24 Augustus 2014
Hart
Hand
&
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Die groot bruilof
Fanie van der Schyff ’n Troue is altyd ’n groot dag en geleentheid. Op daardie dag dink mens altyd dankbaar aan hoe God self man en vrou na mekaar gelei het en hulle in die huwelik verenig. In die hemel gaan daar ook eendag ’n bruilof wees: die Bruilof van die Lam, wat ’n ewige verbintenis tussen Christus en sy Bruidskerk sal wees. Na daardie dag sien ons met verlange uit! Aanddiens
Die bruilofslied Fanie van der Schyff
’n Bruilof is ’n fees van groot blydskap. Wanneer mense uitermate bly en dankbaar is, jubel en juig en sing hulle van blydskap. Só gaan dit eendag in die hemel wees met die Bruilof van die Lam. Op daardie dag gaan ons deel in ongekende blydskap. Terwyl ons nou nog uitsien na daardie dag, sing ons nou reeds hier op aarde van blydskap.
Dissipelskapkafee
Geen nagmaalete
Die Bybel:
Daar is geen nagmaalete vandag
Hoe moet ek die Bybel lees? Aanbieder: Paul
Berig op bladsy 3
25 Augustus
Nagmaal
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Openbaring 19:5-9 (:9) Sang: Ps 118a:1, 7, 12 Sk 9-2:1, 2, 8, 9 Sk 17-3:1, 2 Sk 5-4:1, 2, 5, 6 Sk 10-2 Sk 7-2:1, 2 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Openbaring 19:5-9 (:5b, 6b) Sang: Lofprysing Sk 12-2:1-5 Sk 12-5 Ps 116a:1, 2, 7, 10 Sk 203:1, 2, 3 Ps 150a:1, 2, 3 Sk 13-3
Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Vandag: Nagmaal Jeug-kleingroepe gr 7-11 Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee
Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 27 Augustus: Troyestraat: Openbaring 8 (direk ná tee)
Dagboek
Gelukwense
Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie (Johannes 14:27). 24/8 24/8 24/8 24/8 25/8 25/8 25/8 26/8 27/8 27/8 27/8 28/8 29/8 30/8
Bekker Gerdina Vera Isak Helet Corne Hannes Antonie Pieter Rosie Marietjie Petri Barend Marnus
Pelser Schreurs van Biljon Venter Linde Minnaar Pieters van der Walt Labuschagne Lemmer Steenkamp van der Merwe van der Walt Putter
083 450 6093 012 804 2296 012 809 3155 082 925 3946 083 507 1542 073 793 1806 078 826 6799 083 448 0938 012 460 8272 079 523 0389 012 343 2122 082 424 9504 084 402 7930 082 510 2404
Onthou ’n Aand van ligte musiek, jazz, soliste en ensemblewerk word op 29 Augustus in die kerkgebou aangebied. Bring iemand van ver, naby, familie en vriende saam en kom geniet die musiek.
Diensgroep vir enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Siekte Oom Tjaart Bosua en tannie Mintje Bosua is na die Intercare-nasorgkliniek in Irene oorgeplaas Ons bid hulle die krag en seën van die Here toe. Mariechen Schulze is die afgelope tyd oorlede en begrawe. Ons bid Otto en Alta die troos van die Here toe. Anita Cilliers (082 300 1105) se swaer is oorlede. Ons bid haar en die familie vertroosting toe. Tannie Ester Cordier (072 463 9844) het ’n katerak-operasie ondergaan. Frieda Pretorius (012 361 3830) het geval, en Frikkie Pretorius het dié week ’n tandeoperasie ondergaan. Ons bid julle almal spoedige beterskap toe.
Het jy geweet? Die langste hoofstuk in die Bybel is Psalm 119 met 176 verse. Die kortste hoofstuk is Psalm 117 met net twee verse. Terloops Psalm 118 is die middel hoofstuk van die Bybel, .
PIK ’n WYNTJIEFEES 2014 Die Vriendekring van die President Kruger-kinderhuis, Pretoria bied vanjaar met trots die eerste Pik ’n Wyntjiefees aan. Die wynproe verlede jaar was so geslaagd dat ons besluit het om vanjaar ’n wynfees te hou en dit ’n jaarlikse instelling te maak. Die fees word vanjaar op 27 September op die terrein van die Gereformeerde Kerk Wapadrant, Faerie Glen, gehou en ons wil graag tussen 1 000 en 2 000 mense by die fees hê. Die doelstelling van die Vriendekring is soos volg: “Om in samewerking met die Hoof van die Kinderhuis en die Bestuur, die ontwikkeling en ontspanning van die kinders in die Kinderhuis te bevorder.” Alle fondse wat ingesamel word, word gebruik vir buitemuurse aktiwiteite, ’n verjaarsdaggeskenk vir elke kind en ander benodighede. Ons soek tans borge vir die volgende: R18 000 vir proeglase met die logo van die vriendekring daarop; R7 000 vir kaasborde met die logo van die vriendekring daarop; sambrele - verkieslik met ’n soliede voetstuk; R1 500 vir ’n dranklisensie; interessante wyne of produkte wat opgeveil kan word. Betalings kan gemaak word aan: Rekening: President Kruger Tehuis Vriendekring Bank: ABSA, Derdepoort Takkode: 335-245 Rekeningnommer: 1430650099 Verwysing: Pik ’n Wyntjiefeesborg
Pannekoek Op Vrydag 29 Augustus om 10:00 gaan die Troyestraatsusters lekker pannekoek bak. Kom geniet ’n gratis koppie tee of koffie en koop ’n kaneelsuiker-pannekoek teen R3 of ’n vleisvulsel-pannekoek teen slegs R5. Bring ’n bakkie en neem ’n paar pannekoeke saam huis toe. Bel Susan Heystek by 012 542 3662 of Hanneke Joubert by 012 341 3020 vir navrae.
Tegniese spanlede
Voorbidding
Mianmar
Baie koeie en buffels sterf in die Chin-staat weens ’n plaag – Mianmar se enigste Christenstam woon hier. Die plaag het in April uitgebreek en baie van die Christene se vee is reeds hierdeur uitgewis. Bid dat die Here hierdie plaag sal stop en dat ons broers en susters moedig en hoopvol in die Here sal bly.
Geen nagmaalete Daar is geen nagmaalete op Sondag 24 Augustus nie. In die lig van al die aktiwiteite wat hierdie maand plaasvind, word ons nagmaalete afgestel. Ons eet weer saam met die laaste nagmaal van die jaar. Die Agapé-diensgroep
Rietvallei se LenteBoerefees 20 September vanaf 09:00 by die Zwartkopslapa, Centurion Toegang: R10 per voertuig Dans: R50 per paar Potjiekoskompetisie: 1ste prys: Gratis wegbreeknaweek vir vier mense 2de prys: Gratis kampnaweek vir vier mense 3de prys: ’n Kas wyn Beoordelaar: Ben Kruger (Okkie van Binnelanders) Stalletjies, gesigverf, spring-kasteel, pret en plesier vir die hele gesin
Koelhouer/mandjiedans: 19:00-23:30
Daar is dringend nog mense nodig in die tegniese span wat help om op Sondae die eredienste se klank- en Psalmvoorleggings te bestuur. As jy weet hoe ’n klankbord werk of wil leer hoe een werk, kom praat met Braam van Zyl, Andries Scheepers of Werner Pieterson.
Sestigplussers Wat? ’n Musiekuitvoering Deur wie? Eddie Davey Waar? Gereformeerde Kerk Brooklyn, Duxburyweg Wanneer? 28 Augustus om 10:00 Die uitvoering deur die befaamde orrelis Eddie Davey word gratis aangebied. Hy speel op ’n Clavinova CVP. Hierdie gesofistikeerde musiekinstrument kan pyporrels, klawesimbels, klaviere, die klassieke kitaar, harp, strykers en kombinasies van instrumente op buitengewone wyse namaak. Dit sal selfs die musiekpuris verras! Het u geweet dat Eddie Davey nie net ’n professionele orrelis is nie, maar dat hy ook een van Suid-Afrika se bekendste en veelsydigste musici is? Sy musiek strek van ligte klassieke musiek tot strelende, romantiese agtergrondmusiek. U is baie welkom om vriende en familie saam te bring – ons kerk kan ’n menigte mense huisves. Groete Niek
Ontsnap die roetine
Augustus-dankoffer 2014 Ons doelwit vanjaar is om R900 000 met ons jaarlikse AUGUSTUSDANKOFFER en die BILTONGFEES in te samel. Briewe in dié verband sal binnekort uitgestuur word. Kom ons wend ’n spesiale poging aan om ons doelwit van R900 000 te haal met ons DANKOFFER en ons ondersteuning van die BILTONGFEES. Stort asseblief u DANKOFFER in ’n koevert of maak ’n oordrag na die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, rekeningnommer 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die AUGUSTUS DANKOFFER. Ons berig spoedig in Hart & Hand hoe ons met hierdie spesiale poging vorder.
Kommissie vir Administrasie
Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-Sonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
Help ons asb om Brooklyn Brokkies vanjaar ’n uitgawe vol stories oor die lief en leed van ons gemeentelede te maak. Elke mens het ’n storie en daar gebeur dikwels interessante dinge met mense waarvan ons nie weet nie – ons wil graag dié inligting hê. Skryf asb. ’n kort beriggie met foto oor die wel en wee van gemeentelede in jou groep. Skryf oor persoonlike uitreike, die prestasies van lidmate en hul kinders of oor hul sportbedrywighede – van alles en nog wat. Stuur ook vir ons berigte oor interessante dinge wat jul groepe aangepak het. Hiermee kan ons dan die seën wat die gemeente die afgelope jaar beleef het in die jaarlikse uitgawe van Brooklyn Brokkies weergee. E-pos asb jul bydraes met die opskrif Brooklyn Brokkies na kantoor@gkbrooklyn.org.za sodat dit ons voor 9 September kan bereik.
GESAMENTLIKE UITREIKAKSIE VAN PRETORIA-GEMEENTES georganiseer deur die Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin
DAMESOGGEND 27 September 2014 Op 27 September 2014 vind ons damesoggend ten bate van Huis Hermon-tehuis vir bejaardes plaas. Ons nooi elke gemeente in Pretoria en omgewing om deel te wees van hierdie heerlike poging. Plek: Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin Tyd: 09:00 vir 09:30 Gasspreker: Melanie Vosloo van die tydskrif Leef Tema: Net soos jy is. Elke gasvrou (of gemeente) is verantwoordelik vir die volgende: Die verkoop van 10 kaartjies @ R120.00 per kaartjie; eie breekgoed en glase, tee, koffie, suiker en melk. Die tafels sal gedek en versier wees.
Dit is vir ons noodsaaklik om te weet of u gaan deel in die projek sodat ons ons beplanning kan afhandel. Ons sal dit waardeer indien u ons voor 1 September 2014 telefonies of per e-pos kan laat weet vir hoeveel tafels u susters verantwoordelikheid neem. Daar sal ’n vrywillige donasie tydens die oggend ingesamel word. Bring ook ’n geldjie saam – ons het weer uitstallers! Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds by wyse van ’n donasie betrokke wees. Dankie solank dat ons op u kan steun.
Marietjie Nortje Sel: 082 928 9565 Faks: 012 543 0745 E-pos: marietjie@lpartisan.co.za
Dit is vir ons noodsaaklik om te weet of u gaan deel in die projek sodat ons ons beplanning kan afhandel. Ons sal dit waardeer indien u ons voor 1 September 2014 telefonies of per e-pos kan laat weet vir hoeveel tafels u susters verantwoordelikheid neem. Daar sal ’n vrywillige donasie tydens die oggend ingesamel word. Bring ook ’n geldjie saam – ons het weer uitstallers! Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds by wyse van ’n donasie betrokke wees. Dankie solank dat ons op u kan Waneer ons aan Bybelverspreiding dink, dink ons gewoonlik aan Bybels vir steun.
Bybelverspreiding … aan kinders
Marietjie Nortje maar moenie van die kinders vergeet nie. ’n Kinderbybel is omtrent grootmense, Sel:dieselfde 082 928 9565 en prys en die volgende is beskikbaar: grootte Faks: 012 543 0745 1. My Eerste Lees en Leer Bybel. Ekstra dik kartonbladsye, 9 gunsteling E-pos: marietjie@lpartisan.co.za
Bybelverhale, volkleur-illustrasies, ideal vir kinders van 2-6 jaar. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu @ R65 by die Bybelgenootskap. 2. Lees en Leer Kinderbybel. Vir kinders 7-12, al die gunsteling-Bybelverhale, volkleur-illustrasies, voetnote en merklint, 544 bladsye wat maklik lees. Beskikbaar in Afrikaans en Engels @ R115 by die Bybelgenootskap. 3. Kinderbybels. Vir kinders 9-12, hardeband, volkleur-illustrasies, 256 bladsye. Beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zulu @ R59 by die Bybelgenootskap. 4. Kinders van God. 50 Bybelverhale soos vertel deur aartsbiskop Desmond Tutu. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho en Sepedi (NoordSotho) @ R80 by die Christian Literature Fund, Wellington. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel Stronkhorst by Brooklyn Bybelbank ná kerk as jy koffie of tee drink.
Verruklike middagetes Dit is weer tyd vir die bekende middagetes van die Departement van Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Op die spyskaart: ’n driegangmaaltyd geïnspireer deur die eetgewoontes van ’n spesifieke land, ’n glas wyn, ’n glas sap en koffie en tee. Wanneer: Elke Dinsdag en Donderdag Waar: Eat@UP in die Old Agricultural Building op die Hatfield-kampus Koste: R105 per persoon Tyd: 12:30-14:00 26 Augustus: German cuisine 28 Augustus: Peruvian cuisine Slegs 60 kaartjies per ete beskikbaar. Kontak Renée by 079 516 0959 vir kaartjies en enige verdere inligting.
Neem asb. kennis dat die parkering soos aangedui op die lugfoto van die terrein van die Gereformeerde Kerk Brooklyn en die Saint Mary’s School for Girls slegs vir busse bedoel is. Gemeentelede word versoek om nie van hierdie parkering gebruik te maak nie
BUSPARKERING Saint Mary's Diocesan School for Girls Slegs vir busse
HOU JY VAN
MUSIEK ?? ’n Pragtige program van jazz tot ligte musiek, ensemblewerk en soliste word op 29 Augustus hier in ons kerkgebou aangebied en dit is gratis! Ligte verversings word ná die program aangebied.
Onthou 29 Augustus van 19:00 tot 20:00
Kom geniet ’n dankie-sê-aand ná die biltongfees.
ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’
word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za
Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
2. MEENTHUIS TE HUUR: EQUESTRIA Netjiese tweeslaapkamereenheid met aparte sitkamer, eetkamer, kombuis met marmerblaaie en kersiehoutkaste. Tuin is ruim met besproeiingstelsel en tuindienste. Huur: R6 500 per maand. Beskikbaar van 1 September 2014. Kontak Adrie van Dyk by 082 850 6784.
3. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596
5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za
6. MOTOR TE KOOP
Opel Corsa 1.6 Sport te koop, volle diensrekord beskikbaar, meganies in puik toestand, 98 600km, 2004-model, Dunlop SP-bande en nuwe battery, 15"-GSI-allooivellings (rims), R65 000 onderhandelbaar. Kontak Bernard: 083 346 9574.
Teken nou in op Die Kerkblad. Skakel Angie Mokobi by 018 297 3986 vir meer besonderhede of epos tydskrifte@gksa.co.za
Lees ... in hierdie uitgawe van Die Kerkblad Bestaan die duiwel regtig? Indien die duiwel wel bestaan, is hy ʼn persoonlike wese of net ʼn bose mag? Prof Callie Coetzee skryf hieroor in Redaksioneel. Dr Danie de Kock skryf in hierdie uitgawe oor huisgesinne as boustene van die kerk. In hierdie uitgawe begin ʼn reeks artikels oor die vrug van die Gees, geskryf deur prof Ben de Klerk. Die eerste artikel handel oor die wortel waaruit die vrug van die Gees groei. Trauma het die vermoë om binne ʼn paar sekondes mense in hul diepste wese te skud en aan te tas. Lees wat prof Wentzel Coetzer skryf oor die verwerking van trauma. Ds Gerhard Niemann skryf in “Die strand van glas” hoe die Here die mooi uit die slegte in ons lewe tevoorskyn bring EN NOG BAIE MEER.
Webtuiste
www.gereformeerdbrooklyn.co.za ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings
31 Aug
Duxbury
31 Aug
Troyestr
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za (Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Troyestr
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
24 Aug
Fanie van der Schyff
kantoor@gkbrooklyn.org.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Datum Plek 24 Duxbury Aug
Predikante verbonde aan die gemeente:
Diensbeurt Ouderling Arrie v.d. Hout Diaken Walter v.d. Merwe Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Gerrie Kirsten Diaken Walter v.d. Merwe
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Skinkbeurt Soekie/Sanet
Ronel
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
INTREEPREEK Ds Chris de Beer sal DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek as nuwe predikant in die Gereformeerde Kerk Brooklyn lewer. Meer besonderhede sal binnekort in Hart & Hand bekend gemaak word.
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).