Hart en Hand 17 Februarie 2013

Page 1

Hart

en

Hand

Eredienste

1177 FFeebbrruuaarriiee 22001133

Duxbury: 09:30

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Paul Grobler (Leesdiens) Skriflesing: Fil 2:1-11 (5) Eks 20:4-6 Sang: Ps 146: 1,5,6 & 8 p.700 Sb. 9-4: 1,2,5,6 Sb. 15-1

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Kolossense 1:15-23 Sang: Die sang sal afgekondig word.

Jesus en die tweede gebod ~ ’n oortreding of vervulling Paul Grobler (Leesdiens)

Karmel en Troyestraat

Wie is jou Jesus?

Waar: Karmel: 09:00 Troye: 10:00 Predikant: Ds Fanus Heystek Skriflesing: Matt 5:17 - 19 Hebreërs 9:6 - 14 Sang: SK 12-3: 1 + 2 Ps 18:14 LB 241:1 + 2 SK 7-2:1 + 2

Griffel van Wyk Alles in jou geloofslewe asook selfs in verskillende kerke staan en val by jou idee van hoe groot Jesus werklik is. Elkeen het ’n idee in sy kop... maar is jou idee so groot soos Kolossense dit beskryf?

\

Is daar Ou-Testamentiese wette wat vandag nog geld? Ds Fanus Heystek In die 17de eeu was die Engelse moeg vir hul koning se regeerstyl – hulle wou volgens die wette van God geregeer word. Maar watter wette in die Bybel is vandag nog geldig? Die Engelse parlement het die koning (Charles 1) gedwing om ’n vergadering op te roep. Die Westminister-Belydenis het gevolg met ’n antwoord op ons vraag.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derick Mashau

Lees binne - Biltongfees - Disipelskapkafee - Sustersaamtrek

3


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Reëlings

(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

Derrick Mashau

Datum

Plek

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

17 Feb

Duxbury

Ouderling: Jan van der Merwe

Onder die diens: Diakonale werk

Ronel

Diaken: Elfrieda Marais

By die deure: Uitreikfonds

17 Feb

Troyestr

Tjaart Bosua

24 Feb

Duxbury

Ouderling: Gert-Lambert Erasmus

Onder die diens: Diakonale werk

Diaken: Erna Kruger

By die deure: ARSO

Troyestr

Fanie van der Schyff

012 542 3667 073 777 1254 fansan@lantic.net

Phillip Loots 082 614 9415

24 Feb

Predikante verbonde aan die gemeente:

Dienste deur Hervormde Kerk

(New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za Brian de Vries: (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation) Ina/Ester

013 947 2179 079 933 9884 Jaarprogram nou beskikbaar op ons webtuiste by gereformeerdbrooklyn.co.za volg: Inligting Kerkkalender


DAGBOEK

Vandag:  Jeug-kleingroepe  Nagmaal - Troyestraat Maandag:  19:00 Dissipelskapkafee Donderdag:  19:00 Nuwe lidmate in die moederskamer

Troyestraat  Woensdag 27 Februarie: Bybelstudie om 10:30 in Nebohofsaal. Tema: 1 Samuel 25  Woensdag 6 Maart: Bybelstudie by Kronendal (Pretoriusstraat) om 09:30. Tema: Watter wette het Jesus vervul en watter geld vandag nog?

Gemeentesake Voorbidding – Nepal

Vervoer

Sommige gelowiges in Nepal wat teologiese opleiding in die stad ontvang, is weens verskeie redes huiwerig om na hul dorpies terug te keer. Bid dat die Here bedieningswerkers met ’n hart vir hierdie dorpies beskikbaar sal stel sodat die Evangelie diegene kan bereik wat nog nooit van Jesus gehoor het nie.

Indien vervoer na die kerk benodig word, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Naasteliefde

President Kruger-kinderhuise

Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisisse, neem die vrymoedigheid en kontak die Kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die gemeente se aandag kan bring. Vir meer sensitiewe persoonlike sake is u welkom om een van die predikante te kontak.

Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders!

Siekte Tinus van Wyk sterk stadig aan. Hoewel hy nou tydelik in ’n rolstoel is, vertrou ons dat hy spoedig weer die kerkklok op Sondae sal kan lui. Dankie vir jou getroue diens, Tinus.

Versoek van die Kerkkantoor Sal W.H. Potgieter asseblief dringend vir Rentia kontak by 082 775 6907.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

Voorbidding - Belydenisklas Ons bid vir: Die vyf predikante dat hulle die Woord suiwer mag verkondig.

Ons vra voorbidding vir: Onsself vir geestelike groei.

Biltongfees 2013 Aangesien die meeste vrugte nou taamlik beskikbaar en in seisoen is, wil ons u vriendelik versoek om solank konfyt te begin kook vir die bliltongfees later vanjaar!

Gedagte vir nou. Terwyl geloof alles moontlik maak, is dit liefde wat alles maklik maak. Evan H Hopkins


Baie dankie vir jou finansiële bydrae!

Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale-kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommerr: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Sustersaamtrek

Koel vrugteslaai vir ’n warm somer Ons nooi almal hartlik uit om op Donderdag 21 Februarie om 10:00 ’n heerlike porsie vrugteslaai met roomys of vla in die Troyestraatkonsistorie te kom geniet. Dink net hoe lekker gaan die somerhittegolwe weggesluk word. Porsies sal teen R10 per bakkie verkoop word en kan dadelik geëet of weggeneem word. Hoop om julle daar te sien!

Wol Die vlytige hande van die dames van Troyestraat is steeds besig om kniekombersies vir bejaardes en truitjies vir klein lyfies te brei, maar hiervoor het ons wol nodig. Sal almal wat dalk nog klein bietjies wol oorhet dit vir ons skenk. Maak nie saak hoe groot die hoeveelheid nie, alles word gebruik. Skenkings kan by die kerkkantore afgegee word.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema

Storielyn

Bybelverse

Datum

Noag

Die mens se sonde

Gen 6:9-22

Ma 18 Feb

Die vloed

Gen 7:1-10

Di 19 Feb

Meer oor die vloed

Gen 7:11-24

Wo 20 Feb

Einde van die vloed

Gen 8: 1-12

Do 21 Feb

Noag offer

Gen 8: 13-22

Vr 22 Feb

Datum: 9 Maart 2013 Tyd: 08:00 tot ± 13:00 Plek: Gereformeerde Kerk Akasia Landbouhoewe 19, Renéstraat Winternest, Akasia S25.39.2.6 O28.7.30.8 Tema: Gelowig vrou altyd diensbaar waar God jou wil gebruik Spreker: Dr Marina van Loggerenberg (Vorige redaktrise van Die Gereformeerde Vroueblad) Gaskunstenaar: Fanie de Jager Koste: R100 per persoon betaalbaar voor 17 Februarie 2012 Kontakpersoon: Ronel Stronkhorst 083 299 7413

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom. Datum 18

Onderwerp

Spreker

Dissipelskap: Waar jy bly maak saak

Paul

Grace of the City: Tim Keller 25

Dissipelskap: Waar jy bly maak saak Grace in and for the City: Tim Keller

Paul


Gelukwense

Mense wat weg is:

“Die Naam van die Here is ’n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling” (Spr 18:10)

02/17

Leon

Alberts

082 874 9468

02/17

Geraldine

Jansen van Vuuren

083 442 8132

02/17

Pieter

Kleynhans

072 840 5465

02/17

Geert

Stevens

082 458 9135

02/19

Renier

du Preez

073 492 7254

02/19

Christiaan

van Vollenstee

012 460 1407

02/19

Schalk

van Vuuren

083 252 9176

02/19

Léandi

Venter

072 701 6609

02/20

Hennie

Groeneveld

082 871 5490

02/20

Koos

Sauer

082 435 3483

02/20

Johandri

Venter

084 584 2715

02/21

Ida

Linde

073 610 2974

02/21

Lumé

Slabbert

082 822 8054

02/21

Niek

Wiechers

082 491 0004

02/22

Jacques

Stander

076 423 6839

02/23

LouisFrederik

Groenewald

082 937 9081

02/23

Drikus

van der Walt

082 894 7537

02/23

Lee-Anne

van Rooyen

084 821 1982

Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die Kerkkantoor.

Brooklyn Brokkies Ons kwartaalblad het ’n nuwe redaksie, ’n nuwe voorkoms en ’n nuwe aanslag. Ons gaan die nuus kort hou (onthou ons naam: Brokkies). Artikels (met foto’s) moet verkieslik nie langer as een bladsy wees nie. Artikels oor gemeentegebeurlikhede sal voorrang geniet. Ons soek veral artikels waarin ons mekaar beter leer ken. Ons soek BAIE foto’s – van al die kampe, presteerders, ens. Deel julle goeie nuus met ons. Stuur bydraes na Johanna Hellberg by johanna.hellberg@up.ac.za of bel my by 073 295 5848. Sperdatum: 1 Maart.

Toegangsbeheer by die hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.

SESTIG PLUSSERS Eljadahuis Eljadahuis in die weste van Pretoria, waarby die diakonie betrokke is, voed daagliks ongeveer 44 mense . Daar is elke dag tussen 10 en 15 mense wat by dié huis werk vir hulle en hul gesinne se kos en klere. Die behoefte bly dus groot en die volgende kos word deurlopend benodig: koffie, tee, suiker, bokse melk, macaroni, spaghetti, grondboontjiebotter, stroop, Bovril, konfyt, blikkies vis en vleis, sousboontjies, enige blikkies groente, kookolie, sjampoe en deodorante. Mense wat ’n bydrae wil maak, kan die kos in die houtkis in die saal se voorportaal plaas. (Baie dankie vir die kontantskenkings wat ons kry , ons gebruik dit maandeliks om kos aan te koop vir die huis. Kontantskenkings moet asb in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkies geplaas word.)

Kom luister na ’n praatjie deur Marinus Wiechers oor "Mangaung en daarna" op 28 Februarie om 10:00 in die Moederskamer. Sien julle daar. Niek

Klankbaan van preke Klankbane van preke in Duxbury is beskikbaar om in MP3 formaat af te laai.Besoek ons webtuiste by www.gereformeerdbrooklyn.co.za


Byeenkoms vir nuwe lidmate Alle nuwe lidmate word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms op Donderdagaand 21 Februarie om 19:00 in die moederskamer. Kom maak kennis en vind uit wat gebeur hier en hoe lyk Brooklyn-gemeente. Laat weet Magda Richards by 082 551 3625 of Elfrieda Marais by 072 179 5847 asseblief as julle kom.

Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapédames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 kan die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.

Vertrek met attestasie Slabbert Lumé Erasmus Danielle Malan Freda Maritz Johannes J Swanepoel Johannes M

Komatipoort Randburg Nelspruit Akasia Nelspruit

Ingekom met attestasie De Jager Francois B Kruger Mashudu D Viljoen Hanneke Nagtegaal Martyn

Nelspruit Louis Trichardt Centurion Innesdal

Ingekom met bewys Langley Petrus J Egg: Martha FF Fourie Anna J

NG Meyerspark NG Vryburg

Hartlik welkom aan nuwe intrekkers en lidmate.

Nagmaalete Sondag 17 Maart 2013 BRING EN BRAAI Alle lidmate, nuwe lidmate, studente en nuwe eerstejaarstudente word uitgenooi om saam te kom kuier. Elke gesin bring vleis en een bykos. Alle bykosse word op een tafel uitgepak en almal skep van die lekker verskeidenheid. Vure sal vanaf 11:30 gereed wees vir braai. Agapé-diensgroep voorsien heerlike nagereg. Bring asb eie borde, eetgerei, glase, servette en drinkgoed. ELKE GESIN WAT KOM, MOET ASB EEN EKSTRA STUKKIE VLEIS BRING EN ‘N EKSTRA PORSIE BYKOS VIR ONS STUDENTE WAT GAAN SAAM EET. Laat weet asb watter gesinne kan kom sodat daar bepaal kan word hoeveel vleis daar vir die studente sal wees. Die studente moet asb laat weet wie gaan kom saam eet. Kontak vir Willem Daling by 082 929 3971. GESINNE MOET ASB VIR JOËLNA BY 082 374 1974 OF RONEL BY 083 299 7413 KONTAK VOOR OF OP10 MAART.

VERJAARSDAGTEE SONDAG 24 Februarie Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat verjaar in Januarie, Februarie en Maart asb. ’n bordjie hand-eetgoed bring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ’n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!!

BROOKLYN–DUIKKLUB (vir almal wat reeds geduik het) Dit is tyd om een te begin! Fanie nooi almal wat aktief duik (en geduik het) om deel te word van ’n gemeenteduikklub. Fase 1: Bel vir Ela by 012 362 0069. Fase 2: Stigtingsvergadering wat deur Fanie gereël sal word. Fase 3: Opknappingskursus as jy lanklaas geduik het (ons het ’n DM wat jou gratis weer sal leer duik). Fase 4: ’n Daguitstappie na Miracle Waters. Fase 5: Sodwana of ……….?


ADVERTENSIEBLAD 1. TUINWOONSTEL TE HUUR ’n Privaatwoonstel in Lynnwood naby die universiteit met alle geriewe, eie ingang, parkering en binnehof beskikbaar. Nuut oorgedoen en in ’n 24uur-veiligheidskompleks @ R3 600 per maand. Kontak Henk by 082 926 0708. 2. ELEKTRIESE HEKKE EN INTERKOMSTELSELS Vir elektriese hekke, elektriese motorhuisdeure, interkomstelsels, klein elektriese werke, installasie en instandhouding, kontak Jurie Bekker by 072 226 0606. 3. EENSLAAPKAMER-TUINWOONSTEL vir ’n enkelpersoon is beskikbaar van 1 Maart 2013 in Waverley, Pretoria. Kontak Gerda Carney asb by 084 833 0421. 4. TUINWOONSTEL Lekker ruim tuinwoonstel beskikbaar in Meyerspark van 1 Maart vir enkelstudent of professionele werkende enkelpersoon @ R3 500 per maand, volle DSTV-pakket ingesluit. Elektrisiteit uitgesluit. Skakel Eben Venter by 082 780 6674.

7. HUISWERKER Poppie Skhosana is ’n betroubare huiswerker. Die vrou by wie sy die afgelope aantal jare gewerk het, is oorlede en Poppie is as dagwerker beskikbaar vir ’n Donderdag OF Vrydag. Mense wat haar wil kontak, verkieslik in die Menlopark-, Lynnwood-omgewing, kan vir Elmarie van der Schyff by 084 245 3935 of 012 348 2467 skakel. 8. KOM BELEEF DIE WONDER VAN ISRAEL ’n Besoek aan Israel is ’n belewenis. Dit is meer as net ’n wonderlike reis - dit is ’n geestelike ervaring! Kom toer saam van 19 Oktober tot 31 Oktober 2013 en beleef die leefwêreld van Jesus en sy dissipels. Ons bly in luukse hotelle, reis met luukse busse en word begelei deur ’n professionele gids asook twee Gereformeerde predikante. ’n Volledige program en alle inligting is by ds Gert Erasmus (GK Komatipoort) by erasmusgj@gmail.com of by ds Gerhard van Rhyn (GK Rietvallei) by gerhard@gkrietvallei.co.za beskikbaar. ADVERTENSIEBLAD •

5. “SCOOTER” TE KOOP Vuka Scuta 125cc te koop. Slegs 1 035 km. Dienste bygehou. Goeie toestand. R6 000 onderhandelbaar. Valhelm R800, leerbaadjie en handskoene, R600. Indien jy alles neem, is die totale prys R7 000. Kontak 074 456 3303.

Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by:

6. OEFENFIETS BENODIG ’n Oefenfiets word dringend benodig vir Eddie Terblanche om op te oefen vir sy knie. Kontak my by 073 588 6907 of 083 5744 310. Liza Terblanche.

kantoor@gkbrooklyn.org.za. • Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.