Hart & Hand 29 Junie 2014
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Die wonders vaEn die Heilige Gees
Ds Fanus Heystek Jesus lig sy dissipels in oor die Heilige Gees wat in sy plek sal kom – die “ander” parakleet (helper, trooster, voorspraakmaker). Die Heilige Gees gaan net soos die Vader en Seun wonderkragtig optree, onder meer met betrekking tot sonde, geregtigheid en oordeel. Vir ons bied dit groot sekerheid en standvastigheid. Aanddiens
Die Heilige Gees in die Drie-eenheid
Ds Fanus Heystek In die jaar 1025 het die Westerse en Oosterse kerke geskeur oor ons tema. Die Oosterse kerke wou die Heilige Gees in sekere mate losmaak van die Seun. Na hul mening tree die Gees selfstandig op – nie gebind aan die Seun (die Woord) nie. Dit lei tot allerlei geesdrywery wat ons tans ook oral in Westerse kerke sien. Is die verstaan hiervan belangrik? Jesus het dit so belangrik geag dat Hy by verskeie geleenthede sy dissipels hieroor onderrig het. Troyestraat
Sieners en kykers
Fanie van der Schyff Soms staar ons onsself blind teen probleme en dan voel alles so oorweldigend! Dit is juis in sulke tye dat ons verby die probleme van die hier en die nou moet kyk en agter alles God se almag, alwetendheid en alomteenwoordigheid moet raaksien.
Eredienste Duxbury: 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Johannes 16:5-1 (kern: 8-11) Sang: Ps 103a:1, 9 Sb 9-4:1-3 Ps 31a:15, 17 Sb 8-3 en Lb 334:1-3 Duxbury: 18:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Johannes 14:26, 15:26 en 16:12-15 Sang: Lof: Sb 1-6:1-3 Ná gebed: Ps 10a:8-10 (wysie: “Bly by my Heer”) Slot: Sb 3-2:1, 3 en Lb 168:1-3 Troyestraat Christelike Sentrum: Troyestraat: 09:30 Karmel: 10:00
Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (:17) Sang: Ps 33:1, 7 Sb 9-3:1 Ps 33:11 Lb 190:1, 2, 3 Ps 33:11 Sb 13-3
Brooklyn
Dagboek
Troyestraat
Maandag: Christelike 19:00 Dissipelskapkafee Sentrum Deeltydse koster Woensdag 25 Junie: Indien daar iemand is wat bereid is Bybelstudie by om nauurs en naweke in te staan as Troyestraat om koster as daar ’n krisis is en Frans nie 10:30. Tema: beskikbaar is nie, kontak Rentia by Openbaring 7 082 775 6907.
Gelukwense
Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die Here gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red (Miga 7:7). 29/6 Julie D Artnall 072 322 0828 29/6 Merle Potgieter 012 348 7787 29/6 Francois Willemse 082 446 7214 30/6 Janie Nortje 072 581 7508 1/7 Luan Swart 082 556 2814 2/7 Bets Engelmohr 082 320 9133 2/7 Andre Grove 082 879 6654 2/7 Petrie Reyneke 084 588 0123 2/7 Adriaan Venter 082 552 6579 2/7 Hanneke Viljoen 076 679 1207 3/7 Sarel Ehlers 082 403 4997 3/7 Nanushka le Roux 082 337 2741 4/7 Jaco du Toit 071 610 7668 5/7 Kotie Minnaar 082 876 5169 5/7 Haya van Marle 083 276 0319
Eredienstye: Troyestraat 6 Julie: 09:00 in kerkgebou en 10:00 in Residentiasaal (Geref. Kerk se beurt) 11:00 in kerkgebou: LRCC 13 Julie: Slegs 10:00 in Residentiasaal (Hervormde kerk verantwoordelik) 11:00 in kerkgebou: LRCC
Kerkkantoor Rentia gaan Maandag vir ’n skoueroperasie en sal daarna drie weke lank by die huis aansterk. Gedurende hierdie tyd sal Ela elke dag in die kantoor wees van 08:00 tot 13:00. Ons bid Rentia sterkte, spoedige herstel en beterskap toe.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Gereformeerde Skool Dirk Postma ’n Opedag word aangebied op 14 Augustus 2014. Graad 000 tot graad 12 word onderrig by dié skool, wat geleë is in die Moot. Vir meer besonderhede kontak die skool by 012 332 3222.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Meelewing Prof Salmon Ligthelm is hierdie week in die ouderdom van 93 jaar verlos van aardse stryd en opgeneem in heerlikheid. Ons roep in herinnering sy standvastige geloof. Hy is reeds Donderdag ter ruste gelê. Ds Fanie se ouma is die afgelope tyd oorlede en is Donderdag begrawe. Ons bede is dat die Hemelse Vader die familie sal vertroos en seën.
Administrasiehulp op Sondae Ons is op soek na iemand wat bereid is om met die administrasie te help as Marga nie beskikbaar is nie. Kontak die kerkkantoor.
Biltongfees
Soos bloed “Jou bloed is te min en te dun. Jy kan nie skenk nie,” sê die beampte van die Bloedoortappingsdiens. In ’n wêreld waar bloed sedert Kain se tyd vrylik vloei, kan ek nie eens ’n liter skenk om ’n lewe te red nie. Bloed simboliseer lewe en die beskerming daarvan in die Bybel. Die bloed van die paaslam in Eksodus 12 spaar die lewe van die Israeliete en in Numeri 35:33 sê die Here: “Julle mag die land waarin julle woon, nie onrein maak nie, want bloedvergieting verontreinig die land.” Tog is Jerusalem later “vol van die bloed van onskuldige mense” (2 Konings 24:4). Die Baälpriesters kerf hulle dat die bloed loop, terwyl Elia die bloed van die bul met water van die altaar afwas en die Here daarna alles met vuur – die totale reinigmaker - vernietig. Die volk sê in Matteus 27:25: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” – die onskuldige bloed waarvan Christus sê: “Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe” (Johannes 6:54). My bloed mag ’n lewe tydelik red, maar die bloed van Christus verseker ons van ’n lewe tot in ewigheid.
Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-SonderNaam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
Datums vir 2014 - 10 Julie - 11 September - 9 Oktober - 13 November
Die biltongfees is DV op 15 Augustus. Bestellings kan geplaas word vir beesbiltong en bees-droëwors teen R180 per kilogram. Bestellings moet voor 21 Julie geplaas word. Die jagseisoen is reeds geopen. Enige wildsbokke is welkom. Ons het geriewe vir slag en die maak van biltong. Trofeejagters is welkom om van die slaggeriewe gebruik te maak en die vleis te skenk. Kontak Wina Cameron by 082 859 5216, Fanie van der Schyff by 083 446 6096 of Jaco Marais by 082 491 6204. Ons kan reël vir die verwerking daarvan. Kaartjies vir die biltongfees: Kaartjies is beskikbaar by Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5847, Wina Cameron by 082 859 5216 of Annalie Grové by 082 879 6654: R120 - volwassenes R100 - studente en hoërskoolkinders R50 - laerskoolkinders Gratis - voorskoolse kinders Kry solank vir jou ’n vriendekring om ’n tafel te bespreek. Toets solank broodresepte en versamel tuisgemaakte konfyt. Tel die dae af..
Voorbidding: Nepal “Die regering is baie positief teenoor die Christen-gemeenskap,” sê ’n plaaslike bedieningswerker. “Nepalese Christene het besef dat hulle ’n rol kan speel in sosiale sake en die Here se liefde op praktiese wyse kan openbaar!” Loof die Here!
Enkellopende en jonggetroude diensgroep Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Dis weer
Mootkamp-tyd! Ons hoop om weer hierdie wintervakansie met sowat 100 skoolkinders uit verskillende agtergronde te gaan kamp. Vir elkeen van hierdie kinders is die kamp nie net ’n groot klomp gesonde skoon pret nie, maar ook ’n geestelike hoogtepunt van die jaar. Ek was bevoorreg om nog op elke kamp te kon sien hoe kinders vir die eerste keer waag om die Here te begin vertrou en werklik daarna begin soek om Hom te volg as sy dissipels. Baie hegte verhoudinge word ook gesmee tussen ons eie studente wat vriendskappe vorm wat jare hou en die hoop is dat hulle ook die ervaring wat hulle as groepleiers opdoen, sal indra in die kerke waarheen hulle versprei met hul vertrek uit Brooklyn. Meer inligting en getuienisse van die kinders is te sien by www.mootkamp.co.za Verder moet ons elke jaar borge soek vir sowat 20 kinders en studente wat nie self hul kampgeld kan betaal nie. Indien jy ’n kind of student wil borg, sal dit ’n groot verskil maak. MOOTlight [Gr 7, 8, 9] kampkoste is R670 [5dae] MOOT [Gr 10, 11, 12] kampkoste is R890 [7dae] Groepleierskoste is R890 [10 dae] ABSA Hatfield: Moot Skoolverlaterskamp: Tjekrekeningnr: 2140279016. Takkode: 632 005 Stuur ook net asb. ’n e-pos na Ilse de Villiers sodat ons op hoogte kan wees van hoeveel en waarvoor die borggeld gaan ilsedevilliers@yahoo.co.uk En dan, wat elkeen van ons kan doen en onmeetbare waarde het: Bid asb. dat die Here hierdie kamp sal gebruik sodat Hy sigbaar sal word vir jongmense om hulle oor sy goedheid te verwonder. Bid asb. vir wysheid vir die jong groepleiers waarna die skoolkinders vreeslik opsien. Bid vir die predikantespan wat moet bontstaan met leiding en raad. Seënwense, Griffel 082 354 3726
Help asseblief! Die nood is steeds groot Daar is steeds groot nood in Rustenburg en omgewing al is die mynstaking verby. Die diakonie skakel met gemeentes in Rustenburg en vra daarom hulp in die vorm van kosskenkings: nie-bederfbare kos soos blikkiesvleis, blikkiesvis, blikkiesgroente, langlewemelk, pasta, rys, tee, koffie en suiker. Hierdie kos kan in die kombuis op die bedienluik geplaas word, sodat dit nie verwar word met ons koshulp aan Eljadahuis nie. Indien u liewer kontant wil gee, kan dit in die kollektesakkie geplaas word duidelik gemerk: RUSTENBURG. Baie dankie, ons vertrou ons gaan ’n groot reaksie van ons gemeente kry soos in die verlede wanneer daar ernstige nood is. Diakonie
Waar is al die ander? (Elia net soos ons) 1 Konings 19:1-18 (veral vers 14) Fanie van der Schyff (Opsomming van die preek op Sondagoggend 22 Junie 2014) Elia was ’n mens net soos ons – of was hy? Hy was sekerlik een van die kragtigste en mees besondere profete wat daar was. Dink jouself net ’n bietjie in: Elia het nie gesterf nie, hy is lewend opgeneem in ’n wa van perde en vuur (2 Konings 2:11). Elia het in die tyd van Jesus op die berg van verheerliking saam met Moses uit die hemel aan Jesus verskyn (Lukas 9:30). Dan is daar ook nog besondere wonders soos die opwekking van die weduwee van Sarfat se seuntjie (1 Konings 17:24). Ook die wonder op Karmel waar vuur uit die hemel die offer, klippe, brandhout en selfs die water van 12 kanne verteer het (1 Konings 18:38). Hy was absoluut die toonbeeld van krag en onverskrokkenheid – ’n buitengewone mens, dié Elia. Dit is wat sy naam ook beteken: My God wat sy eer verdedig. Agter hierdie wonders wat Elia verrig het, steek daar selfs iets diepers as bloot dat hy net kragtig was – Elia was die toonbeeld van ’n bidder gewees en hy word deur die Heilige Gees self vir ons as voorbeeld voorgehou (Jakobus 5:17b,18). Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking! Dalk wens jy ook dat jy net so kragtig soos Elia kon wees! Tog was hy ’n mens net soos ons (Jakobus 5:17a). Hy wat vir ons gegee is as voorbeeld van ’n bidder – ’n rolmodel ... het self gestruikel (1 Konings 19:1-14). Hy het moedeloos geword (1 Konings 19:10,14) Dit het vir Elia gevoel asof hy alleen oorgebly het.
Dalk sit jy vanoggend hier met dieselfde worsteling. “Here, ek bid en ek bid en ek bid en niks gebeur nie en dit voel asof ek alleen staan.” Dink dan waaraan God Elia herinner het, naamlik dat daar 7 000 ander is wat net soos hy God dien (1 Konings 19:18). Al word jou gebede nie beantwoord soos jy dit graag wil hê nie en al voel jy soms alleen, onthou dan dat God oor jou waak as deel van die “7 000” (sy kerk) wat aan Hom behoort. Dink verder ook aan Jesus wat totaal verlaat was ter wille van jou sodat ons ook in ons swaarste aanvegtinge nooit alleen is nie. Dink ook daaraan dat Christus nou en elke oomblik vir jou bid! Bid sonder ophou.
Twee vaar beter as een! 1 Konings 19:19-21 Fanie van der Schyff (Opsomming van die preek op Sondagaand 22 Junie 2014) Elia voel asof hy alleen vir die saak van die Here staan en wil opgee. Ons sien in die opsomming van die oggendpreek hoe buitengewoon Elia was. Tog struikel hy ook. Hy verklaar dat hy sy lewe aan God gewy het, maar dit voel vir hom of dit tot niks kom nie. Hy raak moedeloos. Hy wil liewer sterf. God gee egter nie toe nie en gee Elia drie opdragte (1 Konings 19:15-18). God beveel Elia om twee mense as konings te salf en ook vir Elisa as profeet. Hierdie drie mense word swaardinstrumente van God – hulle moet die Israeliete suiwer. God se woord is selfs skerper as swaarde. Dan word Elisa ook Elia se hulp: “Twee vaar beter as een...’n driedubbele tou breek nie maklik nie” (Prediker 4:9,12). Hy word Elia se volgeling, sy helper, sy medewerker. Elisa word met die mantel van Elia “gesalf” as - Vervolg op volgende bladsy word vyf jaar later as profeet gesalf.
Twee vaar beter as een
- Vervolg van vorige bladsy slaaf – dis ’n volgeling-“salwing”. Hy kry volledige opleiding by Elia en word vyf jaar later as profeet gesalf. Albei word deur God toegerus in sy diens en ...“twee vaar beter as een”. So roep God mense op met verskillende gawes, op verskillende tye en plekke om verskillende roepings te vervul. Party mense is ook nie belangriker voor God as ander nie. God roep Elisa en hy volg. God het ook vir Christus geroep om vir ons sondes te betaal. Hy het sy roeping volledig uitgevoer – gegee eerder as om te ontvang. Ons word geroep om almal in God se Koninkryk te werk en om heilig en onberispelik te lewe. Dalk is jy die enigste Bybel hierdie week. God roep ook elkeen wat aan Hom behoort. So roep God die ouderlinge wat vanaand bevestig word. Besef en ontdek jou roeping en vul aan waar daar ontbreek aan gawes. Vra God watter gawes Hy jou uit genade geskenk het. Kry antwoorde uit die Woord, vra God, wag en bid. Al is dit soms moeilik, God gee krag. Moenie moedeloos word nie. Bid vir God se leiding. Bid vir mekaar, vir die ouderlinge, vir die gemeente. Staan mekaar by. Skerp mekaar op. Elia het Elisa nodig gehad: geloofsgenote het mekaar nodig binne die geloofseenheid van sy ligaaam, sy kerk.
Dissipelskapkafee
Program: Julie tot September 2014 Datum Julie 21 28
Onderwerp Dissipelskap in die huis : Jesus se familie Dissipelskap indie huis : Kindwees in die familie
Spreker Paul Paul
Augustus 4 11 18 25
Agapé vergadering Museums en die Bybel : Artifakte wat die Bybel en Godsdiens belig Die Bybel : Geskiedenis van die Bybel Die Bybel : Hoe moet ek die Bybel lees?
Gerrie Paul Paul
September 1 8 15 22 29
Agapé vergadering Die Liefdes driehoek Die Liefdes dissipels (1 Joh 1-5) Liefde met grense Moet ek nog my sonde belei terwyl Jesus reeds daarvoor betaal het?
Fanie Fanie Fanie Fanus
Oktober Vakansie Gaan6dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die naam van die 13 Klassis Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek "Gaan uit haar uit,my volk..." - Openbaring 18:4 Wat, Wie, Louis julle20 bevel het. Matteus Waarom, Hoe,28:19 Hoekom, Waar, Wanneer? Loot in die Wingerdstok: " 'n Sosio-ekonomiese en Koningkryk 27 Louis
ADVERTENSIES 1. HUISVESTING BESKIKBAAR Huisvesting is tans beskikbaar in Monumentpark vir ’n student of jong werkende man of meisie. Ruim slaapkamer met en suite-badkamer, kombuis en gemeenskaplike sitkamer. R2 500 p.m. ongemeubileerd (kan ook gemeubileerd gehuur word). Huur sluit in water en ligte, gratis internet en veilige parkering. Vir navrae kontak Paul Grobler by grobler.paul@gmail.com
2. GEMEUBILEERDE KAMER Klein, gemeubileerde kamer met eie ingang en eie badkamer beskikbaar in Menlopark, 2km van UP. Water en ligte ingesluit. Geen kombuis, ontbyt onderhandelbaar. R1 900 p.m. Dadelik beskikbaar. Kontak Mia by 082 443 0760.
3. TE KOOP
Goeie werkende elektriese stoof (oond, plate en suigwaaier) in vlekvrye staal-afwerking asook ’n wit porseleinwasbak met voetstuk te koop vir R2 000. Kontak Gerda by 083 625 6353 .
4. KAMER TE HUUR
Erla van der Walt het ’n kamer te huur vir ’n damestudent van 1 Augustus 2014. Dis binne loopafstand van UP en daar is parkering beskikbaar. Kontak Erla by 076 840 3731.
5. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596. 6. HEERLIKE GESONDHEIDSBESKUIT Student in hotelbestuur verkoop beskuit vir ekstra geld – 1kg @ R60. Plaas asseblief bestelling vooruit. Kontak Marié by 079 523 0185.
7. NAMAKWALAND EN WESKUS:
17–24 Aug en 25 Aug–1 Sep Kom ervaar die nostalgie van die Weskus en die towertapyt van Namakwaland. Baie hoogtepunte! Slegs R7 640 p.p. wat deel. Vir inligting en besprekings kontak Elzette Minnaar Toere by 012 546 0770.
8. VAKANTE POS ’n Prokureursfirma is dringend op soek na ’n persoon vir ontvangs en administratiewe werk. Vereistes: tweetalig, eie vervoer, goeie telefoonetiket, moet onder druk kan werk, verkieslik regsagtergrond hê. Salaris: onderhandelbaar. Faks kort CV en salarisverwagting na 086 539 7230.
9. HEARING HUB-OUDIOLOË
Liza van Wyk help u graag om u gehoor te verbeter. Kom besoek ons gerus in Menlopark vir ’n gehoorevaluasie. Kontak ons vir ’n afspraak by 012 346 0511.
10. OPSIGTERSWERK BESKIKBAAR
Daar word dringend gesoek na ’n betroubare egpaar vir opsigterswerk by ’n woonstelgebou in Arcadia. Baie netjiese gebou in Johannstraat. Vereistes: goeie menseverhoudinge en moet inwoon. Vergoeding: onderhandelbaar (óf gedeelte van huur óf vaste salaris). Kontak Renate gedurende kantoorure by 012 481 6060.
11. DAKWOONSTEL TE HUUR In Lynnwoodweg op die 6de verdieping, digby Laerskool Pretoria-Oos en UP. Drie slaapkamers, 2 badkamers, 2 toesluitmotorhuise. Ander vertrekke sluit in: ruim sitkamer, eetkamer, TVkamer, kombuis (plek vir drie masjiene, bv. wasmasjien, skottelgoedmasjien of tuimeldroër), waskamer. Water en ligte is uitgesluit. Deposito vooruitbetaalbaar. Prys: R10 000. Beskikbaar van 1 Julie 2014. Skakel asb. voor 09:00 of tussen 15:00 en 17:00 om ’n afspraak te maak. Kontak: Petrus Bekker by 012 362 1090 of Annemarie Bekker 083 527 4350.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
29 Jun
Duxbury
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za lidmate onder 30jr)
012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)
Reëlings Plek
Fanie van der Schyff
Griffel van Wyk (Hoofsaaklik
kantoor@gkbrooklyn.org.za
Datum
Predikante verbonde aan die gemeente:
082 971 2725 mashautd@gmail.com Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
Ouderling Christoff Pretorius Diaken Elzabé Barnard Ouderling Colin Cameron
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Dalina
Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Ronel
29 Jun
Troyestr
6 Jul
Duxbury
Ouderling Matthys van der Hout Diaken Fanus Nortje
6 Jul
Troyestr
Ouderling: Bingle Kruger
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).