28 September 2014
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Hoop in dood
Chris de Beer Christene treur, maar het hoop. Ons hoop is gebou op: ’n wêreld van ware liefde; ’n nuwe lewe; ’n waarborg. Aanddiens
Gebed – Kleef God aan in gebed! Niek Pienaar (Pretoria-Wes)
Jesaja 64:7: En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat Hom beywer het om U aan te kleef nie. God verwag dat sy volk Hom in gebed moet aankleef/gryp...
Dissipelskapkafee Maandag 29 September 2014
Moet ek nog my sonde belei terwyl Jesus reeds daarvoor betaal het? Aanbieder: Ds Fanus Heystek Dissipelskapkafee: Temas vir 2015 Kom neem gerus deel en gee voorstelle vir die saamstel van die 2015 program aan Soekie, Fanie of Paul.
Eredienste Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing: 1 Tessalonisense 4:135:11 Sang: Lb 190:1, 2, 3 (staan) Lb 184:1, 2, 4 (staan) Ps 119a:29, 40 (sit) Lb 428:1 Sk 18-6:1, 3, 5 Sk 13-3 (staan) Duxbury: 18:30 Niek Pienaar Skriflesing: Jesaja 64:5-9 (7) Sang: Ps 100a:1-4 (staan) Ps 65a:1, 2, 3, 4 (sit) Ps 86a:1, 2, 3 (v1 sit, v2 en 3 staan) Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612. Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD-formaat beskikbaar.
Vandag:
Jeug: Kleingroepe Maandag:
19:00 Dissipelskapkafee Dinsdag:
Dagboek
18:00 Bedieningskommissie
VOORBLADFOTO MANDARINFISH UIT “TOP 22 WORLD’S MOST BEAUTIFUL FISH”
Donderdag: 12:00 KVA Vrydag: Skole sluit
Gelukwense
Juig oor die Here julle God! Die reën wat Hy stuur, is ’n bewys van sy genade. Die herfsreën en lentereëns sal weer oorvloedig wees soos voorheen (Joël 2:23). 28/9 28/9 28/9 28/9 29/9 30/9 30/9 30/9 1/10 1/10 1/10 1/10 1/10 2/10 2/10 2/10 2/10 2/10 10/03 10/04 10/04
Melissa Chris Jolandi Nathan Marisa Lizzy Emil Danelle Elsa Mienke Melinda Kobus Dalena Nine Vivia Tiaan Marietjie Glaudina Hendrik Anet-Mari Migael
Grobler Herbst Lategan Steyn Stols Marshall Rademeyer ’t Hart Bekker Breebaart Smit v.d. Merwe Venter Coetzer Postma Prinsloo v.d. Merwe Venter Helberg Cloete Scheepers
071 881 2321 012 332 3056 082 976 0756 082 496 5941 074 163 2362 083 722 5800 072 460 1771 082 229 9575 083 444 2329 012 460 4270 082 823 7581 083 406 0408 012 348 7117 082 263 7148 012 341 7055 076 683 6511 072 770 4177 083 388 4651 083 327 3636 079 284 0017 012 430 5502
Jaarprogram 2015 Rentia is besig met die nuwe jaarprogram. Sal almal asseblief voor 30 September vir haar die datums deurgee.
Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 1 Oktober: 09:00: kamerbesoeke in Kronendal (Pretoriusstraat) Woensdag 1 Oktober 10:15: Kleingroep/Bybelstudie in Harmoniehof Woensdag 8 Oktober 10:15: Bybelstudie by Troyestraat (Openbaring 9)
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Siekte Ds Fanie is in die bed met griep. Ons bid hom spoedige beterskap toe.
Groetewense Oom Gerhard Oosthuizen lê gereeld by oom Tjaart en tannie Mientjie Bosua besoek af. Dit gaan baie goed en hulle het versoek dat hy vir die hele gemeente liefdegroete oordra. Voorbidding:
Maledive Ekstreme godsdiens is aan die orde van die dag in Maledive. Sommige ekstremiste het selfs jongmense ontvoer om hul lojalitiet teenoor die handhawing van Islamitiese oortuigings af te pers. Bid dat die enkele gelowiges kragtige instrumente sal wees in die verspreiding van godsdienstige matigheid en verdraagsaamheid.
Kuierkombuis@Aardklop (7-11 Oktober 2014) Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Die Bult gaan vanjaar weer die gewilde Kuierkombuis tydens Aardklop bedryf. Die Kuierkombuis is ’n gewilde oase vir feesgangers waar hulle heerlik kan eet en ontspan. Kom geniet ’n klein, medium of GROOT ontbyt voor jou eerste vertoning of val tussendeur in vir ’n lekker stuk koek en ’n koppie koffie of tee. Middag- en aandetes is wildsvleispastei, lasagne of gerookte varkboud met slaai. Die gemeente se roeping is "Geroep en toegerus om deel te wees van die Here se bediening IN, OP en OOR die Bult" en daarom gaan alle wins wat gegenereer word vanjaar uitbetaal word aan liefdadigheids- en gemeenskapsprojekte op die Bult en in Potchefstroom. Die Kuierkombuis is op die hoek van Molen- en Borcherdstraat, oorkant die Loopstraatingang na die feesterein. Baie dankie vir jul ondersteuning. Navrae: gkbult@gmail.com of 018 297 4843.
Belydeniskamp Ons reël vanuit verskeie gemeentes ’n belydeniskamp. Die kamp sal in Afrikaans en Engels aangebied word as ons daarin slaag om al die kerke wat uigenooi word tot deelname te oorreed. Die kamp word gehou van Maandag 6 Oktober (vertrek 12:00 van gemeentes) tot Vrydag 10 Oktober (09:00). Die koste van die vorige kamp was R800 per kind. Hierdie koste sluit die kampgeld, kosgeld en studiemateriaal in. Die kamp vind plaas op die Sionsbergh-kampterrein naby Heidelberg - ’n kampterrein met netjiese slaapgeriewe, snoepie, mooi saal en skoon fonteinwater-dam, groen bome en groen gras. Alles is daar om die kinders ook tussen al die werk deur lekker te laat ontspan. Ons het nog plek op die kamp. As ’n belydeniskatkisant belang stel om deel te neem, kan hulle ds Daan Bakker skakel vir verdere inligting by 082 829 8456 of e-pos djbakker@telkomsa.net
Mooidoppers verkoop weer bosburgers op Aardklop Wat is Aardklop sonder ’n bosburger? Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Mooirivier, die Mooidoppers, verkoop weer tydens Aardklop van Dinsdag 7 Oktober tot Saterdag 11 Oktober die beroemde bosburgers op hul kerkterrein. Dit is op die hoek van Du Plooy- en Sol Plaatjiestraat, oorkant Wohnen-verfsentrum. Dié wat reeds baie jare Aardklop toe kom, sal ons produk ken. Dit is ’n gekrummelde bees-, koedoe-, of elandsteak in ’n roosterkoek met ’n sous van eie keuse. Daar sal ook wildspatties in ’n roosterkoek en gewone roosterkoeke met konfyt of stroop te koop wees. Ons beplan om koeldrank beskikbaar te hê. Kom ondersteun ons, vermy die druk van lang toustaan en geniet ’n bosburger op Aardklop. Navrae: ds Koos Mouton by 082 925 3959.
Brooklyn Brokkies vanjaar vol stories oor ons lief en leed Elke mens het ’n storie en daar gebeur dikwels interessante dinge met mense waarvan ons nie weet nie. Skryf asseblief ’n kort beriggie met foto oor persoonlike uitreike, jul prestasies en dié van jul kinders of oor sportbedrywighede – van alles en nog wat. Die berigte moet ons asseblief voor of op 1 Oktober bereik. Só kan ons die seën wat die gemeente die afgelope jaar beleef het in die jaarlikse uitgawe van Brooklyn Brokkies weergee. E-pos asseblief so gou moontlik jul bydraes met die opskrif Brooklyn Brokkies na kantoor@gkbrooklyn.org.za
Ons gemeente is reeds genader om met finansies, klere en kos te help, aangesien daar gesinne is wat alles behalwe die klere aan hul lyf verloor het. Daar is sowat 35 boere wat geen voer vir hul vee het nie. Dit sluit die plaas waarop ons gemeente se beeste loop in. Ons versoek u om vir ons gemeente, ons gemeenskap en die omgewing se mense te bid en hulle aan die troue sorg van ons Hemelse Vader op te dra. Die diakonie van die Gereformeerde Kerk Harrismith het ’n noodfonds gestig om te Brandhulp vir Harrismith probeer om met sommige van die gevalle te Die dorp en omgewing is deur erge brande geteister help. Enige hulp met voer, kos en klere sal wat deur stormwinde van tot 185km/h aangeblaas is. waardeer word.
Foto NETWORK 24
Die gebied wat gebrand is, beslaan ’n oppervlakte van 3 500 tot 4 000km². Bykans onberekenbare skade is aan die eiendom van die gemeenskap (ook dié van ons lidmate) aangerig. Plase met opstalle is tot op die grond afgebrand. Die amptelike dodetal is op die oomblik vyf mense, waarvan twee ’n medebedienaar van die Woord en sy seun is. ’n Jong man van 19 jaar is in die Bethlehem-hospitaal opgeneem met 60% brandwonde. Die hele gemeenskap is in rou gedompel.
Bankbesonderhede is soos volg: Bank: Rekeningnaam: Rekeningnommer: Verwysing:
FNB GK Harrismith 62348706021 Noodfonds Brande
Broedergroete Johannes de Bruyn
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Finansies: Ontvangste 2014-2015 finansiële jaar MAANDELIKSE
BEGROTING
R246 450
AUGUSTUS
Tydperk
MAART-JULIE 2014 BEGROOT
R1 232 250
werklik
R1 200 633
TEKORT
R31 617
DANKOFFER
R116 000
Ontvangste Maart-Julie 2014
NETTO INKOMSTE
BILTONGFEES
R110 000
God uit skole...
Die krag van die evangelie bewerk ’n nuwe lewe van gehoorsaamheid Romeine 6:15-23 In bogenoemde gedeelte word die vraag twee keer gevra of die genade van die evangelie inhou dat ons maar kan aanhou sondig. Albei kere reageer die apostel met “beslis nie”. As ons wel so dink, het ons die betekenis van ons doop (dat ons een is met Christus en daarom dood is vir die sonde) of van ons bekering (dat ons ons onderwerp het aan God en daarom in diens van God is) nie begryp en geleef nie. Die lewende leer van die evangelie van die dood en opstanding van Christus is die krag van God tot saligheid. Dit bewerk geloofsgehoorsaamheid en lewensvernuwing. Die evangelie van genade is nie goedkoop nie. Ons kan nie maar ons gang gaan en doen wat ons wil nie. Wie eiendom van die getroue Saligmaker, Jesus Christus, geword het, is deur die kragtige werk van die Heilige Gees van harte gewillig en bereid om verder vir die Here te lewe (Heidelbergse Kategismus, Sondag 1:1).
DIE AULA Vrydag 24 Oktober om 18:30
’N FEES VAN
ONS BESTE DUETPARE Jannie Moolman en Corlea Botha Burgerd (van Romanz) en Zita (“Ons Lieflinge”) Willie en Natasha Joubert Kaartjies by info@duetfees.co.za of 082377 1112 Gereformeerde Kerke Bergsig en Andeon (620 kaartjies reeds verkoop)
Romeine 1:1-17 (:16) Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 21 September) Daar is nie meer plek vir Hom in ’n demokratiese skoolbedeling volgens artikel 15.2(b) van die Grondwet nie! Geen verwysing na Christelike waardes in skole nie, geen opening of lees uit die Bybel, geen Christelike liedere, geen gebed tot die Here ons God nie ... dit is waarvoor die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie hom tans beywer deur skole hof toe te sleep. Hulle skaam hulle vir die evangelie, wat volgens hulle diskriminerend is. Paulus was nie skaam vir sy geloof nie ten spyte van die vervolging van Christene in die destydse Rome. Hy was nie bang om sy mond oop te maak en vir die mense presies te sê in Wie hy glo nie. “Ek is glad nie skaam om die goeie nuus oor Jesus Christus bekend te maak nie, om die waarheid te sê: ek is trots daarop, want hierdie evangelie is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat in Hom glo!” Uiteindelik het hy ook vir hierdie evangelie gesterf. Jesus het aan ons die opdrag gegee om die evangelie uit te dra na alle volke, tale en nasies (Matteus 28:19; Handelinge 1:8): ons mag ons nie vir die evangelie skaam en dit verswyg nie! Hy gee egter ook in Matteus 10:16-20 drie baie belangrike insigte oor hierdie opdrag: Pasop vir die wêreld – julle is soos skape tussen ’n klomp wolwe Julle moet verwag dat julle as Christene van alle oorde teenstand gaan kry. Moet egter nie bang wees nie, want onthou: “God is vir ons, wie kan dan teen ons wees (Romeine 8:31)”?! (vervolg op volgende bladsy)
Bedanking Die koster, Frans Bekker, tree ná 10 jaar uit as koster. Hy gaan sy eie besigheid bedryf, maar sal steeds die kerk se tuine op kontrakbasis doen. Ons bedank hom vir die jare diens en bid hom die Here se seën toe.
(Fanie van der Schyff se preek vervolg) Wees opreg soos duiwe ’n Duif is die simbool van reinheid, sondeloosheid en opregtheid. Jesus sê vir ons hoe ons hierdie teenstand moet hanteer: Ons moet nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar in alles die liefde van Jesus in opregtheid laat skitter.
Wees versigtig soos slange Hier word positief na ’n slang verwys wat op presies die regte oomblik sy prooi pik. Deur hierdie vergelyking leer Jesus ons dat ons die beste gebruik moet maak van elke geleentheid. Dit bly ’n voorreg om te kan getuig en dit ook sonder woorde uit te leef:
“Ek is trots daarop om ’n Christen te wees!”
Die Koning leef!
1 Korintiërs 15:1-11 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 21 September 2014) Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte (1 Korintiërs15:3 en 4). Hierdie verse was waarskynlik ’n credo van die eerste Christene, ’n tipe geloofsbelydenis wat hulle sou opsê of sing. Dit is uiters belangrik vir die kerk van vandag om goeie redes te hê waarom ons glo dat hierdie gebeure werklik plaasgevind het. Die kruisiging Ons weet Jesus is gekruisig, want dit het voor die hele Jerusalem gebeur. Daarom staan daar in Handelinge: Maar Paulus sê: “Ek is nie mal nie, U Edele, maar onder die leiding van die Heilige Gees praat ek die waarheid wat elkeen kan verstaan. Die koning weet van hierdie dinge, en daarom praat ek openhartig met hom. Ek is seker dat dit nie sy aandag ontgaan het nie, want dit het nie êrens in ’n hoekie gebeur nie” (Handelinge 26:25-26). Die opstandingsberigte in die vier evangelies begin met die vroue wat op die Sondagoggend voor ’n
leë graf staan. Die eerste vraag wat ’n mens kan vra, is: was die graf regtig leeg? Die leë graf Ons weet die graf was leeg om die volgende goeie redes: Eerstens lees ons in Handelinge hoe Petrus opstaan en aan die mense in Jerusalem verkondig dat Jesus opgestaan het. Hy begin die evangelie verkondig by die plek waar die graf was. Petrus sou nooit kon hoop dat die mense hom sou glo as die lyk nog in die graf was nie. Tweedens het die Joodse priesterhoofde saamgestem dat die graf leeg was. Derdens is die lyk nooit gevind nie. Die opstanding Jesus se opstanding is die spilpunt waarom die hele Christelike geloof draai. Paulus het goed begryp dat ons hele geloof val of staan met Jesus se opstanding en daarom gee hy vir ons ’n lys van getuies: Sefas (Petrus), ’n betroubare ooggetuie; “die twaalf” beteken meer as een betroubare ooggetuie; “meer as vyf honderd” verteenwoordig kwantiteit en vernietig die hallusinasieteorie; Jakobus, ’n skeptiese getuie en Jesus se broer; Paulus, wie se getuienis ná die 40 dae plaasvind.
WAAR VIND JY …? Die tien gebooie Die herderspsalm Die saligsprekings Die Onse Vader Die grootste gebod Die groot opdrag Die gawes van die Gees Een liggam met baie lede Die liefde Die vrug van die Gees
Eksodus 20:1-17; Deuteronomium 5:6-21 Psalm 23 Matteus 5:3-12 Matteus 6:5-15; Lukas 11:1-13 Matteus 22:34-40 Matteus 28:16-20 1 Korintiërs 12:1-11 1 Korintiërs 12:12-27 1 Korintiërs 13 Galasiërs 5:22
Die diakonie benodig: ’n Tafel/tjie en stoele (1 of 2) om by te eet en ’n sitstoel of bank. Kan iemand dalk help? Kontak Petra de Klerk by 082 553 8602.
ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR
5. FASILITEERDER BENODIG
word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za
’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za
2. OPSTEL VAN TESTAMENTE EN BEREDDERING VAN BESTORWE BOEDELS Niel van der Merwe Prokureurs. Ons lewer ’n professionele diens en het gesamentlik meer as dertig jaar ondervinding in die opstel van testamente en bereddering van bestorwe boedels. Skakel gerus vir Niel van der Merwe by 082 9005 354 of Braam Neethling by 083 3096 854 vir enige navraag of bystand.
3. TYD VIR ’N WEGBREEK? Eenheid by Mabalingwe beskikbaar 21-28 November 2014: pragtige uitsig, patio en braai, swembad baie naby chalet. R870 per nag – slaap 6 volwassenes - 3 slaapkamers, 2 badkamers. Foto’s op navraag. Kontak Fanus by 083 376 8274.
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
6. SAIPA-KLERKSKAP Gevestigde rekenmeesterspraktyk in Pretoria, Magalieskruin benodig Saipa-klerke. Stuur asseblief CV’s na Service@prispek.co.za of kontak Gerhard Labuschagne by 012 567 5502.
7. KUNSKLASSE
Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za
8. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.
9. MOTOR TE KOOP Te Koop: Wit 2007 Ford Ka 1.3 Trend 118 000km, radio/CD, kragstuur, lugsak, lugverkoeling, ABS, “anti-smash and grab” op vensters, volledige diensrekord beskikbaar by Ford. Onlangs vir groot diens gegaan. Uitstekende toestand. R45 000 Kontak: Madri van Biljon by 072 643 9081.
Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum 28 Sep
Plek Duxbury
28 Sep
Troyestr
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
5 Okt
Duxbury
Ouderling Louis de Klerk Diaken Hannes Welman
5 Okt
Troyestr
Diensbeurt Ouderling Jan Dekker Diaken Fanus Nortje
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Skinkbeurt Elfrieda
Gerda
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).