31 Augustus 2014
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Ons Here is naby
Fanie van der Schyff Christenwees is nie maklik nie en om jou kind vir onse Here groot te maak selfs nog moeiliker. Daar is so baie aanvegtinge van die duiwel en so baie dinge in die lewe wat swaar op mens druk. Midde in hierdie harde lewe, getuig die Heilige gees: Wees altyd bly in die Here; Moet oor niks bekommerd wees nie, want onthou; Ons Here is altyd naby. Aanddiens
Die Koran en Jesus
Ds Fanus Heystek Mohammed het 600 jaar ná Jesus gelewe. Hy het kennis van die Joodse geskrifte en ook van die Bybel gehad. Hy moes ’n geweldige verbeelding gehad het, want hy het die verhale oor Abram, Noag, Moses en Jesus herskryf. Die wesenlike vraag is: Het die baie verwysings (waarskynlik 93) van die Koran oor Jesus enige waarde? Waarom bekeer dit nie die Mohammedane nie? Wat getuig die Bybel van Jesus in vergelyking met die Koran? Waartoe roep dit my op? Troyestraat
Die Koran en Jesus Ds Fanus Heystek Kyk hierbo vir die tema.
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Filippense 4:2-9 (4-6) Sang: Ps 148b:1, 4, 7, 9 Ps 134a:4 Lb 292:2 Sk 10-2 Lb 190:1, 2, 3 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Johannes 14:1-11 (teks: v 6) Sang: Lb 203:1, 2 Ps 31:1, 17 Sk 1-6:1, 2, 3
Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Johannes 14:1-11 (teks: v 6) Sang: Lb 203:1, 2 Ps 31:1, 17 Sk 1-6:1, 2, 3
Geen aktiwiteite is vir hierdie week geskeduleer nie.
Dagboek Gelukwense
Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 3 September: Kronendal Bybelstudie 09:00 Woensdag 10 September: Bybelstudie Troyestraat: Openbaring 8 (direk ná tee)
Naasteliefde
08/ 31
Amalia
Altin
082 895 4230
08/ 31
Julie
De Bruyn
082 601 3349
08/ 31
Mariaan
Roberts
082 616 1822
08/ 31
Sanet
Venter
083 254 4644
09/ 01
Chané
Bloemhof
082 259 1815
09/ 01
Niklaas
Venter
076 853 2975
Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
09/ 02
Janneke
Claassen
083 457 5960
09/ 02
Annatjie
Coetzer
012 804 5801
Meelewing
09/ 02
Fanus
Kruger
082 579 5105
09/ 02
Debbie
Lemmer
082 331 9326
09/ 02
Magda
Richards
082 551 3625
09/ 03
Johande
Ehlers
072 304 7509
09/ 04
Helena
Breytenbach 083 660 7851
09/ 04
Erna
Potgieter
072 475 3669
09/ 04
Marina
Smit
079 984 5166
Oom Tjaart en tannie Mintje Bosua is uit die nasorgkliniek ontslaan en is ingeburger in hul nuwe huisie by Kleinfontein. Ons gee die Here al die eer! Otto Schulze is die afgelope week oorlede en die begrafnisdiens is Maandag 14:15 by die kerk. Ons bid Alta die krag en vertroosting van ons Hemelse Vader toe met hierdie dubbele verlies.
09/ 05
Thinus
Bekker
083 444 2329
Gelukwense
09/ 05
Linél
De Beer
072 054 6459
09/ 05
Anna-Marié
Helberg
083 239 1866
09/ 05
Lynette
Helberg
073 681 1371
09/ 05
Kobus
Sonnekus
012 348 9990
09/ 06
Cobus
Van Marle
083 375 5760
Baie geluk aan Danie en Nelia van den Heever met die doop van hul dogtertjie, Emma. Mag sy julle nog baie vreugde verskaf en ook van harte geluk aan oupa Dawie Botha.
Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens my te praat met die nasies van die wêreld (Jeremia 1:3).
Voorbidding:
Somalië Diensgroep vir enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Bid dat die Here in sy genade die Somaliese regering sal versterk en hulle sal help in hul poging om vrede in hul land - wat al dekades lank anargie in die gesig staar – te herstel. Loof die Here vir die enkele plaaslike gelowiges se onverskrokke geloof te midde van intense uitdagings wat hulle daagliks moet oorkom.
Nuwe predikantsgesin reeds in ons midde Chris de Beer: Afrigter, Dokter en Storieverteller Ds Chris de Beer, sy vrou, Geertje, hul dogtertjie, Gené (3), en hul babaseuntjie, Christiaan, het Woensdag in die pastorie hier langs ons kerk ingetrek. Ds De Beer lewer DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek in ons gemeente. Hul vorige gemeente was die Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid, waar hulle sedert 2012 gewerk het. Chris en Geertje beskou hul gesin as ’n voorreg wat die Here aan hulle geskenk het en hulle glo dat Hy hulle sal versorg en laat groei soos Hy wil. Ds De Beer is tans besig met sy doktorale studie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy studie handel oor die omkeerstrategie en hoe om ’n ingroei-gemeente effektief te laat groei na ’n Christus-gesentreerde gemeente. Chris skryf soos volg oor die passies in sy lewe: “Missio Dei. Die Here druk op my hart om betrokke te raak by gemeentes om hulle te help om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak, veral met dissipelskap en opheffing. Dit is vir my wonderlik om te sien hoe God gemeenskappe ophef wanneer gemeentes vir Jesus begin volg in die wêreld. Dit is vir my hartseer hoeveel gemeentes in formalisme en selfsug verval het en daarom probeer ek om gemeentes te help om meer Christus-gesentreerd te leef. Leierskap. In my lewe het die Here my die voorreg gegee om verskeie leierskaprolle te vertolk. Dit het my veral geleer hoe belangrik leierskap in alle organisasies is. Goeie leierskap het tot gevolg dat organisasies gesond en effektief funksioneer. Net so is goeie leierskap in gemeentes kardinaal en is dit deel van my rol om gemeenteleiers te help ontwikkel as dissipels van Jesus. Rugby-afrigting. Rugby is deel van my lewe vandat ek begin eet het. Weens ernstige beserings op universiteit kon ek nie verder speel nie en het ek begin om koshuis- en skoolspanne af te rig. Behalwe dat ek baie lief is vir afrigting het ek vinnig besef dit gee my ’n platform buite die gemeente om met verskillende jongmense te werk.” Geertje se gawes en passie lê veral op die gebied van kleuterbediening en musiek. Sy is baie lief vir kinders en musiek en wil graag hierdeur mense help om na die Here toe te groei. Chris beskryf sy bydrae in ons gemeente aan die hand van die volgende metafore: ’n Afrigter: ’n Groot deel van my rol in gemeentes tot nou toe was om groepe te motiveer en af te rig om bepaalde doelwitte te bereik. In hierdie proses is dit baie belangrik om te identifiseer waar spelers se gawes lê en in watter posisies hulle die beste sal vaar. Bakkies Botha gaan immers nie op heelagter gekies word nie. ’n Dokter: Wanneer daar probleme in ’n gemeente is, moet die regte diagnose gemaak word om die regte voorskrif te gee. In hierdie opsig het my studie die afgelope paar jaar my baie gehelp om gemeentes te ondersteun. ’n Storieverteller: In my bediening en prediking probeer ek veral vir mense wys hoe lyk God se “Evangelie-narratief” en hoe pas ons elkeen se storie in God se groot verhaal in. My ervaring is dat ons in ’n samelewing leef waar mense se stories baie belangrik is. Wanneer mense begryp hoe Jesus se verhaal hul eie verhaal verander, begin ’n daadwerklike hartsverandering plaasvind
Tegniese spanlede
Daar is dringend nog mense nodig in die tegniese span wat help om op Sondae die eredienste se klank- en Psalmvoorleggings te bestuur. As jy weet hoe ’n klankbord werk of wil leer hoe een werk, kom praat met Braam van Zyl, Andries Scheepers of Werner Pieterson.
Die groot bruilof en die bruilofslied
Openbaring 19:5-9 (:9) Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die Nagmaalpreek op Sondagoggend en aand 24 Augustus) Paasfees ... Nagmaal ... die Bruilof van die Lam ... Wat is so besonders aan hierdie drie geleenthede? Paasfees is ’n Ou-Testamentiese fees wat in Christus vervul is. Nagmaal is ’n instelling van Christus vir die hede en die Bruilofsmaal van die Lam is die groot belofte van die toekoms. By elkeen van hierdie geleenthede staan ’n baie spesifieke ingryping van ons Here op die voorgrond. Tydens Paasfees het die volk van die Here teruggedink aan die wonderlike wyse waarop Hy hulle uit Egipte gered het. Terwyl Paasfees gevier is, is die sogenaamde “Hallel-Psalms” gesing waarin die woordjie Halleluja voorkom om alle lof aan God te bring. Maar Paasfees was deurentyd ook ’n heenwysing na die groot oorwinning wat nog moes kom, naamlik Christus se oorwinning oor die duiwel. Op die vooraand van sy kruisiging stel Christus self die Nagmaal in die plek van Paasfees in met die tekens van brood en wyn. Daardeur het Paasfees nou ’n dieper betekenis ontvang, omdat Christus se oorwinning oor die duiwel nou sentraal staan en nie meer die verlossing uit Egipte nie (Matteus 26:17-19; 26-30). Ook met Nagmaal sing ons vandag vol vreugde van Christus se verlossing. Tog wys Nagmaal ook na die toekoms, wanneer Christus weer sal kom. Die Bruilofsmaal van die Lam word aan ons voorgehou as die Bruilof tussen Christus self en ons as sy Bruidskerk. In die hemel sal ons almal God van aangesig tot aangesig sien en vir ewig met Hom wees. So sal ons ook van die finale oorwinning oor satan juig en dit feestelik vier. In die hemel sal lofprysing saam met alle skepsels in sy volheid oorheers. So sal ons vir ewig met ons Here wees. Daarom laat die fees van die Nagmaal ons met groot verlange uitsien na die Bruilofsmaal van die Lam (Nagmaalsformulier).
Augustus-dankoffer 2014 Kom ons wend ’n spesiale poging aan om ons doelwit van R900 000 te haal met ons AUGUSTUSDANKOFFER en ons ondersteuning van die BILTONGFEES. Stort asseblief u DANKOFFER in ’n koevert of maak ’n oordrag na die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, rekeningnommer 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die AUGUSTUS DANKOFFER.
Kommissie vir Administrasie
Biltongfees Weer eens baie dankie vir elkeen se bydrae tot ons Biltongfees! Vir elkeen wat kaartjies gekoop of verkoop het, elke gasvrou wat moeite gedoen het en vir almal wat flink biltong gekoop het, is ons regtig dankbaar, ook vir die wat gees gevang het en verder help opruim het. Dankie! Dankie! Hoewel daar sowat 120 minder mense as die vorige jaar was, het alles goed verloop met so hier en daar ’n fout en flater. Ons wag nog vir ’n paar uitstaande betalings voordat ons ’n volledige verslag aan die gemeente kan deurgee. Uitstaande geld kan in die bankrekening van die Diensgroep Projekte betaal word: ABSA: Rek: 40 7921 5606
Ons is opreg dankbaar vir ’n gemeente wat saam kan feesvier – ook tot eer van die Here
Gelykenisse van Jesus Die twee fondamente Die Saaier
Vinniger en vinniger “Dis nou eers Dinsdag” dink jy en voel klaar soos die springkaan in Prediker 12 wat hom met moeite voortsleep. Jy knip jou oë – en dis Donderdag en die berge werk van Dinsdag het net hoër geword. Jou wêreld draai al hoe vinniger en jy raak bekommerd dat jy gaan afval en verdwyn. Job 9:25 beskryf jou lewe: “My dae skiet vinniger as 'n naelloper verby, hulle vlieg verby sonder dat ek iets goeds beleef” en Prediker 2:11sê hoe jy voel: “toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind” ‘n Terminaal siek vriend het eendag gesê: “Al wat regtig saak maak is faith, family and friends” Vandag se prestasies en opskuddings is môre vergete” Het die gejaag die doel van my bestaan op aarde geword? My lewe gaan nie met ‘n uur verleng word nie (Mattheus 6:27) en dieselfde hoofstuk sê ook wat regtig belangrik is – onbaatsugtige diens aan jou naaste, opregte gebed en skatte in die hemel waar mot en roes dit nie kan vernietig nie.
Die onkruid tussen die koring Gelykenisse oor die koninkryk Die plig om te vergewe Die arbeiders in die wingerd Die bruilof Die tien meisies Die gelykenis van die muntstuk Die skape en die bokke Die barmhartige Samaritaan Die ryk dwaas Die verlore skaap, geld, seun Die ryk man en Lasarus Die weduwee en die regter Die Fariseër en die tollenaar
Matteus 7:24-27 Matteus 13:1-9; 1823 Matteus 13:24-30 Matteus 13:31-52 Matteus 18:21-35 Matteus 20:1-16 Matteus 22:1-14 Matteus 25:1-13 Matteus 25:14-30 Matteus 25:31-46 Lukas 10:25-37 Lukas 12:13-21 Lukas 15 Lukas 16:19-31 Lukas 18:1-8 Lukas 18:9-14
Bybelverspreiding … aan kinders Waneer ons aan Bybelverspreiding dink, dink ons gewoonlik aan Bybels vir grootmense, maar moenie van die kinders vergeet nie. ’n Kinderbybel is omtrent dieselfde grootte en prys en die volgende is beskikbaar: 1. My Eerste Lees en Leer Bybel. Ekstra dik kartonbladsye, 9 gunsteling Bybelverhale, volkleur-illustrasies, ideal vir kinders van 2-6 jaar. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu @ R65 by die Bybelgenootskap. 2. Lees en Leer Kinderbybel. Vir kinders 7-12, al die gunsteling-Bybelverhale, volkleur-illustrasies, voetnote en merklint, 544 bladsye wat maklik lees. Beskikbaar in Afrikaans en Engels @ R115 by die Bybelgenootskap. 3. Kinderbybels. Vir kinders 9-12, hardeband, volkleur-illustrasies, 256 bladsye. Beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zulu @ R59 by die Bybelgenootskap. 4. Kinders van God. 50 Bybelverhale soos vertel deur aartsbiskop Desmond Tutu. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho en Sepedi (NoordSotho) @ R80 by die Christian Literature Fund, Wellington. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel Stronkhorst by Brooklyn Bybelbank ná kerk as jy koffie of tee drink.
Verruklike middagetes Wie: Die Departement van Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Op die spyskaart: ’n driegangmaaltyd, ’n glas wyn, ’n glas sap, koffie en tee. Wanneer: Elke Dinsdag en Donderdag Waar: Eat@UP in die Old Agricultural-gebou op die Hatfield-kampus Koste: R105 per persoon Tyd: 12:30-14:00 Slegs 60 kaartjies per ete beskikbaar. 2 September: Argentinian cuisine 4 September: Korean cuisine 16 September: Indian cuisine Kontak Renée by 079 516 0959 vir kaartjies en enige verdere inligting.
PIK ’n WYNTJIEFEES 2014 Die Vriendekring van die President Kruger-kinderhuis, Pretoria bied vanjaar met trots die eerste Pik ’n Wyntjiefees aan. Die wynproe verlede jaar was so geslaagd dat ons besluit het om vanjaar ’n wynfees te hou en dit ’n jaarlikse instelling te maak. Die fees word vanjaar op 27 September op die terrein van die Gereformeerde Kerk Wapadrant, Faerie Glen, gehou en ons wil graag tussen 1 000 en 2 000 mense by die fees hê. Die doelstelling van die Vriendekring is soos volg: “Om in samewerking met die Hoof van die Kinderhuis en die Bestuur, die ontwikkeling en ontspanning van die kinders in die Kinderhuis te bevorder.” Alle fondse wat ingesamel word, word gebruik vir buitemuurse aktiwiteite, ’n verjaarsdaggeskenk vir elke kind en ander benodighede. Ons soek tans borge vir die volgende: R18 000 vir proeglase met die logo van die vriendekring daarop; R7 000 vir kaasborde met die logo van die vriendekring daarop; sambrele - verkieslik met ’n soliede voetstuk; R1 500 vir ’n dranklisensie; interessante wyne of produkte wat opgeveil kan word. Betalings kan gemaak word aan: Rekening: President Kruger Tehuis Vriendekring Bank: ABSA, Derdepoort Takkode: 335-245 Rekeningnommer: 1430650099 Verwysing: Pik ’n Wyntjiefeesborg
Gesamentlike uitreik Op 27 September 2014 vind ons damesoggend ten bate van Huis Hermon-tehuis vir bejaardes plaas. Ons nooi elke gemeente in Pretoria en omgewing om deel te wees van hierdie heerlike poging. Plek: Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin Tyd: 09:00 vir 09:30 Gasspreker: Melanie Vosloo van die tydskrif Leef Tema: Net soos jy is. Elke gasvrou (of gemeente) is verantwoordelik vir die volgende: Die verkoop van 10 kaartjies @ R120.00 per kaartjie; eie breekgoed en glase, tee, koffie, suiker en melk. Die tafels sal gedek en versier wees. Laat weet ons asseblief voor 1 September telefonies of per e-pos hoeveel tafels u susters neem. Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds ’n donasie maak. Kontak Marietjie Nortje by 082 928 9565, 012 543 0745 (faks) of marietjie@lpartisan.co.za
Brooklyn Brokkies vanjaar vol stories oor ons lief en leed Elke mens het ’n storie en daar gebeur dikwels interessante dinge met mense waarvan ons nie weet nie. Skryf asseblief ’n kort beriggie met foto oor persoonlike uitreike, jul prestasies en dié van jul kinders of oor sportbedrywighede – van alles en nog wat. Só kan ons die seën wat die gemeente die afgelope jaar beleef het in die jaarlikse uitgawe van Brooklyn Brokkies weergee. E-pos asseblief jul bydraes met die opskrif Brooklyn Brokkies na kantoor@gkbrooklyn.org.za sodat dit ons voor 9 September kan bereik.
ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’
word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za
Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
2. MEENTHUIS TE HUUR: EQUESTRIA Netjiese tweeslaapkamereenheid met aparte sitkamer, eetkamer, kombuis met marmerblaaie en kersiehoutkaste. Tuin is ruim met besproeiingstelsel en tuindienste. Huur: R6 500 per maand. Beskikbaar van 1 September 2014. Kontak Adrie van Dyk by 082 850 6784.
3. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596
Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-Sonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lankvergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za
6. MOTOR TE KOOP
Opel Corsa 1.6 Sport te koop, volle diensrekord beskikbaar, meganies in puik toestand, 98 600km, 2004-model, Dunlop SP-bande en nuwe battery, 15"-GSI-allooivellings (rims), R65 000 onderhandelbaar. Kontak Bernard: 083 346 9574.
7. WERK GESOEK ’n Lidmaat, Hannes van Wyk, is op soek na tydelike werk, voordat hy volgende jaar oorsee verder gaan studeer. Indien iemand van iets weet, kontak hom by 084 820 5100.
Rietvallei se LenteBoerefees 20 September vanaf 09:00 by die Zwartkopslapa, Centurion Toegang: R10 per voertuig Dans: R50 per paar Potjiekoskompetisie: 1ste prys: Gratis wegbreeknaweek vir vier mense 2de prys: Gratis kampnaweek vir vier mense 3de prys: ’n Kas wyn Beoordelaar: Ben Kruger (Okkie van Binnelanders) Stalletjies, gesigverf, spring-kasteel, pret en plesier vir die hele gesin Koelhouer/mandjiedans: 19:00-23:30
Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
WEBtuiste
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum Plek 31 Duxbury Aug
Diensbeurt Ouderling Gerrie Kirstin Diaken Carlé Erasmus
31 Aug
Troyestr
31 Aug
Duxbury
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Diaken Drikus v.d Walt
Troyestr
Fanie van der Schyff
kantoor@gkbrooklyn.org.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
31 Aug
Predikante verbonde aan die gemeente:
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Skinkbeurt Ronel
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Bets
INTREEPREEK Ds Chris de Beer sal DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek as nuwe predikant in die Gereformeerde Kerk Brooklyn lewer. Meer besonderhede sal binnekort in Hart & Hand bekend gemaak word.
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).