Hart en hand 2 november 2014

Page 1

2 November 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

"My Pa is die Koning van die heelal ..."

Fanie van der Schyff Jesus leer ons om God aan te spreek as "Abba", wat beteken Vader of gewoon Pa. Dit beteken dat ons sy kinders genoem mag word, en wat ’n voorreg is dit nie! Ons Vader is egter ook Koning oor alles en almal, en dit maak my ’n koningskind! Hoe lyk my lewe voor Hom wat "Vader en Koning" is? Aanddiens

Lesse uit die tuin

Chris de Beer Baie mense dink die verhaal in die tuin van Getsemane gaan oor die dissipels se swakheid, maar eintlik gaan dit oor ’n baie groter waarheid wat ons lewe verander. Kom leer vanaand saam met ons die lesse uit die tuin en ervaar die hoop en vreugde wat Jesus vir ons bied. Troyestraat

God se toorn teenoor sy goedheid

Ds Fanus Heystek God het Dawid laat salf tot koning oor die hele Israel, maar Abner het Is-Boset koning van die tien stamme gemaak. Dit het gelei tot ’n burgeroorlog waarin Israeliet teen Israeliet geveg het. Dawid moes ’n einde daaraan maak en daarom onderhandel hy met Abner. Joab, Dawid se generaal, vermoor egter vir Abner. Politiek bepaal die gang van sake en dit laat Dawid na die Here roep.

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Psalm 145 (:13) HK So 48 Sang: Sk 10-2 Ps 33a:6, 7, 11 Ps 134a:4 Ps 145a:1, 2, 3, 12 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Matteus 26:36-46 Sang: Ps 33a:1, 2 (onbegeleid) Sk 12-2:1, 2, Ps 32a:1, 3, 4 Ps 134a:1, 2 (staan) Ps 134a:3, 4 (Chris) (staan) Sk 13-3 Amen (staan) Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Ds Fanus Heystek

Skriflesing:

Psalm 30 (6a) Sang: Voorsang: Ps 91, Sk 3-1 en Lb 582 Onder die diens: Ps 18, Sk 2-1 en Lb 2001-3


Dagboek

Maandag: 18:00 Agapé Dinsdag: UP: lesings sluit 18:00 Bedieningskommissie Donderdag: 12:00 KVA Vrydag: UP: eksamen begin

Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag:  Woensdag 5 November: Besoeke by Kronendal (Pretoriusstraat) en ander lidmate in die omgewing  Woensdag 12 November: Bybelstudie Troyestraat – Openbaring 10. Asook huisbesoek

Gelukwense

Naasteliefde

Hartseer volgens die wil van God lei tot bekering, wat weer lei tot verlossing en dit gee nie aanleiding tot verwyte nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood (2 Korintiërs 7:10).

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

2/11 3/11 3/11 4/11 4/11 6/11 7/11 7/11 7/11 7/11 7/11 7/11 8/11 8/11

Isebrand Lyndie Marthinus Liedjie Gys Anelia Wihan Joëlna Susan Kylie Nennie Junette Brandt Carina

Naude Delen Heystek Botha van Rooyen Kruger Booyse Heslinga Kruger Labuschagne Roodt v.d. Hout Gouws Potgieter

072 792 7027 072 861 1420 082 853 6216 082 823 0801 012 341 2765 073 241 8173 083 645 4463 082 374 1974 012 329 4751 074 321 3444 082 827 8157 082 958 1222 082 924 6359 083 650 7812

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Voorbidding:

Eritrea Hou aan bid vir Christene wat in die tronk is omdat hulle volhou dat hulle Jesus meer lief het as die staat. Bid dat die Here hulle sal bemoedig en dat hul getuienis meer mense na geloof in Christus sal lei. Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD-formaat beskikbaar.

Siekte: Marinus van der Hout (082 216 8304) was die afgelope tyd in die hospitaal vir toetse en Amalia Altin (082 895 4230) het Vrydag ’n operasie in Unitashospitaal ondergaan. Ons bid hulle spoedige beterskap en sterkte toe.

Bedanking: Dis met groot dankbaarheid dat ons kan getuig van die wonderlike ondersteuning en meelewing van ons medegelowiges in ons gemeente in hierdie moeilike en hartseertyd. Baie dankie vir elkeen se bydrae op welke wyse ook al, en vir al jul gebede wat ons nog steeds hierdeur dra. Ons loof die Here daarvoor. Alta Schulze en familie.

Gelukwense: Baie geluk aan Jan-Daniël en Chrizelda van Tonder met die doop van hul babaseuntjie, Liam. Mag hy julle groot vreugde verskaf.


Lekkernypakkies vir Eljadahuis Die diakonie het besluit om weer vanjaar, soos verlede jaar, lekkernypakkies vir die mense van Eljadahuis te gee. Verlede jaar het ons met die gemeente se samewerking groot sukses daarmee gehad en ons kon vir elke gesin ’n lekkernypakkie gee. Vanjaar neem ons die vrymoedigheid om weer te vra en ons gaan probeer om genoeg pakkies in te samel sodat ons vir elke individu ’n pakkie kan gee. Ons mik vir 250 pakkies. Indien jy wil deelneem, neem gerus ’n sakkie (of twee) by die deur. Daar is ’n lysie op die sakkie van die lekkernye wat ons graag in die pakkies wil sit. In die saal is daar ook ’n voorbeeld van die eetgoedjies wat in die sakkie moet kom. Die kosprojek gaan ook nog aan daarom sal enige niebederfbare kos waardeer word. Dit kan in die houtkis in die voorportaal van die saal geplaas word. Indien jy op ’n ander manier betrokke wil raak, is daar Die Vriende van Eljadahuis-projek waar ’n debietorderstelsel ingestel is. Die doelwit is om 10 mense in 10 gemeentes te vra om R100 per maand by te dra en so die huis in staat te stel om finansieel hul eie instandhouding (versekering, water en ligte, sekuriteit, ens.) te doen. Skakel Elfrieda Marais gerus by 072 1795 847 vir ’n vorm.

GK Pretoria-Wes bied aan:

Jac de Priester Wanneer: 8 November 18:00 Ete 19:00 Vertoning Koste: R150 (ete ingesluit) R120 (ete uitgesluit) R50 Laerskoolkinders (ete uitgesluit) Waar: NG Kerk Oosterlig Learstraat 469, Waterkloof Glen Kontakpersone: Marié Weideman by 082 872 2510 mmwe123@gmail.com Marié Barnard by 082 925 2677 mariebarnard35@gmail.com


Riviertoer 2014 Die Gereformeerde Kerk Frankfort bied weer sy jaarlikse riviertoer aan, wat DV van 3 tot 7 Desember 2014 gehou word. Indien jy belang stel in hierdie groot geleentheid, gebruik C:\Users\Ockey\Dropbox\FRANKFORT\Frankfort 2014 Riviertoer\2014 - Inskrywingsvorm.pdf Inskrywings met die nodige dokumentasie kan direk per e-pos gestuur word aan: sanette.struwig@gmail.com Kyk op Facebook vir foto’s van verlede jaar se toer. Die inskrywings kom daagliks in en ons is al weer baie opgewonde oor die geleentheid wat voorlê. Inskrywingsouderdom is hoërskoolkinders (ja ook skoolverlaters). Inskrywingsgeld is R700 per kind.

GK Benoni: Songs of Praise

onder leiding van Richard Cock (http://richardceventssongs-of-praise.html). Die konsert begin om 15:00 op Sondag 30 November. ’n Kersprogram word aangebied met plaaslike kore, verskeie intrumentaliste en samesang deur die gehoor by sekere items. Kaartjies is te koop by sr Ina Bolt by 011 849 5005 teen R80 per persoon. Navrae kan gerig word aan Erika by 082 888 6862.

Gaan jy Namibië toe?

Tot hiertoe Twee kwaai seuntjies kyk na die streep in die sand. Trap net daaroor… ’n Ma se blou vaspen-oë oortuig selfs ’n tiener dat hy haar geduld tot die uiterste beproef het. “Tot hier toe” het die Here in Genesis 6 gesê en die aarde met ’n vloed vernietig sodat daar nuut begin kon word. Jare later het Hy sy uitverkore volk uit Egipte gelei en ná die goue kalf die name van die mense wat teen Hom gesondig het uit sy boek gevee (Eksodus 32:33). In 2 Konings 25 laat Hy Jerusalem vernietig, maar roep later Nehemia om die stad weer op te bou. “Tot hier toe” het Jesus in Lukas 19 gesê en die tempelhandelaars verdryf om van die rowersnes weer ’n plek van aanbidding te maak. “Tot hier toe…” het Paulus ’n Damaskus-ervaring laat beleef en sy lewe radikaal omgekeer. “Tot hier toe...” het Martin Luther 95 stellinge teen ’n kerkdeur laat spyker en die Hervorming het gevolg. “Tot hier toe” het God gesê en sy Seun gestuur om vir ons sonde te sterf en ons name weer terug in die Boek van die Lewe te skryf. “Tot hier toe…” in my lewe?

AUGUSTUS

Ek het ’n pakkie wat na Gobabis in Namibië moet gaan. Dit is ongeveer ’n skoenboks-grootte. Indien iemand in daardie rigting gaan en die pakkie vir my kan saamneem, sal ek dit baie waardeer. Kontak Ronel Stronkhorst by 083 299 7413.

DANKOFFER

Dissipelskapkafee

Bydraes

November 2014 DATUM

TEMA

9/11

Wat sê die Bybel oor Heiligheid Heiligheid van die Heilige Gees Die Heiligheid van Christus

Paul

Die Heiligheid van die Kerk

Paul

16/11 23/11

AANBIEDER

Paul

REEDS ONTVANG

Geleentheid

LIDMATE KAN STEEDS BYDRA

Bydraes wat reeds vir die Augustus-dankoffer gemaak is, is met groot dankbaarheid teenoor God ontvang. Daar is egter nog tyd en geleentheid vir dankoffers. Sodoende kan die geraamde mikpunt bereik word.


Die Jesus-gesindheid: ’n skokkende verhaal

Matteus 1: 1-25 & Lukas 2: 1-20 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 26 Oktober 2014) Die regte storie van Kersfees kan net vertel word as ons die hartklop daarvan verstaan, want die hartklop is die dryfkrag agter al die gebeure van 2 000 jaar gelede. A. Die skokkende register (Matteus 1: 1-17) Matteus se verhaal begin met ’n geslagsregister. Sy eerste doel was om te wys dat God getrou bly. Hy is in beheer en Hy bereik wat Hy wil, selfs al is daar donker tye. Matteus het egter nog ’n doel gehad, want hy doen iets skokkends. Hy plaas vier vroue in sy register:  Ragab (hoer);  Tamar (geraamtes in die kas);  Batseba (gelol met Dawid);  Rut (nie-Jood). Nie-Joodse vroue met geraamtes in hul kas is deel van die Messias se geslagslyn! Matteus breek al die reëls, want sy doel was om Jesus se liefde vir almal aan te dui (vroue, nie-Jode en sondaars). B. Die skokkende bevrugting (Matteus 1: 18-25) Ons lees van die maagdelike konsepsie. Ons moet onthou dat die meeste mense gedink het Maria is belaglik, want ’n maagd word mos nie swanger nie. Tog gebruik God hierdie meisie wat deur die samelewing verwerp word, want Hy gebruik die onwaarskynlikste mense om sy koninkryk te bou… C. Die skokkende poskode (Lukas 1: 46-55 & 2: 1-20) Die buurt waarin die Koning van die heelal besluit om in te trek vir sy geboorte is totaal anders as wat ons sou verwag: Jesus se woonbuurt lyk anders: Die grot – nie ’n mooi kamer in ’n paleis nie. Jesus se woonbuurt ruik anders: Die voerbak – nie ’n sagte bed met kombersies wat lekker ruik nie. Jesus se bure is anders: Die herders – nie belangrike prinse nie. Jesus se gesindheid is een van neerbuig en dien. Wanneer ons die Kersverhaal vertel, moet ons altyd sy gesindheid onthou. Meer as dit…dit behoort ons gesindheid te word en daarom

skryf Paulus ook in Filippense 2:5: Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was…

Briefie van President Paul Kruger-kinderhuis Ons harte is baie seer vandag hier in Pretoria, in die vroeë ure van vanoggend is al twee ons bussies uit ons motorhuise gesteel. Ons enigste vervoer vir ons kinders. Ons is stom geslaan... Ons huis is op sy kop om almal betyds of te wel vandag by die skool uit te kry. Ons bussies is verseker, maar was al reeds baie oud! Die bussies se gebruik is dus baie meer werd as wat die versekeringsuitbetaling mag wees. Ons vra dat julle asseblief aan ons sal dink in hierdie moeilike tyd. Indien enigemand weet van ’n goedgunstige weldoener wat ons te hulp kan staan of ’n goeie prys kan beding, sal ons dit baie waardeer. Vriendelike groete Retha van der Merwe Bemarking President Kruger-kinderhuise Tel. 012 332 1366/7 Faks 012 332 3976 E-pos pkbemark@telkomsa.net www.krugerkinderhuis.co.za Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders.

Ter Approbasie: As Diaken: Berend Wierenga

Agapé Maandag 2 November 2014

GK Rietvallei Koop-enKuier-fees Op 1 November vanaf 08:00 tot 15:00 word die dag aangebied ten bate van evangelisasie met allerlei stalletjies en vele pret. Daar sal parkering by Hoërskool Waterkloof beskikbaar wees.


ADVERTENSIES 1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.

2. WEGGOOIDOEKE EN ANDER PRODUKTE VIR VOLWASSENES Molicare, Clemens, Tena, ens. Doeke, sanitêre doekies en Linen Savers. Goeie pryse en aflewering in Pretoria, 48 Adults Wetwipes vir R35. Kontak Magda indien u enige inligting benodig oor produkte by 082 322 6117 of 012 567 6996 (10:00-18:00).

3. GERIEFLIKE KAMER IN QUEENSWOOD Ruim slaapkamer met badkamer en instapkas. Goeie sekuriteit met eie ingang en onderdakparkering. 5 km van Tuks en Mediese Kampus. Een blok vanaf Gautrein-bushalte. R2 200 per maand. Elektrisiteit, wasgoeddiens en skoonmaakdiens ingesluit. Skakel Joan by 082 470 1778.

4. CANON EF 100-400 MM F4.5-5.6 L IS USM LENS (WIT LENS) TE KOOP Ek wil graag bogenoemde lens verkoop aangesien ek dit wil vervang met ’n lens wat verder kan uitzoom. Die lens is splinternuut, ek het dit verlede jaar in November by Outdoor Photo gekoop en net een keer gebruik. Dit kom saam met sy oorspronklike boks, sagterware, ’n Kenko Pro Digitale UV Filter, ’n lenssak (pouch) en ’n hood om direkte sonlig uit te hou. Daar is geen krapmerke op nie. Die lens kos nuut R18 500 en ek wil graag R14 000 daarvoor hê. Skakel Pieter Heslinga by 082 551 0130.

7. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.

8. SKIPPER FRIGATE-OPSLAANWOONWA Slaap 4 volwassenes en 3 kinders. Woonwa is toegerus met ingeboude kaste, tweebranderstoof, twee nr 7-gasbottels, gasslang, noodtekens, afskortgordyne en aankniptafeltjie. Die woonwa het ’n baie groot tent in goeie toestand. Die woonwa is onlangs voorsien van twee nuwe wiele en laers vir die as. Kontak Alta by 012 362 0356 of 073 140 5003. 9. HUISHULP BESKIKBAAR Betroubare, vriendelike huishulp wat kan lees, skryf en lekker kos maak, soek van Desember of Januarie af werk. Sy werk al 6 jaar by ons, maar ons verhuis Kaap toe. Kontak: Sophy Skosana: 076 329 6852 Vir verwysing kontak Marike: 083 236 8722

VAKANSIETYD!

6. KUNSKLASSE Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za

Die vakansie is voor die deur. Waar julle ook gaan vakansie hou, is daar altyd geleentheid om aan iemand ’n Bybel te gee. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel ná oggend- eredienste.Neem Bybels saam wanneer julle gaan vakansie hou en versprei so die Woord van God.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Reëlings Datum 2 Nov

Plek Duxbury

2 Nov 9 Nov

Troyestr Duxbury

9 Nov

Troyestr

Diensbeurt Ouderling Kobie Venter Diaken Drikus v.d. Walt

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstoom Teologiese Studentekas

Skinkbeurt Ester

Ouderling Hannes Otto Diaken Elzabé Barnard

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Soekie

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


PREEKTEMA

TEKS NOTAS

WAT LEER EK OM GOD TE EER?

WAT LEER EK OM ANDER, BINNE EN BUITE ONS GELOOFSFAMILIE, TE DIEN?

WAT LEER EK OOR HOE OM DISSIPELS VAN JESUS TE MAAK?


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.