Hart & Hand
4 Augustus 2013 2013 Saam op pad met God
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons in die geloof
groei
Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Johannes 5-6 Sang: Ps 31a:1, 3, 17 Ps 71a:9, 14 Ps 134a:4 LB 334:1, 2, 3, 4 Sb 20-1:3
Duxbury: 18:30
Oggenddiens
OU LIEFDE WAT WEER BLOM! Fanie van der Schyff Liefde is die gom in ’n verhouding. Tog gebeur dit in enige verhouding dat liefde dikwels sy sprankel verloor en selfs baie seer kry. Kan ou liefde in sulke omstandighede weer blom? Aanddiens
DIE MENS SE PROBLEEM EN GOD SE OPLOSSING
Dr Heinrich Zwemstra Skriflesing: 2 Samuel 6 Teksverse:6, 7, 13 Sang: Ps 9:1, 5, 7 Ps 47:1, 2 Sb 12-4:1, 2 Sb 14-4:1, 2, 4 (Wysie Ps 45) Karmel 09:00 Troye 10:00 Predikant: Ds Fanus Heystek
Dr Heinrich Zwemstra Troyestraat
WAT ANTWOORD GOD JOB? Ds Fanus Heystek Uiteindelik praat God – uit ’n stormwind (hoofstukke 38 – 49). Wat word ons daaruit wys? Ons kyk na enkele juwele uit dié gedeelte. En nou het ek 'n versoek, geagte vrou. Dit is nie iets nuuts wat ek vir julle voorskrywe nie, maar 'n gebod wat ons van die begin af gehad het: Ons moet mekaar liefhê. En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.
-
Eredienste
2 Johannes 5-6
Skriflesing: Job 42 Sang: LB 190:1-3 Sb 9-4:3 Ps 38:1, 17 Sb 5-4:3, 5, 6
New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau
Dinsdag:
Troyestraat-dagboek
18:30 Juventus
18:00 Bedieningskommissie
12:00 KVA vergader in die konsistorie
Woensdag:
Dagboek Vandag:
Donderdag:
Jeug-kleingroepe Verjaarsdagtee
Maandag:
Vrydag:
Nasionale Vrouedag
19:00 Dissipelskapkafee
Gelukwense
Sing ’n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ’n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. (Psalm 68:5) 4/8 4/8
Lane Esmarie
Grove Koelman
082 879 6654 012 330 0057
4/8
Henk
Koelman
012 330 0057
4/8
Elfrieda
Marais
072 179 5847
4/8 5/8
Lardél Elsie
Swanepoel du Buy
082 423 0898 082 410 9547
5/8
Tertius
Murray
072 744 5474
5/8 6/8
Marie-Louise ‘t Hart Wessel Herbst
082 229 9575 012 332 3056
7/8
Marie
Grobler
082 689 5787
7/8
Marike
Marais
072 129 0645
7/8 9/8
Numadi Ian
Prinsloo 083 380 6321 Janse van Rensburg 083 413 1329
9/8 9/8
Lené Marinus
de Bruyn 084 626 0184 Janse van Rensburg 083 413 1328
10/8 Louise
Marais
072 262 3602
10/8 Susan
Steyn
073 183 8230
Versoek van klerebank Ons het dringend no. 7-manskoene of manstekkies nodig. As u kan help, gee dit asb. by die kerkkantoor af.
Woensdag 7 Augustus: Bybelstudie om 09:30 in Kronendal - 10de vloer (Job 13) Woensdag 14 Augustus: Bybelstudie om 10:30 by Troyestraat (1 Petrus 3) Woensdag 21 Augustus: Kleingroep om 10:30 by Harmoniehof (1ste brief van Petrus)
Eljadahuis Uit Eljadahuis se nuusbrief kom die volgende versoek: ’n Groot probleem by Eljadahuis is tans die gebrek aan ruimte. As alles goed gaan, kan die hersonering en goedkeuring van bouplanne vir uitbreiding aan die einde van Julie afgehandel wees. Eljadahuis benodig egter dringend R15 000 vir die diensteheffing se verhoging. Hulle doen ’n beroep op enigiemand wat wil of moontlik kan help om ’n bydrae te gee. As 30 mense elkeen R500 gee, het Eljadahuis al voldoende om die bal aan die rol te sit. Die firma wat die hersoneringsaansoek namens Eljadahuis by die stadsraad indien, doen dit gratis, waar dit andersins R45 000 sou kos. Die diensterekening moet Eljadahuis egter self betaal. By voorbaat dankie.
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Brooklyn Brokkies Sperdatum: 9 Augustus. Stuur berigte asseblief aan Johanna Hellberg by johanna.hellberg@up.ac.za voor 9 Augustus.
Baie dankie aan almal wat Hoekom hou ons biltongfees? kaartjies gekoop en verkoop het. Met julle ondersteuning kon ons Vir die lekker samesyn Om gemeentelede wat skaars is te onthaal al die kaartjies uitverkoop
Om ’n besondere bydrae te lewer tot die gemeente se na-mekaar-reik en na-buite-reik Opbrengs gaan vir liefdadigheid binne en buite die gemeente
Wanneer:
16 Augustus 2013 Waar: Hoofsaal, St. Mary's Diocesan School for Girls, Pretoria, op dieselfde terrein as die Gereformeerde Kerk Brooklyn by Duxburyweg 174, Hillcrest. Tyd: 18:30 vir 19:00 Elektriese biltongkerwer Enigeen wat ’n elektriese biltongkerwer het en van Woensdag 14 Augustus beskikbaar is om te kom help biltong kerf, kontak asseblief vir Fanie. Kitsveiling op Biltongfees
Lidmate wat wil word genooi om iets besonders vir die veiling te skenk: Uitsonderlike wyn, port of brandewyn of enige ander aandenking; ’n Land Rover-kenteken; Skaars items, ’n bok se klok; Iets van jou eggenoot wat jy uit die pad wil kry. Verlede jaar is R9 000 só ingesamel. Kom ons mik vir ’n opbrengs van R20 000 uit die veiling!
Kennisgewing aan van die biltongfees
gashere/vroue
Kom haal asb. jul gasheerbriewe af by Wina, Bets of Marga, asook biltongkaartjies wat nog nie afgehaal is nie. Ons versoek julle ook om asb. die korrekte getal gaste aan u tafel so gou as moontlik deur te gee.
Bydraes en inbetalings vir biltongfees Merk asseblief inbetalings duidelik PROJEKTE – BILTONGFEES en JOU NAAM baie duidelik by enige inbetaling. Rekeningnaam: Diensgroep Projekte ABSA Tjekrekening 40-7921-5606
Voorbidding – Indonesië Loof die Here vir die suksesvolle dissipelskap-opleiding vir gelowiges vanuit ’n Moslemagtergrond wat in Mei vanjaar in Sentraal-Java aangebied is. Die hulpbronne wat aan talle Christenleiers vanuit ’n Moslemagtergrond voorsien is, was tot hul seën. Hierdie bronne rus hulle toe om die Christengemeenskappe in hul gebiede te lei.
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.
Help kinders tydens eredienste! Ons het ’n hele spektrum van bediening waardeur ons ons kinders op Sondae help om op hul vlak in hul geloof en navolging van Jesus te groei. Een van hierdie aspekte is begeleiding aan die 7-9-jariges tydens eredienste in die kwartaal. Hierdie ouderdomsgroep verdaag net voor die preek uit die erediens en kom in die saal bymekaar en daar word die woord op hul vlak interaktief aan hulle bedien. Marga Koelman neem hier die leiding, maar sy het hulp nodig om haar ook hierin af te los en te ondersteun. Kontak haar gerus by 082 923 2346.
Bediening deur Bybels Die Bybelgenootskap het ’n opwindende nuwe inisiatief om gemeentes te help om ’n bediening deur middel van Bybels te begin. Hulle het ’n hele uitgewerkte plan met allerhande innoverende idees om die gebruik van Bybels onder gemeentelede te verhoog asook om ’n gemeente te help fondse insamel om self Bybels te versprei en ook die Bybelgenootskap te ondersteun. Indien jy belang stel om só ’n bediening deur middel van Bybels in ons gemeente te lei of te ondersteun, kontak Griffel asb. by griffel@gkbrooklyn.org.za of 082 354 3726.
Ingekom met attestasie
Bevestiging as diaken
Hartlik welkom!
Huisgodsdiensriglyn
Vertrek met bewys
Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.
Malan Johannes L Rietvallei
Potgieter Martin
NG Lynnwood
Jaarprogram 2014 Al die diensgroepleiers word gevra om die datums van aktiwiteite vir 2014 voor of op 1 September aan Rentia deur te gee.
Vanoggend word Elzabe Barnard bevestig in die amp. Ons bid haar die Here se seën toe op haar werk in sy Koninkryk
Tema: Moses Storielyn Die fees van ongesuurde brood Die eerste Pasga Die dood van die oudste kinders Vertrek uit Egipte Wolk- en vuurkolomme
Bybelverse Eks 12:15-20 Eks 12:21-28 Eks 12:29-36 Eks 12:37-42 Eks 13:17-22
Datum 5 Aug 6 Aug 7 Aug 8 Aug 9 Aug
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp
Fanus Heystek
WEBtuiste
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
(Troyestraat-bedieningspunt)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
Reëlings
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Datum
Plek
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
4 Aug
Duxbury
Ouderling Roelof Grové
Onder die diens Diakonale werk By die deure Ekumenisiteit Geref. Jeug Buitelands
Soekie/Ronel
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Bets
Diaken Steyn van Wyk 4 Aug
Troyestr
Ouderling Petrus Bekker
11 Aug
Duxbury
Ouderling Koos Richards
Troyestr
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za
kantoor@gkbrooklyn.org.za
11 Aug
Fanie van der Schyff
Diaken Walter v.d. Merwe Dienste deur Hervormde Kerk
Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.
Hierdie week 5 Augustus 2013 om 19:00 ’n Raamwerk om vriende (en jouself) met die Evangelie te beraad. Aanbieder: Griffel
Paul Grobler
Hulp vir uitruilstudent na België Banie van der Walt, ’n vierdejaarteologiestudent aan die Teologiese Skool op Potchefstroom, het onlangs gehoor hy kan volgende jaar vyf maande lank in België gaan studeer. Sy vrou, Ananda, is ’n navorser en tolk aan die NoordwesUniversiteit op Potchefstroom. Banie behoort DV oor twee jaar klaar te maak. Ananda werk baie in die dowegemeenskap en haar navorsing is gerig op gebaretaaltolking en ander sake wat die dowegemeenskap kan bevoordeel. Hul dogtertjies is 3 jaar en 10 maande oud. Hulle wil graag saam met Banie gaan sodat Ananda in hierdie tyd die studie vir haar meestersgraad kan afhandel. Ananda skryf: “Hierdie geleentheid is ’n droom wat waar geword het. Ek was nog nooit oorsee nie en nou kry ek die geleentheid om daar navorsing te doen, ons kinders word aan ’n ander kultuur blootgestel én Banie kry die geleentheid om kennis en ervaring op te doen wat nog baie vir hom in die bediening vorentoe gaan beteken. Ons gaan soos studente leef daar oorkant, op een student se beursgeld, wat slegs verblyf en kos vir een mens dek. Ons kort dus geld omdat ons reeds vyf jaar lank hier in Suid-Afrika as studente (met kinders) leef sodat Banie voltyds kan studeer omdat dit deel is van ons roepingspad. Indien enigiemand vanuit hul hart geroepe voel om ons te ondersteun, sal ons dit baie waardeer word:
Finansiële bydraes kan by die volgende rekening inbetaal Rekeninghouer: A van der Walt Tjekrekening. Rekeningnommer: 240 302 257 Bank: Standard Bank. Takkode: 051001 Verwysing: België-bydrae. Gebede dat ons verblyf en ’n skooltjie sal vind en dat ons op die reis bewaar sal word, sal net so baie waardeer word. Bid asb. dat die Here ons ook daar sal gebruik tot sy eer! Liefde in ons Here! Die Van der Walt-gesin: Banie, Ananda, Marelé en Handri.” (Brief verkort en geredigeer.)
Diakonie van Pretoria-Wes: Fondsinsameling Die diakonie van Pretoria-Wes verkoop “Best Braai”-houtskool, brikette en vuur-aanstekers as deel van hul fondsinsamelingsprojek. Houtskool verkoop @ R22 en vuuraanstekers @ R15. Indien u belang stel, kan u Sondae by Marga Koelman u bestelling plaas.
Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.
Ons kerklike bydraes Soos blyk uit onderstaande grafika het ons kerklike bydraes vir Maart, April en Mei die gemiddelde maandelikse doelwit van R226 000 oorskry, waarvoor ons dankbaar is. Ons Junie- en Julie-bydraes was egter onderskeidelik R28 000 en R29 000 onder die mikpunt. Met die wintervakansie nou agter die rug kan ons saam seker maak dat ons gereelde bydraes weer die begrote doelwit bereik.
Brooklyn het geen kontantreserwes waarop ons kan terugval nie. Daarom is ons gereelde maandelikse bydraes tesame met die Augustus-dankoffer van kardinale belang om die Koninkrykswerk te laat voortgaan. Die Augustus-dankoffer is jare gelede ingestel om aan ons lidmate die geleentheid te bied om een keer per jaar selfbetragting te doen oor die geestelike en materiële gawes wat ons so onverdiend uit die hand van die Here ontvang en onsself te verantwoord oor ons dankbaarheidsdiens deur ’n spesiale bydrae te maak. Dit is dus ’n besondere en bewuste geleentheid wat geskep word vir selfrekenskap as deel van ons geloofslewe. Die begroting van R500 000 vir die Augustus-dankofffer beloop maar 15% van die totale begrote inkomste. Tot aan die einde van Julie het ons R179 150, oftewel 36% van hierdie doelwit, ontvang. Kom ons vat almal hande en delg die grootste gedeelte van die uitstaande bedrag vóór die einde van Augustus.
BELANGRIKE INLIGTING
Die Residentia Stigting
1. Die Residentia Stigting het die eetsaal van anderkant die pad (Nebohof) na Karmel se kapel verskuif. Die kapel kan dus nie meer gebruik word vir eredienste nie. Alle eredienste sal dus voortaan waarskynlik net vanuit die kerkgebou kan geskied. Maar wat van diegene in rolstoele? In die sitkamer in Karmel sal ’n skerm aangebring word – soos vroeër in die Nebohofsaal. Lidmate in rolstoele sal dus die erediens vanuit die sitkamer kan volg – dit sluit die nagmaal in. 2. Die Gereformeerde Kerk Brooklyn het lank gelede al (in praktyk) die kerkgebou benuttingvan die Residentia Stigting beskikbaar gestel. Die kerkgebou is al voorheen vir konserte, verkopings, opvoerings en so meer gebruik. Dit sal nou net des te meer die geval wees. Net soos die kerkgebou in Reitzstraat sal die gebou in Troyestraat nie net tot die Gereformeerdes se beskikking wees nie, maar wyer: vir die Koninkryk van God. Ons roeping is nie net na binne gerig nie, maar veral na buite. Mag hierdie kerkgebou so deur almal aanvaar word – tot eer van God en tot uitbreiding van sy Koninkryk. 3. Die kerkgebou (of bloot gebou) moet steeds ’n naam kry. Is die woordjie “kerk” by die naam nodig? Word dit nie nou ’n meerdoelige gebou, sentrum, kompleks nie? Dink daaroor na en
lewer insette. Uiteindelik sal die kerkraad van Brooklyn die finale besluit neem. Ds Fanus
ADVERTENSIES 1. MEUBELS GESOEK ’n Lidmaat is op soek na ’n klerekas en ’n laaikas. Indien u daarmee kan help, kontak Rentia asb. by die kerkkantoor. 2. ALGEMENE TUINDIENSTE BENZ Tuindienste. Algemene tuindienste, op weeklikse en/of maandelikse basis, snoeiwerk en tuinvullisverwydering; en/of enige ander ad hoc-verfraaiing van tuin. Kontak Frans Bekker by 072 271 3778.
Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.
3. MEENTHUIS: BELA-BELA (WARMBAD)
Eenslaapkamer-meenthuis te koop in aftree-oord (Caritas) in Bela-Bela. Toesluitmotorhuis, verskeie verbeterings aangebring. Veilige en boomryke omgewing. Mediese sorg beskikbaar. Skakel Emmie by 012 341 8264 vir meer inligting. 4. BEDRYFSKAPITAAL BENODIG. Benz Recycling,Benz Plumbing en Benze Tuindienste. Onderneming was vir 9 maande sonder voetuig en moet her-onwikkel word. R10 000 word benodig. Indien iemand asseblief kan help sal dit met groot dank waardeer word. Terugbetaalooreenkoms kan onderhandel en opgestel word. Frans Bekker 0722713778
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.