Hart
en
Hand 2244 M Maaaarrtt 22001133
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skrifteks: Efesiërs 4: 7,11 Sang: Ps 31a: 1,3 Ps 71a: 9 Ps 71a: 14 Ps 34a: 4,6 Ps 134a: 4 Sk 20-1: 3 Sk 14-1: 1,2,3 Sk 15-1: 2,4
Oggenddiens
Almal sommige?! Fanie van der Schyff Die kerk van ons Here moet opgebou word...wie is daarvoor verantwoordelik Sommige of almal; Sommige uit almal; Sommige vir almal; Sommige en almal? “Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het ”.- Efesiërs 4:7 (1983) “En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars”.- Efesiërs 4:7 (1983 Aanddiens
Wat ‘n vrou!
\
Fanus Heystek Dawid is bekend vir sy heel besonderse insigte (dink aan sy optredes teenoor Saul en aan sy psalms). Tog op ’n dag loop hy hom vas teen ’n vrou wat ten minste sy gelyke is. Geen wonder dat hy op haar verlief geraak het nie.
Duxbury: 18:30
Fanus Heystek Skriflesing: 1 Sam 25 Sang: Lb 169: 1-3 Sk 14-2: 1,2 (Nuwe Test) Ps 125 (2001): 1,2,4
Karmel en Troyestraat: Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau Mashooffoto: glazemoo.blogspot.com
Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. -
C.J. Langenhoven
Brooklyn Bokmakieries
DAGBOEK
Donderdag: 18:00 Pasga-ete Vrydag: Goeie Vrydag 08:30 Diens Duxburyweg (Fanie van der Schyff) 10:00 Diens Troyestraat (Fanie van der Schyff)
Gemeentesake
Ons volgende uitstappie is na die Mkhomdo-dam (die ou Rhenosterkopdam). Die gebied het ’n verskeidenheid water- en bosveldvoëls. Datum: DV 13 April 2013. Dis so 75km noord-oos van Pretoria en dit sal ’n daguitstappie wees (05:15 om 05:30 te vertrek). Bring gerus ’n piekniekmandjie met ontbyt en middagete. Daar is geen formele piekniekterrein nie, dus moet ’n tafel en stoele saamgeneem word. Onthou ook 'n hoed, verkyker, kamera, sonbrandroom en tolgeld. Laat weet asb teen 10 April of jy wil saamgaan sodat ons die reisreëlings kan koördineer. Skakel gerus vir Arthur Hall by 083 387 3610.
Voorbidding – Libië Bid vir gelowiges wat onder druk geplaas word deur verskeie islamitiese burgermagte.
Voorbidding - Belydenisklas
Multimedia- en klankdiensgroep
Ons onderneem om: Vir ons studentebediening te bid en dat hulle geestelik sterk sal staan in hierdie lewe.
As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.
Ons vra dat daar vir ons gebid word: Dat ons nie antwoorde nodig het om te kan glo nie en dat ons, as ons nie antwoorde kry nie, nie sal ophou om te glo nie!
Siekte
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisisse, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie.
Stephanie Henning (012 440 7569) se gesondheid is in hierdie stadium glad nie na wens nie. Ons bid haar krag en sterkte toe.
Meelewing: Philip Loots (082 614 9415) se moeder is verlede Sondag oorlede. Ons bid hom en sy familie die versterking en troos van ons Hemelse Vader toe.
Griffel - langverlof Griffel sal van 18 Maart tot 29 April met langverlof wees. Ons bid hom en sy gesin ’n geseënde rustydperk toe.
Bevestiging as ouderling Baie geluk aan Matthys van der Hout wat vanoggend as ouderling bevestig word. Ons bid hom die seën van die Here toe.
Baie dankie vir jou finansiële bydrae!
Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Opvoering Die Rooikaart Die Rooikaart, geskryf deur Dana Snyman op sy eie unieke styl, vertel die verhaal van ’n man wat die president van sy rugbyklub is, maar sake loop skeef. Frank Opperman se vertolking is briljant en Gys de Villiers se regie is in die kol. “Mens verlaat die vertoning met ’n glimlag maar ook met ‘n gevoel van deernis.” Waar? Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Wanneer? Vrydagaand 26 April 2013 om 19:30 Kaartjies: R100 vir volwassenes, R80 vir studente en skoliere
Verkope: kantoor of Marga Koelman by 082 923 2346, Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5846, Wina Cameron by 0828595216.
Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.
Datum
Onderwerp
Mrt 25
Vakansie
Spreker
Agapé-uitreik Ons uitreik verlede jaar na huishulpe en lidmate van New life City Church in Sunnyside, gehou in ons kerksaal, was ’n groot sukses. Dis met groot entoesiasme dat ons die geleentheid vanjaar weer aanbied - weliswaar ’n bietjie vroeër as verlede jaar. Reserveer dus solank SATERDAG 4 MEI, 09:00 vir 09:30, vir hierdie opwindende gebeurtenis. Verlede jaar was daar by hierdie geleentheid heelwat versoeke vir Bybels in verskillende tale. Ons wil dus graag ’n WIT OLIFANT-TAFEL organiseer vir die oggend, en die inkomste daarvan vir BYBEL-VERSPREIDING gebruik. Bring asb ’n wit olifant (of twee) na die kerk of kerkkantoor - duidelik gemerk vir dié geleentheid. Vir enige navrae, kontak Annalie Grové, Erna Kruger, Elmarie van der Schyff en Susan Heystek.
Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS Met groot dankbaarheid sien ons hoe die bediening in en vanuit ons gemeente groei terwyl die heerlike aroma van vars gemaakte koffie in die lug hang. Wonderlike dinge gebeur en gesprekke vind daagliks plaas met stomende koppies koffie of tee in die hande. Ons geboue en geriewe word elke dag van die week benut en ons sien hoe mense saam met God op pad is en ook ander mense die pad na God toe wys. Die Agapé-diensgroep het die NIE-KOFFIE-FONDS gestig wat nie oor die koffie gaan nie, maar wel oor liefde en diensbaarheid. Die NIE-KOFFIE-FONDS bestaan sodat ons as gemeente hierdie bediening kan aanhou ondersteun met die nodige gasvryheid en liefde. Jy kan ook ’n bydrae maak deur ’n oorbetaling vir die NIEKOFFIE-FONDS in die Agapé-rekening te maak of deur kontant in ’n koevertjie vir Soekie Kruger, Ronel Stronkhorst of Gretha van Wyk te gee. ’n Groot dankie aan elke persoon wat reeds bygedra het tot ons NIE-KOFFIE-FONDS. Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen. Agapé-diensgroep: ABSA-spaarrekening: 380 2222 0656
Gelukwense
Mense wat weg is
“Maar U Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien.” Psalm 3:4 03/24
Daniël
Eloff
083 952 4764
03/24
Johan
Labuschagne
082 781 2544
03/24
Ulrike
Petrick
082 795 4271
03/24
Nicolette
Prinsloo
072 335 2801
03/24
Cobus
van der Schyff
078 309 2683
03/24
Lizeth
van der Walt
083 305 5695
03/25
Marnus
Botha
082 308 7501
03/25
Leylanie
Grobler
082 513 1144
03/25
Fanie
Louw
072 175 9837
03/25
Vincent
van Vollenstee
012 460 1407
03/26
Fienie
de Jager
082 442 4325
03/26
Ewald
de Kock
082 867 7755
03/26
Clarisse
Venter
072 782 6937
03/27
Cobus
Bekker
082 825 7983
03/27
Laurens
Bekker
082 825 7953
03/27
Hannes
Welman
082 850 1473
03/28
Werner
Koen
082 602 6691
03/28
Adriaan
Kruger
084 583 7462
03/29
Handré
Grobler
083 779 2509
03/29
Inge
Higgins
012 348 8605
03/29
Katinka
Meyer
082 686 7964
03/29
Annie
van der Hout
072 565 3388
03/30
Wessel
Badenhorst
082 301 3342
03/30
Leenta
Buys
082 823 4065
03/30
Frikkie
Labuschagne
073 733 0799
03/30
Yolandi
Swart
083 376 6571
03/30
Elize
van der Walt
073 840 8957
Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die kerkkantoor.
Sestig Plussers Kom geniet ’n heerlike voor-langnaweek se koppie koffie by Grenadine op 28 Maart om 10:00. Sien julle daar! Niek
Toegangsbeheer by hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.
Amateurfotograwe
Wil jy graag ’n bydrae lewer tot die Brooklyn-gemeente se fotogalery. Stuur jou besonderhede per e-pos na: Foto’s by gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com
PASGA- ETE
Brian de Vries praat en sy tema is “The seven last sayings of Christ on the cross.” Bring asb ’n pot sop en ’n broodjie saam – genoeg sodat iemand anders ook saam kan eet. Onthou asseblief ook jul eie eetgerei en drinkgoed. Agapé sorg vir ietsie soets, lekker koffie en tee Datum: 28 Maart 2013 Tyd: 18:00 vir 18:30 Plek: GKB Kerksaal
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Reëlings Datum
Plek
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
24 Mrt
Duxbury
Ouderling Schalk van der Walt
Onder die diens Diakonale werk
Marié
24 Mrt
31 Mrt
Troyestr
Duxbury
Diaken Steyn van Wyk 31 Mrt
Troyestr
Ouderling Petrus Bekker
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)
Derrick Mashau (New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)
082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za
By die deure Ekumenisiteit Buitelands
Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)
Dienste deur die Hervormde Kerk Ouderling Colin Cameron
Fanie van der Schyff
012 542 3667 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Diaken Marinus van der Hout
Predikante verbonde aan die gemeente:
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Sanet
013 947 2179 079 933 9884 Jaarprogram nou beskikbaar op ons webtuiste by gereformeerdbrooklyn.co.za volg: Inligting Kerkkalender
ADVERTENSIEBLAD 1. KRONENDAL-AFTREEOORD 1- en 2-kamer-eenhede te koop. Versorgingseenheid, haarsalon, biblioteek en kelderparkering beskikbaar. Maandelikse heffing sluit in: 3 maaltye per dag, water/elektrisiteit, skoonmaak en 24-uursekuriteit. Skakel Wanie by 012 343 0390 uitbr 312 vir meer inligting. 2. KUNSKLASSE vir hoërskoolkinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig, Centurion.
3. ENGELSE KLASSE Ek bied ekstra Engelse klasse aan vir laerskool- en hoërskoolleerders in Taalwerk en Graad 12 se voorgeskrewe letterkunde in Home Language en First Additional Language. Kontak asseblief Marike Kotzé by 079 805 7614. 4. KAN JY HOOR? Indien jy sukkel om die predikant te hoor, kontak Liza van Wyk, die oudioloog, by Hearing Hub, 13de Straat 8, Menlopark by 012 346 0511. 5. VERSOEK VAN DIE TUINIER Indien enige iemand kan help met 6 strelitzias vir die kerk se tuin, kontak Frans by 072 271 3778.
6. WOONSTEL GESOEK ’n Baie verfynde dame, Odette de Villiers, wat die Ooo la la-koffiewinkel in 13de Laan, Menlopark besit, is dringend op soek na ’n woonstel of tuinwoonstel in die omgewing. Kontak Odette by 083 609 6479. 7. MOBIELE DIERESALON HOLLYWOOD PETS Vir die versorging, bad, sny, ens. van honde en katte kontak Yolandé by 073 873 7711. 8. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ’n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ’n christelike manspersoon. Beskikbaar vanaf 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00. 9. VERBLYF VERSOEK Ek is op soek na verblyf vir 2 damestudente, vanaf 14 Julie tot 20 September. Ons is finalejaaronderwysstudente en doen in daardie tyd ons prakties by Laerskool Skuilkrans. Ons sal dit verkies om saam by 'n plek te kan bly. Sal dit waardeer as iemand ons kan akkommodeer. Kontak Hermien Pieters by 073 255 2799.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.