Hart en hand 26 april 2015

Page 1

Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 26 April 2015

Hart

&

Hand

Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Hoe hanteer ons lyding?

Chris de Beer Weens die sondeval ly elke mens in een of ander stadium. Die vraag is hoe hanteer ons dit? Ons gaan vanoggend eerstens kyk hoe om dit nie te hanteer nie en dan na drie maniere hoe om dit te hanteer. Aanddiens

Die geestelike oefening van sang

Nikolaas Pienaar God het sang aan sy kerk gegee as ’n gawe waarmee ons ons siele voor Hom kan ontbloot en Hom kan aangryp. Gemeentesang en private sang is daarom ’n baie belangrike (en toeganklike) geestelike oefening. Martin Luther het gesê: “My hart, wat soms voel of dit wil breek, word gereeld deur musiek vertroos en verfris wanneer ek siek en sat is.” Ons fokus op: • die Skriftuurlike voorbeeld en oproep tot sang; • die gevare van die verkeerde tipe sang; • die ryke verskeidenheid van sangvorme in die Skrif; • die gebruik van sang as jou woorde opraak.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing: 1 Petrus 1:3-12 Sang: Ps 34a:1, 4 (2de melodie) Lied 260:1 Sb 9-2:1, 9 Ps 32a:1 Ps 46b:1, 2 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Nikolaas Pienaar Skriflesing: Psalm 149 Sang: Ps 149a:1-4 (1ste melodie) (staan) Ps 65a:1, 2, 3 (sit) Sk 10-1:1-4 (sit) Ps 48a:1, 5 (sit) Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die NG Kerk gereël.

AGAPÉ-UITREIK Die jaarlikse gesellige uitreik saam met die Brooklyndames en hul huiswerkers en vriendinne vind weer plaas op Saterdagoggend 9 Mei om 09:00 vir 09:30 in die kerksaal. Dit beloof om soos elke vorige jaar ’n vrolike kenmekaar-geleentheid te wees saam met die orkes van New Life City Church en ’n interessante, informele program.Hierdie geleentheid word ook gebruik om geld in te samel vir Bybelverspreiding d.m.v. ’n wit-olifant-verkoping. Begin dus reeds nou om al die wit olifante na die kerkkantoor te bring. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133 of Erna Kruger by 082 453 2417 .


DAGBOEK

Vandag: Geen Jeugkleingroepe nie Maandag: Vryheidsdag Dinsdag: 08:30 Predikantetoerusting

Gelukwense

Hannes Frizelna Ester Mike Edie Annatjie Mike Willem Mia Nancy Kathleen Suzaan Christo Rassie Lynette Eduan Willem Wilma Jo-Rika Lourens John Sibella

Grobler Steyn Cordier Hartman Terblanche v.d. Merwe Hartman du Plessis Kruger Labuschagne Naudé Taljaard v.d. Walt Erasmus Malan Smith Daling de Beer du Plessis Ferreira Goodey Singels

Woensdag 29 April Bybelstudie in die eetsaal om 09:30

Naasteliefde

Die Here sal julle seën en julle beskerm, die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees (Numeri 6:24-25). 26/4 26/4 27/4 27/4 27/4 27/4 28/4 29/4 29/4 29/4 29/4 29/4 29/4 30/4 30/4 30/4 1/5 1/5 1/5 2/5 2/5 2/5

Woensdag: 18:30 Juventus 19:00 Beginpunt Vrydag: Werkersdag Residentia-Sunnyside

082 578 1403 082 782 8143 072 463 9844 082 336 6533 083 574 4310 012 341 5275 071 608 8400 082 304 1827 082 419 6411 012 460 8272 079 950 0525 083 628 8488 082 454 1237 072 173 0388 071 885 1529 079 515 1078 082 929 3971 082 490 4201 084 608 5000 084 885 2424 083 302 2496 082 521 0211

Voorbidding: Bangladesj Geheime gelowiges aan die kusgebiede van suidoostelike Bangladesj word omring deur Islamitiese ekstremiste. Hulle betaal ’n duur prys vir hul geloof deurdat hulle uitgekoggel, gelaan en in die tronk gegooi word. Bid dat hulle sal volhard in die geloof.

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Jerry Potgieter (083 650 7812) het die afgelope week ’n hartomleiding in die Wilgers-hospitaal ondergaan. Ons bid vir ’n spoedige herstel en seën.

Meelewing REGSTELLING: Ek het verkeerdelik berig oor die afsterwe van Hannie Steenkamp. Sy was kritiek in die Kloof-hospitaal opgeneem. Hendrik (haar seun is Hennie – nie Hendrik nie) het my per SMS laat weet dat sy moeder oorlede is. In werklikheid is dit Hendrik se moeder Marietjie Steenkamp van Fleurenville, wat ek laas nog gesond gesien het. Tant Hannie geniet egter die “terugkeer uit die dood”. Tannie Flo Mennega het ons laat skrik Woensdag. ’n Opmerksame buurman het alarm gemaak waarna sy in Meulmedhospitaal opgeneem is. Sy het egter spoedig herstel van te lae suiker. Danie Bester (vorige bestuurder van Residentia-Sunnyside) toon vordering. Hy verskuif Donderdag van intensiewe sorg na Meulmed se rehabilitasie-afdeling.


Tema-opsomming

Wat regtig sin gee in die lewe

Ons grootste begeertes

Lukas 19:1-10

Party mense spandeer hul hele lewe om hul hart se grootste drome te bewaarheid. Hulle spandeer ure, dae, maande en jare om dinge te kry wat hulle begeer, sonder om ooit te dink dat om jou hart se grootste begeerte te kry dalk die slegste ding kan wees wat met jou gebeur. Die rede hiervoor is omdat ons harte hierdie drome in afgode verander. Daar is altyd iets waarin ons, ons hoop plaas. Die Bybel is vol voorbeelde van die vernietigende gevolge wanneer mense hul hoop op iets anders as God plaas.

Saggeus was die hooftollenaar in die stad Jerigo. Vandag sou hy beskryf kon word as die mafiabaas in ’n stad wat die kuns van afpers en steel vervolmaak het! Hy was dus ’n gehate man onder sy volksgenote, die Jode, by wie hy belasting vir die Romeinse owerheid ingesamel het. Hy het sin in die lewe gesoek in geld, geld, geld ... totdat ons Here self een dag sy lewe onherroeplik verander het. In Lukas 19 word aan ons vertel hoe Saggeus koorsagtig begeer het om Jesus te sien vir wie Hy werklik was. Met al die geld in die wêreld was sy lewe eenvoudig leeg en sinloos totdat hy Jesus ontmoet het. Sy ontmoeting met Jesus het hom met blydskap en geloofsvrede vervul. Sy begeerte om sy doellose lewe van geld en afpersing te laat staan en met Jesus te vul, was nie ’n besluit uit homself nie. Dit was die werk van God. “Die Seun van die Mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Lukas 19:10). In die Dordtse Leerreëls bely ons onder meer dat dit die Vader is wat deur die kragtige werking van die Heilige Gees sy kinders tot ’n opregte geloofsgemeenskap met Jesus Christus roep en trek (DL 1:7; ¾:11). Uit Saggeus se ontmoeting met Jesus leer ons ook weer opnuut dat ons sekuriteit en sin in die lewe nie in geld of enige ander aardse dinge te vind is nie, maar slegs in ’n opregte geloofsverhouding met Jesus wat gekom het om te soek en te red wat verlore was. Ons het Hom nodig, aan wie ons behoort in lewe en in sterwe. Leef in hierdie kosbare geloofsverhouding met Hom – Hy vul ’n leë doellose lewe met hoop, blydskap en sin.

Genesis 12:1-19

Een van hierdie verhale wat dit behandel, vind ons in Genesis 22. Abraham se grootste begeerte is om ’n seun te hê. God belowe Abraham ’n nageslag (Genesis 12:13) en Hy gee Isak aan hom. En dan kom die groot toets, want Hy roep Abraham om sy geliefde seun te gaan offer. Die verhaal gaan uiteindelik oor dit wat in die middel van ons lewe staan. Is dit geld, status, kinders of is dit God? God toets Abraham hier oor die belangrikste begeerte in sy lewe. Maar hierdie verhaal gaan eintlik oor iets baie dieper, want Isak word op die ou end nie geoffer nie. In plaas daarvan bied God ’n plaasvervanger. Baie jare later, in daardie selfde berge is ’n ander eersgeborene geoffer. Op Golgota het Jesus Christus uitgeroep: “My God, my God … waarom het U my verlaat.” Maar dié keer was daar geen stem uit die hemel nie, want die Vader het in stilte die prys betaal. Die ware plaasvervanger vir Abraham se seun was God se Seun. Hy het die skuld vir al die families in die wêreld gedra en daarom skryf Petrus: “Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges …” (1 Petrus 3:18). Wat is jou grootste hartsbegeerte? Waarin soek jy sin in die lewe? ’n Lewe sonder Jesus is doelloos. ’n Lewe met Hom ... dít is díé lewe.

. Gaan na http://goo.gl/tXJkQk om na die twee preke te luister

Eljadahuis

Danksy die samewerking van gemeentes regoor Pretoria kan daar op ’n deurlopende grondslag vir die mense by die Eljadahuis gesorg word. Daar word nie net kos gegee nie, maar ook gereelde Bybelstudie en katkisasie word gehou. Enigeen kan hier hulp verleen onder meer in die vorm van kosskenkings van nie-bederfbare kos soos blikkies vleis, vis en groente, koffie, tee, melk, suiker, toebroodjiesmeer en pasta.


TOERUSTING VIR GROEPE EN GESINNE

Weektema: Sesde kruiswoord van Jesus Teks: Johannes 19:30; Kolossense 2:13,14

1. Lees/Luister Lees as groep of gesin saam deur die tekste. Die vierde en vyfde kruiswoorde van Jesus was ’n versugting van angs en swaarkry. Eers vra Hy waarom sy Vader Hom verlaat het en ’n rukkie daarna roep Hy uit dat Hy dors het. Die sesde kruiswoord van ons Here is nie ’n versugting nie, maar ’n triomfantlike oorwinningskreet: Dit is volbring! Daarin verklaar Jesus teenoor sy Vader en ons as sy kinders dat Hy ten volle vir al ons sonde betaal het. Die skuldbrief met ons sondes daarop geskryf, is aan die kruis vasgenael. 2. Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar. 3. Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte: a. Wat is die sentrale gedeelte van die tekste? b. Wat beteken Jesus se verklaring in sy sesde kruiswoord vir jou persoonlik? c. Hoe dink jy oor jou eie sonde? 4. Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: a. Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? b. Wat wil God hê moet ek hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet …” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? 5. Bid: a. Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer. b. Bid vir gemeentelede en vir jou familie wat dalk voel dat hulle só sondig is dat God nooit hul sonde sal kan verlos nie. c. Bid vir gelowiges wat vervolg word (kyk na Hart & Hand) d. Bid vir mense wat vasgevang is in vreemdelinghaat en wat direk daardeur geraak word. Bid dat God harte van haat sal vervang met harte van opregte liefde vir Hom en alle mense.

Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid.


Agapé-kosbank

JESUS SE SESDE KRUISWOORD Dit is volbring (Johannes 19:30). Dit was Jesus se voorlaaste woord aan die kruis voordat Hy sy laaste asem uitgeblaas het. Dit was geen versugting van sy kant nie, maar ’n uitroep van triomfantlike oorwinning! In Grieks is dit net ’n enkele woord: Tetelesthai, maar in betekenis aangrypend ryk. Dit was in Jesus se tyd ’n bekende finansiële term wat verwys het na twee dik parallelle strepe wat deur ’n skuldbrief getrek is en waar tussen geskryf was: “Hierdie skuld is te volle betaal!” Wanneer Jesus hierdie woord uitroep, verklaar Hy dat Hy ten volle betaal het vir al ons sonde: “Hy het die skuldbrief teen ons ... uitgedelg ... deur dit aan die kruis vas te nael” (Kolossense 2:14 – Ou Afrikaanse Vertaling). Aanvaar Jesus se betaling van jou sonde en leef met dankbare oorgawe vir jou Here!

Program vir Dissipelskapkafee April – Junie 2015

April

Mei

Junie

6 13 20 27 4 11 18 25 1 8 15 22

Agapé vra soos in die verlede weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes na mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapédames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Kontak Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625.

Wit-olifant-verkoping Ons hou ’n wit-olifant-verkoping om geld in te samel vir Bybelverspreiding. Begin dus nou al om al die wit olifante na die kerkkantoor te bring. Kontak Bets Engelmohr by 082 3209 133 of Erna Kruger by 082 4532 417 vir meer besonderhede.

Kom gerus, bring iemand saam en woon hierdie byeenkoms by.

Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees? Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie Die Engele en die duiwel

Paul Grobler Paul Grobler Paul Grobler Chris en Paul Magdal PienaarMarais


Oudstudente van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Die kampusrektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, prof. Herman van Schalkwyk, nooi oudstudente van die Potchefstroom-kampus uit om hom op Dinsdag 12 Mei 2015 in Pretoria te ontmoet. Plek: Olympus Function Venue, Neptuneweg 47, Olympus. Tyd: 18:30 vir 19:00. Koste: R120 per persoon (sluit ’n ete en wyn/sap in). Metgeselle is ook welkom. Hierdie is ’n geleentheid om alumni op hoogte te bring van nuwe verwikkelinge by hul alma mater en om vriendskapsbande en verhoudinge met u elkeen te versterk. Vir volledige uitnodiging en RSVP, gaan gerus na http://bit.ly/1OvEqN6. of kontak asseblief vir Abigail Leshope by 018 299 2386 of 22933905@nwu.ac.za voor of op 4 Mei 2015.

Beroepenuus SONDAG 19 APRIL 2015 BEROEPE ONTVANG Proponent M Mdonga (Malwande) na New Life City Church in Pretoria.

BEROEPE AANVAAR Proponent M Mdonga (Malwande) na New Life City Church in Pretoria. Ds PJ van Blerk (Petrus) van RustenburgWes na Rietvallei as medeleraar.

SONDAG 26 APRIL 2015 Geen

Ter approbasie: As Diaken: Joubert

Ester Cordier en Hanneke


BEURTKRAG

Bystand-kragopwekker Enige bydrae vir hierdie buitengewone koste-item is steeds baie welkom.

ADVERTENSIES GESOEK: TUINWOONSTEL OF EENSLAAPKAMERWOONSTEL vir werkende jong dame om te huur vanaf begin Mei. Skakel Hanri Pelser by 082 303 8709, Abri Pelser by 082 922 3888 of Dalize Pelser by 076 810 6622. 3-DIMENSIONELE HANDBORDUURWERK Stel jy belang om die kuns van 3-D handborduurwerk aan te leer? Borduur met sylint, wol, garing en krale. Ons borduur rose, blomme, bome, tuine en damesfigure mat aandrokke. Klasse word aangebied. Kontak Joey by 082 921 7266 vir meer inligting. HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreleta Park). Ons sien uit om u te ontmoet.

Ons bedieningswerk in die kerk, saal, kantore en by die pastorie moet aangaan te midde van beurtkrag omdat die agterstand van Eskom nie gou uitgewis sal word nie. Hiervoor het die kerkraad tenders uitgestuur en toe ’n bystand-kragopwekker by Genpower Electrical bestel. Die besonderhede is soos volg: 50 KVA Cummins-dieselopwekker met klankkas en oorskakelmeganisme; Totale koste plus BTW en installasie: R181 000; Die kragopwekker is nou suksesvol geïnstalleer en maak ‘n groot verskil in ons bedieningwerk.Baie dankie aan almal wat reeds ‘n bydrae tot die koste kon doen. Plaas u bydrae elektronies oor in bankrekening . Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, ABSA, rek.nr. 540 340 110 ( verwysing Generator) of in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkie. KOSMOS SKOONMAAKDIENS Skoonmaak van alle tipes woonhuise en wooneenhede volgens jou behoefte. Weekliks, maandeliks of eenmalig. Werk self saam met span. Kontak Ansie by 076 7687 056. POS VIR BEMARKER Bemarker dringend gesoek. Eie vervoer, verkieslik ’n bakkie. Vir onderhoud/meer inligting, skakel Frans by 082 417 8979. KLADDS Sweedse brownies met ’n laag grondboontjiebotter verpak in duursame omgewingsvriendelike verpakking. Maak dit jou eie: sit ’n foto/prentjie en ’n boodskap op die verpakking. Die perfekte geskenk vir Moedersdag! R25 elk of R20 elk met 10 of meer bestellings. Kontak 079 516 0959. VUURMAAKHOUT Droë sekelbos-braaihout: 50 sakkies of meer @ R13 per sak afgelewer. Skakel Peet Langley by 079 640 8855 of e-pos na peet.langley@lantic.net

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

26 Apr

Troyestr

3 Mei

Duxbury

3 Mei

Troyestr

(Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae!

Reëlings Datum Plek 26 Duxbury Apr

Fanus Heystek

Diensbeurt Ouderling Louis de Klerk Diaken Steyn van Wyk Hierdie dienste word deur die NG Kerk gereël.

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Die Kerkblad

Skinkbeurt Ina

Ouderling Colin Cameron Diaken Walter v.d. Merwe

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Bets

Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.