per maand. 150 m . Beskikbaar 1 Januarie 2015. Die kantoor is geleë in ’n woonbuurt met 24-uur-sekuriteit. Alarmstelsel. Water- en kragverbruik ingesluit. Skakel die eienaar, Pieta Heyns, vir verdere navrae by 083 286 7726.
8. SKIPPER FRIGATE-OPSLAANWOONWA Slaap 4 volwassenes en 3 kinders. Woonwa is toegerus met ingeboude kaste, tweebranderstoof, twee nr 7-gasbottels, gasslang, noodtekens, afskortgordyne en aankniptafeltjie. Die woonwa het ’n baie groot tent in goeie toestand. Die woonwa is onlangs voorsien van twee nuwe wiele en laers vir die as. Kontak Alta by 012 362 0356 of 073 140 5003.
9. MABULA-WILDOORD Akkommodasie beskikbaar: 2-9 Januarie 2015 (7 nagte) by Modjadji-kamp, 6-bed luukse akkomodasie, sluit in 24 wildritte. NOU beskikbaar teen ’n verlaagde prys van slegs R9 500. Skakel 082 464 2690 om te bespreek
10. BETROUBARE TUINWERKER
’n Jong betroubare, hardwerkende tuinwerker soek tuinwerk vir Maandae, Woensdae en Saterdae. Kontak Erhard Kruger by 012 361 9785 (alle ure) of Edu Cunze by 083 441 2784 vir besonderhede en reëlings. 11. GELEENTHEID NA KAAP Saamrygeleentheid op 3 of 4 Desember Kaap toe, R500 brandstof en persoon moet bereid wees om te help bestuur. Kontak Jochie by 072 797 8722.
12. SAKEGELEENTHEID VIR JONG DINAMIESE PERSONE. Is jy ‘n energieke, jong dinamiese mens met ‘n sake aanvoeling om in die bemarkings - en kommunikasiebedryf deel te word van ‘n sakegeleentheid.‘n Eie ‘n eie onderneming is die moontlikheid . Oorweeg ‘n internskap en skakel vir Louis by 083 375 4991 om meer uit te vind.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Reëlings Datum 23 Nov
Plek Duxbury
23 Nov
Troyestr
30 Nov
Duxbury
30 Nov
Troyestr
Diensbeurt Ouderling Gerrie Kirsten Diaken Hannes Welman Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Matthys van der Hout Diaken Hendrik J. van Rensburg
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Skinkbeurt Bets, Ronel en Petra
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Marié
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Preektema
Teks Notas
Wat leer ek om God te eer?
Wat leer ek om ander, binne en buite ons geloofsfamilie, te dien?
Wat leer ek oor hoe om dissipels van Jesus te maak?