Hart en hand 3 nov 2013

Page 1

Hart & Hand 3 November 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Gesondheid Griffel van Wyk Die Katolieke Kerk van die 1400’s was groot... maar nie gesond nie. Vandag vier ons die reformasie toe manne soos Martin Luther en Johannes Calvyn ‘nee’ gesê het vir die groot masjien van die Katolieke Kerk en sy kardinale en pous met groot gesag en eerder ‘ja’ gesê het vir gesondheid. Wat het dit te make met ons eie omkeerstrategie? Troyestraat Christelike Sentrum

’n Oordeelsdag in die Ou Testament Fanus Heystek Vir koning Saul breek die oordeelsdag uiteindelik aan: God laat die Filistyne met ’n groot weermag teen Saul optrek. Maar wat van Dawid en sy 600 man? Verdien hulle nie ook om onder die oordeel van God te kom nie? Die oordeel wat God hier voltrek teenoor Saul en Dawid is presies dieselfde as by die laaste groot oordeelsdag met die wederkoms van Christus.

Hoogtepunte dié week in Hart en Hand    

Brooklyn Bybelbank: Pompjoggie in Botswana Dissipelskapkafee: Leer my om te bid Eljadahuis Kaartmasjien

Eredienste Duxbury: 09:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Openbaring 2:1-7 Sang: Ps 145b:1, 2, 3, 4 Ps 134a:4 Sb 1-1:2, 3, 6 Ps 147a:1, 2

Duxbury: 18:30 Hervormingsfees by Wapadrand – 18:30

Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: 1 Samuel 28 Sang: Lb 184:1 - 3 Sb 12-3:1, 2 Ps 20:1 – 4 Sb 7 – 2:1, 2

New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau


Troyestraat Christelike Sentrum  Klereverkoping vind plaas op Dinsdag 5 November om 06:15

Dagboek Sondag:

Woensdag:

18:30 Hervormingsdiens by Wapadrand

18:00 Bedieningskommissie se vergadering

19:00 Dissipelskapkafee

12:00 KVA-vergadering

Maandag:

Donderdag:

Gelukwense

Eljadahuis

Sy liefde het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut (Klaagliedere 3:22-23). 3/11 3/11 4/11 4/11 6/11 6/11 7/11 7/11 7/11 7/11 7/11

Lyndie Marthinus Liedjie Gys Hannes Barend Wihan Joëlna Anton Nennie Junette

8/11 8/11 9/11

Brandt Carina Wim

Sondagaand 17:30: Aanddiens by Troyestraat (in kerkgebou – NG kerk se beurt) Woensdag 6 November om 09:00: Bybelstudie by Kronendal (Pretoriusstraat) Woensdag 6 November: Woensdagdiens om 09:30 in kerkgebou (ds Cassie Aucamp of student Anton) Woensdag 13 November: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30 (in konsistorie). Tema: 2 Petrus hoofstuk 2

Delen Heystek Botha van Rooyen Jooste Krüger Booyse Heslinga Meijer Roodt van der Hout Gouws Potgieter Geldenhuys

072 861 1420 082 853 6216 082 823 0801 012 341 2765 012 333 8144 082 292 3213 083 645 4463 082 374 1974 071 876 7471 082 827 8157 082 958 1222 082 924 6359 083 650 7812 082 450 8989

Leer my om te bid Maandag 4 November 2013 Aangebied deur Johann le Roux

Kom neem deel aan ons spesiale projek hierdie Kersfees. Ons wil graag vir elkeen by Eljadahuis ’n pakkie met lekkernye gee - koekies, lekkers en koeldrank. By die deure sal sakkies wees met 'n lysie op. As jy wil deelneem, neem 'n sakkie en maak hom vol met die items op die lysie. (Dit sal so R50 se lekkernye wees.) Bring die sakkie dan vir ons terug voor die einde van November. Moet tog asseblief nie van die niebederfbare kos vergeet nie. Eljadahuis sluit oor Desember en daar word probeer om vir elke gesin ’n kospakkie te gee. Die kos kan in die houtkis in die saal se voorportaal geplaas word. Baie dankie vir die wonderlike ondersteuning die afgelope jaar. Ons kon elke maand ’n groot klomp kos by Eljadahuis gaan aflewer.

Tukkies Eerstejaarskamp 2014 13-17 Januarie Vier nagte en drie lekker etes per dag alles vir R780. Skryf in by

www.gereformeerdbrooklyn.co.za Navrae en meer inligting by hermannpretoriuis@gkbrooklyn.org.za of Hermann by 079 875 4290

http://www.facebook.com/GKBrooklyn


Voorbidding – Kirgistan Bid vir die suidelike streke van Kirgistan by Fergana-vallei waar die etniese spanning en druk onder die Oesbeekse en Kirgiese mense hoog loop. In Junie 2010 het meer as 400 mense tydens geweldadige gebeure gesterf. Bid vir die veiligheid van die gesinne van buitelandse sendelinge, asook vir ’n aantal plaaslike kerke wat baie versigtig moet wees.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Bets Engelmohr by 082 320 9133 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Lucy Venter het geval en ’n besering opgedoen. Eddie Terblanche is ongesteld en sterk tuis aan. Sy vrou, Liza, het Vrydag ’n operasie in Unitas-hospitaal ondergaan. Elzeth Steenkamp het ’n operasie in die Femina-kliniek ondergaan. Ons bid hierdie gemeentelede krag, sterkte en seën van die Here toe.

Gelukwense Baie geluk aan Marinus en Junette van der Hout wat hul babaseuntjie vanoggend laat doop. Mag hierdie verbondskindjie julle baie vreugde verskaf.

Hervormingsdiens 3 November Al die gemeentes van Klassis Oostelike Pretoria asook ander belangstellendes word hiermee hartlik uitgenooi na die gesamentlike hervormingsdiens op Sondag 3 November. Silverton-gemeente is vanjaar verantwoordelik vir die reëlings en ons gee dit graag aan u deur. Die diens vind plaas in die kerkgebou van Wapadrant.

Om 18:00 begin ’n voorprogram van samesang (liedere wat deur sinodes goedgekeur is vir die eredienste) met begeleidende opmerkings oor die kerkhervorming. Die erediens begin om 18:30 en dit word gelei deur prof. J.H. (Amie) van Wyk. Ná die diens is daar ’n kollekte wat vir Bybelverspreiding afgesonder word asook gesellige samesyn met vrugtesap. Ons vertrou dat die Here die geleentheid sal seën en dat almal in hul geloof opgebou sal word.

Groot Kersprogram-pret vir ons graad 1 tot 3’s! Alle graad 1- tot 3-kinders kan hierdie kwartaal daarna uitsien om deel te wees van ons gemeente se Kersopvoering wat ná die erediens op 24 November 2013 op die planke gaan verskyn! Ons vra alle graad 1- tot 3-kinders en hul ouers se ondersteuning. Daar sal elke Sondag direk ná kerk 15 minute lank in die kerk geoefen word waarna die kinders na die lapa kan gaan vir hul weeklikse jeugkleingroep. Ouers word gevra om geduldig die 15 minute af te staan. Daar is ook hulp nodig met die dekor.

Funksies vir die res van die jaar Kom gerus en bring iemand saam van naby af of ver af. Sondagaand 3 November: Hervormingsfees (Wapadrant – 18:30) Sondag 10 November: Belydenis van geloof en Belydenistee (Duxbury) Sondag 17 November: Nagmaal en kuier in Bybelstudie- of kleingroepe (Almal reël dit asb. self) Sondag 24 November: Kersprogram en Kerstee (Duxbury)

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.


Predikante verbonde aan die gemeente:

Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Philip Loots 082 614 9415

Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 mashautd@gmail.com

Reëlings Datum

Plek

3 Nov

Duxbury

3 Nov

Troyestr

10 Nov

Duxbury

10 Nov

Troyestr

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

Ouderling Hendri Kruger Diaken Hendrik Janse van Rensburg

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas

Elfrieda

Ouderling Danie Eloff Diaken Joëlna Heslinga

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Sanet/ Ronel

Dienste deur Hervormde Kerk

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Eerstejaarskamp Stellenbosch 2014 Jou kaartjie na suksesvolle studentwees! 18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm of by Mariétte by 072 778 7804 of Johan by 082 929 1733.

Cachet-Eerstejaarskamp 2014 Datum: 6-10 Januarie 2014 Plek: Nooitgedacht, 30 km buite Potchefstroom Koste: R750 (T-hemp en etes ingesluit) Vertrekpunt: Teologiese Skool Potchefstroom

2013: Nuus, lief en leed en foto’s Brooklyn Brokkies verskyn weer eersdaags. Stuur asb. vir ons nuuswaardighede en nuus oor persoonlike wel en wee van 2013 of van ander lidmate se lief en leed – soos bv. prestasies waarvan ons almal graag wil hoor.Foto’s van gemeentefunksies of mense oor wie stories ingestuur. word, is ook baie welkom. Kontak: Thinus by jmdewet@lantic.net of 083 268 2889 of Louis by lkrur@mweb of 083 375 4991. Sluitingsdatum vir kopie en fotos 5 November 2013

Verdienste, Genade, Geloof “Min verdienste, baie genade,” sê die dosent aan die student wat dit netnet gemaak het. “Gelukkig het ek geglo in Prof se genade,” antwoord die bekkige student. Geloof en genade soos dit in Romeine 1:16-17 verduidelik word, was die kentering in Martin Luther se lewe, wat die kerkhervorming tot gevolg gehad het. Dit word bevestig in Efesiërs 2:8: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.” In Johannes 1:14 word die Woord mens en kom woon onder ons. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid,” en so word ons gered. Geld en mag wat in die Bybelse, Hervormingstyd en vandag nog die wêreld laat draai, verdwyn in die lig van God se genade. Soms laat dit wêreldordes verander en soms verander dit mense se lewe as hulle die volle waarheid daarvan besef. Efesiërs 1:6 sê: “Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.” Verdienste: geen. Geloof: wankelrig. Genade: Onbeskryflik groot.

Eerstejaarskamp Bloemfontein 2014 Dit vind plaas vanag 10 – 12 Januarie 2014. Alle voornemende jong werkendes en studente in Bloemfontein wat belang stel, stuur ’n epos aan studente@gkbloemburg .co.za of skakel Jan by 084 440 1662.

Vertoning van Voices Divine Sluit in formele driegangete Datum: 9 November Tyd: 19:00 Plek: NG Kerk Kameeldrift se saal. Kaartjies: R220 per persoon of tafel van 10 - R2 000. Tafels word gedek ooreenkomstig u aantal gaste. Aangebied deur die susters van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift. Bespreking: Kontak Susan Fourie by 082 324 9399 of posvirsusan@gmail.com / kerk@kameeldrift.net

Wit olifante Vir die klereverkoping by Troyestraat word dringend wit olifante benodig. Dit kan by die kerkkantoor afgegee word .


Baie dankie Liewe ouers, Die Go-klub is ‘n inisiatief wat begin is so paar jaar gelede om ons kinders bloot te stel aan evangelisasie, omgee en uitreik aan ander. Ons is oortuig dat dit in die kinders se belang is om hulle van vroeg af saam te leer van werklike opoffer ter wille van ander. Daarom is op ‘n bedrag van R10 ‘n maand besluit. Tog voel sommige ouers dat dit makliker is om op een slag die R120 te betaal en dan self maandeliks hulle kinders te leer dat daar ‘n R10 van hulle sakgeld na die kerk gaan. (Vir die wat reeds sakgeld ontvang). Die geld was altyd aangewend om boekies te koop en te vertaal vir die Makwes in Mosambiek. Hierdie projek het egter tot ‘n einde gekom en ons gemeente het besluit om die geld wat deur die Go-klub geïn word aan te wend vir projekte nader in ons gemeenskap. Nadat die versoek in die Hart en Hand verskyn het dat Eljada huis fondse en hulp nodig het, het ons dit goed gedink om hierdie jaar die fondse aan hulle te skenk. Dit sal dalk ook in die toekoms moontlik wees om met ons kinders daar besoek af te lê en te sien waartoe hulle bydra en hulle ook perspektief gee om dankbaar te wees! Baie dankie aan al die kinders en hulle ouers wat so getrou hul deel bygedra het. Dit word opreg waardeer. Indien julle meer betrokke wil raak by Go-Klub as ouers om saam te help met hierdie bediening sal julle insette verwelkom word. Vriendelike Go-Klub groete

Louise Marais 0722623602

Die susters van Troyestraat Christelike Sentrum bedank almal wat die “hoed-enpoedingfees” moontlik gemaak het. Dit was ’n wonderlike genotvolle oggend en daar was reeds versoeke dat ons dit weer moet doen. Die hoofbedekkings was baie interressant en pragtig. Die wins beloop R1 470. Alle eer aan ons Hemelvader. Troyestraat-susters.

Versoek Annemarie Bekker se oudste seun, Leendert

Droomer (42), het twee jaar gelede beroerte gehad waardeur hy die gebruik van sy regterhand verloor het (gelukkig is hy linkshandig). Hy praat nou al amper normaal en ondergaan spraak-, musiek- en groepsterapie en is ook by ’n biokinetikus. Hy bestuur sy eie motor. Hy was vroeër bestuurder van ’n drukkery en het baie ondervinding in die motorbedryf. Sy gesondheidstoestand is nou weer normaal. Is daar dalk iemand wat hom met ’n toepaslike werk kan besig hou om die eensaamheid te verdryf? Kontak Annemarie Bekker by 012 362 1090.

Nagmaalete Met die nagmaal op 17 November is daar geen gemeente-ete nie, maar wel wyke, kleingroepe of geloofsvriende wat saam eet. Reël asseblief. Die Weihnachts (Kersfees) Oratorium van JS Bach word vir die eerste keer volledig in Suid-Afrika uitgevoer deur 'n professionele orkes, soliste en die Pretoria Bachkoor onder leiding van Gerben Grooten op 2 Nov (VGK Kerk, h.v. Louis Trichardtstraat en 28ste Laan, Rietfontein) en 9 Nov (Wapadrant Geref Kerk, Sunrisestr – uit Atterburyweg in Erosweg, Olympus) om 16:30 – ongeveer 21:00. Kaartjies is R300, 'n vyfgang-ligte maaltyd en drankies ingesluit. Slegs 250 beskikbaar per vertoning. Geen kaartjies by die deure nie. Kaartjies by Lynette 082 927 1065 www.pretoriabachchoir.org.za


Brooklyn Bybelbank OOP VIR VERSPREIDING! “Ek het gekyk en is baie opgewonde! Mag die Here ons hierdeur gebruik tot Sy eer!” (Griffel van Wyk)

Emke Stronkhorst sit hier by die GROOT Bybelkas van die Brooklyn Bybelbank

’n Bybel ’n Dag Die pompjoggie Pieter Stronkhorst Tydens ‘n reis in Botswana stop ons by KwaNokeng om diesel in te gooi. Die petroljoggie(vrou) lyk duidelik nie lus vir werk nie. Ek begin met haar gesels en vra haar hoe dit in Botswana gaan. “It’s boring, nothing happens here” sê sy. Ek loop om ons voertuig, haal ‘n Tswana- Bybel uit, gee die Bybel vir haar en sê: “I don’t agree, there is a lot happening here because the Lord is here in Botswana and He needs us all to work for Him.” Sy glimlag van oor tot oor. Haar eie Bybel! Skielik verander alles vir haar, die diesel pomp vinniger, sy begin gesels en vertel dat sy aan ‘n kerk behoort maar nog nooit ‘n Bybel gehad het nie. Die ander pompjoggies hoor hier is iets aan die gang en staan nader. Hulle sien haar Bybel en wil kyk maar sy hou vas. Niks gaan tussen haar en haar nuwe Bybel kom nie.

Om te kan reis is ’n wonderlike voorreg. ’n Mens sien nuwe plekke en ontmoet interessante mense. Dis veral wanneer ’n mens in Afrika reis en die mense van nader leer ken dat ’n mens besef hoe geseënd ons is. Ons wou graag iets van hierdie voorreg met mense deel. Dit is hoe ons as gesin toe ’n projek begin het wat ons “’n Bybel ’n dag” noem. Ons neem Bybels saam in die tale van die plekke wat ons gaan besoek en deel dan die Bybels uit soos ons deur die Gees gelei word. Die reaksie wanneer ons ’n Bybel vir iemand gee, is soms baie uiteenlopend en ons vertel binnekort meer hieroor. Omdat dit vir ons so ’n ongelooflike belewenis is om die Bybels te versprei, wil ons die projek verder uitbrei en die gemeente ook die geleentheid bied om deel te neem. Die behoefte aan Bybels is ongelooflik groot in ons eie land en in die res van Afrika. Om dit makliker vir julle te maak om Bybels te bekom, gaan ons met ’n Bybelbank by die kerk begin. Daar sal elke Sondagoggend ná kerk by die saal Bybels beskikbaar wees teen kosprys van R60 elk. Ons sal Bybels in al die tale van Suid-Afrika en die buurlande in voorraad hou. Ons het ook donasies nodig om ’n voorraad Bybels aan te koop om die Bybelbank mee te begin. Indien jy self nuwe Bybels het wat jy wil skenk vir die projek sal dit baie help. As jy reis vir plesier of werk, maak plek vir ’n Bybel of tien. En as jy nie reis nie dink gerus aan ander uitreike waar Bybels baie welkom sal wees soos by New Life City Church, Vosstraat, Agapédamesuitreikdag en dan is daar ook nog die studente wat Swaziland of Malawi toe uitreik. Dink daaraan om vir jou huiswerker of tuinier ’n Bybel as kersgeskenk te gee. Indien enigiemand by die projek betrokke wil raak, is julle welkom om met ons te kom gesels.

Pieter en Ronel Stronkhorst


Kaartmasjien ‘n Besluit deur die kerkraad maak dit nou vir lidmate moontlik om met die gerief van ‘n kaartmasjien , debiet-en kredietkaarte vir die die volgende dienste te benut.  Maandelikse bydraes  Barmhartigheids bydraes  Boeke- tafel aankope  Kaartjies vir gemeente funksies  Betaling vir kampe Die kaartmasjien sal op die volgende tye beskikbaar wees.  Sondae, na die diens in die kerksaal by die persoon aan diens  Sondagaande by die boektafel  Weeksdae tydens kantoor- ure by die kerkkantoor  By spesiale funksies  Bybelbank donasies

ADVERTENSIES 1. BELASTINGOPGAWES 2013 SARS se sperdatum vir die indiening van elektroniese belastingopgawes vir die 2013belastingjaar is 22 November 2013. Skakel my gerus indien u hulp soek met die indiening van opgawes vir persoonlike sowel as besigheidsbelange. Geregistreede belastingpraktisyn en geoktrooieerde rekenmeester. Kontak Fanus by 084 764 6068 of e-pos fanus.nortje@gmail.com.

2. TUINWOONSTEL TE HUUR, BESKIKBAAR 1 FEB 2014: 20 m2 oopplan-tuinwoonstel met aparte badkamer (met stort, wasbak en toilet). Eie tuintjie en met ingeboude braaiplek. Nuut oorgedoen. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in geadverteerde prys. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksie-stoofplaat en dubbelbed. Slegs 500 m van Steve Bikohospitaal-ingang. R3 100 p.m. en deposito betaalbaar. Kontak Mathilda du Preez by mathildadupreez@gmail.com (vir foto’s) of by 083 657 7007.

3. WERK GESOEK ’Ndou Fulufhelo Solvin is ’n lidmaat by New Life City Church. Hy is op soek na werk in die gesondheids- of veiligheidsveld. Hy het ’n SAMTRACK-sertifikaat van NOSA in Centurion. Indien u weet van ’n werk kontak hom by e-pos sthidumbusolvin@yahoo.com

4. VAKATURE BY PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS Vir ’n spysenier. Aansoeke kan by wyse van ’n CV ge-e-pos of gefaks word na die volgende adres: ppkhuis@telkomsa.net of faks 012 332 3976. Sluitingsdatum 12 November 2013. Onderhoude vanaf 15 November. Vir verdere inligting kontak die bestuurder, Kobus Vorster, tydens kantoorure by 012 332 1366.

5. TUINWOONSTEL TE HUUR Tuinwoonstel (een kamer) met songeyser te huur, ongeveer 36 m2, ongemeubileerd, nierokend en troeteldierloos. In Villieria en naby Steve Biko-hospitaal. R3 000 p.m. plus elektrisiteit. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Gerrie Snyman by 072 212 8089 of nauurs by 012 329 1601.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

Kennisgewing

Let asseblief daarop dat die gholfdag wat vir


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.