5 Oktober 2014
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Die Evangelie se toets
Chris de Beer Die Evangelie se toets Die wetsgeleerde se toets Jesus se toets Verstaan jy die probleem? Verstaan jy die oplossing? Is barmhartigheid opsioneel? Aanddiens
Genade en vloek in die lewe van die ryk man en Lasarus Ds Fanus Heystek
Hoe het die een man ryk geword en die ander (Lasarus) in ellende verval? Hoeveel hiervan was deur hul eie toedoen? Hoe onderskei ons tussen algemene en besondere genade? En is daar iets soos algemene en besondere vloek? Troyestraat Christelike Sentrum (Residentiasaal)
Die vyfde bede: Vergeef ons
Ds Fanus Heystek Vergeef ons soos ons ook ons skuldenaars vergewe. Waarom word God se vergifnis gekoppel aan die vergifnis van ons naaste? Is ons vergewensgesindheid dan voorwaarde tot ons ewige vryspraak? Kom dit nie op verdienste neer nie? Is dit Evangelie?
Eredienste Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing: Lukas 10:25-37 Sang: Ps 66b:1, 3, 4 Ps 116b:4 Ps 116b:2, 5 Ps 119a:22, 29 Sk 14-1:1, 3 Sk 13-3 Amen Duxbury: 18:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Lukas 16 Sang: Sk 1-2:1-3 Ps 126:1-3 Sk 14-2:1, 2 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Residentiasaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Matteus 6:12 Sang: Ps 8 Sk 8-3 Lb 200 Lb 169 Ps 126 Sk 10-2 Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD-formaat beskikbaar.
Dagboek
Geen aktiwiteite is vir hierdie week geskeduleer nie.
Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 8 Oktober 10:15: Bybelstudie by Troyestraat (Openbaring 9)
Voorbladfoto: Emperors Angelfish
Gelukwense
Naasteliefde
“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige (Openbaring 1:8).
Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
5/10 5/10 5/10 6/10 7/10 8/10 8/10 9/10 9/10 10/10 10/10
Walter Leané Lené Tiaan Izak Willie Kobus Petra Berend Martie Mariette
11/10 11/10 11/10
Johan Mareli Juan
Burger Nortje v.d. Walt Heystek Potgieter Labuschagne Rheeders Swanepoel Wierenga Eloff v.d. Westhuizen Jooste Kruger Swart
073 920 4312 082 761 2925 074 603 8067 079 886 7576 082 857 1733 072 867 5626 083 415 3499 012 460 8463 072 904 3921 072 219 1641 012 344 3439 072 776 5658 083 950 7716 079 527 5157
Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.
Ter approbasie As diaken: Willem Reyneke
Die Woord In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Johannes 1:1
Siekte Ons dink vandag aan die inwoners van veral Karmel wat voortdurend pyn moet verduur. Pynstillers is nie die antwoord nie. ’n Besoekie en ’n gebed verdryf of versag daardie pyn vir ’n tydjie. Word ook ’n medewerker wat – soos ’n engel – van tyd tot tyd by die kamers en sitkamers inloer.
Gelukwense Baie geluk aan Peter Wassenaar en Tertia Stoker wat verlede Vrydag getroud is. Ons bid die Here se seën op jul toekoms saam.
Voorbidding:
Egipte
Bid dat die Heilige Gees al die kerke in
Egipte sal versterk, sodat hulle standvastig sal bly deur die storms en sal voortgaan om aan die hele Egiptiese nasie te getuig van die verlossingswerk van Jesus Christus.
Nuus uit Frankryk oor die radiobediening Pad vol uitdagings in nuwe omgewing Dis nou bietjie meer as ’n maand dat ons in ons nuwe huis in Frankryk ingetrek het in die dorpie Fontevraud l’Abbaye, naby die stad Saumur in die Loire-streek, sowat 300 km suidwes van Parys. Soveel het intussen gebeur… Genoeg om te sê dat ons stukkie vir stukkie ons voete begin vind in ons nuwe omgewing. Selfs vir my, wat amper 26 jaar gelede uit Frankryk weg is, is dit ’n pad vol uitdagings: nuwe gewoontes moet aangeleer word, die kompleksiteit van die Franse administratiewe stelsel moet herontdek word, ons moet ons begroting laat klop met pryse in euro’s, ens.
Getroue medewerkers Wat die bediening betref, het ek met die hulp van stewige en getroue medewerkers ’n genootskap gestig met die naam Foi et Vie Réformées, wat ’n wettige raamwerk bied vir toekomstige aktiwiteite. Terwyl verdere werk nog gedoen moet word om ons struktuur te definieer, veral wat die Franse belastingstelsel betref, is dit reeds ’n groot stap vorentoe. Die vestiging van ’n voldoende werk- en studieruimte in ons nuwe huis (met die moontlikheid om self oudio- en video-opnames hier te kan maak, dus sonder om na ’n professionele studio te moet gaan) gaan my die volgende maande redelik besig hou. ’n Gedeelte van hierdie vestigingswerk sal ek self moet doen om koste te bespaar. Dit is terselfdertyd harde werk, maar ook ’n opwindende ervaring. Ons sal mettertyd die vrug hiervan pluk, in die wete dat dit koninkrykswerk is ter wille van die verspreiding van die evangelie in Frankryk.
Bande met Amerika en hulp na Afrika DV vlieg ek binne ’n paar dae na Chicago om die jaarlikse vergadering van die NoordAmerikaanse ondersteunende komitee te gaan bywoon (7 Oktober). Om bande met die kerke in Noord-Amerika te behou is net so belangrik as om die geestelike genootskap en die kontak met Suid-Afrikaanse kerke aan die gang te hou: ons laat ons Afrika-bediening vanuit Rietvallei-gemeente voortgaan en stuur steeds pakkies met Franse Bybels en Gereformeerde literatuur na ons korrespondente in die DRK, Kameroen, Mali, ens. Die radioprogramme oor ’n aantal FM-radiostasies in Franssprekende Afrika gaan voort. ’n Besoek na Suid Afrika word steeds beplan vir Januarie 2015, die datums is egter nog nie vasgestel nie. E-poskorrespondensie kan aan my via Rietvallei se e-pos-adres gestuur word (admin@gkrietvallei.co.za) of direk na: erickayayan@gmail.com Sonder jul voortgesette ondersteuning kan hierdie vleuel van die Franse Radiobediening uit die aard van die saak nie voortgaan nie. Ons behou steeds dieselfde bankbesonderhede in SA (“Reformed Faith and Life”, ABSA Menlyn, tjekrekeningnommer 4048786755). Mag die Here elke poging om sy Woord te verkondig, in watter taal of op welke plek ook al, ryklik seën, en aan elkeen van sy kinders die krag gee om getrou te bly aan sy of haar roeping binne sy koninkryk Ds Eric Kayayan
Dissipelskapkafee Oktober
Dissipelskapkafee November
Openbaring 18:4
Wat sê die Bybel oor heiligheid
“En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Heiligheid van die Heilige Gees Heiligheid van Christus Heiligheid van die Kerk
Ons gemeente is reeds genader om met finansies, klere en kos te help, aangesien daar gesinne is wat alles behalwe die klere aan hul lyf verloor het. Daar is sowat 35 boere wat geen voer vir hul vee het nie. Dit sluit die plaas waarop ons gemeente se beeste loop in. Ons versoek u om vir ons gemeente, ons gemeenskap en die omgewing se mense te bid en hulle aan die troue sorg van ons Hemelse Vader op te dra. Die diakonie van die Gereformeerde Kerk Harrismith het ’n noodfonds gestig om te Brandhulp vir Harrismith probeer om met sommige van die gevalle te Die dorp en omgewing is deur erge brande geteister help. Enige hulp met voer, kos en klere sal wat deur stormwinde van tot 185km/h aangeblaas is. waardeer word.
Foto: NETWORK 24
Die gebied wat gebrand is, beslaan ’n oppervlakte van 3 500 tot 4 000km². Bykans onberekenbare skade is aan die eiendom van die gemeenskap (ook dié van ons lidmate) aangerig. Plase met opstalle is tot op die grond afgebrand. Die amptelike dodetal is op die oomblik vyf mense, waarvan twee ’n medebedienaar van die Woord en sy seun is. ’n Jong man van 19 jaar is in die Bethlehem-hospitaal opgeneem met 60% brandwonde. Die hele gemeenskap is in rou gedompel.
Bankbesonderhede is soos volg: Bank: Rekeningnaam: Rekeningnommer: Verwysing:
FNB GK Harrismith 62348706021 Noodfonds Brande
Broedergroete Johannes de Bruyn
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Finansies: Ontvangste 2014-2015 finansiële jaar MAANDELIKSE
BEGROTING
R246 450
AUGUSTUS
Tydperk
MAART-JULIE 2014 BEGROOT
R1 232 250
werklik
R1 200 633
TEKORT
R31 617
DANKOFFER
R116 000
Ontvangste Maart-Julie 2014
NETTO INKOMSTE
BILTONGFEES
R110 000
Kan iemand dalk help?
Is ons al daar? Dis die vraag wat Shrek se donkie en die kleuter agter in die motor onophoudelik vra. Dit voel soos ’n eindelose pad na die beloofde bestemming wat net nie bereik word nie. Die Joodse volk het ook gedink dat die beloofde land naby is toe hulle uit Egipte getrek het (Eksodus) en het later seker ook die vraag “Is ons al daar ?” gevra. Dat dit hulle 40 jaar sou neem en die oorspronklike trekkers nie die nuwe land sou beleef nie, sou hulle nooit kon dink nie. Vir Abraham was die belofte in Genesis 12 van ’n nuwe land en groot nageslag onverstaanbaar en hy het later haastig geword en self ingegryp deur ’n kind by sy slavin te hê. Ons vra die vraag byna elke dag vir ons self: “Wanneer is dit naweek, vakansie of betaaldag? Wanneer kan ek uit die werk se drukgang ontsnap na iets beters? Hoe ver nog?” Ons kry elke dag ’n nuwe dag op ons pad na ’n nuwe lewe – alles deel van die pad om ons by die nuwe Jerusalem te bring sodat ons nooit weer hoef te vra hoe ver dit nog is nie.
DIE AULA Vrydag 24 Oktober om 18:30
’N FEES VAN
ONS BESTE DUETPARE Jannie Moolman en Corlea Botha Burgerd (van Romanz) en Zita (“Ons Lieflinge”) Willie en Natasha Joubert Kaartjies by info@duetfees.co.za of 082377 1112 Gereformeerde Kerke Bergsig en Andeon (620 kaartjies reeds verkoop)
Die diakonie soek ’n tafel/tjie en 1 of 2 stoele vir iemand om by te eet en ’n sitstoel of bank. Kontak Petra de Klerk by 082 553 8602.
Hoop in dood
1 Tessalonisense 4:13-5:11 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 28 September 2014) Christenskap bied vir ons wonderlike hoop selfs te midde van dood. In 1 Tessalonisense 4:13 skryf Paulus: Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Die eerste belangrike deel van hierdie sin is dat Christene wel moet treur. Christene treur Christene moet treur wanneer ons geliefdes verloor. Party mense dink jy moet nie treur nie. Hulle sê dood is maar net deel van die natuurlike siklus, maar dit is nie hoe Jesus gevoel het nie: “Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan” (Johannes 11:33). Ons Here is hewig ontsteld oor wat met Lasarus gebeur het, en net so behoort ons ook ontsteld te wees as iemand sterf. Maar gelowiges treur met hoop! Christene het hoop Paulus probeer vir die gelowiges verduidelik dat ons, ons treur en hartseer moet neem en hoop daarin vryf. Amper soos mense destyds sout in vleis gevryf het om te keer dat die vleis sleg word. Nou kan ’n mens seker vra, maar wat beteken dit om te treur met hoop? Dit beteken om na die toekoms te kyk met vertroue op ’n goeie uitkoms. In hierdie konteks kan ons dit soos volg stel: Christene kan vir seker treur en hartseer wees oor die dood, maar ons hoef dit glad nie te vrees nie. Dit is hoekom Paulus aan die gemeente in Korinte skryf: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” (1 Korintiërs 15:54-55). Vervolg volgende bladsy
Hoop in dood Ons hoop is gebou op:
’n Wêreld van ware liefde. Die kruis is vir ons ’n bewys van God se liefde en hoe ons hoop op sy liefde vir ons berus. Die Nuwe lewe. Ons gaan ’n wonderlike nuwe aarde met nuwe liggame kry. Jesus se waarborg. Hy het reeds vir ons die skuld betaal.
Die hoop in die lewe!
Openbaring 4:1-5:14 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 28 September 2014) Mense wat hoop het vir die toekoms se hele houding is baie anders as mense wat moedeloos is. Die manier waarop hulle op situasies reageer, verskil radikaal van dié van mense wat nie hoop het nie. Dit is interessant dat ons in die Nuwe Testament geen klaagliedere vind nie. Dit was of die volgelinge van Jesus ’n diep put van vreugde gehad het, want selfs al gebeur die slegste dinge met hulle, lyk hulle bly. Waar het hulle hierdie hoop vandaan gekry? Openbaring 4 en 5 leer ons… Johannes Die eerste ding wat Johannes sien, is die Almagtige op sy troon. Voor die troon is daar vier groot lewende wesens, 24 ouderlinge en sewe vuurvlamme. Die toneel gaan aan, want in hoofstuk 5 lees ons van die boekrol wat in God se regterhand is. Dit is met die sewe seëls verseël en niemand kan dit oopmaak nie. Skielik bars Johannes in trane uit, maar een van die ouderlinge stop hom. Dié verduidelik aan Johannes dat die leeu van Juda reeds die oorwinning behaal het en enige oomblik nou hier gaan instap. Toe Johannes opkyk, sien hy vir Jesus, maar as die geslagte Lam. Johannes is besig om Jesus se hemelvaart te beleef, maar van die anderkant af. Hy sien hoe Jesus in die hemel aankom en beleef sy troonbestyging - Jesus Christus, die oorwinnaar en Koning! Net daar breek ’n hemelse erediens uit en dit spoel oor na die aarde. Niemand treur meer nie, die trane is weg, want hoe kan jy treur en huil as Jesus by jou is! Paulus
Paulus Paulus se vreugde het net by een persoon gelê (kyk Filippense 3:7-11) en daarom kan hy ook in 1 Tessalonisense 5 skryf dat dit die wil van God is dat ons bly moet wees. Die ironie is dat Paulus die een mens was wat dalk geregtig was om te kla, want hy het deur vreeslike omstandighede gegaan. Lees gerus ’n bietjie deur Paulus se “CV” in 2 Korintiërs 11:23-27. Tog het Paulus geweet dat Jesus regeer en dat Hy reeds die oorwinning behaal het. Elke gelowige Ons lewensverhaal behoort ook stories van hoop te wees, want Jesus Christus het in ons lewe geklim en alles verander. Hierdie hoop behoort ons te dryf, selfs al word ons geslaan. In ons lewe is daar is baie tipe houe wat jou kan tref, byvoorbeeld emosionele of geestelike houe en omstandighede by die werk of skool. Gelukkig weet ons, ons Here is in beheer en Hy gebruik selfs ons lyding om sy koninkryk te bou.
Dissipelskapkafee Oktober – 2014 DAT
TEMA
AANBIEDERS
6/10 13/10
Vakansie Klassis Sal aangekondig word Koninkryksperspektief ‘n Soso-Ekonomiese benadering Koninkryksekonomie ‘n Sosio-Ekonomiese benadering
Louis en Hugo
20/10
27/10
Louis en Hugo
ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR
6. SAIPA-KLERKSKAP
word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za
Gevestigde rekenmeesterspraktyk in Pretoria, Magalieskruin benodig Saipa-klerke. Stuur asseblief CV’s na Service@prispek.co.za of kontak Gerhard Labuschagne by 012 567 5502.
2. OPSTEL VAN TESTAMENTE EN BEREDDERING VAN BESTORWE BOEDELS Niel van der Merwe Prokureurs. Ons lewer ’n professionele diens en het gesamentlik meer as dertig jaar ondervinding in die opstel van testamente en bereddering van bestorwe boedels. Skakel gerus vir Niel van der Merwe by 082 9005 354 of Braam Neethling by 083 3096 854 vir enige navraag of bystand.
3. TYD VIR ’N WEGBREEK? Eenheid by Mabalingwe beskikbaar 21-28 November 2014: pragtige uitsig, patio en braai, swembad baie naby chalet. R870 per nag – slaap 6 volwassenes - 3 slaapkamers, 2 badkamers. Foto’s op navraag. Kontak Fanus by 083 376 8274.
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za
7. KUNSKLASSE
Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za
8. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.
9. MOTOR TE KOOP Te Koop: Wit 2007 Ford Ka 1.3 Trend 118 000km, radio/CD, kragstuur, lugsak, lugverkoeling, ABS, “anti-smash and grab” op vensters, volledige diensrekord beskikbaar by Ford. Onlangs vir groot diens gegaan. Uitstekende toestand. R45 000 Kontak: Madri van Biljon by 072 643 9081.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum 5 Okt
Plek Duxbury
5 Okt
Troyestr
12 Okt
Duxbury
12 Okt
Troyestr
Diensbeurt Ouderling Louis de Klerk Diaken Hannes Welman
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Skinkbeurt Gerda
Ouderling Henk Welman Diaken Steyn van Wyk Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Dalina
Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).