Hh 2014 09 7ell

Page 1

7 September 2014

Eredienste

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens (Bevestiging van ds Chris de Beer)

Eben-Haeser ...

Fanie van der Schyff Samuel het tussen Mispa en Sen ’n groot klip regop gesit en die plek Eben-Haeser genoem "want," het hy gesê, "tot hier toe het die Here ons gehelp". Waar staan die gedenksteen in jou persoonlike lewe en waar staan die gedenksteen van hierdie gemeente van ons Here? Aanddiens

Ek is…

Chris de Beer In Eksodus 3 openbaar God homself aan Moses as “Ek is”. Hy sê aan Moses: “Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is (Yahweh) het my na julle gestuur’.” Twee eenvoudige woorde wat die geskiedenis van die heelal bepaal. Kom luister gerus hoe hierdie twee woorde jou hele lewe verander! Troyestraat

God oordeel nie volgens ons lewensbeskouing nie, maar volgens ons hart

Ds Fanus Heystek Wat vir mense belangrik is, is ’n gruwel in God se oë (ons teks). Dan vertel Jesus die gelykenis van die ryk man en die arm Lasarus. Die ryk man is hoog geag. Hy stel die maatstaf van wat belangrik is – die standaard van hoe om te leef. Lasarus is die teendeel: nutteloos vir sy familie, ’n las vir die samelewing. Hoe oordeel God en waarom?

Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 1 Samuel 7:2-12 (:12) Sang: Sk 1-6:1, 3 Ps 111b:1, 2, 3, 4 Sk 12-3:1, 2 Ps 105a:1, 3, 5 Ps 134a:4 Sk 10-2 Sk 20-1:3, 6 Sk 20-2:7 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Johannes 6:22-40 Sang: Ps 33a:1, 2 (staan) Ps 9a: 1, 7 (staan) Ps 145a:1, 2, 12 (sit) Ps 150a:1, 2, 3 (staan) Sk 13-3 (staan) Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Lukas 16:14-15 + 19-24 (teks: vers 15) Sang: Ps 79 Sk 1-3 Lb 215 Ps 125 Lb 151 Sk 15-7


Dagboek

Vandag: Jeug: Kleingroepe Maandag: UP: kwartaal 4 begin 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: UP: lentedag Donderdag: 12:00 KVA-vergadering Vrydag: Agapé-lentekamp begin

Sy liefde het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut (Klaagliedere 3:22-23). Gert Santa Renate Nadia Nina Elria Ella Linda Hannes Danie Annie Veronica Sonia Christoff Tertia

Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CDformaat beskikbaar. Naasteliefde

Gelukwense

7/9 7/9 8/9 8/9 9/9 9/9 9/9 9/9 10/9 10/9 11/9 12/9 13/9 13/9 13/9

Troyestraat Christelike Sentrum  Woensdag 10 September: Bybelstudie Troyestraat: Openbaring 8 (direk ná tee)

Erasmus Taljaard le Roux Taljaard Murray Steijn van Jaarsveld van Vuuren Louw Steenkamp Ferreira v.d. Schyff Kropff Pretorius Stoker

072 434 6869 072 191 2858 082 821 5867 072 396 8800 083 311 1228 082 360 8776 083 497 4603 082 825 0220 082 368 6243 082 498 8107 083 327 6164 012 348 2467 083 658 4635 083 283 7160 084 754 5566

Augustus-dankoffer 2014 Kom ons probeer ons doelwit van R900 000 haal met ons AUGUSTUS-DANKOFFER en die BILTONGFEES. Sit u DANKOFFER in ’n koevert of betaal dit elektronies in in die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, rekeningnommer 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die AUGUSTUS DANKOFFER.

Kommissie vir Administrasie

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Gelukwense Niki Henning, kleinseun van Jozef en Debora Henning en seun van Renate Henning, is verkies tot primarius van Heimat-manskoshuis van die NoordwesUniversiteit op die Potchefstroom-kampus. Baie geluk, Niki!

Voorbidding:

Somalië Bid dat die Here in sy genade die Somaliese regering sal versterk en hulle sal help in hul poging om vrede in hul land - wat al dekades lank anargie in die gesig staar – te herstel. Loof die Here vir die enkele plaaslike gelowiges se onverskrokke geloof te midde van intense uitdagings wat hulle daagliks moet oorkom.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.


Nuwe predikant word bevestig Ds De Beer lewer DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek in ons gemeente. Hul vorige gemeente was die Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid, waar hulle sedert 2012 gewerk het. Chris en Geertje beskou hul gesin as ’n voorreg wat die Here aan hulle geskenk het en hulle glo dat Hy hulle sal versorg en laat groei soos Hy wil. Ds De Beer is tans besig met sy doktorale studie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy studie handel oor die omkeerstrategie en hoe om ’n ingroei-gemeente effektief te laat groei na ’n Christus-gesentreerde gemeente. Chris skryf soos volg oor die passies in sy lewe: “Missio Dei. Die Here druk op my hart om betrokke te raak by gemeentes om hulle te help om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak, veral met dissipelskap en opheffing. Dit is vir my wonderlik om te sien hoe God gemeenskappe ophef wanneer gemeentes vir Jesus begin volg in die wêreld. Dit is vir my hartseer hoeveel gemeentes in formalisme en selfsug verval het en daarom probeer ek om gemeentes te help om meer Christusgesentreerd te leef. Leierskap. In my lewe het die Here my die voorreg gegee om verskeie leierskaprolle te vertolk. Dit het my veral geleer hoe belangrik leierskap in alle organisasies is. Goeie leierskap het tot gevolg dat organisasies gesond en effektief funksioneer. Net so is goeie leierskap in gemeentes kardinaal en is dit deel van my rol om gemeenteleiers te help ontwikkel as dissipels van Jesus. Rugby-afrigting. Rugby is deel van my lewe vandat ek begin eet het. Weens ernstige beserings op universiteit kon ek nie verder speel nie en het ek begin om koshuis- en skoolspanne af te rig. Behalwe dat ek baie lief is vir afrigting het ek vinnig besef dit gee my ’n platform buite die gemeente om met verskillende jongmense te werk.” Geertje se gawes en passie lê veral op die gebied van kleuterbediening en musiek. Sy is baie lief vir kinders en musiek en wil graag hierdeur mense help om na die Here toe te groei. Chris beskryf sy bydrae in ons gemeente aan

Chris, Geertje, Gené en Christiaan de Beer

Chris beskryf sy bydrae in ons gemeente aan die hand van die volgende metafore: ’n Afrigter: ’n Groot deel van my rol in gemeentes tot nou toe was om groepe te motiveer en af te rig om bepaalde doelwitte te bereik. In hierdie proses is dit baie belangrik om te identifiseer waar spelers se gawes lê en in watter posisies hulle die beste sal vaar. Bakkies Botha gaan immers nie op heelagter gekies word nie. ’n Dokter: Wanneer daar probleme in ’n gemeente is, moet die regte diagnose gemaak word om die regte voorskrif te gee. In hierdie opsig het my studie die afgelope paar jaar my baie gehelp om gemeentes te ondersteun. ’n Storieverteller: In my bediening en prediking probeer ek veral vir mense wys hoe lyk God se “Evangelie-narratief” en hoe pas ons elkeen se storie in God se groot verhaal in. My ervaring is dat ons in ’n samelewing leef waar mense se stories baie belangrik is. Wanneer mense begryp hoe Jesus se verhaal hul eie verhaal verander, begin ’n daadwerklike hartsverandering plaasvind.


Die Here is naby...

Filippense 4:4-6 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondag 31 Aug. met die doop van Emma van den Heever ) Christen-wees is nie maklik nie en om verhouding tot my medemens. Die woordjie vandag jou kinders op so ’n manier groot te inskiklik beteken letterlik: mag mense na jou maak dat hulle ons Here lief het en met kyk en egtheid in jou sien. Hierdie egtheid is oorgawe dien, ook dit is bitter moeilik. alleen moontlik as die Here naby jou is. Die Christen-wees in die tyd van Paulus was ook derde opdrag is gerig op elkeen se nie maklik nie. As mens net in die boek persoonlike verhouding tot homself. Dit vra: Filippense lees, dan besef mens dat daar moet oor niks besorg wees nie, maar maak ook in sy tyd vervolging, korrupsie, spanning elke begeerte van jou in gebed (en dit is met verhoudings, finansies en politiek was , belangrik, ook met danksegging) aan ons asook siekte en sosiale en godsdienstige Here bekend. Om oor iets besorg te wees, verval. beteken om jou eie las self te probeer dra. Midde in hierdie donker prentjie van die Is dit nie waarom ons Here ons uitgenooi het lewe en die lewe waarin ons ons kinders en gesê het: moet grootmaak, staan Filippense 4:4-7 soos ’n hoë berg in hierdie brief uit. Kom na My toe, almal wat uitgeput en Dit bestaan uit die hoofsin: “Die Here is oorlaai is, en Ek sal julle rus gee... naby!” My juk is sag en My las is lig en drie opdragte: (Matteus 11:28)? 1. Wees altyd bly in die Here; 2. Wees inskiklik teenoor alle mense; In ’n harde wêreld waarin dit moeilik is om ’n 3. Moet oor niks besorg wees nie, maar Christen te wees en om jou kinders vir ons maak elke behoefte aan die Here bekend. Here groot te maak, is daar net een Verder is daar ook die belofte: ... dan sal jy in antwoord: Jesus alleen ... die Here ware vrede vind. Slegs in Hom kan ons ware vrede vind. Die opdrag om altyd in die Here bly te wees, is gerig op my in my persoonlike verhouding Wees bly in die Here, wees inskiklik tot die Here. Ware blydskap lê nie in teenoor alle mense. omstandighede nie, maar in die sekerheid DIE HERE IS NABY! dat jy onder geen omstandighede ooit alleen staan nie – die Here is naby! Die tweede Moenie besorg wees nie, maak elke opdrag, om inskiklik te wees teenoor alle begeerte aan ons Here bekend ... dan sal mense, is gerig op my in my persoonlike God se vrede oor jou die wag hou. verhouding tot my medemens. Die woordjie inskiklik beteken letterlik: mag mense na jou Biltongfees Weer baie dankie elkeen se bydrae tot ons kyk eneens egtheid in jou vir sien. Hierdie egtheid is Biltongfees! Vir elkeen wat kaartjies of verkoop het, elke gasvrou wat moeite gedoen het en vir almal wat alleen moontlik as diegekoop Here naby jou is. Die flink biltong gekoop het, is ons regtig dankbaar, derde opdrag is gerig op elkeen se ook vir die wat gees gevang het en verder help opruim het. Dankie! Dankie! persoonlike verhouding tot homself. Dit vra: Hoewel daar sowat 120 minder mense as die vorige jaar was, het alles goed verloop met so hier en moet oor niks besorg wees nie, maar maak daar ’n fout en flater. elke begeerte van jouuitstaande in gebedbetalings (en ditvoordat is Ons wag nog vir ’n paar ons ’n volledige verslag aan die gemeente kan belangrik, ook met danksegging) aan ons deurgee. Uitstaande geld kan in die bankrekening van die Diensgroep Projekte betaal word: Here bekend. Om5606 oor iets besorg te wees, ABSA:Rek: 40 7921 beteken omdankbaar jou eie las te probeer dra. kan feesvier – ook tot eer van die Here Ons is opreg vir self ’n gemeente wat saam Is dit nie waarom ons Here ons uitgenooi het


Lentetee Agapé nooi al ons senior lidmate (70+) uit na ons Lentetee

’n Nuwe lewe Ná ’n vaal winter staan jy verbaas oor die metamorfose in jou tuin wat byna oornag gebeur. Dit spoor jou aan om saad en bolle te plant en dan sien jy met verwondering die klein blaartjies deur die grond kom. Die geur van bloeisels en jasmyn hang in die aandlug en maak dat jy saans langer buite bly om dit in te asem. Daar is ’n lied in jou hart en ’n trippel in jou stap. Verskeie Psalms word beskryf as ’n nuwe lied wat tot eer van die Here gesing word. Jesaja 66:14 belowe “julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit” en selfs in Klaagliedere 3:23 word gesê: “dit is elke môre nuut. U trou is groot”. Hierdie is alles ’n voorspel tot die groot vernuwing wat in Jesus vergestalt word. Van die ou stal met sy geboorte tot die nuwe verbond wat Hy instel en die nuwe graf met sy dood en opstanding, word ’n nuwe hemel en aarde geskep (Jesaja 65:17). Ons ontvang ’n nuwe hart en ’n nuwe gees, waarmee ons die nuwe lied in die nuwe hemel en aarde van Openbaring 21:1 sal sing.

Vrydag 12 September om 09:00 vir 09:30 in die kerksaal. Bring asseblief ’n ou foto saam. Kom geniet ’n oggend van koester-oomblikke, lekker sing en heerlik kuier oor ’n koppie tee. Hoop ons sien julle daar! RSVP: Ina Herbst 082 4885 464 Elfrieda Marais 072 1795 847

Bybelverspreiding … aan kinders Waneer ons aan Bybelverspreiding dink, dink ons gewoonlik aan Bybels vir grootmense, maar moenie van die kinders vergeet nie. ’n Kinderbybel is omtrent dieselfde grootte en prys en die volgende is beskikbaar: 1. My Eerste Lees en Leer Bybel. Ekstra dik kartonbladsye, 9 gunsteling Bybelverhale, volkleur-illustrasies, ideal vir kinders van 2-6 jaar. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu @ R65 by die Bybelgenootskap. 2. Lees en Leer Kinderbybel. Vir kinders 7-12, al die gunsteling-Bybelverhale, volkleur-illustrasies, voetnote en merklint, 544 bladsye wat maklik lees. Beskikbaar in Afrikaans en Engels @ R115 by die Bybelgenootskap. 3. Kinderbybels. Vir kinders 9-12, hardeband, volkleur-illustrasies, 256 bladsye. Beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zulu @ R59 by die Bybelgenootskap. 4. Kinders van God. 50 Bybelverhale soos vertel deur aartsbiskop Desmond Tutu. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho en Sepedi (NoordSotho) @ R80 by die Christian Literature Fund, Wellington. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel Stronkhorst by Brooklyn Bybelbank ná kerk as jy koffie of tee drink.


Verruklike middagetes Wie: Die Departement van Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Op die spyskaart: ’n driegangmaaltyd, ’n glas wyn, ’n glas sap, koffie en tee. Wanneer: Elke Dinsdag en Donderdag Waar: Eat@UP in die Old Agricultural-gebou op die Hatfield-kampus Koste: R105 per persoon Tyd: 12:30-14:00 Slegs 60 kaartjies per ete beskikbaar. 16 September: Indian cuisine Kontak Renée by 079 516 0959 vir kaartjies en enige verdere inligting.

PIK ’n WYNTJIEFEES 2014 Die Vriendekring van die President Kruger-kinderhuis, Pretoria bied vanjaar met trots die eerste Pik ’n Wyntjiefees aan. Die wynproe verlede jaar was so geslaagd dat ons besluit het om vanjaar ’n wynfees te hou en dit ’n jaarlikse instelling te maak. Die fees word vanjaar op 27 September op die terrein van die Gereformeerde Kerk Wapadrant, Faerie Glen, gehou en ons wil graag tussen 1 000 en 2 000 mense by die fees hê. Die doelstelling van die Vriendekring is soos volg: “Om in samewerking met die Hoof van die Kinderhuis en die Bestuur, die ontwikkeling en ontspanning van die kinders in die Kinderhuis te bevorder.” Alle fondse wat ingesamel word, word gebruik vir buitemuurse aktiwiteite, ’n verjaarsdaggeskenk vir elke kind en ander benodighede. Ons soek tans borge vir die volgende:  R18 000 vir proeglase met die logo van die vriendekring daarop;  R7 000 vir kaasborde met die logo van die vriendekring daarop;  sambrele - verkieslik met ’n soliede voetstuk;  R1 500 vir ’n dranklisensie;  interessante wyne of produkte wat opgeveil kan word. Betalings kan gemaak word aan: Rekening: President Kruger Tehuis Vriendekring Bank: ABSA, Derdepoort Takkode: 335-245 Rekeningnommer: 1430650099 Verwysing: Pik ’n Wyntjiefeesborg

Gesamentlike uitreik Op 27 September 2014 vind ons damesoggend ten bate van Huis Hermon-tehuis vir bejaardes plaas. Ons nooi elke gemeente in Pretoria en omgewing om deel te wees van hierdie heerlike poging. Plek: Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin Tyd: 09:00 vir 09:30 Gasspreker: Melanie Vosloo van die tydskrif Leef Tema: Net soos jy is. Elke gasvrou (of gemeente) is verantwoordelik vir die volgende: Die verkoop van 10 kaartjies @ R120.00 per kaartjie; eie breekgoed en glase, tee, koffie, suiker en melk. Die tafels sal gedek en versier wees. Laat weet ons asseblief voor 1 September telefonies of per e-pos hoeveel tafels u susters neem. Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds ’n donasie maak. Kontak Marietjie Nortje by 082 928 9565, 012 543 0745 (faks) of marietjie@lpartisan.co.za

Brooklyn Brokkies vanjaar vol stories oor ons lief en leed Elke mens het ’n storie en daar gebeur dikwels interessante dinge met mense waarvan ons nie weet nie. Skryf asseblief ’n kort beriggie met foto oor persoonlike uitreike, jul prestasies en dié van jul kinders of oor sportbedrywighede – van alles en nog wat. Só kan ons die seën wat die gemeente die afgelope jaar beleef het in die jaarlikse uitgawe van Brooklyn Brokkies weergee. E-pos asseblief jul bydraes met die opskrif Brooklyn Brokkies na kantoor@gkbrooklyn.org.za sodat dit ons voor 9 September kan bereik.


ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR

4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’

word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za

Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.

2. MEENTHUIS TE HUUR: EQUESTRIA Netjiese tweeslaapkamereenheid met aparte sitkamer, eetkamer, kombuis met marmerblaaie en kersiehoutkaste. Tuin is ruim met besproeiingstelsel en tuindienste. Huur: R6 500 per maand. Beskikbaar van 1 September 2014. Kontak Adrie van Dyk by 082 850 6784.

3. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596

Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-Sonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lankvergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!

5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za

6. MOTOR TE KOOP

Opel Corsa 1.6 Sport te koop, volle diensrekord beskikbaar, meganies in puik toestand, 98 600km, 2004-model, Dunlop SP-bande en nuwe battery, 15"-GSI-allooivellings (rims), R65 000 onderhandelbaar. Kontak Bernard: 083 346 9574.

7. WERK GESOEK ’n Lidmaat, Hannes van Wyk, is op soek na tydelike werk, voordat hy volgende jaar oorsee verder gaan studeer. Indien iemand van iets weet, kontak hom by 084 820 5100.

Rietvallei se LenteBoerefees 20 September vanaf 09:00 by die Zwartkopslapa, Centurion Toegang: R10 per voertuig Dans: R50 per paar Potjiekoskompetisie: 1ste prys: Gratis wegbreeknaweek vir vier mense 2de prys: Gratis kampnaweek vir vier mense 3de prys: ’n Kas wyn Beoordelaar: Ben Kruger (Okkie van Binnelanders) Stalletjies, gesigverf, spring-kasteel, pret en plesier vir die hele gesin Koelhouer/mandjiedans: 19:00-23:30

Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek

kantoor@gkbrooklyn.org.za

(Troyestraat Christelike Sentrum)

WEBtuiste

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum Plek 7 Duxbury Sep

Diensbeurt Ouderling Gerrie Kirstin Diaken Carlé Erasmus

7 Sep

Troyestr

14 Sep

Duxbury

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Diaken Drikus v.d. Walt

14 Sep

Troyestr

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Skinkbeurt Ronel

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Bets

INTREEPREEK Ds Chris de Beer lewer DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek as nuwe predikant in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn.

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.