Hart en hand 30 november 2014

Page 1

30 November 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

God het ons sonde eenmaal heeltemal volkome bedek - kom ons wees bly en bely! Daniël Maritz

Hoe moet ons as kinders van God op die sonde in ons lewe reageer? Kan ons sonder die vergifnis van God klaarkom of het ons dit broodnodig? Die Heilige Gees leer ons vandag hoe ons op ons sonde moet reageer. Ons hoef nie daarmee van God af weg te vlug nie. Nee, ons kan met vrymoedigheid in Jesus Christus met ons sonde na God toe vlug! Kom wees daarom bly en bely ons sonde voor God!

Aanddiens

Vertrou op God en wees dankbaar, want elke deel van ons lewe is in die holte van sy Vaderhand Daniël Maritz

Hoeveel keer sal ons nie dinge in ons lewe aan toeval toeskryf nie? God het egter nie sy skepping aan toeval oorgelaat nie. Nee, die Here is nog persoonlik betrokke en onderhou sy skepping deur sy ewige voorsienigheid. Ons kan dus altyd vashou aan hierdie troos - God se Vaderhand hou ons vas en is betrokke in elke deeltjie van ons totale lewe. Ja, selfs die hare op ons kop is almal getel!

Troyestraat

Wie was Jesus regtig? Ds Fanus Heystek

Kerstyd is op hande. Besinning oor Jesus van Nasaret sal op die lippe van miljoene wees. Baie beskou Hom net as ’n Jood van twee duisend jaar gelede; ander erken nie eens dat Hy gelewe het nie. Wat sê jy van Hom? Kan/sal jy jou siening oor Hom aan ander oordra?

Eredienste: Duxbury: 09:30 Daniël Maritz Skriflesing: Psalm 32:1-11 (83-vertaling) Fokus: vers 5 Sang: Ps 107a:1, 2, 3 Sk 12-3:1, 2 Ps 32a:1, 3, 6 Ps 38a:1, 15, 17 Sk 5-4:1-6 Duxbury: 18:30 Daniël Maritz Skriflesing: Matteus 10:16-31 Fokus: vers 29-31 HK: Sondag 10 Sang: Lb 184:1-4 Ps 37b:3, 8, 10 Ps 71b:6, 8 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal)

Ds Fanus Heystek Skriflesing: Johannes 1:1-5, 9-10, 14 Sang: Voorsang: Lb 510, Ps 46, Sk 1-4, Lb 163, Ps 143 Onder diens: Ps 116, Lb 334, Sk 1-3


Vrydag: UP-akademiese jaar sluit.

Dagboek

Versoek

Indien enigiemand ekstra Psalmboeke by die huis het, bring dit asseblief kerk toe vir gebruik op Sondae as die krag af is.

Voorblad foto: Andromeda sterrestelsel

Gelukwense

Naasteliefde

Ek het geweet U is ’n genadige God, ’n God van medelye, U word stadig kwaad en is liefdevol en getrou (Jona 4:2).

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

30/11

Rudi

30/11 30/11 1/12 1/12 2/12 2/12 2/12 2/12 3/12 3/12 3/12 3/12 4/12 4/12 5/12 5/12 6/12

Riadri Miené Gerrit Pricilla Annelize Ester Hein Jan Delang Bertie Gerrit Otto Sasha Tiaan Karin Michelle Joshua Martie

Breytenbac h de Klerk van Zyl Myburg Nagtegaal Swart v.d. Walt v.d. Walt Venter Guillaume Kroes Pasch van Wyk de Cruz Marais Booyse Prinsloo Oosthuizen

083 660 1839 082 883 4376 082 771 6066 082 466 4825 083 446 5005 082 466 3214 076 017 2728 012 348 8210 079 871 7320 012 361 6334 082 348 8397 082 560 5938 083 530 2800 079 490 0893 072 779 9157 012 460 2142 083 380 6321 083 326 7563

Ter approbasie: As diaken: Wessel Herbst

Lekkernypakkies vir Eljadahuis Indien jy hierdie Kersgety by liefdadigheid betrokke wil raak, het jy nou die gulde geleentheid om vir mense wat werklik swaarkry iets te doen. By die deure is sakkies met ’n lysie op van goed wat jy kan koop en insit en terugbring kerk toe. Die lekkernypakkies word dan na Eljadahuis geneem waar dit aan behoeftige mense uitgedeel word. Bring die gevulde sakkies asb. terug kerk toe voor 8 Desember. Skakel Elfrieda Marais gerus by 072 1795 847 vir ’n vorm.

Siekte: ’n Nuwe lidmaat, Thinus van der Westhuizen (082 772 7206), het ’n baie groot breinoperasie in die Little Company of Mary-hospitaal ondergaan. Ons bid vir hom en sy gesin wat nog op pad is.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Voorbidding:

Noord-Korea Loof die Here dat Geopende Deure in staat is om in die geheim Christelike literatuur in Noord-Korea te versprei. Bid vir al die versteekte Bybels. Vra die Here om “siende oë blind te maak” sodat dit nie raakgesien sal word deur die verkeerde mense nie.


Lus om te help?

Hier’s jou kans Residentia Sunnyside het ons hulp nodig en omdat Brooklyngemeente die meewerkende liggaam is, is dit nou ons kans om te help. Onder een van die woonstelgeboue is ’n groot put vol water wat net eenvoudig wegloop. Baie geld kan bespaar word as dié water pleks van munisipale water gebruik kan word om die tuine nat te lei. Daarvoor het ons nodig: 1. Materiaal en apparaat om die besproeiing moontlik te maak. 2. Skenkings of ’n fondsinsamelings-projek om die nodige aan te koop. Kontak Danie Eloff by 083 952 4764 of Fanus Heystek by 012 542 3662 of 073 777 1254.

Kerssangdiens: Troyestraat U word hartlik uitgenooi na die geleentheid van ons Kerssangdiens om Jesus se geboorte te herdenk. Kom geniet interkerklike samesang in die gees van Kersfees. Die program bestaan uit: Bybelse voorlesings, klavier- en tjellospel en solosang, koorsang deur die Residentiasanggroep en gemeentelike samesang. Dit vind plaas op Sondag 30 November om 17:00 in die Troyestraat Christelike Sentrum se kerkgebou. Toegang is gratis, maar kollekte sal opgeneem word ten bate van die Karmel-hulpfonds. Ons versoek almal (dié wat kan) om ’n bordjie eetgoed saam te bring sodat ons die aand feestelik met verversings kan afsluit. Vir navrae kontak Hanneke Joubert by 012 341 3020 of Petra Cooper by 012 341 2003.

Kerkkantoor Let asseblief daarop dat die kerkkantoor gesluit sal wees van 15 Desember tot 5 Januarie 2015. Die laaste uitgawe van Hart & Hand vir vanjaar sal dus op 14 Desember wees. Rentia en Ela wens almal ’n geseënde Christusfees en voorspoedige 2015 toe.


Sustersaamtrek: 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van jul gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015! Tema: “Julle is Sout en Lig” Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie vanaf 07:30 Lokaal: Wapadrant Gemeente, Plot nr 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom!

Centurion-gemeente bied aan:

TIENER-SEILKAMP

by Boskopdam 4-7 DESEMBER 2014 Alle tieners (gr 6-12) word uitgenooi om saam met Centurion-gemeente te gaan kamp by Boskopdam-seiljagklub (12km buite Potchefstroom). Die kampterrein is pragtig met groen gras en baie bome. Die dam se water is skoon en helder. Al noem ons dit ’n tienerkamp is dit eintlik ’n gesinskamp vir tieners. Daar is spesiale tariewe vir gesinne met jonger kinders. Daar is ook borgskap vir dié wat nie die koste kan dra nie. Jy moet gaan kamp as jy enigsins van die volgende hou: Nuwe mense aka lewenslange vriende ontmoet en leer ken, avontuur, groei, lag, min slaap, baie pret, lekker eet, son, swem, seil, roei, speletjies, spanbou, kos maak, tent opslaan. Die koste van R550 sluit die volgende in:  Kampering - jy bring net jou eie tent;  10 etes, koeldrank en snacks tussenin;  alle aktiwiteite;  vervoer. Kontak Heidi van der Walt by 082 902 8032 of by heidi@ressco.co.za of renne@live.co.za

Geloftefees 2014 ’n Geloftefees word DV weer op 16 Desember 2014 van 09:00-11:00 by die Rooihuiskraal-feesterrein gehou. Ds CJ de Bruin, wat ’n besondere kennis van genealogie het, gaan praat oor die familie Pretorius in die Groot Trek. Ds Riaan Pretorius van die AP Kerk Wesmoot lei daarna die erediens. Daar is sowat 200 stoele beskikbaar, maar u kan u eie stoel saambring. Vrywilligers se hulp word gevra om van 07:00 die saal in gereedheid te kry en die stoele reg te sit. U kan ná die tyd gesellig saam verkeer en ligte verversings en koffie en tee saam geniet. Bring gerus u piekniekmandjie. Daar is braaivleisgeriewe as u dit wil benut. Navrae: Tel 012 654 2079, 072 211 6656 of 083 448 2134.

AUGUSTUS-

2014

DANKOFFER

Bydraes

REEDS ONTVANG

Geleentheid

LIDMATE KAN STEEDS BYDRA

Bydraes vir die Augustusdankoffer is met groot dankbaarheid teenoor God ontvang. Daar is egter nog tyd en geleentheid vir dankoffers. Sodoende kan die geraamde mikpunt bereik word.


Vertel dit vir ons kinders! Lukas 2:8-20

Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek met Kerssangdiens op 23 November 2014)

die

Kersfees is in die oë van die wêreld een groot fees van presente en jolyt ... gaan kyk maar net na winkelvensters en advertensies. Vir ons, Christene, is die inhoud en betekenis van Kersfees so totaal anders! Kersfees is inderdaad ’n geskenkfees: dit is die fees van dié enkele allergrootste Geskenk, naamlik Jesus ons Here wat mens geword het. Met Jesus se geboorte was daar ongekende vreugde (anders as wêreldse jolyt)! Die engel van die Here verskyn aan die herders met die allerbeste nuus: Jesus is gebore. ’n Menigte engele uit die hemel juig: “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde ...” Die herders basuin hierdie goeie nuus uit so ver as wat hulle gaan. Hierdie Blye Boodskap moet ook aan ons eie kinders vertel word sodat hulle dit ook weer eendag aan hul kinders kan vertel. Kersfees gaan egter oor meer as net dankbare vreugde oor Jesus se geboorte. Hierdie Blye Boodskap bring ook vir ons vrede: “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde ...” Jesus Christus is immers ons vrede (Efesiërs 2:14). Christus het egter nie net vir ons mense hier op aarde vrede gebring nie. In Lukas 2:38, ’n beskrywing van Jesus se laaste intog in Jerusalem voordat Hy gekruisig is, sing die skare profeties: “Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!”. Ons Here se geboorte en sterwe voltooi die sirkel van verlossing en dit bring vrede ... nie net vir die mense op aarde nie, maar vir God self in die hemel! In Christus se menswording word God se verlossingsplan volbring. Mag hierdie Kersfees vir jou en jou kinders ’n fees van ongekende dankbare vreugde en vrede wees.

Onbeskryflike Genade “Die enigste ding in die lewe wat seker is, is verandering,” sê die filosoof. “Jesus Christus bly dieselfde – gister, vandag en vir ewig,” sê die Hebreërskrywer. Ons leef in ’n tyd waar verandering ’n daaglikse verskynsel is. En ongeag van wie ons is, kan onsekerheid ons tog soms uitboul. Daarom dat dit verstroostend is as ons sien dat God se Woord hier, in 2014, gereed is om ons te help deur donker tye. Van Deuternomium tot in Hebreërs word ons verseker dat God ons nooit sal begewe of verlaat nie - ongeag die berig van die dag. In benoudheid en gevaar kan ons rus en skuiling vind in die skaduwee van ’n Allerhoogste God wat maar te gereed is om ons onder sy vleuels te neem, ons rus te gee en ons krag nuut te maak vir die res van die reis (kyk Psalms). Selfs wanneer die strikke van sonde ons kom vasvang, nooi ’n liefdevolle Vader ons om vreesloos voor Hom te kom staan want Hy weet Hy het ons gemaak van vlees en daarom is daar ’n Hoëpriester wat al ons skuld betaal het. Kom ons steek vandag ons hand uit en vat die goue draad van ons Vader se beloftes vas en stap die pad verder, tree vir tree, die onbekende in, maar seker in die absolute waarheid van sy Woord.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS Sondag 20 -- Vraag 53: Wat glo jy van die Heilige Gees? Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God (a). Ten tweede is Hy ook aan my gegee (b) sodat Hy my deur 'n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, (c) my troos (d) en ewig by my bly (e). (a) 1 Joh 5:7; Gen 1:2; Jes 48:16;1 Kor 3:16; 6:19; Hand 5:3, 4. (b) Gal 4:6; Matt 28:19, 20; 2 Kor 1:22 ; Ef 1:13. (c) Gal 3:14;1 Pet 1:2;1 Kor 6:17. (d) Joh 15:26; Hand 9:31. (e) Joh 14:16;1 Pet 4:14


ADVERTENSIES 1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.

2. OPPASSER Ek het 'n baie betroubare oppasser wat vir Christiaan in die week oppas. Indien iemand dalk op soek is na oppas vir hulle baba (4 maande tot 1 jaar) gedurende die week kan julle Geertje kontak by 0836556567

3. GERIEFLIKE KAMER IN QUEENSWOOD Ruim slaapkamer met badkamer en instapkas. Goeie sekuriteit met eie ingang en onderdakparkering. 5 km van Tuks en Mediese Kampus. Een blok vanaf Gautrein-bushalte. R2 200 per maand. Elektrisiteit, wasgoeddiens en skoonmaakdiens ingesluit. Skakel Joan by 082 470 1778.

4. DIE WASLYN Fees-seisoen aanbod: Was, droog en stryk van gordyne @ R85.00 per drop. Gratis afhaal en ophang. Blanke diens. Keith Pretorius 078 296 4596.

5. HUISHULP BESKIKBAAR Huishulp soek werk vanaf Januarie 2015: Poppie het 4 jaar lank by my gewerk. Sy is baie betroubaar, het vir ’n kookkursus by Sonja's Foods gegaan, stryk goed, maak deeglik skoon en is lief vir kinders. Kontak Poppie asb by 082 846 1852 of Marita du Plessis by 082 871 5098 vir verwysing.

6. VERWER BESKIKBAAR Jimmy is ’n ervare en deeglike verwer wat ek met vrymoedigheid kan aanbeveel. Skakel hom op sy selfoon by 076 1308 174. Kontak Elsa Schaffner by schaffnerelsa5@gmail.com of by 082 564 1090 indien u meer besonderhede verlang.

7. KANTOORRUIMTE TE HUUR in Menlopark – 2

R11 000 per maand. 150 m . Beskikbaar 1 Januarie 2015. Die kantoor is geleë in ’n woonbuurt met 24-uur-sekuriteit. Alarmstelsel. Water- en kragverbruik ingesluit. Skakel die eienaar, Pieta Heyns, vir verdere navrae by 083 286 7726.

8. SKIPPER FRIGATE-OPSLAANWOONWA Slaap 4 volwassenes en 3 kinders. Woonwa is toegerus met ingeboude kaste, tweebranderstoof, twee nr 7-gasbottels, gasslang, noodtekens, afskortgordyne en aankniptafeltjie. Die woonwa het ’n baie groot tent in goeie toestand. Die woonwa is onlangs voorsien van twee nuwe wiele en laers vir die as. Kontak Alta by 012 362 0356 of 073 140 5003.

9. MABULA-WILDOORD Akkommodasie beskikbaar: 2-9 Januarie 2015 (7 nagte) by Modjadji-kamp, 6-bed luukse akkomodasie, sluit in 24 wildritte. NOU beskikbaar teen ’n verlaagde prys van slegs R9 500. Skakel 082 464 2690 om te bespreek

10. BETROUBARE TUINWERKER

’n Jong betroubare, hardwerkende tuinwerker soek tuinwerk vir Maandae, Woensdae en Saterdae. Kontak Erhard Kruger by 012 361 9785 (alle ure) of Edu Cunze by 083 441 2784 vir besonderhede en reëlings. 11. GELEENTHEID NA KAAP Saamrygeleentheid op 3 of 4 Desember Kaap toe, R500 brandstof en persoon moet bereid wees om te help bestuur. Kontak Jochie by 072 797 8722.

12. SAKEGELEENTHEID VIR JONG DINAMIESE PERSONE. Is jy ’n energieke, jong dinamiese mens met ’n sakeaanvoeling om in die bemarkings- en kommunikasiebedryf deel te word van ’n sakegeleentheid. ’n Eie onderneming is die moontlikheid. Oorweeg ’n internskap en skakel Louis by 083 375 4991 om meer uit te vind.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Reëlings Datum 30 Nov

Plek Duxbury

30 Nov 7 Des

Troyestr

7 Des

Troyestr

Duxbury

Diensbeurt Ouderling Matthys v.d. Hout Diaken Hendrik J. van Rensburg

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Skinkbeurt Marié

Ouderling Pieter Heslinga Diaken Steyn van Wyk Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSADankbaarheidsfonds

Janneke

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Preektema

Teks Notas

Wat leer ek om God te eer?

Wat leer ek om ander, binne en buite ons geloofsfamilie, te dien?

Wat leer ek oor hoe om dissipels van Jesus te maak?


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.