Hart en hand 9 november 2014

Page 1

9 November 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

U Naam ...

Fanie van der Schyff God maak Homself aan ons bekend in sy Naam. Hy is in sy wese heilig ... sy Naam is heilig ... daarom moet sy Naam ook deur ons geheilig word. Dit mag dalk alles mooi klink, maar wat beteken dit om God se Naam in die praktyk van die daaglikse lewe te heilig? Aanddiens

Die nuwe mensheid

Chris de Beer Die Heidelbergse Kategismus leer ons in Sondag 16 en 17 dat gelowiges saam met Jesus gekruisig is en saam met Hom opstaan uit die dood. Wat beteken hierdie waarheid vir ons in Brooklyngemeente en hoe is dit nog relevant in die jaar 2014?

500 miljoen

CHRISTENE HET NIE BYBELS Hartlik welkom aan verteenwoordigers van Bibles for Believers wat G K Pretoria-Brooklyn op Sondag 9 November besoek

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 6:9-13 Sang: Lb 168:3 Ps 100b:1 Ps 100a:3 Ps 148b:7, 9 Ps 145a:1; Ps 145b:2, 9 Sk 10-1:1 Lb 169:1, 2, 3 Sk 20-2:6, 7 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: 2 Korintiërs 5:17-19 Efesiërs 2:11-22 Sang: Lb 292:1 Lb 334:1, 2, 3, 4 Ps 65a:4 Sk 5-4:1, 2, 5, 6 (sit) Sk 11-2:1, 4 (staan) Sk 13-3 Amen (staan) Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.


Dagboek

Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: 18:00 Kerkraad 19:00 Diakonie

Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag:  Woensdag 12 November: Bybelstudie Troyestraat – Openbaring 10. Asook huisbesoek

Gelukwense

Naasteliefde

Alle mense is soos gras. Hulle bekoorlikheid is soos blomme van die veld. Gras verdor, blomme verwelk, maar die woord van God bly vir altyd (Jeasja 40:6, 8).

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

9/11 10/11 10/11 10/11 10/11 11/11 12/11 13/11 14/11 14/11 15/11 15/11 15/11 15/11 15/11

Janet Eduan Sunel Erna Leoné Alida Cornél Eldie Rita Henk Magda John Arrie Jerry Sheila

Williams de Langen Duursema Kruger Pieters Kruger Schoombie Kruger Naude Schalekamp Cunze Krüger Krüger Potgieter van Marle

072 216 6328 082 442 3252 082 660 6581 082 453 2417 082 581 7585 073 950 7716 082 906 6807 072 123 2963 079 929 3610 082 926 0708 083 308 0995 082 334 4422 082 334 4422 082 802 9097 082 772 6454

Siekte Amalia Altin (082 895 4230) en Sanlie van der Walt (083 661 7711) het die afgelope tyd operasies ondergaan. Ons bid hulle spoedige beterskap en sterkte toe.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Voorbidding:

Nepal

‘n Elektroniese publikasie wat die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn vertel is binnekort op die Internet beskikbaar.

Weens ’n gebrek aan menslike hulpbronne, tyd en onderwysers is valse leerstellings algemeen in Nepal se afgeleë gemeenskappe. Bid dat gelowiges in hierdie gebiede sal vasstaan op die Woord van die Here, en dat die Here bedieningswerkers sal oprig vir dienswerk in hierdie afgeleë gebiede.


Lekkernypakkies vir Eljadahuis Die diakonie het besluit om weer vanjaar, soos verlede jaar, lekkernypakkies vir die mense van Eljadahuis te gee. Verlede jaar het ons met die gemeente se samewerking groot sukses daarmee gehad en ons kon vir elke gesin ’n lekkernypakkie gee. Vanjaar neem ons die vrymoedigheid om weer te vra en ons gaan probeer om genoeg pakkies in te samel sodat ons vir elke individu ’n pakkie kan gee. Ons mik vir 250 pakkies. Indien jy wil deelneem, neem gerus ’n sakkie (of twee) by die deur. Daar is ’n lysie op die sakkie van die lekkernye wat ons graag in die pakkies wil sit. In die saal is daar ook ’n voorbeeld van die eetgoedjies wat in die sakkie moet kom. Die kosprojek gaan ook nog aan daarom sal enige niebederfbare kos waardeer word. Dit kan in die houtkis in die voorportaal van die saal geplaas word. Indien jy op ’n ander manier betrokke wil raak, is daar Die Vriende van Eljadahuis-projek waar ’n debietorderstelsel ingestel is. Die doelwit is om 10 mense in 10 gemeentes te vra om R100 per maand by te dra en so die huis in staat te stel om finansieel hul eie instandhouding (versekering, water en ligte, sekuriteit, ens.) te doen. Skakel Elfrieda Marais gerus by 072 1795 847 vir ’n vorm.

Nou beskikbaar Teken in op Die Kerkblad. Skakel Angie Mokobi by 018 297 3986 vir meer besonderhede; e-pos tydskrifte@gksa.co.za


Riviertoer 2014 Die Gereformeerde Kerk Frankfort bied weer sy jaarlikse riviertoer aan, wat DV van 3 tot 7 Desember 2014 gehou word. Indien jy belang stel in hierdie groot geleentheid, gebruik C:\Users\Ockey\Dropbox\FRANKFORT\Frankfort 2014 Riviertoer\2014 - Inskrywingsvorm.pdf Inskrywings met die nodige dokumentasie kan direk per e-pos gestuur word aan: sanette.struwig@gmail.com Kyk op Facebook vir foto’s van verlede jaar se toer. Die inskrywings kom daagliks in en ons is al weer baie opgewonde oor die geleentheid wat voorlê. Inskrywingsouderdom is hoërskoolkinders (ja ook skoolverlaters). Inskrywingsgeld is R700 per kind.

GK Benoni: Songs of Praise

onder leiding van Richard Cock (http://richardceventssongs-of-praise.html). Die konsert begin om 15:00 op Sondag 30 November. ’n Kersprogram word aangebied met plaaslike kore, verskeie intrumentaliste en samesang deur die gehoor by sekere items. Kaartjies is te koop by sr Ina Bolt by 011 849 5005 teen R80 per persoon. Navrae kan gerig word aan Erika by 082 888 6862.

Gaan jy Namibië toe? Ek het ’n pakkie wat na Gobabis in Namibië moet gaan. Dit is ongeveer ’n skoenboks-grootte. Indien iemand in daardie rigting gaan en die pakkie vir my kan saamneem, sal ek dit baie waardeer. Kontak Ronel Stronkhorst by 083 299 7413.

Dissipelskapkafee DATUM

TEMA

10/11

Wat sê die Bybel oor Heiligheid Heiligheid van die Heilige Gees Die Heiligheid van Christus

Paul

Die Heiligheid van die Kerk

Paul

24/11

“Die doel heilig die middele” – bekende woorde waarmee daar maklik verontskuldig word – ondanks die gevolge. “As twee minusse nie ’n plus maak nie, probeer drie,” het JR Ewing van Dallas-faam gesê. ’n Mens sien en hoor daagliks van minusse wat as ’n plus opgedis word en dis onverstaanbaar dat mense daarmee wegkom en ander dit glo. In 1 Samuel 15 verontagsaam Saul God se opdrag om al die vee dood te maak, kwansuis om dit as offer vir God te gebruik. Handelinge 5 vertel die verhaal van Ananias en Safira wat ’n pensioentjie agterhou, maar aan Petrus sê dat hulle alles vir die apostels gee. In albei gevalle regverdig hulle hulleself, maar lieg eintlik vir hul medemens en vir God. Verskonings en verduidelikings aan myself kan die eerste minus wees waarmee ek by ’n plus probeer uitkom. Groothartige optrede het dalk ’n verskuilde agenda wat tot my eie voordeel gebruik word. Filippense 4:8 sit al die plusse bymekaar: “... broers, alles wat waar is, edel is, reg is, rein is, mooi is, prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.”

AUGUSTUSDANKOFFER Bydraes

November 2014

17/11

As verkeerd reg word

AANBIEDER

Paul

REEDS ONTVANG

Geleentheid

LIDMATE KAN STEEDS BYDRA

Bydraes wat reeds vir die Augustus-dankoffer gemaak is, is met groot dankbaarheid teenoor God ontvang. Daar is egter nog tyd en geleentheid vir dankoffers. Sodoende kan die geraamde mikpunt bereik word.


My Pa is Koning

Lesse uit die tuin

Jesus self het ons leer bid: “Ons Vader in die hemel ...” Die Heilige Gees getuig dieselfde waarheid in Romeine 8:15 en 16: ons mag God aanspreek as Abba, wat eenvoudig beteken: “Vader, Pa, Pappa, Pappie”. Saam getuig Jesus en die Heilige Gees dus dat ons ’n hemelse Pa het wat ons nie net geskape het nie, maar ons nou ook trou versorg en elke oomblik met ons elkeen hier op aarde is. Jesus het ons ook verder leer bid: “Laat U koninkryk kom”. In die bekende Onse Vadergebed verwys Jesus na die Vader se koninkryk, of eenvoudig gestel, Jesus verwys na die Vader as Ewige Koning. Op talle plekke in die Nuwe Testament hoor ons egter die uitdrukking dat die koninkryk van die hemel naby is of naby gekom het (Matteus 3:2; Matteus 10:7), maar dan met verwysing na Jesus en nie die Vader nie. Dit is nie ’n weerspreking in die Bybel nie. In die menswording van Jesus het die koninkryk van God Drie-Enig vanuit die Hemel op aarde sigbaar geword. God se koninkryk het meer as net naby gekom - Jesus sê dit is “in” ons (Lukas 17:20 en 21: 1933/53-vertaling)! Ons staan dus in ’n uiters naby-verhouding met die Hemelkoning. Ons is nie net bloot onderdane of medeburgers soos in ’n gewone politieke bedeling nie. Ons is kinders van Hom ... Koningskinders! Dit maak dat ons vir die wêreld kan sê soos in die ou bekende liedjie: Weet jy wat?

Ons teks wys vir ons wat in Jesus se eie gemoed aangegaan het die aand voor sy kruisiging. Ons lees die woorde: “Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: ‘Ek voel doodsbenoud…’” (Matteus 26:37-38). Die Griekse woord wat hier gebruik word, is Ekthambeisthai. Die letterlike betekenis van hierdie woord is iets soos ’n intense emosie wat opgewek word deur geskok te word. Die teks leer ons daar het iets in die tuin gebeur wat Jesus nie verwag het nie en daarom raak Hy doodsbenoud. Die antwoord lê in die beker wat Hy moes drink, want Jesus was op pad om ’n dood te sterf wat nog geen mens voor Hom of weer ná Hom sou sterf nie. Matteus, Markus en Lukas skryf van die “lydensbeker” waarna Jesus verwys in sy gebed. In antieke tye is hierdie beker aan iemand gegee wat die doodstraf gekry het. Die Bybel (kyk Esegiël 23:31-34; Jesaja 51:17) verduidelik dat hierdie beker na God se oordeel wys. Jesus raak doodsbenoud, want Hy sou nie net fisies gemartel word en sterf nie. Hy was op pad om God se oordeel oor boosheid en sonde te dra. Hy was op pad om die straf te dra wat vir ons bedoel was.

Psalm 145 (:13) en Heidelbergse Kategismus: Sondag 48 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 2 November 2014)

My Pa is die Koning van die heelal, jy weet Kom wat wil ... ek sal dit nooit vergeet! As die Koning van die heelal jou dan sy kind gemaak het, leef dan in afhanklikheid voor Hom (Matteus 5:3; Heidelbergse Kategismus: Sondag 48) en verkondig die grootsheid van hierdie waarheid selfs sonder woorde in wie jy is, wat jy sê en hoe jy leef (Psalm 145).

Matteus 26:36-46 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 2 November 2014)

Opedag: Eloffsdal CGL-E Saterdag 15 November 2014

Die bestuur en personeel van die CGL-E nooi u hiermee uit na ons skooltjie se heel eerste opedag wat gehou gaan word op Saterdag 15 November 2014. Die drag is gemaklik/informeel. Die verrigtinge begin om 10:00 en sluit om 13:00.

Versoek Indien enigiemand ekstra Psalmboeke by die huis het, bring dit asseblief kerk toe vir gebruik op Sondae as die krag af is.


ADVERTENSIES 1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR

7. HUISHULP BESKIKBAAR

Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.

Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.

2. WEGGOOIDOEKE EN ANDER PRODUKTE VIR VOLWASSENES Molicare, Clemens, Tena, ens. Doeke, sanitêre doekies en Linen Savers. Goeie pryse en aflewering in Pretoria, 48 Adults Wetwipes vir R35. Kontak Magda indien u enige inligting benodig oor produkte by 082 322 6117 of 012 567 6996 (10:00-18:00).

3. GERIEFLIKE KAMER IN QUEENSWOOD Ruim slaapkamer met badkamer en instapkas. Goeie sekuriteit met eie ingang en onderdakparkering. 5 km van Tuks en Mediese Kampus. Een blok vanaf Gautrein-bushalte. R2 200 per maand. Elektrisiteit, wasgoeddiens en skoonmaakdiens ingesluit. Skakel Joan by 082 470 1778.

4. CANON EF 100-400 MM F4.5-5.6 L IS USM LENS (WIT LENS) TE KOOP Ek wil graag bogenoemde lens verkoop aangesien ek dit wil vervang met ’n lens wat verder kan uitzoom. Die lens is splinternuut, ek het dit verlede jaar in November by Outdoor Photo gekoop en net een keer gebruik. Dit kom saam met sy oorspronklike boks, sagterware, ’n Kenko Pro Digitale UV Filter, ’n lenssak (pouch) en ’n hood om direkte sonlig uit te hou. Daar is geen krapmerke op nie. Die lens kos nuut R18 500 en ek wil graag R14 000 daarvoor hê. Skakel Pieter Heslinga by 082 551 0130.

6. KUNSKLASSE Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za

8. SKIPPER FRIGATE-OPSLAANWOONWA Slaap 4 volwassenes en 3 kinders. Woonwa is toegerus met ingeboude kaste, tweebranderstoof, twee nr 7-gasbottels, gasslang, noodtekens, afskortgordyne en aankniptafeltjie. Die woonwa het ’n baie groot tent in goeie toestand. Die woonwa is onlangs voorsien van twee nuwe wiele en laers vir die as. Kontak Alta by 012 362 0356 of 073 140 5003.

9. KANTOORRUIMTE TE HUUR in Menlopark –

R11 000 per maand. 150 m2. Beskikbaar 1 Januarie 2015. Die kantoor is geleë in ’n woonbuurt met 24uur-sekuriteit. Alarmstelsel. Water- en kragverbruik ingesluit. Skakel die eienaar, Pieta Heyns, vir verdere navrae by 083 286 7726. 10.SAKEGELEENTHEID VIR JONG DINAMIESE PERSONE. Is jy ‘n energieke, jong dinamiese mens met ‘n sake aanvoeling om in die bemarkings - en kommunikasiebedryf deel te word van ‘n sakegeleentheid.‘n Eie ‘n eie onderneming is die moontlikheid . Oorweeg ‘n internskap en skakel vir Louis by 083 375 4991 om meer uit te vind. Bill Gates en Warren Buffet het deur internskappe groot lesse geleer in die vorming van hul loopbane en sakeondernemings

VAKANSIETYD! Die vakansie is voor die deur. Waar julle ook gaan vakansie hou, is daar altyd geleentheid om aan iemand ’n Bybel te gee. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel ná oggenderedienste.Neem Bybels saam wanneer julle gaan vakansie hou en versprei so die Woord van God.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Reëlings Datum 9 Nov

Plek Duxbury

9 Nov

Troyestr

16 Nov

Duxbury

Diensbeurt Ouderling Hannes Otto Diaken Elzabé Barnard Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Diaken Fanus Nortje

16 Nov

Troyestr

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Skinkbeurt Soekie

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatfonds

Dalina

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Preektema

Teks Notas

Wat leer ek om God te eer?

Wat leer ek om ander, binne en buite ons geloofsfamilie, te dien?

Wat leer ek oor hoe om dissipels van Jesus te maak?


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.