Hart & Hand 6 Oktober 2013
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Nehemia 1 Sang: Sk 12-3:1, 2 Ps 51a:6 Ps 51b:5 Sk 10-2 Ps 134a:4 Sk 14-1:1, 2, 3 Sk 13-3
Oggenddiens
Duxbury: 18:30
Bou stadsmure!
Niek Pienaar Skriflesing: Markus 10:1-12 Sang: Ps 100:1-5 Ps 92a: 3, 4, 6, 7 (2de melodie) (sittend) Ps 128a:1-3 beurtsang - v1: almal, v2: mans, v3: dames
Fanie van der Schyff Eers skinker, toe goewerneur en toe boukontrakteur - dit is die verhaal van Nehemia. Hy het opdrag ontvang om die mure van Jerusalem weer op te bou. Wat beteken dit vir ons, vandag, 2013?
Aanddiens
God se liefde vir ons word in ons verhoudings gereflekteer Niek Pienaar Die Fariseërs se strikvraag wys hoe hulle van ’n toegewing ’n beginsel gemaak het; van die uitsondering, die reël. Jesus antwoord hulle deur te sê dat sonde sonde bly, maak nie saak hoe jy dit rasionaliseer of ‘sugarcoat’ nie. Maar die eintlike punt wat Jesus maak, is nie om gronde vir die uitsondering te verduidelik, of die sondigheid van ’n egskeiding uit te wys nie, Jesus fokus op die goeie wat God ingestel het, en hoekom dit die beste is om daarvolgens te leef en daarna te streef.
Troyestraat
Dodelike wapens in die arsenaal van die duiwel Ds. Francois Lessing Dit voel soms asof alles vir ’n mens te veel word. Dan kom twyfelgedagtes by jou op. Bestaan daar so iets soos die duiwel?
Wie is die duiwel werklik? Watter wapens gebruik hy? Die gevaarlikste wapens in sy arsenaal.
Troyestraat: 09:30 Ds. Francois Lessing (Emeritus) Skriflesing: Jakobus 1:2 – 8 Teks: Jakobus 1:5, 6 Sang: Ps 33:1 bl. 6 Ps 51:1 bl.9 Ps 32:1 bl. 6 Ps 68:2 bl. 9
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Dagboek
Let asseblief daarop dat die eredienstyd vir Troyestraat verander. Vanaf Oktobermaand sal die eredienste om 09:30 begin.
Sondag:
Jeug-kleingroepe
Maandag:
18:00 Klassis Oostelike Pretoria 19:00 Dissipelskapkafee
Troyestraat-dagboek
Woensdag 9 Oktober: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30 in die konsistorie (1 Petrus 5) Ná die Bybelstudie sal daar ’n interkerklike sustersver-gadering wees. Ons nooi al die susters hartlik uit om daar teenwoordig te wees. 7 Oktober 2013
Die wêreld-ekonomie en die voorbereiding van die bruid van Christus
Woensdag:
18:00 Bedieningskommissie Beplanning 2014
’n Sosio-ekonomiese perspektief
Donderdag:
Aangebied deur Louis Kruger en Hugo v.d Walt
18:00 Jeugbegeleiersvergadering
Gelukwense
Eljadahuis
Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel. Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies. (Matteus 10:30-31)
Die jaar staan sowaar alweer einde se kant toe en ons neem weer vrymoedigheid om te vra vir nie-bederfbare kos vir Eljadahuis. Oor twee maande sluit die huis vir Desember en daar word gepoog om aan elke gesin 'n kospakkie te gee vir Desember. Ons is dus reeds besig om ekstra kos bymekaar te maak daarvoor. Alle bydraes sal baie waardeer word.
6/10 7/10 7/10 8/10 9/10 9/10 9/10 10/10 10/10 10/10 10/10 11/10 11/10 11/10 11/10 11/10 12/10
Tiaan Izak Nico Kobus Ester Petra Berend Martie Bets Ansia Mariette Izelle Eben Johan Mareli Juan Jan
Heystek Potgieter Vermaak Rheeders Kruger Swanepoel Wierenga Eloff Greeff Labuschagne v.d Westhuizen Eloff Griffioen Jooste Kruger Swart Dekker
079 886 7576 082 857 1733 072 244 5072 083 415 3499 083 564 3212 012 460 8463 072 904 3921 072 219 1641 079 147 8472 072 325 6344 012 344 3439 072 340 9477 082 828 8420 072 776 5658 083 950 7716 079 527 5157 079 897 3943
Diensgroep-kontakpersone Sal alle diensgroep-sameroepers asb. aan die kerkkantoor die nuutste kontakpersone vir die jaar 2014 deurgee. Ons is besig met die opdatering van die gemeente-inligtingstuk.
Verlore goedere Breek- en kombuisware wat ná funksies in die kombuis agtergelaat is, word vir die volgende drie Sondae ná die oggenddiens op ’n tafel in die kerksaal uitgepak. Kom kyk gerus en neem joune asb. Dit wat nie afgehaal word nie gaan later verkoop word vir Bybelverspreiding. Dankie.
Voorbidding – Maledive Die uitkoms van die verkiesing in September is baie belangrik vir die verligting van die sosiopolitiese radikalisme teenoor enige godsdiens buiten Islam. Bid dat die Here die pas verkose leiers sal aanraak en in hul harte sal werk om godsdienstige gelykheid in die samelewing teweeg te bring.
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Bets Engelmohr by 082 320 9133 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Gelukwense Van harte geluk aan Jannie Breedt, wat as ouderling bevestig word, asook aan Carlé Erasmus, wat as diaken bevestig word. Ons bid julle die seën van die Here toe in jul ampswerk.
Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.
Preekreeks Oggend-eredienste Fanie van der Schyff 6 Okt Bou stadsmure! 13 Okt Breek die stadsmure af! 20 Okt Versierde stadsmure...
Groot Kersprogram-pret vir ons graad 1 tot 3’s! Alle graad 1- tot 3-kinders kan hierdie kwartaal uitsien om deel te wees van ons gemeente se Kersopvoering wat ná die erediens op 24 November 2013 op die planke gaan verskyn! Ons vra egter alle graad 1- tot 3-kinders en hul ouers se ondersteuning. Daar sal elke Sondag direk ná kerk 15 minute lank in die kerk geoefen word waarna die kinders na die lapa kan gaan vir hul weeklikse jeugkleingroep. Ouers word gevra om geduldig die 15 minute af te staan. Daar is ook hulp nodig met die dekor. ’n Kort ouervergadering sal direk ná die erediens oor die Kersopvoering in die kerk gehou word. Ons vra dat elke graad 1- tot 3-ouer asb. sal agterbly.
Dissipelskapkafee Maandagaand 7 Oktober
Vanuit watter koninkryk leef jy? Jesus stel dit onomwonde dat daar twee duidelik gedefinieёrde koninkryke is, naamlik die koninkryk van God en die koninkryk van die wȇreld (Mattheus 6:33). In Lukas 16:13 noem Hy dat Mammon die heerser is binne laasgenoemde koninkryk en dat óf God óf Mammon gedien word. Hy noem ook by geleentheid dat Satan die owerste van die wȇreld is en Johannes bevestig dit in 1 Johannes 5:19 – “Ons weet dat ons uit God is en die hele wȇreld in die mag van die bose lȇ”. Die ekonomiese- en ander wȇreldstelsels funksioneer binne en vanuit die koninkryk van die wȇreld . Baie is hieroor opgeteken en dit is duidelik dat sodanige stelsels toenemend onder druk verkeer. Dat dit op ‘n Godgegewe tydstip in die toekoms totaal gaan ineenstort is ook duidelik opgeteken in Openbaring 18. Die vraag is egter vir ons as hedendaagse Christenevanuit watter koninkryk leef ons? Dit is absoluut bepalend en nie so eenvoudig om te antwoord nie.
Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Philip Loots 082 614 9415
Plek
6 Okt
Troyestr
13 Okt
Duxbury
Troyestr
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau 082 971 2725 mashautd@gmail.com
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
Ouderling Kobie Venter Diaken Erna Kruger
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Ina
Ouderling
Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Joëlna
Diaken Este-Marie Pieterson 13 Okt
Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za
(New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
Reëlings Duxbury
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za
(Troyestraat-bedieningspunt)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
6 Okt
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)
Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
Datum
Fanie van der Schyff
Dienste deur Hervormde Kerk
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Eerstejaarskamp Stellenbosch 2014 Jou kaartjie na suksesvolle studentwees! 18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm of by Mariétte 072 778 7804 of Johan 082 929 1733.
Kerklike bydraes Maart 2013 tot Augustus 2013 600000 300 000 500000 250 000 400000 200 000 300000
Midweekboodskap Die Midweekboodskap sal voortaan ook in Hart en Hand verskyn. Ons vetrou dat lidmate wat nie oor die tegnologie beskik om die Midweekboodskap elektronies te ontvang nie, hierdie plasing handig sal vind. Diegene wat om verskeie redes nie die boodskap kon lees nie mag ook hierby baat vind.
Gemeentelid se boek bekend gestel
200000 150 000 100000 100 000 0 AUGUSTUS DANKOFFER
50 000 0 Mrt
DOELWIT Apr
WERKLIK
Mei
Begroot
Jun
Jul
Aug
Werklik
2 Oktober 2013
DIEN MET VREUGDE Ps 2:6 (Totius Beryming) begin met die woorde: “Kom dien die Heer en wees in Hom verblyd” Dien God met blydskap. Doen dit met oorgegewenheid en toewyding. Antwoord op God se versoek soos Jesaja: “Hier is ek! Stuur my! (Jes 6:8) Diens aan God bring ware blydskap in jou lewe, want alleen dan beleef jy vrede tussen jou en jou hemelse Vader.Ons behoort met liggaam en siel aan ons getroue Saligmaker, Jesus Christus. Duur gekoop deur sy bloed. Ons glo dit en bely dit elke Sondag. LEEF dit ook nou, elke dag……
Kees van Dijkhorst, gemeentelid en afgetrede regter, se nuwe bundel verhale, Arnoster en die prokureurtjie en ander vertellinge, word uitgegee deur Rosslyn-Pers. Dié prosa-avonture dek ’n verskeidenheid situasies, van die komiese (party rondom die reg) tot die makabere, avontuurlike en selfs bonatuurlike. Dis pragtig geïllustreer deur Marinus Wiechers. Die boek verkoop teen R160. Bel Erna by 083 274 7702 of e-pos ejpoetry@gmail.com. Indien per pos verlang, voeg R25 by.
Onthou Dissipelskapkafee Maandagaand 7 Oktober Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing . (Galasiërs 5:22-23)
Andeon/Bergsig se jaarlikse Jakarandatee op Saterdag 12 Oktober Dit is ’n feestelike dag op die Gereformeerde Kerk Andeon se terrein, wat dié tyd van die jaar prentjiemooi is. Vanjaar is ons gasspreker Natasha Joubert en die kunstenaars is sy en haar man, Willie Joubert. Die toegang is R80, wat die gasspreker, kunstenaars en uithalerverversings insluit. Ons nooi almal uit om die dag met ons te deel én ons gee die geleentheid aan gemeentes om hul bejaardes by ons te kom trakteer op ’n verfrissende oggend. Vir gemeentes wat ’n groepbespreking maak, is die tarief slegs R40 vir lidmate bo 65 sodat ons die direkte koste vir die verversings kan dek.
REDAKTEUR
Godsdienstige blaadjie Daar sal by geleentheid ’n godsdienstige blaadjie by die kerk se deure beskikbaar wees. Neem gerus ’n kopie. Rig navrae en kommentaar aan die kerkkantoor.
Daar is tans geleentheid vir iemand met taalvaardighede, liefde vir skryf en ’n sin vir nuuswaardigheid om as redakteur die versorging van Brooklyn Brokkies te hanteer. Indien jy geroepe voel om jou gawes met dié van ander te deel en leiding te neem om dié publikasie kwartaalliks die lig te laat sien, skakel gerus met Ivan by 082 444 3666.
ADVERTENSIES 1. PERSOONLIKE STILIS Verveeld en gefrustreerd met die klere in jou kas? Bestee jy te veel geld aan klere wat jy nooit dra nie? Kontak my gerus vir persoonlike stilering en ’n klerekaskonsultasie. Ek help jou om daagliks stylvol te lyk sonder al die frustrasie! Kontak Corlia by 082 960 8771. 2. BELASTINGOPGAWES 2013 SARS se sperdatum vir die indiening van elektroniese belastingopgawes vir die 2013belastingjaar is 22 November 2013. Skakel my gerus indien u hulp soek met die indiening van opgawes vir persoonlike sowel as besigheidsbelange. Geregistreede belastingpraktisyn en geoktrooieerde rekenmeester. Kontak Fanus by 084 764 6068 of e-pos fanus.nortje@gmail.com.
3. FOTOGRAFIE VIR PASGEBORE BABA (binne die eerste 10 dae) Hoe geseënd is ek om met een van die wêreld se wonderwerke te kan werk! Dit is my nuwe passie en ek wil dit baie graag met julle deel. Kontak my gerus indien jy belang stel om jou baba te laat afneem en/of navrae het oor koste: Suné Taljaard by 078 460 1932 of taljaardsune@gmail.com 4. WERK GESOEK ’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.