6 Julie 2014
Hart
& &
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
God se hart vir ons
Christoff Pretorius (leesdiens) Ons voel baie keer dat ons blootgestel is aan alle storms en winde wat die wêreld oor ons laat waai. Alles rondom ons word uitgedaag en verander. Alles is ’n gejaag. Die Psalmdigter ontbloot God se hart vir ons in Psalm 91. Ons leer dat hy ons hart ken en dat daar rusplek is by God…maar ook dat daar werk is in die Naam van ons God. Aanddiens
Minder bekende gawes van die Heilige Gees
Ds Fanus Heystek Is die werk van die Heilige Gees net geestelik van aard? Raak dit net gawes wat vir die Koninkryk van God nodig is? Werk die Gees net in gelowiges? Watter gawes van my kom van die Gees? Sal ek eendag verantwoordelik gehou word vir die gawes wat ek van die Gees ontvang het? Troyestraat
Minder bekende gawes van die Heilige Gees
Ds Fanus Heystek Is die werk van die Heilige Gees net geestelik van aard? Raak dit net gawes wat vir die Koninkryk van God nodig is? Werk die Gees net in gelowiges? Watter gawes van my kom van die Gees? Sal ek eendag verantwoordelik gehou word vir die gawes wat ek van die Gees ontvang het?
Eredienste Duxbury: 09:30 Christoff Pretorius (Leesdiens) Skriflesing: Psalm 91 Sang: Ps 48:1, 4, 5 Ps 84:6 Ps 91:2, 3 Ps 91:1, 6 Ps 46:1, 6
Duxbury: 18:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Eksodus 35:30-36:1 Sang: Ps 33:1, 7 (2001) Lb 169:1-3 Sk 8-2:3, 7, 9
Troyestraat Christelike Sentrum: 09:00 (kerk) 10:00 (Residentiasaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Eksodus 35:30-36:1 Sang: Ps 33:1, 7 (2001) Sk 9-4:2, 3 Lb 169:1-3 Sk 8-2:3, 7, 9
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Brooklyn
Geen aktiwiteite vir die week nie.
Dagboek
Deeltydse koster Indien daar iemand is wat bereid is om nauurs en naweke in te staan as koster inedien daar ’n krisis is en Frans nie beskikbaar is nie, kontak Rentia by 082 775 6907.
Gelukwense
Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser (Psalm 19:15). 6/7 6/7 7/7 7/7 8/7 8/7 9/7 9/7 9/7 9/7 9/7 10/7 11/7 11/7 12/7 12/7 12/7 12/7
Gerrit Rika Abrie Karien Japie Braam Sophia Hennie Anrie Christel Jan-Daniël Juliana Mia Louis Elene Du Toit Colyn Wickus
Coetzer van der Walt Schuman Venter van Niekerk van Zyl du Plessis Greeff Oosthuizen van Staden van Tonder van der Walt Roberts Willemse Coetzer Ferreira le Roux Malan
071 612 0365 012 333 6200 072 325 3554 083 254 6548 082 823 8245 082 771 6066 082 414 9942 079 378 9565 073 375 5568 083 454 2103 072 400 2285 082 613 1890 082 616 1822 074 155 5669 072 786 4480 072 145 3902 083 259 2821 072 213 6674
Gelukwense Baie geluk aan Louis en Petra de Klerk met die onlangse doop van hul kleindogter, Lize, babadogtertjie van Marie-Louise en Anton ’t Hart. Mag sy julle nog baie vreugde verskaf.
Administrasie op Sondae Baie dankie aan Arnline Kuun wat ingestem het om Marga Koelman op Sondae met die adminstratiewe werk behulpsaam te wees. Ons waardeer dit baie!
Troyestraat Christelike Sentrum
Geen Bybelstudie in die vakansie nie.
Gereformeerde Skool Dirk Postma ’n Opedag word aangebied op 14 Augustus 2014. Graad 000 tot graad 12 word onderrig by dié skool, wat geleë is in die Moot. Vir meer besonderhede kontak die skool by 012 332 3222.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Meelewing Louis de Klerk se moeder (ook Fanie se ouma en die ouma van Yolandi en MarieLouise) is die afgelope tyd oorlede en begrawe. Ons bid Louis, Petra en die kleinkinders vrede en berusting toe.
Ons harte gaan uit na Appeltjie Appelgryn wat in haar hoë ouderdom (85) na haar seun, Nico, moet omsien. Nico kon gelukkig voorlopig in Karmel opgeneem word. Verbetering in alle opsigte word hulle toegebid.
Baklei jy of lê jy? Die storie word vertel van die twee bokke wat hoog in die berg op ’n smal paadjie geloop het. Die bokke het in twee verskillende rigtings geloop en toe hoog in die berg, met die afgrond aan die een kant en die hoë bergwal aan die ander kant, ontmoet. Hulle het gewonder: wat nou? Hulle kon nie teruggaan nie want dit sou te gevaarlik wees en hulle kon ook nie by mekaar verbyskuur nie want die pad is te smal. Ek wonder: as dit mense was, sou hulle mekaar gestamp het totdat die een oor die rand val? Maar die bokke het ’n plan gemaak. Die een bok het gaan lê en het toegelaat dat die ander bok bo-oor hom loop. Daar moet ’n gewilligheid wees om te gaan lê en die ander een toe te laat om oor te loop. Die mens sou redeneer: watter een moet gaan lê? Is dit nie moeilik vir ons as mens om onsself te verneder en te gaan lê ter wille van die ander een nie? Ja, om die minste te wees ter wille van ander. Romeine 12:10 sê: “Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.” Gebed: Vader, help my om altyd eer aan my medemens te betoon. Here, U het dit gedoen toe U op aarde was en ek wil in U voetspore volg! (Theunis Johannes Cloete)
Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-SonderNaam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
Datums vir 2014 - 10 Julie - 11 September - 9 Oktober - 13 November
Biltongfees 15 Augustus Die biltongfees is DV op 15 Augustus. Bestellings kan geplaas word vir beesbiltong en bees-droëwors teen R180 per kilogram. Bestellings moet voor 21 Julie geplaas word. Die jagseisoen is reeds geopen. Enige wildsbokke is welkom. Ons het geriewe vir slag en die maak van biltong. Trofeejagters is welkom om van die slaggeriewe gebruik te maak en die vleis te skenk. Kontak Wina Cameron by 082 859 5216, Fanie van der Schyff by 083 446 6096 of Jaco Marais by 082 491 6204. Ons kan reël vir die verwerking daarvan. Kaartjies vir die biltongfees: Kaartjies is beskikbaar by Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5847, Wina Cameron by 082 859 5216 of Annalie Grové by 082 879 6654: R120 - volwassenes R100 - studente en hoërskoolkinders R50 - laerskoolkinders Gratis - voorskoolse kinders Kry solank vir jou ’n vriendekring om ’n tafel te bespreek. Toets solank broodresepte en versamel tuisgemaakte konfyt. Tel die dae af..
Voorbidding: Iran Iran word al bewoon sedert die skepping van die mens. Wetenskaplikes dateer die bewoning van die land terug tot 4 000 jaar voor Christus. Die Woord vertel ons van konings en regeerders wat God daargestel het om hierdie antieke land te regeer. Vandag word die land deur Islamitiese geestelikes regeer wat daarop uit is om nie net die landsburgers nie, maar veral die Christengemeenskap te verdruk. Bid tydens Ramadaan dat Irannese Christene hul troos sal vind in Jesus en dat baie deur die krag van Sy naam gelei sal word na die Skepper van alle dinge.
Dissipelskapkafee
Program: Julie tot September 2014 Datum Julie 21 28
Onderwerp
Spreker
Dissipelskap in die huis : Jesus se gesin Dissipelskap in die huis : Kindwees in die gesin
Paul Paul
Augustus 4 11 18 25
Agapé-vergadering Museums en die Bybel: Artifakte wat die Bybel en godsdiens belig Die Bybel: Geskiedenis van die Bybel Die Bybel: Hoe moet ek die Bybel lees?
Gerrie Paul Paul
September 1 8 15 22 29
Agapé-vergadering Die Liefdesdriehoek Die Liefdesdissipels (1 Johannes 1-5) Liefde met grense Moet ek nog my sonde bely terwyl Jesus reeds daarvoor betaal het?
Help asseblief! Die nood is steeds groot Daar is steeds groot nood in Rustenburg en omgewing al is die mynstaking verby. Die diakonie skakel met gemeentes in Rustenburg en vra daarom hulp in die vorm van kosskenkings: nie-bederfbare kos soos blikkiesvleis, blikkiesvis, blikkiesgroente, langlewemelk, pasta, rys, tee, koffie en suiker. Hierdie kos kan in die kombuis op die bedienluik geplaas word, sodat dit nie verwar word met ons koshulp aan Eljadahuis nie. Indien u liewer kontant wil gee, kan dit in die kollektesakkie geplaas word - duidelik gemerk: RUSTENBURG. Baie dankie, ons vertrou ons gaan ’n groot reaksie van ons gemeente kry soos in die verlede wanneer daar ernstige nood is. Diakonie
Fanie Fanie Fanie Fanus
Beroeping van predikant Ds C de Beer van Boksburg-Suid is beroep na Pretoria-Brooklyn as medeleraar
Enkellopende en jonggetroude diensgroep Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Bedanking Die susters van Troyestraat Christelike Sentrum wil almal wat wol geskenk het hartlik bedank. Die vlytige hande is weer lekker besig. Hou ons maar in gedagte as daar nog oorskietwol is. Nogmaals baie dankie.
Eredienste Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Liturgie (van die Grieks leitourgia) dui persoonlik, huislik en gemeentelik (kerklik) op wat mense doen wanneer hulle God ontmoet, na Hom luister en Hom aanbid, godsdiens beoefen en Hom verheerlik. Die begrip erediens word dikwels staties geneem, asof die "erediens" ʼn program is wat begin en afgesluit word. Die dinamiese aspek van die samekoms is om in Gees en waarheid te ontmoet, te gehoorsaam en met oorgawe te luister en te aanbid. Die erediens gaan in huise en in die binnekamer van die gelowige voort, as uitvloeisel van die samekoms van die gemeente as volk van God.Die gemeente tree op ʼn bepaalde manier toe, kom saam of konstitueer om God te ontmoet (Heb 10:23; NGB, artt.27-32). Daarna verootmoedig hulle hulle en bely skuld,ontvang vergewing en vryspraak, bid om die verligting van die Gees (epiklese) om die Woorddiens van God te hoor, en daarna antwoord hulle op die ontmoeting in dankgebed en in voorbidding vir alle owerhede, asook smeking vir die nood van almal. Die Skrif leer dat die samekoms van God met sy gemeente, en van die gemeente met God en met mekaar,ʼn ontmoeting moet wees met liturgiese handelinge wat daartoe dien dat almal God deur sy Woord en Gees (Joh. 4:23) ontmoet, aanbid, verheerlik, eer en dien. Die liturgiese gang vir die erediens bevat die volgende hoofmomente: Die Ontmoetingsdiens (Introïtus), die Verootmoedigings- en Versoeningsdiens, die Woorddiens en die Antwoorddiens (Responsoria). Die Ontmoetingsdiens bestaan uit die volgende vier elemente: votum, groetseën, lofliedere en geloofsbelydenis. In die Ontmoetingsdiens is die funksie van die votum dat die gemeente openlik en nederig, plegtig verklaar dat die erediens ʼn saamkoms van God met sy volk, en daarom van sy volk met Hom en met mekaar is. Hierdeur bely die gemeente hulle afhanklikheid van en gerigtheid op God.Die groet- en wegstuurseën word in opdrag van God en namens God self op die gemeente gelê; soos die woorde en die liggaamstaal met die hande getuig. Die loflied as liturgiese handeling van die gemeente is deel van die Ontmoetingsdiens en het die spesifieke doel om op God se groetseën te antwoord.Die geloofsbelydenis vorm deel van
te antwoord.Die geloofsbelydenis vorm deel van die Introïtus waarmee die gemeente van gelowiges hulleself as "eenheid in die ware geloof" voor God stel, mekaar versterk en teenoor die wêreld hulleself afsonder. Hiermee verklaar die gemeente sy identiteit as liggaam in een ware geloof (Joh 4:23; HK, Sondag 21; NGB, artt.27-29). Die Verootmoedigings- en Versoeningsdiens omvat die nederige toetrede van die gemeente in die heilige teenwoordigheid van God. Dit sluit in verootmoediging deur die aanhoor van God se eise, die skuldbelydenis van die gemeente, die vryspraak van God en die afkondiging van die Wet as die reël van dankbaarheid vir die versoende volk van God. Die Woorddiens omvat die gebed om die verligting van die Gees, die Selfstandige Skriflesing, die Skriflesing waaruit die prediking kom, die prediking en die sakramente.Weens die verduisterde verstand en hart van die mens en weens die Goddelike aard van die Skrif moet gebid word dat die Woorddiens waarlik opening, ontsluiting en toepassing van die Woord sal wees, en dat die gemeente die Woorddiens as Woord van God sal aanneem en dat die Woord vrug sal voortbring. Die Woord van God kom met krag omdat dit bewerk wat dit verkondig, naamlik redding van mense en bevryding van sonde en doodsmagte, tot eer, lof, dank en diens van God. Dit is omdat die skrywers van hierdie heilige Skrifte so geïnspireer is deur die Gees dat hulle die woorde van God skryf. Wat dus tydens die Skriflesing gehoor word, is die Woord van God.Die prediking het ʼn dienende funksie van oopmaak en toepas ten opsigte van die Skriflesing waaruit die prediking voortvloei en behoort so nou as moontlik daaraan verbind te word. God is aan die woord deurdat die prediking die Woord as opdrag het. Die lewende God se lewende Woord word verkondig (uitlê en toepas) en dwing tot ʼn lewende, dinamiese, appellerende oordra van die prediking. Die sakramente van die doop en die nagmaal is tekens en seëls van Jesus Christus se offer aan die kruis en die vreugde daarvan om in ʼn versoende verhouding met God en mekaar te lewe. –Vervolg op volgende bladsy Alhoewel die gemeente deurlopend antwoord op
Eredienste Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Van vorige bladsy Alhoewel die gemeente deurlopend antwoord op God se spreke, kulmineer die gemeente se respons in die Antwoorddiens. Daarom is die Antwoorddiens die antwoord van die gemeente op al die voorafgaande liturgiese hoofmomente, naamlik die Ontmoetingsdiens, die Verootmoedigings- en Versoeningsdiens en die Woorddiens. God roep veral deur die Woorddiens gebed, aanbidding, dank en verootmoedigingin die hart van die gemeente op.Die antwoord van die gemeente op die ontmoeting met God geskied deur gebed, Christelike handreiking en sang. Die sang van die gemeente is ʼn belangrike onderdeel van die Antwoorddiens, maar as respons van die gemeente kom dit as liturgiese handeling ook in die ander hoofmomente van die liturgiese gang voor. Sang is diensbaar aan die woorde waarmee met God in die liturgie gekommunikeer word omdat die gemeente daarin as geheel aan die woord kom. Die lied dien as’t ware as Formulier om in eenheid te aanbid, smeek, bely, prys, verheerlik en te verootmoedig. Waar sekere Psalms en Skrifberymings hulle daartoe leen, kan van wisselsang gebruik gemaak word. Die liefdegawe of Christelike handreiking vorm deel van die antwoord van dankbaarheid op die Woorddiens. Met hierdie daad betuig die gemeente sy dank aan God vir die meedeling van sy genadegawes op tasbare wyse. Psalms het in die geskiedenis en moet vandag ook nog dien as gebede, belydenisse, lofprysings en voorbidding en kan in die plek kom van sekere geprate gebede. Die "amen" aan die einde van handelinge soos die prediking, gebede en geloofsbelydenis is die gemeente se instemmende belydenis en bevestiging. Die seën van die Here aan die einde van die erediens het nie die betekenis om die slot van die samekoms aan te dui nie, maar wel die wegstuur van die gemeente om onder die seënende hand van die Here tot die aksie van diens uit te gaan.
Bron: Webtuiste Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Opgedateer 25 Februarie 2014
Veranderde mense bid
Ds. HPM (Malan) van Rhyn (Pretoria-Noord) Skrifgedeelte: Handelinge 9:10-21 Fokusgedeelte: Handelinge 9:11 Saulus (Paulus) het soos ’n besetene voortgegaan om gelowiges te vervolg. Daarvoor het hy selfs na Damaskus gereis om gelowiges daar gevange te neem en na Jerusalem te bring. Maar toe verskyn Jesus persoonlik aan hom en praat met hom! “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” Toe val Paulus magteloos op die grond neer. Nadat Jesus met hom gepraat het, is hy tydelik blind gelaat. Die mense wat saam met hom was, was sprakeloos en het hom toe na Damaskus gelei. Intussen het die Here in ’n gesig vir Ananias gestuur om met Paulus te gaan praat. “Hy is besig om te bid”, het die Here vir Ananias gesê! Die vervolger van die kerk bid nou tot die Here wie se kerk hy vervolg het. Ja, die Here se magtige verskyning het Paulus se hele lewe verander, en nou bid hy! Natuurlik was Ananias skrikkerig om na die vervolger van die kerk te gaan, maar die Here het hom verseker dat Paulus nou ’n veranderde mens was, ’n biddende mens! Ja, die Here kan vervolgers van die kerk verander in biddende mense. Bid saam vir die volgende: Dat die Here ook ons lewens sal omkeer en op die regte pad plaas. Dat die Here se betrokkenheid in ons lewens ook enige sweempie van opstand sal wegneem. Dat ons ook biddende mense sal wees en dat die skille van ons oë sal afval. Dagstukjies beskikbaar op Webtuiste van die Gereformeerde Kerke van Suid- Afrika
http://www.gksa.org.za/dagstukkies-1
ADVERTENSIES 1. HUISVESTING BESKIKBAAR Huisvesting is tans beskikbaar in Monumentpark vir ’n student of jong werkende man of meisie. Ruim slaapkamer met en suite-badkamer, kombuis en gemeenskaplike sitkamer. R2 500 p.m. ongemeubileerd (kan ook gemeubileerd gehuur word). Huur sluit in water en ligte, gratis internet en veilige parkering. Vir navrae kontak Paul Grobler by grobler.paul@gmail.com
2. GEMEUBILEERDE KAMER
8. VAKANTE POS
Klein, gemeubileerde kamer met eie ingang en eie badkamer beskikbaar in Menlopark, 2km van UP. Water en ligte ingesluit. Geen kombuis, ontbyt onderhandelbaar. R1 900 p.m. Dadelik beskikbaar. Kontak Mia by 082 443 0760.
’n Prokureursfirma is dringend op soek na ’n persoon vir ontvangs en administratiewe werk. Vereistes: tweetalig, eie vervoer, goeie telefoonetiket, moet onder druk kan werk, verkieslik regsagtergrond hê. Salaris: onderhandelbaar. Faks kort CV en salarisverwagting na 086 539 7230.
3. TE KOOP
Goeie werkende elektriese stoof (oond, plate en suigwaaier) in vlekvrye staal-afwerking asook ’n wit porseleinwasbak met voetstuk te koop vir R2 000. Kontak Gerda by 083 625 6353 .
4. KAMER TE HUUR
Erla van der Walt het ’n kamer te huur vir ’n damestudent van 1 Augustus 2014. Dis binne loopafstand van UP en daar is parkering beskikbaar. Kontak Erla by 076 840 3731.
5. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596. 6. HEERLIKE GESONDHEIDSBESKUIT Student in hotelbestuur verkoop beskuit vir ekstra geld – 1kg @ R60. Plaas asseblief bestelling vooruit. Kontak Marié by 079 523 0185.
7. NAMAKWALAND EN WESKUS:
17–24 Aug en 25 Aug–1 Sep Kom ervaar die nostalgie van die Weskus en die towertapyt van Namakwaland. Baie hoogtepunte! Slegs R7 640 p.p. wat deel. Vir inligting en besprekings kontak Elzette Minnaar Toere by 012 546 0770.
10. OPSIGTERSWERK BESKIKBAAR Daar word dringend gesoek na ’n betroubare egpaar vir opsigterswerk by ’n woonstelgebou in Arcadia. Baie netjiese gebou in Johannstraat. Vereistes: goeie menseverhoudinge en moet inwoon. Vergoeding: onderhandelbaar (óf gedeelte van huur óf vaste salaris). Kontak Renate gedurende kantoorure by 012 481 6060.
11. VERBLYF VIR MANSTUDENT
Enkelkamer met badkamer en instapkas. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Naby UP-kampus en mediese kampus asook Gautrein-busroete. Huur van R2 2000 p.m. sluit in elektrisiteit en water asook wasgoed- en skoonmaakdiens. Skakel Joan by 082 570 1778.
12. PIK ’N WYNTJIEFEES Op 27 September bied Wapadrant weer ’n wynfees aan. Indien iemand sou belang stel in ‘n kostalletjie (nie die gewone boereworsrolle en basaarkos nie) met produkte wat goed pas by wyn, kontak Lihana van der Walt by lihanav@gmail.com. Stalletjies kos R250.
Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings
6 Jul
Duxbury
Troyestr
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za (Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
6 Jul
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
Plek
Fanie van der Schyff
kantoor@gkbrooklyn.org.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Datum
Predikante verbonde aan die gemeente:
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
Ouderling Matthys van der Hout Diaken Fanus Nortje Ouderling Bingle Kruger
Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Ronel
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Janneke
13 Jul
Duxbury
Ouderling Ivan Altin Diaken Hannes Welman
13 Jul
Troyestr
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Ds C de Beer van Boksburg-Suid is beroep na PretoriaBrooklyn as medeleraar
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).