Hart en hand 25 januarie 2015

Page 1

25 Januarie 2015

Hart

&

Hand

Uit Hom, deur Hom en tot Hom Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Uit Hom is alle dinge

Ds Fanus Heystek Vanjaar gaan ons ons verdiep in die Missio Dei. Wat het God oorspronklik beplan? Wat het verder uit God gevloei tot vervulling van sy heilige Plan? Waarom kom Paulus tot lofuiting as hy worstel oor sy volk (Israel) se toekoms (moes hy nie eerder gehuil het nie)? Hoe gaan die “Uit Hom” ons verdiep? Ons praat dus nie van verandering nie, maar van verdieping. Aanddiens

Die geheimenis van Christus: hoe groot is ons Jesus?

Chris de Beer Baie mense sien ons Here Jesus op verskillende maniere, maar uiteindelik gee die Bybel vir ons die ware prentjie. Vanaand gaan ons bietjie stilstaan by die radikale woorde “Uit Hom”. Wat beteken dit as ons sê alle dinge is uit Jesus Christus? En hoe verander dit ons hele lewe?

TROYESTRAAT-BEDIENING  

Woensdag 21 Januarie: Bybelstudie begin om 09:30 (gelei deur ’n NG leraar) Woensdag 21 Januarie: Bybelstudie/Kleingroep in Harmoniehof om 10:15

Eredienste: Duxbury: 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Romeine 11:25-36 (teks: vers 36a) Sang: Ps 33b:1, 7 Lb 168:1-3 Sk 15-7:2 (ou mel) ook verse 5 + 6 (LB 530 mel) Sk 1-1:1 (ou mel) ook verse 3 + 7 (Lb 562 mel) Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Kolossense 1:15-20 Sang: Lb 164:1, 2 Lb 168:1-3 Sb 1-2:1, 2 Sb 13-3 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal)

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Beroepenuus

Januarie

19 -25 Geen


Vandag:

Jeug-kleingroepe

Maandag:

UP: lesings begin

Dinsdag

08:30:Predikante-toerusting

Dagboek

Woensdag:

18:30 Juventus 19:00 Beginpunt

Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan (Efesiërs 3:12). Louis-Martin Francois Joshua Peter Jaco Jaco Belinda Bernard Chané Tienie Helene Kara Elmarie Esti Henri Zandri Eppie

UP: Jool Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Naasteliefde

Gelukwense 25/1 25/1 25/1 25/1 26/1 27/1 27/1 28/1 28/1 28/1 28/1 29/1 29/1 30/1 30/1 30/1 31/1

Saterdag:

Cloete de Jager Nortje Wassenaar van Heerden Nel Venter Grobler Marais Maritz Vorster Enslin v.d. Walt Delport Helberg Pienaar Vermaak

076 591 4672 073 037 1155 084 764 6068 082 920 4474 082 855 6834 084 655 5999 078 166 3546 082 669 4733 082 398 0214 083 305 2849 083 225 9418 078 696 9796 083 291 0641 082 803 7028 083 251 2741 082 769 4535 082 893 9189

Voorbidding:

Suidelike Filippyne Jongmense van die Tausug-mensegroep in Jolo loop die gevaar om deur ’n Islamitiese ekstremistegroep gewerf te word. “Ons jongmense is geheime gelowiges, bid dat die Here hulle sal beskerm,” sê ’n bedieningswerker van Geopende Deure.

Fanie: verlof Ons predikant, Fanie van der Schyff, is met verlof tot en met 3 Februarie. Kontak Chris of die kerkkantoor gedurende hierdie tyd.

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing ’n Dankdiens vir Kobus Sonnekus wat Woensdag oorlede is, vind Dinsdagoggend 11 uur uit ons kerk plaas. Marthinus Heystek (082 853 6216) se moeder is Maandag oorlede. Ons bid hom, Marié en die kinders krag en vertroosting toe in hierdie tyd.

Braai vir jong werkendes op 31 Januarie Die jong werkendes braai saam op 31 Januarie om 14:00 by GK Brooklyn. Bring eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Bring gerus vriende saam. Moet dit nie misloop nie - dit gaan jou hare wegblaas! Kontak Johan Venter by 072 222 6471 vir meer inligting.


gebore sou word. Soos klei in die pottebakker se hand, so was die volk Israel in die hand van ons Here.

DIE POTTEBAKKER! Jeremia sien ’n pottebakker wat besig is met sy klei (Jeremia 18:1-6). God self gee vir hom hierdie prentjie. Hy wil vir Jeremia (en ons) ’n belangrike boodskap deur hierdie eenvoudige beeld oordra. God is die Pottebakker ... ons die klei. Die Pottebakker is geduldig met die klei. Hy het nie, met respek gesê, ’n koekiedrukker gebruik toe Hy jou aanmekaar geweef het diep in die moederskoot nie (Psalm 139:13-17). Jy is die beeld van sy handewerk – jy dra die vingerafdrukke van jou Skepper. Jy is kosbaar, waardevol en uniek net soos wat jy is! Moenie iemand anders probeer wees nie! Eer die Pottebakker wat jou uniek “jy” gemaak het ... en dink daaraan: nadat Hy jou met Skeppingshande gemaak het, dra Hy jou jou hele lewe lank steeds koesterend in sy Vaderhand.

Weekfokus:

Die Pottebakker

Jeremia 18:1-6 en Romeine 9:20, 21 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 18 Januarie 2015) “Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in (M)y hand … ” (Jeremia 18:6b). Ons Here het self hierdie eenvoudige beeld gebruik om destyds aan Jeremia sy verhouding met sy volk te verduidelik. Die kern van hierdie beeld is dat die pottebakker klei met baie noukeurige vingerwerk vorm totdat hy tevrede is met wat hy daaruit gemaak het. In hierdie beeld fokus ons dikwels verkeerdelik in die eerste plek op die kleivoorwerp. Deur hierdie beeldspraak stel God Homself op die voorgrond – Hý is die Pottebakker. Hý het vrymag om met die klei te maak wat Hý wil. Hý is die oorsprong en argitek van alles wat Hy gemaak het. Hý is die Een wat ’n nietige volkie Syne gemaak het, hulle deur sy hand gelei het en uit wie die beloofde Verlosser gebore sou word. Soos klei in die

In Romeine 9:21 word dieselfde beeld van die pottebakker en klei gebruik. In die konteks van die boek Romeine gaan dit in die besonder om die verhouding tussen Christus en sy bruidskerk. Romeine begin met die verdoemende boodskap dat alle mense verlore sou gaan indien God nie in Jesus sou ingryp nie. Die tweede gedeelte van die boek Romeine verkondig die Blye Boodskap dat Christus ons verlos het. Hierdie boodskap loop uit op een groot loflied in Romeine 11:33-36, wat eindig met die woorde: Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. In hierdie enkele versie word nie minder nie as vier keer verwys na “Hom”! Die fokus val 100% op “Hom” (op Jesus Christus binne die Goddelike Drie-eenheid). Alles gaan om Christus se verhouding met ons, sy kerk. Mag Christus in alles sentraal staan in hierdie kerk van Hom en in jou persoonlike lewe. Mag ons nie net Christus-gesentreerdheid met die mond bely nie, maar dit ook elke dag uitleef

Weekfokus:

Die anker van ons geloof: Solus Christus

Kolossense 2:1-15 (teks:6 & 7) Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 18 Januarie 2015) Ons almal weet dat die wêreld teen ’n enorme tempo verander - en die kerk word nie gevrywaar nie. Party gemeentes stry teen verandering en ander gemeentes verander ter wille van verandering. Die vraag is: hoe weet ons ons is op die regte pad? Hoe weet ons ons fokus is reg? God self gee vir ons ’n maatstok om te meet of ons op die regte pad loop. In verse 6 en 7 van die teks wys Paulus dat geloof in Christus

Vervolg op volgende bladsy

Aangesien julle dan Christus Jesus as


Vervolg van vorige bladsy nog voorwaardes bysit en het sodoende ’n beteken ’n lewe in verbondenheid: Christus plus godsdiens gesoek. Paulus Aangesien julle dan Christus Jesus as Here reageer hierop in vers 8: “Pas op dat niemand aangeneem het, moet julle in julle van Hom [Christus] af wegvoer deur verbondenheid met Hom lewe … teorieë en argumente wat misleidend is nie. Die woord vir lewe in vers 6 beteken meer as Dit is dinge wat berus op die oorlewering van net fisiese lewe. Die letterlike vertaling is mense, op wettiese godsdienstige reëls en “loop”. Ons kan dit vertaal met “moet julle in nie op Christus nie.” verbondenheid met Hom loop”. Wanneer ons Die punt is Jesus is die lig vir die wêreld. In Jesus Christus as Here van ons lewe Hom is al die skatte van wysheid en kennis te aanneem, gaan dit nie om ’n klomp vind! In verse 2 en 3 skryf Paulus: godsdiensreëls en tradisies nie. Dit gaan oor Hulle moet met liefde aan mekaar verbind ’n lewendige en persoonlike verhouding met wees en saam strewe na diep en volledige Hom. insig, sodat hulle God se geheimenis kan In Romeine 11:36 skryf Paulus oor Jesus ken. Die geheimenis is Christus en in Hom Christus: “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is al die verborge skatte van wysheid en is alle dinge. Aan Hom behoort die kennis te vind. heerlikheid tot in ewigheid!” Hy is die bron Jesus is die weg, die waarheid en die lewe van ons lewe, die Een op wie ons gefokus (Johannes 14:6) en as ons, die kerk, Hom moet wees. volg, sal ons altyd op die regte pad stap. En Die gelowiges in Kolosse het met ’n hierdie pad is ’n triomftog,want toe Jesus uit probleem gesit, want sommige onder hulle die dood opgestaan het, Hy alle magte het hierdie fokus verloor. Vir hierdie groepe oorwin (kyk Kolossense 2:15 en 2 Korintiërs was geloof in Jesus nie genoeg nie. Hulle wou 2:14). nog voorwaardes bysit en het sodoende ’n Program Dissipelskapkafee Christus plus vir godsdiens gesoek. Paulus reageer hierop in vers 8: “Pas op dat niemand Februarie – Mei 2015 julle van Hom [Christus] af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is Jan Geen Dissipelskapkafee nienie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van Feb 2 Agapé-vergadering mense, op godsdienstige reëls 9 wettiese Uit Hom, deur Hom, tot Homen (Soli Deo Gloria) Fanie van der Schyff nie op Christus nie.” 16 Die Algemene openbaring (Sola Gratia) Chris de Beer Die punt23is Jesus Die is die lig vir die wêreld.(Sola In Scriptura) Besondere openbaring Paul Grobler Hom Maart is al die 2 skatte Agapé-vergadering van wysheid en kennis te 9 alleen: Christus (Solus Christus) en Chris de Beer vind! In verse 2 enGeloof 3 skryf Paulus: 16 met liefde aan mekaar die Heilige Gees (Sola Fide) Fanie van der Schyff Hulle moet verbind 23 saam strewe Samevatting : Bespreking Fanie, Chris en Paul wees en na diep en volledige 30 Vakansie insig, sodat hulle God se geheimenis kan April Vakansie ken. Die6geheimenis is Christus en in Hom 13verborge Geen Dissipelskapkafee is al die skatte van wysheid nie en kennis20 te vind. Klassis Oostelike Pretoria Jesus is 27 die weg,Vakansie die waarheid en die lewe Mei 414:6) Agapé-vergadering (Johannes en as ons, die kerk, Hom Gees:pad stap. En Paul Grobler volg, sal 11 ons altydDie opHeilige die regte Wie is die Heiligetoe Gees? hierdie pad is ’n triomftog,want Jesus uit Wat het, is die het werkHy vanalle die Heilige Paul Grobler die dood18opgestaan magteGees? 25 Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Paul Grobler oorwin (kyk Kolossense 2:15 en 2 Korintiërs Junie 1 Agapé-vergadering 2:14).


Attestate

Vertrek met attestaat:

Ingekom met attestaat:

Koelman Jan HG Egg: Marga Dooplid: Caromien Dooplid: Jan H Dooplid: Esmarie De Beer Hendrik S Venter Eben C Egg: Tanya Venter Annette Kruger Hanlie Groeneveld Hendrik J Egg: Hester P Oosthuizen Arrie Booyens Johannes H

Westervelt Johan Cachet Strydom Jacoba AF Rietvallei Van der Vyfer Peet J Weltevreden Van Staden Johanna H Potgietersrus Van Dyk Marius H Rietvallei Viviers Andrea Potch-Oos Van der Westhuizen Anna Pietermaritzburg Kruger Alida W Ontdekkers Van Wyk Jan Hendrik Centurion Egg: Renate Van Wyk Minette Van Wyk Alida

Pretoria-Annlin

Kempton Park Wapadrant Phalaborwa Pretoria-Wes Wapadrant Rustenburg-Wes Bellville-Oos

Lees meer oor die geskiedenis van die

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Volg die volgende 7 stappe om hierdie publikasie nou vanaf die nuwe GKBrooklyn webtuiste in elektroniese formaat, aanlyn te kan lees. ❶ Sleutel die volgende in jou internetleser (browser) in

❷ Jy sal na die gkbrooklyn.org.za se landingsbladsy geneem word.

❸ Skuif af op die bladsy tot op die foto met opskrif Tien jaar sedert eenwording en klik op die foto

VOLGENDE BLADSY


Nadat jy op die foto geklik het behoort jy op die landingsbladsy van die publikasie Saam op pad met God te uit te kom. www. http://pub.lucidpress.com/gkpretoriabrooklyn/

Lees deur die publikasie deur op die pyltjie aan die regterkant van die foto te klik.

❻ Beweeg met jou wyser (cursor) op elke bladsy op en af om die volledige inhoud te kan lees

❻ Deur die pyltjies te volg kan al die bladsye van die publikasie gevolg word.


Sustersaamtrek: 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van ons gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015. Tema: Julle is Sout en Lig Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie van 07:30 Plek: Wapadrant-gemeente, Plot 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom. Kontak Ronel Stronkhorst asb. by 083 299 7413 of by exinco@mweb.co.za indien jy na die saamtrek wil gaan.

ADVERTENSIES

VERBLYF VIR BESOEKENDE OUERS VAN STUDENTE | SPESIALE TARIEWE Ons bied pragtige, luukse gaste-eenhede met selfsorggeriewe in Brooklyn. Eenhede is ten volle toegerus met privaatingang, DSTV, braai- en swemgeriewe. Baie gerieflik geleë, loopafstand van UP (500m) en Brooklyn Mall. Kontak ons by 061 390 0688 of brooklynscrown@gmail.com vir besprekings.

STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT IN QUEENSWOOD. 5km van Tuks en mediese kampus, naby Gautreinbusroete. Ruim vertrek met instapkas en badkamer. Yskas en kookgeriewe asook ’n klein patio. Privaatingang met onderdakparkering. Goeie sekuriteit. Huur R2 200 p.m. sluit wasgoeden skoonmaak-diens in. Skakel Joan by 082 570 1778.

2 EENSLAAPKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Waverley. Vier vertrekke en stoep. Sekuriteit. R3 700 p.m. en krag. Deposito R3 700. Skakel Gerda by 084 833 0421.

DIE WASLYN Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596.

TV BENODIG

Ons is op soek na ’n televisiestel vir Talent, die nuwe koster. Kontak die kerkkantoor indien iemand een het om af te staan of te skenk.

TE KOOP

1) Platespeler: Ideaal om ou plate op ’n rekenaar oor te plaas en dit kan ook aan ’n klankstelsel gekoppel word. Uitstekende toestand. R800 kontant. 2) Panasonic-videomasjien: Nog in ’n baie goeie toestand. R300 kontant. Kontak Christo van der Walt by 082 454 1237.

WOONPLEK BENODIG My ouers se huis in Belfast is verkoop en hulle moet einde Feb. uit hul huis wees. As daar iemand is wat weet van ’n 2-slaapkamerwoonplek verkieslik met ’n toesluitmotorhuis in Pretoria of naby genoeg kontak Liza by 073 588 6907 of haar ma by 083 463 1926.

EKSTRA WISKUNDEKLASSE Ons is honneursstudente in Atuariële Wiskunde wat een-tot-een ekstra wiskundeklasse vir gr. 1-11leerders by jou huis aanbied: laerskool @ R150 per uur en hoërskool @ R200 per uur. Kontak Jaco by 083 369 7880 of Elne by 079 018 9481 ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Reëlings Datum Plek 25 Jan Duxbury

25 Jan

Troyestr

1 Feb

Duxbury

1 Feb

Troyestr

Diensbeurt Ouderling Colin Cameron Diaken Elzabé Barnard Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Bingle Kruger Diaken Fanus Nortje

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA-sustentasie

Skinkbeurt Esther

Onder die diens Diakonale werk By die deure Bybelverspreiding

Sanet

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.