3 Augustus 2014
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Niks kan ons van Gods liefde skei Prof. Amie van Wyk
Die vraag na sekerheid. Wat bring skeiding? 1. Die mag van die sonde 2. Die mag van bose magte 3. Die mag van die dood. Wat oorwin skeiding? Die liefde van God en die liefde van Christus. Boodskap: van liefde en van hoop.
Aanddiens
Die gesonde leer Fanie van der Schyff
Bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo ... Die duiwel is die groot verleier wat poog om ons geloof met slinksheid en geweld te probeer saboteer. Hou vas aan jou kosbare geloof en leef uit wat jy geleer het en glo. Dit is jou anker en ook jou roeping.
Troyestraat
Die wagkamer van die wederkoms Wanneer laas het u gewag vir iets? Dink bietjie aan die week wat verby is. Dalk het u gewag in ’n tou om u inkopies te betaal, of moontlik by ’n rooi verkeerslig terwyl u wag dat die lig groen word. Of dalk het u gewag vir ’n telefoonoproep? Het u al gewag vir uitslae van mediese toetse? Wanneer laas het u gewag vir iets? En wanneer ons wag, wat doen ons dan? Hou ons onsself besig met allerhande dinge soos koerant lees, of staan ons passief en tik in ongeduld met ons voet? Is dit regtig nodig dat ons wag? En as ons moet wag, hoe lank is lank genoeg gewag? Wanneer kan ons ons ongeduld begin regverdig?
Eredienste Duxbury: 09:30 Prof. Amie van Wyk Skriflesing: Romeine 8:31-39 (38-39) Sang: Lb 203:1-5 Sk 12.3:1-2(3) Sk 9.1:11 Ps 73:10, 11 Sk 5-4:1-6 & Sk 10-2 (OV) Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Timoteus 3:10-4:8 Sang: Lofprysing Sk 12-2:1-5 Sk 14-1:1-3 Troyestraat Christelike Sentrum: 10:00 (Residentiasaal) Skriflesing: Handelinge 1:8 & 11 Sang: Ps 146:1, 2, 3 & 8 - Prys die Heer Sk 10-1 (Onse Vader) New Life City Church Reitz Street: 09:00 Dr Derrick Mashau
Dagboek
Vandag: Jeug-kleingroepe Verjaarsdagtee Maandag: 18:00 Agapé Dinsdag: 18:00 Bedieningskommissie 19:00 Juventus
Gelukwense
Gee al julle bekommernise aan God oor, want Hy gee vir julle om (1 Petrus 5:7). 3/8 4/8 4/8 4/8 4/8 5/8 5/8 5/8 6/8 7/8 7/8 9/8 9/8 9/8
Bingle Lane Esmarie Henk Elfrieda Elsie Tertius Marie-Louise Wessel Justin Numadi Drikus Lené Ian
9/8
Marinus
Kruger Grove Koelman Koelman Marais du Buy Murray ’t Hart Herbst Lofthouse Prinsloo Coetzer de Bruyn Janse van Rensburg Janse van Rensburg
082 453 2417 082 879 6654 012 330 0057 012 330 0057 072 179 5847 082 410 9547 072 744 5474 082 229 9575 083 270 9333 072 685 2585 083 380 6321 072 174 2586 084 626 0184 083 413 1329 083 413 1328
Enkellopende en jonggetroude diensgroep Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Meelewing. Amalia Altin se moeder, Ernie, is die afgelope tyd oorlede en Donderdag begrawe. Ons bid Amalia, Ivan, die kinders en familie die krag en troos van ons Hemelse Vader toe.
AUGUSTUS-DANKOFFER 2014 Ons doelwit vanjaar is om R900 000 met ons jaarlikse AUGUSTUS-DANKOFFER en die BILTONGFEES in te samel. Briewe in dié verband sal binnekort aan u gestuur word. Daar bly nog twee weke oor voor die BILTONGFEES, wat op Vrydag 15 Augustus in die saal van ons buurskool gaan plaasvind. Kom ons wend ’n spesiale poging aan met ons DANKOFFER en ons ondersteuning van die BILTONGFEES om ons doelwit van R900 000 te haal. Stort asseblief u DANKOFFER in ’n koevert of maak ’n oordrag na die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, rekeningnommer 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die AUGUSTUS DANKOFFER. Ons berig spoedig in Hart & Hand hoe ons met hierdie spesiale poging vorder.
Kommissie vir Administrasie
Voorbidding
Comore Ek verdien dit nie… Kla die 9-jarige Leon voor die bak skottelgoed ná ’n Sondagmiddagete. “Wat het ek aan julle gedoen?” “Jy het niks gedoen nie – niks om in ’n liefdevolle gesin gebore te word nie, niks om ’n warm bed in jou eie kamer te hê nie en niks om uit soveel kos te kon kies nie,” antwoord sy ma. “Dis ’n voorreg om te kan skottelgoed was en so dankie te sê vir alles wat jy verniet kry.” Josef kon ook nie verstaan hoekom hy ’n slaaf moes word nie (Genesis 37). Moses staar hom vas teen sy gebrek en sien nie kans om Farao te konfronteer nie (Eksodus 3-4). Gideon soek tekens om werklik seker te maak dat hy goed genoeg is en Job is ’n voorbeeld in die Bybel van iemand wat deur rampe wat hy nie verdien het nie getref word. As Jesus in die tuin van Getsemane totaal verlate (Matteus 26) twee maal bid dat die lydensbeker by Hom verby moet gaan, is Hy waarlik die een wat nie kry wat Hy verdien het nie, sodat ons onbeperk bevoorregtes is wat uit genade kan ontvang.
Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “GroepSonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lankbeloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
Datums vir 2014 - 11 September, 9 Oktober en 13 November
Tegniese spanlede
Comore is ’n eilandgroep teen die oostelike kus van Afrika naby Mosambiek. Islam is die staatsgeloof. Gelowiges vanuit ’n Moslemagtergrond aanbid in ondergrondse groepe, maar ervaar ’n mate van aanvaarding in dele van die samelewing. Gelowiges vanuit ’n Moslemagtergrond moet byvoorbeeld in Grande Comore in die geheim aanbid omdat die polisie, moskee-leierskap en ekstremiste hulle teenstaan. Maar in baie gevalle het hul familielede wel hul nuwe geloof aanvaar. Dank God vir gelowiges wat deur hul families aanvaar word. Mag geliefdes tot bekering kom na aanleiding van hul Christengetuienis.
Kerkkantoor Let asseblief daarop dat Rentia steeds by die huis herstel ná haar skoueroperasie en dat Ela gedurende hierdie tydperk in die kerkkantoor sal wees van 08:00 tot 13:00.
VERJAARSDAGTEE Sondag 3 Augustus Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat in Julie, Augustus en September verjaar asb. ’n bordjie hand-eetgoed bring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ’n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!
Daar is dringend nog mense nodig in die tegniese span wat help om op Sondae die eredienste se klank- en Psalmvoorleggings te bestuur. As jy weet hoe ’n klankbord werk of wil leer hoe een werk, kom praat met Braam van Zyl, Andries Scheepers of Werner Pieterson.
Dissipelskapkafee Augustus 2014 4 Augustus Agapé-vergadering 11 Augustus Museums en die Bybel: Artifakte wat die Bybel en godsdiens belig Aanbieder: Gerrie 18 Augustus Die Bybel: Geskiedenis van die Bybel Aanbieder: Paul 25 Augustus Die Bybel: Hoe moet ek die Bybel lees? Aanbieder: Paul
Benodigdhede vir die naskoolsentrum by New Life City Church Die naskoolsentrum vir laerskoolkinders by New Life City Church brei uit! Ons wil die plek beter inrig en sal dankbaar wees vir enige skenkings. Tweedehandse goed sal ook baie waardeer word. Ons het onder meer die volgende nodig:
woordeboeke (Engels en tweetalig); skryfbehoeftes (penne, uitveër, kleurpotlode, skerpmaker, gom, skêr); rofwerkpapier (A4 en groter velle vir take); ou tydskrifte vir prentjies; ’n wêreldkaart; plakkate; ’n asblik. Bydraes kan in die gemerkte houer in die voorportaal geplaas word. Baie dankie vir die ondersteuning!
Sout en lig
Matteus 5: 13-16 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die oggend- en aandpreek op Sondag 27 Julie 2014) Julle (jy) is die sout vir die aarde... Julle (jy) is die lig vir die wêreld... Dit is nie ’n bevel nie. Dit is ’n stelling. God self het ons dit gemaak. In die Bybel praat ons Here van die soutverbond om ons daaraan te herinner dat Hy Hom onlosmaaklik aan ons verbind het (Numeri 18:19 en 2 Kronieke 13:5 – ou Afrikaanse vertaling). Soos wat sout as jy dit in kos gooi, deel word van die gereg, heeltemal daarin oplos en jy dit nooit weer daaruit kan haal nie, so is ons aan ons Here verbind en Hy is altyd met ons (Jesaja 43:1; Psalm 139). Sout het ook die unieke eienskappe dat dit smaak aan kos gee en ook kos bewaar teen verrotting. Lig verdryf donker. Selfs die kleinste liggie jaag die donker weg! ’n Lamp, sê Jesus, dien geen doel wanneer dit onder ’n maatemmer weggesteek word nie. Nee, soos ’n helder verligte stad op ’n berg, soos ’n lamp wat hoog op ’n staander staan, só moet die lig sy werk doen deur die donkerte te verdryf. Ons Here Jesus gebruik hierdie twee beelde om ons daaraan te herinner dat ons eenvoudig moet wees wat Hy ons gemaak het, naamlik sout en lig midde-in en ter wille van die wêreld waarin ons woon: Wat julle sê (jou hele lewe), moet altyd van goeie smaak getuig (letterlik: met sout besprinkel wees) (Kolossense 4:6); Tree dan as ligdraers op in hierdie donker wêreld (Filippense 2:15); want satan self doen hom voor as ’n engel van die lig (2 Korintiërs 11:14). Om waarlik sout en lig te wees, word ons geroep om volgens die wil van ons Here te leef en nie volgens ’n stel eie wêreldse reëls van die duiwel wat direk in stryd met die wil van ons Here is nie. Eerste gebod: Tweede gebod: Derde gebod: Vierde gebod: Vyfde gebod: Sesde gebod: Sewende gebod: Agtste gebod: Negende gebod: Tiende gebod:
Deuteronomium 6:4,5; Jesaja 43:10,11; Romeine 12:9, 1, 11; Matteus 10:32, 33; Hebreërs 10:25; Kolossense 3:18-4:1; 1 Johannes 2:9-11; Efesiërs 5:18; Habakuk 2:15; Esegiël 23; 1 Timoteus 6:6-10 + :17-19; Lukas 18:9-14; 1 Johannes 2:15-17.
Wees wat ons Here jou gemaak het ... sout en lig (Efesiërs 5:8-11).
Oorweeg ’n interessante skenking vir ons blitsveiling Betalings vir die BILTONGFEES
Kaartjies vir die BILTONGFEES
As daar persone is wat reeds hul geld vir die fees wil inbetaal, kan dit gedoen word in die volgende rekening: Diensgroep Projekte, ABSA-tjekrekening: 40 7921 5606. BAIE BELANGRIK: Meld asseblief “biltong” en jou naam as verwysing.
Nader asseblief die volgende persone vir bespreking van tafels of individuele plekke en kaartjies: Bets Engelmohr by 082 320 9133,
Elfrieda Marais by 072 179 5847, Wina Cameron by 082 859 5216 of Annalie Grové by 082 879 6654. Vir skenkings en algemene navrae, kontak Fanie
In die BILTONGFEES-slaghuis Daar is lekker gemsbok-wildsbene te koop @ R20 per pak, asook elandbraaiwors @ R65 per kg. Indien enigeen ’n kontak vir ’n koedoe en twee vlakvarke het, kontak asseblief vir Fanie by 083 446 6096. Ons wag ook skenkings in van bv. interessante wyn en tablette (iPads).
van der Schyff by 083 446 6096, Wina Cameron by 082 859 5216, Danie Eloff by 083 952 4764, Frikkie Labuschagne by 073 733 0799 of Jaco Marais by 082 491 6204. Kaartjiepryse Volwassenes: R120 Studente en hoërskoolkinders: R100 Laerskoolkinders: R50 Voorskoolse kinders: Gratis
Dankie vir almal se ondersteuning en voorbidding! -Wina Cameron
Franse radiobediening “ We are very grateful to God for our partnership with you” Ds Eric Kayayan Dis minder as drie weke voordat ons uit SuidAfrika na Frankryk vertrek (DV 21 Augustus) en daar is nog baie reëlings om te tref. Ons besittings is reeds op pad soontoe. Ons hoop net die vrag kom nie te vroeg anderkant aan nie, want dan moet ons ten duurste stoorkoste by die Franse hawe betaal. Op Saterdagmiddag 16 Augustus (17:30 vir 18:00) is daar ’n totsiens-geleentheid (sop en brood) by die Gereformeerde Kerk Rietvallei (Umgenistraat 359, Erasmuskloof). Lidmate van ander gemeentes wat die Franse Radiobediening ondersteun, word hartlik hierheen uitgenooi. Op Sondagaand 17 Augustus behoort ek die aanddiens self te lei. Die eerste besoek aan Suid-Afrika met die doel om terugvoer aan Rietvallei en ander gemeentes te gee, word vir Januarie 2015 (ongeveer 10-25 Januarie) beplan. Dit behoort eintlik ’n jaarlikse instelling te wees. Die presiese datum van ’n vergadering oor die Franse Radiobediening sal later bekend gemaak word. Intussen het ons positiewe terugvoer ontvang oor die preke in Frans wat op die webtuiste van Trans Wêreld Radio (TWR) in oudioformaat (www.twr360.org) geplaas is en so wêreldwyd beskikbaar gestel word. Hierdie week het br. Merl Mangum van TWR die volgende hieroor vir my geskryf: I am forwarding to you the latest TWR360 report for Reformed Faith and Life, and I hope that you will find it as encouraging as I did. I noted the following: the strong traffic to you; numerous enthusiastic comments; an encouraging number of downloads.
All in all, RF&L continues to be well received by the TWR360 French audience! I am pleased to also report that the overall traffic on TWR360 is at an all-time high, and we are hopeful that this trend will continue. We are very grateful to God for our partnership with you in this cutting-edge digital media platform, and I look forward to much continuing fruit in the days ahead. Om ’n platform soos twr360.org effektief te kan gebruik, wys duidelik dat daar steeds baie moontlikhede bestaan om Franssprekende lande in Afrika (en verder!) met die Woord te bedien al sal ek binnekort die bediening vanuit Frankryk verrig. Wat Frankryk betref, wil ek baie graag - saam met kort radioprogramme – ’n aantal klein video’s produseer wat op YouTube of Vimeo geplaas gaan word. Dit sal natuurlik verg dat ek leer hoe om goeie video-opnames met die regte toerusting te maak. Dis gewis ’n opwindende uitdaging in diens van die Evangelie van Genade! Jul voortgesette gebede in hierdie tyd van groot omwentelinge word hoog gewaardeer.
Kom loer in by ons uitstalling van Kinderbybels in die saal. Pieter & Ronel Stronkhorst
ADVERTENSIES 1. GEMEUBILEERDE KAMER Klein, gemeubileerde kamer met eie ingang en eie badkamer beskikbaar in Menlopark, 2km van UP. Water en ligte ingesluit. Geen kombuis, ontbyt onderhandelbaar. R1 900 p.m. Dadelik beskikbaar. Kontak Mia by 082 443 0760.
2. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596.
3. VERBLYF VIR MANSTUDENT Enkelkamer met badkamer en instapkas. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Naby UP-kampus en mediese kampus asook Gautrein-busroete. Huur van R2 2000 p.m. sluit in elektrisiteit en water asook wasgoed- en skoonmaakdiens. Skakel Joan by 082 570 1778.
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza Van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
5. KRIEKETKOLF BENODIG Ek is op soek na ’n krieketkolf vir buitekrieket wat nie meer gebruik word nie. Ek sal dit graag oorneem. Kontak Liza Terblanche by 073 588 6907 of e-pos terblancheliza@gmail.com
Bybelverspreiding … aan kinders Waneer ons aan Bybelverspreiding dink, dink ons gewoonlik aan Bybels vir grootmense, maar moenie van die kinders vergeet nie. ’n Kinderbybel is omtrent dieselfde grootte en prys en die volgende is beskikbaar: 1. My Eerste Lees en Leer Bybel. Ekstra dik kartonbladsye, 9 gunsteling Bybelverhale, volkleurillustrasies, ideal vir kinders van 2-6 jaar. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu @ R65 by die Bybelgenootskap. 2. Lees en Leer Kinderbybel. Vir kinders 7-12, al die gunsteling-Bybelverhale, volkleur-illustrasies, voetnote en merklint, 544 bladsye wat maklik lees. Beskikbaar in Afrikaans en Engels @ R115 by die Bybelgenootskap. 3. Kinderbybels. Vir kinders 9-12, hardeband, volkleur-illustrasies, 256 bladsye. Beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zulu @ R59 by die Bybelgenootskap. 4. Kinders van God. 50 Bybelverhale soos vertel deur aartsbiskop Desmond Tutu. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho en Sepedi (Noord-Sotho) @ R80 by die Christian Literature Fund, Wellington.
Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Werkende enkellopendes Pak jou piekniekmandjie... en kom geniet ’n heerlike dag saam met ons! Datum: Saterdag 9 Augustus, Tyd: 12:00, Plek: Rietvleidam (www.rietvlei-reserve.co.za) Koste: R45 per volwassenes R25 per kind R.S.V.P. voor 7 Augustus willemien.nederveen@gmail.com of 072 406 9829 ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Plek
3 Aug
Troyestr
10 Aug
Duxbury
Diensbeurt
Troyestr
Kollekte
Skinkbeurt
Ouderling Gerhard Oosthuizen Diaken Ingrid HenningHiggins
Onder die diens Diakonale werk By die deure Ekumenisiteit Geref Jeug Buitelands
Magda en Gerda
Ouderling
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Marié
Diaken Marinus van der Hout 10 Aug
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za (Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Duxbury
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
Datum
Fanie van der Schyff
kantoor@gkbrooklyn.org.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
3 Aug
Predikante verbonde aan die gemeente:
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com Ds. C de Beer van Boksburg-Suid is na Pretoria-Brooklyn beroep as medeleraar.
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).