Hart en hand 29 september 2013

Page 1

Hart & Hand 29 September 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Hoe hemel en aarde, in die geskiedenis, die wil van God gedoen het Ds Fanus Heystek Die derde bede (laat U wil geskied) het ’n byvoegsel: laat U wil op aarde tog ook so nagestreef word soos in die hemel. Gehoorsaamheid aan die wil van God het ’n baie lang geskiedenis – vier tydperke kan onderskei word. Wat beteken dit vir ons vandag?

Aanddiens en Troyestraat

Wie is Jesus vir jou? Fanie van der Schyff Almal is diep geskok deur die hartseer gebeurtenis wat die afgelope week in Nairobi afgespeel het. Wie was Jesus vir die Christene wat ter wille van sy naam gesterf het? Wie is Jesus vir jou?

Uit Paulus se brief aan die Korinthe

2 Korinthiërs 11:2 “ Ek waak oor julle met 'n ywer wat van God kom, want julle is soos 'n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.” Onvoorwaardelike liefde

● naby ● ver ● diep ● wyd

Eredienste Duxbury: 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Openbaring 12:7–12 (teks: Matt 6:10b) Sang: Ps 18:1, 14 Sk 12–2:1 (best mel) gevolg deur voorlesing en dan Sk 12-2:4, 5 (mel Lb 530) Sk 10–1: 1–3 (mel Lb 422) Sk 18–6 :1, 4, 5

Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 16:13-16 Sang: Sk 3-3:1-3, 6 Sk 3-4:1-5 Sk 13-3

Troyestraat: 10:00 Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 16:13-16 Sang:

Sk 3-1:1a, 2b, 3 Sk 9-1:10, 11 Lied 168:1, 3 Sk 13-3 New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau


Let asseblief daarop dat die eredienstyd vir Troyestraat verander. Vanaf Oktobermaand sal die eredienste om 09:30 begin.

Dagboek

Troyestraat-dagboek 

Woensdag 2 Oktober: Bybelstudie by Kronendal om 09:00. Woensdag 9 Oktober: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30 in die konsistorie (1 Petrus 5)

Maandag:

UP: lesings begin

30 September 2013

Dinsdag:

Die spanning tussen die Christendom en die wetenskap

Skole heropen 18:30 Juventus

Donderdag:

12:00 KVA vergader in

Aangebied deur Laurette

die konsistorie

Gelukwense Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. (1 Petrus 5:7) 29/9

Marisa

Stols

074 163 2362

30/9

Paula

Coetzer

012 341 9988

30/9

Emil

Rademeyer

072 460 1771

30/9

Danelle

T Hart

082 229 9575

1/10

Elsa

Bekker

083 444 2329

1/10

Mienke

Breebaart

012 460 4270

1/10

Melinda

Smit

082 823 7581

1/10

Kobus

van der Merwe

083 406 0408

1/10

Marileen

van Wyk

083 530 2800

1/10

Dalena

Venter

012 348 7117

2/10

Frik

Ehlers

084 356 5782

2/10

Vivia

Postma

012 341 7055

2/10

Tiaan

Prinsloo

076 683 6511

2/10

Marietjie

van der Merwe

072 770 4177

2/10

Glaudina

Venter

083 388 4651

3/10

Hendrik

Helberg

083 327 3636

4/10

Anet-Mari

Cloete

079 284 0017

4/10

Migael

Scheepers

012 430 5502

5/10

Lené

Lötter

079 810 1735

5/10

Leané

Nortje

082 761 2925

Eljadahuis Dankie aan Brooklyn-gemeente wat so getrou kos aan Eljadahuis skenk. Daar word al staatgemaak op ’n motor vol kos wat aan die einde van elke maand by die huis afgelewer word. Blikkieskos en ander nie-bederfbare kossoorte is steeds baie nodig.

Diensgroepkontakpersone Sal alle diensgroep-sameroepers asb. aan die kerkkantoor die nuutste kontakpersone vir die jaar 2014 deurgee. Ons is besig met die opdatering van die gemeenteinligtingstuk.

Verlore goedere Breek- en kombuisware wat ná funksies in die kombuis agtergelaat is, word vir die volgende drie Sondae ná die oggenddiens op ’n tafel in die kerksaal uitgepak. Kom kyk gerus en neem joune asb. Dit wat nie afgehaal word nie gaan later verkoop word vir Bybelverspreiding. Dankie.


Voorbidding – Algerië Bid vir meer gelowiges met ’n hartsbegeerte om die Arabiese populasie in Algerië te bedien. Die meeste Christene het ’n Berber-agtergrond en dis dikwels moeilik vir ’n Berber om uit te reik na ’n Arabier. Bid dat die Here in hierdie behoefte sal voorsien, sodat die Evangelie die Arabiese Algeriërs sal bereik.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Met Vivia Postma met die afsterwe van haar man, Konstant, Maandagoggend. Hy was getrou en ’n staatmaker by die Troyestraat-bedieningspunt. Hy het dikwels (ná ’n preek) iets kom sê oor die diepte van die Skrif. Sy gesondheid het hom egter nie toegelaat om meer te doen nie. Sy heengaan was onverwags, maar ’n verlossing van liggaamlike lyding. Vivia het baie vriendinne wat haar sal ondersteun in haar verlies.

Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Preekreeks vir oggend-eredienste Fanie van der Schyff

 6 Okt  13 Okt  20 Okt

Bou stadsmure! Breek die stadsmure af! Versierde stadsmure...

Pastorale beradingskursus: Hospitaal-pastoraat Potchefstroom: 5 Oktober 2013 Aangebied deur: Prof Wentzel Coetzer Plek: Studente Hervormde Kerk, Potchefstroom Tyd: 18:00 – 13:00 Koste: R200 pp (sluit in sleutelnotas en verversings). Egpare: R300 Vir navrae kontak 083 660 0409 of 018 294 7457. E-pos: wntzel7@mweb.co.za

Gemeentelid se boek bekend gestel Kees van Dijkhorst, gemeentelid en afgetrede regter, se nuwe bundel verhale, Arnoster en die prokureurtjie en ander vertellinge, word uitgegee deur RosslynPers. Dié prosa-avonture dek ’n verskeidenheid situasies, van die komiese (party rondom die reg) tot die makabere, avontuurlike en selfs bonatuurlike. Dis pragtig geïllustreer deur Marinus Wiechers. Die boek verkoop teen R160. Bel Erna by 083 274 7702 of e-pos ejpoetry@gmail.com. Indien per pos verlang, voeg R25 by.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.


Predikante verbonde aan die gemeente:

Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Philip Loots 082 614 9415

Plek

29 Sep

Troyestr

6 Okt

Duxbury

6 Okt

Troyestr

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 mashautd@gmail.com

Reëlings Duxbury

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za

(Troyestraat-bedieningspunt)

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

29 Sep

(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

Fanus Heystek

Sondae Administrasiehulp

Datum

Fanie van der Schyff

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

Ouderling Pieter Heslinga Diaken Elfrieda Marais

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Ronel

Ouderling Kobie Venter Diaken Erna kruger

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Ina

Dienste deur Hervormde Kerk

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Kerklike bydraes Maart 2013 tot Augustus 2013 300 000 600000 250 000 500000

400000 200 000 300000 150 000 200000 100000 100 000 0 50 000

AUGUSTUS DANKOFFER

0 Mrt

DOELWIT WERKLIK Apr Mei Jun Begroot

Jul

Aug

Werklik

Om ’n gereedskapdief te vergewe… ’n Jong Christen-werker het my eenmaal vertel dat ’n waardevolle stukkie gereedskap uit sy gereedskapstas verdwyn het en dat hy dit later in een van sy medewerkers se tas gesien het. Omdat hy die enigste Christen in die werkskamer was, het hy verplig gevoel om aan sy medewerker vergifnis te betoon. Hy gaan toe na die dief en sê: "Ek sien daar’s ’n stuk van my gereedskap by jou, maar jy mag dit maar hou as jy dit nodig het." Hy het toe aangegaan met sy werk en van die insident vergeet. In die volgende twee weke het die dief drie keer probeer om die regmatige eienaar van die gereedskap te vergoed – een keer deur iets van soortgelyke waarde aan te bied, deur sy dienste nauurs aan te bied en weer deur geld in sy jassak te glip. Die insident het geëindig met ’n hegte vriendskap tussen die twee mans, want, het die dief gesê: “Ek kon dit nie verdra om vergewe te wees nie." — Henry and Tertius van Dyke in Light My Candle, Fleming H. Revell Company.

26 September 2013

LAAT DIE SANGERS VOORUITGAAN ....... Josafat stuur in oorleg met die volk die sangers voor die gewapende manne uit in ‘n oorlogsituasie met die Moabiete en die Ammoniete. (2 Kronieke 20:21 &22). Hierdie sangers sing nie ’n smeeklied nie, maar wel ‘n loflied: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.” (Ps 136) In volstrekte vertroue op die Here mag en moet lofprysing nie net opklink na genade-toesegginge nie. Sing tot God’s eer met lof en dank voor die die uitkoms en ervaar die liefde van ons genadige Vader vir elkeen wat op Hom vertrou.

Mini-makietie NG Gemeente Daspoort te Keeromstraat 604, Daspoort, hou op 4 en 5 Oktober 2013 ’n minimakietie. Almal is welkom om die verrigtinge by te woon. Vrydagaand sal braaipakkies verkoop word teen R30 elk (drie stukkies vleis in). Die kerk voorsien vure, pap en sous. Pak asb. self ’n piekniekmandjie in met al die eetgerei en slaai wat jy wil eet. Ná die braai gaan die jeug die aand afsluit met lieflike vertonings. Saterdag is dit net makietie die hele dag. Daar gaan baie eeten drinkgoed te koop wees asook vele ander stalletjies. Kom ondersteun ons asb. Ons het almal se ondersteuning baie nodig. Hoop ons sien jou daar!

Midweekboodskap Die Midweekboodskap sal voortaan ook in Hart en Hand verskyn. Ons vetrou dat lidmate wat nie oor die tegnologie beskik om die Midweekboodskap elektronies te ontvang nie, hierdie plasing handig sal vind. Diegene wat vir verskeie redes nie die boodskap kon lees nie mag ook hierby baat vind.

Onthou Dissipelskapkafee Maandagaand 30 September


Andeon/Bergsig se jaarlikse Jakarandatee op Saterdag 12 Oktober Dit is ’n feestelike dag op die Gereformeerde Kerk Andeon se terrein, wat dié tyd van die jaar prentjiemooi is. Vanjaar is ons gasspreker Natasha Joubert en die kunstenaars is sy en haar man, Willie Joubert. Die toegang is R80, wat die gasspreker, kunstenaars en uithalerverversings insluit. Ons nooi almal uit om die dag met ons te deel én ons gee die geleentheid aan gemeentes om hul bejaardes by ons te kom trakteer op ’n verfrissende oggend. Vir gemeentes wat ’n groepbespreking maak, is die tarief slegs R40 vir lidmate bo 65 sodat ons die direkte koste vir die verversings kan dek.

REDAKTEUR

Godsdienstige blaadjie Daar sal by geleentheid ’n godsdienstige blaadjie by die kerk se deure beskikbaar wees. Neem gerus ’n kopie. Rig navrae en kommentaar aan die kerkkantoor.

Daar is tans geleentheid vir iemand met taalvaardighede, liefde vir skryf en ’n sin vir nuuswaardigheid om as redakteur die versorging van Brooklyn Brokkies te hanteer. Indien jy geroepe voel om jou gawes met dié van ander te deel en leiding te neem om dié publikasie kwartaalliks die lig te laat sien, skakel gerus met Ivan by 082 444 3666.

ADVERTENSIES 1. PERSOONLIKE STILIS Verveeld en gefrustreerd met die klere in jou kas? Bestee jy te veel geld aan klere wat jy nooit dra nie? Kontak my gerus vir persoonlike stilering en ’n klerekaskonsultasie. Ek help jou om daagliks stylvol te lyk sonder al die frustrasie! Kontak Corlia by 082 960 8771. 2. MEENTHUIS: BELA-BELA (WARMBAD) Eenslaapkamer-meenthuis te koop in aftreeoord (Caritas) in Bela-Bela. Toesluitmotorhuis, verskeie verbeterings aangebring. Veilige en boomryke omgewing. Mediese sorg beskikbaar. Skakel Emmie by 012 341 8264 vir meer inligting.

3. FOTOGRAFIE VIR PASGEBORE BABA (binne die eerste 10 dae) Hoe geseënd is ek om met een van die wêreld se wonderwerke te kan werk! Dit is my nuwe passie en ek wil dit baie graag met julle deel. Kontak my gerus indien jy belang stel om jou baba te laat afneem en/of navrae het oor koste: Suné Taljaard by 078 460 1932 of taljaardsune@gmail.com 4. WERK GESOEK ’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.