Hart en hand 8 maart 2015

Page 1

Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 8 Maart 2015 Foto: Die See van Galilea. Matt.15:29 Wikipedia

Hart

&

Hand

Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Algemeen, besonder, intiem! Fanie van der Schyff

God openbaar Homself in die grootsheid van die skepping. Niemand kan ontken dat daarin ’n Mag en Krag groter as die mens self is nie! Die skepping basuin dus uit dat daar ’n God is, maar vertel ons nie wie hierdie God is nie. Dit doen die Woord. In Jesus wys hierdie Skeppergod hoe intiem lief Hy sy kinders het. Hy is nie net Here God van alles en almal nie, Hy is in Jesus my Here en my God ...

Aanddiens

Is jy lief vir My? Chris de Beer

God openbaar Homself op ’n intieme wyse deur Jesus Christus. Hy is lief vir ons en offer sy lewe op vir ons. Nou vra Hy: “Het jy My lief?”

Visitasie by Brooklyn Op Woensdag 11 Maart word daar DV visitasie by ons gedoen. Volgens die Kerkorde (Art. 44) beteken dit dat twee predikante uit Klassis Oostelike Pretoria die Kerkraad van Brooklyn kom besoek om navraag te doen en advies te gee oor die plaaslike bediening in sy geheel. Woensdag besoek twee predikante van Wapadrand ons. Enige lidmaat is welkom om die visitatore voor die vergadering persoonlik te ontmoet indien jy graag iets oor die bediening van Brooklyn met hulle wil bespreek. Skakel asb. die kerkkantoor voor Dinsdag om ’n afspraak te maak. Op 18 Maart besoek ons twee predikante die Gereformeerde Kerk Derdepoort vir visitasie daar. Dink asb. deurentyd in jou persoonlike gebede aan dienswerk wat in die kerke en koninkryk van ons Here verrig moet word. Uiteindelik is elkeen van ons immers "medewerkers in diens van God" (1 Korintiërs 3:9) wat biddend dien.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing:

Johannes 20:19-31 (:28) Sang: Sk 12-3:1, 2 Lb 190:1, 2, 3 Sk 12-5 Sk 3-3:1, 2, 3, 5, 6 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Johannes 21:1-25 Sang: Lb 164:1, 2 Lb 168:1, 2, 3 Sk 9-2:1, 2, 3 Sk 1-2:1, 2 Sk 13-3 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Johannes 21:17 Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.


DAGBOEK

Vandag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Dinsdag: 08:30:Predikantetoerusting

Gelukwense

Maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend (Filippense 4:6). 8/3 8/3 8/3 8/3 8/3 8/3 8/3 9/3 9/3 9/3 9/3 10/3 10/3 11/3 11/3 11/3 12/3 12/3 12/3 12/3 12/3 12/3 13/3 13/3 13/3 14/3

Sanelle Alida Louwrens Mel Jani Jurgen Kobie Anneke Gerrie Retief Suzette Jacs Bernard Esther Suleste Sarel Elzabe Anita Lappies Manri Renske Renate Anzelle Elmien Lara Pieter

de Beer Kruger Linde Stronkhorst v.d. Walt v.d. Walt Venter Schoeman Snyman van Wyk Venter Lemmer Roodt Dry Kusche v.d. Merwe Barnard Cilliers Labuschagne Oosthuizen van Heerden van Wyk Marais Rossouw van Niekerk v.d. Berg

082 532 1924 012 333 4791 083 289 4717 083 287 5289 012 460 4699 012 460 4699 082 973 6838 079 036 5500 071 363 3508 083 291 0917 082 889 1520 012 348 8138 082 827 8157 072 221 4144 082 776 1354 012 346 2104 072 546 4612 082 928 0767 082 784 3881 083 451 3313 079 969 4949 083 963 9622 072 262 3602 082 452 7337 012 348 6388 083 458 0621

Woensdag: 18:00 Diakonie 18:00 Kerkraad 19:00 Beginpunt

TROYESTRAATBEDIENING Woensdag 11 Maart: Bybelstudie in eetsaal (09:30): Openbaring 13:11 e.v. (ds. Fanus)

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Oom Gys van Rooyen het sy heup gebreek – hy word in 1 Militêre Hospitaal verpleeg (hy was ’n generaal in die Weermag). Ons vra voorbidding vir hom.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Voorbidding:

Laos Bid vir die talle vroue wat hul lewens opnuut toegewy het aan Jesus. Bid dat hulle deurgaans diep gewortel sal wees in die geloof en meer van hul ware identiteit in Hom sal ontdek. Bid ook dat hulle Jesus sal uitstraal terwyl hulle werk en hul gesinne versorg.


Jou Bybel Die Bybel is God se Woord, oftewel, God wat met jou praat Hy praat nie net sommer omdat praat praat is nie! In 1 Johannes 5:13 gee Hy self die rede vir sy besondere openbaring aan die mens. Dit is naamlik die Blye Boodskap: “sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”. In sy Woord vertel Hy ons van die skepping, hoe ons in sonde geval het en hoe verlore die mens sonder Hom is. Die Woord is die Blye Boodskap van Jesus wat vir ons sonde betaal het en dat Hy met ons op pad is na die ewige lewe. Lees hierdie Blye Boodskap, glo dit, leef daarvolgens en vertel ander daarvan ... wie weet, dalk is jou voorbeeld vir ander die enigste Bybel wat hulle al gelees het. Mag ander in jou iets van die Blye Boodskap raaksien en God aanbid.

Die betroubaarheid Nuwe Testament

van

die

Lukas 1:1-4; Johannes 20:30; 2 Timoteus 3:1617 Agtergrond Die betroubaarheid van die Nuwe Testament is geweldig belangrik, want as dit nie betroubaar is nie, dan val die kern van ons Christelike geloof uitmekaar. Dit sou beteken Jesus se Godheid, sy versoening en sy opstanding is net stories en moenie ernstig opgeneem word nie.

Hoe weet ons die Nuwe Testament is betroubaar? Die betroubaarheid kan op verskillende maniere getoets word, byvoorbeeld:  bibliografies;  intern;  ekstern.

1. Bibliografies Hier gaan dit oor ’n akkurate kopie van die oorspronklike tekste. Eerstens is die kopieë wat ons het baie naby aan die oorspronklike tekste wat ons het. In vergelyking met die ander belangrike antieke tekste wen die Nuwe Testament ver. Tweedens het ons baie meer manuskripte van die Nuwe Testament as ander antieke tekste. Ons het byvoorbeeld meer as 20 000 kopieë van die Nuwe Testament teenoor Homer se Illiad met 643 kopieë.

2. Interne toets Byna die hele Nuwe Testament is deur ooggetuies geskryf: Matteus, Johannes, Petrus, Paulus, Jakobus en Judas was almal ooggetuies van wat gebeur het. Maar daar is ander ooggetuies, want die skrywers beroep hulleself nie net op wat hulle gesien het

nie, maar ook op die getuienis van ander

nie, maar ook op die getuienis van ander mense. In sy toespraak in Jerusalem sê Petrus die volgende aan die mense: Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self (Handelinge 2:22). Later in Handelinge staan daar: Die koning weet van hierdie dinge, en daarom praat ek openhartig met hom. Ek is seker dat dit nie sy aandag ontgaan het nie, want dit het nie êrens in ’n hoekie gebeur nie (Handelinge 26:2426). Dit wat met Jesus gebeur het, was publieke gebeure wat deur baie mense waargeneem is. Die feit dat die apostels hulle beroep op die getuienis van ander beteken dat hierdie mense hulle sou teengegaan het as dit wat hulle gesê het onwaar was. Veral die vyande van Jesus sou nie geskroom het om hulle in die mond te ruk nie, maar niemand het nie, want dit het regtig gebeur. 4. Eksterne toets Daar is verskeie buite-Bybelse bronne wat die gebeure van Jesus se lewe beaam. In sy boek The Historical Jesus:ancient evidence for the life of Christ wys Gary Habermas hoe bronne vanuit Grieks, Romeins en Joodse oorsprong die volgende feite van Jesus se lewe beaam:  Jesus is deur die Romeine gekruisig;  Jesus is as God aanbid;  geloof in Jesus se opstanding uit die dood;  Jesus was die broer van Jakobus;  die leë graf. Die bogenoemde is bewyse waarom ons die Nuwe Testament as betroubaar kan aanvaar. Dit beteken Jesus het werklik opgestaan en Hy regeer oor alles. Ons fokus behoort op Hom te wees.


Gemeentegeskiedenis

Almal wat belang stel in ’n gedrukte weergawe van die onlangs gepubliseerde Saam op pad met God oor die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het nou die geleentheid hiervoor. Vul die skeurstrokie in, skeur dit af en gee dit tydens kollekte by die deure af. Ek/Ons stel belang in ’n gedrukte weergawe.

Naam: Van:

Gedrukte weergawe

Jy kan die kerkkantoor ook in kennis stel

Skeur hier af

Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 sal die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.

Program vir Dissipelskapkafee Februarie – Junie 2015 Maart 9

April

Mei

Junie

16 23 30 6 13 20 27 4 11 18 25 1 8 15 22 29

Geloof alleen: Christus (Solus Christus) en

Chris de Beer

Die Heilige Gees (Sola Fide) Samevatting : Bespreking Vakansie Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees? Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie Die Engele en die duiwel Vakansie

Fanie van der Schyff Fanie, Chris en Paul

Paul Grobler Paul Grobler Paul Grobler Chris en Paul Magdal Pienaar-Marais


Eljadahuis Baie dankie aan almal wat in November en Desember so mildelik bygdra het met die spesiale pakkies en kos wat ons vir Eljadahuis kon gaan afllewer. Dit word opreg waardeer en het gehelp om ook vir mense wat swaarkry ietsie spesiaals te gee. Soos altyd is die nood aan basiese kos hoog en om elke dag vir sowat 60 mense kos te maak, het mens ’n taamlike voorraad nodig. Ons vra dus weer aan almal wat wil om ’n bydrae te lewer in die vorm van nie-bederfbare kos soos langlewemelk, blikkies vleis en vis, pasta, suiker, toebroodjiesmeer, hawermout en Weetbix, toiletbenodighede en skoonmaakmiddels. Die personeel van die huis het ook gevra vir plastieksakke, enige grootte en vorm, enige ou winkelsakke sal waardeer word. Die kos kan in die houtkis in die voorportaal van die saal gesit word. LW: Die deur van die saal regoor die kerk is gesluit en mense word gevra om deur die saal te loop om die kos in die houtkis te plaas.

VETKOEK-VRYDAG 13 Maart Agapé samel fondse in vir die sustersaamtrek wat ons gemeente oor vier jaar aanbied en hiervoor begin ons met ’n wegneem-ete. Vetkoeke met maalvleis teen R20 per vetkoek kan by alle Agapé-lede bestel word. Dit kan op Vrydag 13 Maart tussen 17:00 en 18:30 by die kerk afgehaal word. Die wat dit daar wil eet, kan gerus ’n piekniekmandjie saambring. Die laaste dag vir bestellings én betalings is Dinsdag 10 Maart. Betalings kan by Agapé-lede geskied of dit kan in Agapé se bankrekening inbetaal word. Let asb. daarop dat ons bankbesonderhede soos volg verander het: Rekeningnaam: Agape Diensgroep, Tjekrekening, ABSA-tak: Ben Swartstraat Wonderboom-Suid, Rekeningnommer: 408492-1490. Die verwysing is jou voorletter en van en VV agterna, bv. A Botha VV. (VV is vir Vetkoek-Vrydag.)

Dankie vir boekrak Baie dankie aan An van der Merwe vir die pragtige boekrak. Skenk asb. vir ons geestelike boeke wat julle nie meer wil hê nie. Die boeke sal permanent uitgestal word. Neem gerus daarvan, lees en bring terug. Indien jy die boek baie graag wil hou, gooi vir ons ’n donasie in die bussie. Hierdie geld sal gaan vir die Bybelverspreidingsprojek van Pieter en Ronel Stronkhorst. Linda van Vuuren en Johanna Hellberg

Hartklop-Fees 2015

Gemeente-ete: 15 Maart

Kaartjies is ten bate van die Paul Kruger-Kinderhuis 28 Maart 2015

Wat: Gemeente-braai op 15 Maart ná nagmaal Waar: By die kerk Bring asb.: Eie vleis, drinkgoed, eetgerei asook lekker slaai of bykos vir gemeenskaplike tafel. Bring asb. ook ekstra stukkie/s vleis vir die studente wat kom saam braai. Vure sal aangesteek word tussen 11:30 en 12:00. Agapédiensgroep sorg vir nagereg! RSVP by: Ronel Stronkhorst (083 299 7413), Elzabe Barnard (072 546 4612) of Elma Human (072 264 4979). Studente kan hul name by Leoné Pieters (0825817585) opgee.

NG Moreleta Ouditorium Kunstenaars: Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Adam, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld. Kaartjies beskikbaar by Itickets 086 1000 291

www.itickets.co.za Kaartjiepryse: R110-R250

Juventus-kamp 2015: 13-5 Maart @ OMARAMBA Holiday Resort R400 per persoon Ons gaan na Omaramba-vakansieoord vir ’n lieflike naweek van ontspanning en stories vertel saam met medegelowiges. Dit gaan jou slegs R400 kos en alles word ingesluit. Skryf in by die skakel op ons Facebook-blad. Die betalings moet egter voor die kamp gebeur - ons sal dus die rekeningnommer binnekort vir julle gee.


Toerusting vir groepe en gesinne Weektema: Hoe vertel die natuur my dat God bestaan? Teks: Matteus 16:13-20 1.

Lees/Luister: Lees as groep of gesin saam deur Matteus 16:13-20.

2.

Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar.

3.

a. b. c. d. e. f. g. h. 4.

a. b.

5. a. b. c.

Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte : Wat is die sentrale gedagte van Matteus 16? Waar is Sesarea-Filippi en hoekom is die plek belangrik vir die gedeelte? (Meer inligting: http://en.wikipedia.org/wiki/Caesarea_Philippi) As jy dink oor wat die wêreld sê van Jesus, hoe dink die wêreld oor wie Jesus is? Wat is belangrik om te weet sodat ons Petrus se belydenis kan verstaan? Wie is Jesus vir jou? Gee mekaar geleentheid om iets persoonliks oor Jesus in jou lewe te deel. Indien die poorte van die hel of die magte van die doderyk nie die kerk kan oorweldig nie, is ons as kerk veronderstel om aan die aanval of op die verdediging te wees? In die week wat verby is, hoe het jy Jesus raakgesien rondom jou? In die week wat kom, waar gaan jy in die plekke waar jy werk, speel of leer seker maak jy vra die vraag: Wie is Jesus vir jou hier in hierdie omstandighede?”

Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

Bid: Bid as gesin of groep saam vir die volgende: Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer. Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het.

Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid.


BEURTKRAG

Enige bydrae vir hierdie buitengewone kosteitem is baie welkom

Ons bedieningswerk in die kerk, saal, kantore en by die pastorie moet aangaan te midde van beurtkrag omdat die agterstand van Eskom nie gou uitgewis sal word nie. Hiervoor het die kerkraad tenders uitgestuur en toe ’n bystand-kragopwekker by Genpower Electrical bestel. Die besonderhede is soos volg: 50 KVA Cummins-dieselopwekker met klankkas en oorskakelmeganisme; Totale koste plus BTW en installasie: R181 000; Dit tree in werking teen middel April 2015. Plaas u bydrae elektronies oor . in bankrekening Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, ABSA, rek.nr. 540 340 110 ( verwysing Generator) of in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkie

ADVERTENSIES MEUBLEMENT BENODIG Enige oortollighede soos yskas, mat, enkelbed of dubbelbed, lessenaarlamp, bedlamp, hangkas, los hout- of staalkassie, klein eettafel, gordyne, TV. Kontak Frans Bekker by 072 271 3778. WERK GESOEK 41-jarige dame, Kathleen Branco, benodig ’n werk. CV beskikbaaar. Ondervinding van kassierwerk, versorging van ouer mense, ontvangs, kinderoppasser, huishouding. Kontak 071 393 4750. DIE WASLYN Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596. WOONSTEL BENODIG 2 Slaapkamers met klein tuintjie en wat veilig is. Kontak Theuna Stolz ná 15:00 by 084 595 2820.

STRANDHUIS IN CANNON ROCKS, OOS-KAAP beskikbaar oor Paastyd en vakansie. Die huis loop uit op die strand met 180-grade-seeuitsig. Hoofslaapkamer vir 2 en kinderkamer met 5 stapelbeddens plus 1 bedbank in woonkamer, groot woonvertrek, kombuis en 2 badkamers, stoep plus motorhuis. Ten volle toegerus: beddegoed, badhandoeke, DSTV, speelgoed, boeke, Weber. Kontak Linda van Vuuren by 082 825 0220 MANIE JACKSON-konsert: 13 Maart 2015 19:00 by NG Kerk Waverley-Oos

Koste is R100 per volwassene, R50 per skolier en gratis vir voorskoolse kinders. Kaartjies kan bespreek en betaal word by ons kerkkantoor 09:00-14:00. Tel: 012 332 1951 E-pos: admin@ngwaverleyoos.co.za

VARS SWART OLYWE UIT DIE NOORD-KAAP OM SELF IN TE MAAK

Oestyd begin April; @ R40 per kg. Plaas bestellings by Cornelia by 082 903 1427 of Henning-higgins@absamail.co.za ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum Plek 8 Mrt Duxbury

8 Mrt

Troyestr

15 Mrt

Duxbury

15 Mrt

Troyestr

Diensbeurt Ouderling Danie Bakker Diaken Carlé Erasmus Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Colin Cameron Diaken Drikus v.d. Walt

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Skinkbeurt Esther

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Ronel, Elsabé, Elma

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.