Hart
en
Hand 1177 M Maaaarrtt 22001133
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Wit rook uit Rome Fanie van der Schyff ‘n Nuwe pous...die 266ste een...die nuwe geestelike leier van 1,2 miljard Rooms-Katolieke wêreldwyd...sy selfverkose naam is Franciskus 1...Hoe voel jy oor jou „Geestelike Leier“? Aanddiens
Dit verander als Griffel van Wyk Jesus verander als wat jy oor jou eie sonde dink en wat jy oor godsdiens dink. Jesus het als vir so iemand verander... en dit is bedoel om als in so iemand se persoonlik lewe te verander. Karamel en Troyestraat
\
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skrifteks: Matteus 6:13 (OAV) 1 Kronieke 29: 10-20 Sang: Lied 163 Sk 1-2: 1,2,3 Sk 9-1: 1,2,10,11 Sk 5-4: 1,2,5,6 Sk 10-2 Sk 7-2: 1,2 Sk 13-3
Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Kolossense 3: 111 Sang: sal aangekondig word
Karmel en Troyestraat Karmel: 09:00 Troye: 10:00
Predikant: Ds Fanus Heystek
Skriflesing:
Die golwe van die geloofslewe
Psalm 42
Ds Fanus Heystek Wie is die Koragiete wat hierdie psalm gedig het? Waarom word die lofsange afgewissel met vertwyfeling? Hoe kom ’n mens weer uit die vertwyfeling?
New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau
Die ware maatstaf van ‘n mens se waarde is wat hy werd sal wees as hy al sy geld sou verloor - Harold J Smith
DAGBOEK
Vandag: Troyestraat-dagboek Nagmaal Woensdag 20 Maart: Nagmaalete Bybelstudie/kleingroep Jeug-kleingroepe slegs gr 7-11 Harmoniehof (10:30) Maandag: 18:00 Dissipelskapkafee Woensdag: UP Maartreses begin Skole sluit Donderdag: Menseregtedag
Gemeentesake Voorbidding – Algerië Bid vir wysheid en nuwe krag vir die kerkleiers vir hierdie nuwe jaar.
Multimedia- en klankdiensgroep
Voorbidding - Belydenisklas
As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.
Ons onderneem om: Vir ons studentebediening te bid en dat hulle geestelik sterk sal staan in hierdie lewe.
Johan Kruger (012 332 0251) is in die Eugene Marais-hospitaal vir behandeling. Ons bid hom sterkte en seën toe.
Ons vra dat daar vir ons gebid word: Dat ons nie antwoorde nodig het om te kan glo nie en dat ons, as ons nie antwoorde kry nie, nie sal ophou om te glo nie!
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, mee leef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisisse, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie. .
Siekte
Griffel - langverlof Griffel sal van 18 Maart tot 29 April met langverlof wees. Ons bid hom en sy gesin ’n geseënde rustydperk toe.
Eljadahuis Die Eljadahuis vra mense om betrokke te raak by die huis en die projekte wat hulle daar aan die gang het. Daar is op die oomblik dringend hulp nodig om die kinders met hul huiswerk te help. Die meeste kinders daar het ekstra hulp nodig. Eljadahuis se nuusbrief vra: "Die kinders veral, is vir ons baie belangrik om by te staan, want hul lewe lê nog voor en met jou hulp kan hierdie kinders weer hoop kry. KOM HELP ASSEBLIEF!"
Baie dankie vir jou finansiële bydrae!
Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Opvoering Die Rooikaart Die Rooikaart, geskryf deur Dana Snyman op sy eie unieke styl, vertel die verhaal van ’n man wat die president van sy rugbyklub is, maar sake loop skeef. Frank Opperman se vertolking is briljant en Gys de Villiers se regie is in die kol. “Mens verlaat die vertoning met ’n glimlag maar ook met ‘n gevoel van deernis.” Waar? Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Wanneer? Vrydagaand 26 April 2013 om 19:30 Kaartjies: R100 vir volwassenes, R80 vir studente en skoliere
Verkope: kantoor of Marga Koelman by 082 923 2346, Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5846, Wina Cameron by 0828595216.
Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Abraham
Storielyn Hagar word weggestuur Abraham se put Abraham offer Isak Meer oor die offer Sarah se lewe is verby
Bybelverse Gen 21: 9-21
Datum Ma 18 Mrt
Gen 21: 22-34 Gen 22:1-8 Gen 22:9-19 Gen 23: 1-11
Di 19 Mrt Wo 20 Mrt Do 21 Mrt Vr 22 Mrt
Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.
Datum 18
25
Onderwerp Jesus het gekom om die wet te vervul: Wat is die implikasies vir ons? Vakansie
Spreker
Fanus
Agapé-uitreik Ons uitreik verlede jaar na huishulpe en lidmate van New life City Church in Sunnyside, gehou in ons kerksaal, was ’n groot sukses. Dis met groot entoesiasme dat ons die geleentheid vanjaar weer aanbied - weliswaar ’n bietjie vroeër as verlede jaar. Reserveer dus solank SATERDAG 4 MEI, 09:00 vir 09:30, vir hierdie opwindende gebeurtenis. Verlede jaar was daar by hierdie geleentheid heelwat versoeke vir Bybels in verskillende tale. Ons wil dus graag ’n WIT OLIFANT-TAFEL organiseer vir die oggend, en die inkomste daarvan vir BYBELVERSPREIDING gebruik. Bring asb ’n wit olifant (of twee) na die kerk of kerkkantoor - duidelik gemerk vir dié geleentheid. Vir enige navrae, kontak Anneli Grove, Erna Kruger, Elmarie van der Schyff en Susan Heystek.
Gelukwense ‘Want die Here-sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom om gerig is;” - 2 Kron.16:9a
Uitnodiging Geestelike konsert Hiermee wil ons u hartlik uitnooi na ’n geestelike konsert wat DV op Saterdag 23 Maart by die GK Die Kandelaar aangebied word deur Artemis Vokale Ensemble. Plek: GK Die Kandelaar Tyd: 18:45 vir 19:00 tot ± 20:15 Verversings sal beskikbaar wees. Deurkollekte ná die tyd om onkoste te dek.
03/17
Mariska
du Preez
083 298 1070
03/17
Leonora
Schreurs
082 940 8938
03/18
Marlise
Cowley
083 258 7780
03/18
Annecke
de Jager
082 772 5359
03/18
Pieter
de Ronde
082 809 8905
03/18
Caromien
Koelman
012 330 0057
03/19
Willem
Duursema
072 262 0319
03/19
Kriek
le Roux
084 513 9602
03/19
Isak
Maritz
083 312 7485
03/19
Dawid
Opperman
012 460 3947
03/20
Yvette
Kruger
079 063 4683
03/20
Wicus
Opperman
083 284 7729
03/20
Tildie
082 971 6050
03/21
Francois
van der Westhuizen de Kock
03/22
Riana
Goosen
083 232 9443
03/22
Riana
Schutte
072 618 0098
Sestig Plussers
03/22
Carla
Ubbink
081 825 7007
03/22
Louis
van Wyk
083 488 1118
03/23
Liezel
van der Walt
012 333 9018
Ons volgende byeenkoms is op 28 Maart. Hou die volgende Hart en Hand dop vir meer besonderhede.
079 102 9180
Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die Kerkkantoor.
Amateurfotograwe
Wil jy graag ‘n bydrae lewer tot die Brooklyngemeente se fotogallery. Stuur jou besonderhede per e-pos na :Fotos by gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com
Pasga-ete – 28 Maart Ons kuier en eet weer lekker saam op Donderdag 28 Maart om Paasfees te vier. Brian de Vries gaan met ons praat oor die Sewe Kruiswoorde. Bring asb ’n pot sop en ’n broodjie saam – genoeg sodat iemand anders ook saam kan eet. Onthou asseblief ook jul eie eetgerei en drinkgoed. Agapé sorg vir ietsie soets, lekker koffie en tee. Die tyd is 18:00 vir 18:30. Hoop ons sien julle daar!
Toegangsbeheer by hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.
Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans 1. As ons net een keer vir twee ekstra dolleeg. mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 kan die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.
Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS Met groot dankbaarheid sien ons hoe die bediening in en vanuit ons gemeente groei terwyl die heerlike aroma van vars gemaakte koffie in die lug hang. Wonderlike dinge gebeur en gesprekke vind daagliks plaas met stomende koppies koffie of tee in die hande. Ons geboue en geriewe word elke dag van die week benut en ons sien hoe mense saam met God op pad is en ook ander mense die pad na God toe wys. Die Agapé-diensgroep het die NIE-KOFFIE-FONDS gestig wat nie oor die koffie gaan nie, maar wel oor liefde en diensbaarheid. Die NIE-KOFFIEFONDS bestaan sodat ons as gemeente hierdie bediening kan aanhou ondersteun met die nodige gasvryheid en liefde. Jy kan ook ’n bydrae maak deur ’n oorbetaling vir die NIE-KOFFIE-FONDS in die Agapé-rekening te maak of deur kontant in ’n koevertjie vir Soekie Kruger, Ronel Stronkhorst of Gretha van Wyk te gee. ’n Groot dankie aan elke persoon wat reeds bygedra het tot ons NIE-KOFFIE-FONDS. Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat boeties en sussies in Christus behoort te doen. Agapé-diensgroep: ABSA-spaarrekening: 380 2222 0656
Nagmaalete Sondag 17 Maart 2013 BRING EN BRAAI Alle lidmate, nuwe lidmate, studente en nuwe eerstejaarstudente word uitgenooi om saam te kom kuier. Elke gesin bring vleis en een bykos. Alle bykos word op een tafel uitgepak en almal skep van die lekker verskeidenheid. Vure sal vanaf 11:30 gereed wees vir braai. Agapé-diensgroep voorsien heerlike nagereg. Bring asb eie borde, eetgerei, glase, servette en drinkgoed. ELKE GESIN WAT KOM, MOET ASB EEN EKSTRA STUKKIE VLEIS BRING EN ‘N EKSTRA PORSIE BYKOS VIR ONS STUDENTE WAT GAAN SAAM EET. Laat weet asb watter gesinne kan kom sodat daar bepaal kan word hoeveel vleis daar vir die studente sal wees. Die studente moet asb laat weet wie gaan kom saam eet. Kontak vir Willem Daling by 082 929 3971. GESINNE MOET ASB VIR JOËLNA BY 082 374 1974 OF RONEL BY 083 299 7413 KONTAK.
Brooklyn Bokmakieries Ons volgende uitstappie is na die panne in en om die Oosrand (o.m. Korsman Bewaria). Die gebied het ’n verskeidenheid watervoëls. Datum: DV 23 Maart 2013. Dis ’n oggenduitstappie (05:15 om 05:30 te vertrek) en ons sal teen middagete terug wees. Bring gerus ’n piekniekmandjie met ontbyt. Daar is geen formele piekniekterrein nie, dus moet ’n tafel en stoele saamgevat word. Onthou ook ’n hoed, verkyker, kamera, sonbrandroom en tolgeld. Laat weet asb teen 20 Maart of jy wil saamgaan sodat ons die reisreëlings kan koördineer. Skakel gerus vir Arthur Hall by 083 387 3610. Ons tweede uitstappie is na die Mkhomdo-dam (die ou Rhenosterkopdam). Die gebied het ’n verskeidenheid water- en bosveldvoëls. Datum: DV 13 April 2013. Dis so 75km noord-oos van Pretoria en dit sal ’n daguitstappie wees (05:15 om 05:30 te vertrek). Bring gerus ’n piekniekmandjie met ontbyt en middagete. Daar is geen formele piekniekterrein nie, dus moet ’n tafel en stoele saamgeneem word. Onthou ook 'n hoed, verkyker, kamera, sonbrandroom en tolgeld. Laat weet asb teen 10 April of jy wil saamgaan sodat ons die reisreëlings kan koördineer. Skakel gerus vir Arthur Hall by 083 387 3610.
Finansies Geagte gemeentelid,
Diakonale sake Hiermee ‘n gedetailleerde uiteensetting van die afgelope drie maande se inkomste en uitgawes van die diakonie:
DES.2012
JAN.2013
FEB.2013
TOTALE INKOMSTE
25 546.45
49 351.20
19 278.65
TOTALE UITGAWES
25 655.80
22 291.79
32 466.91
12 150.00
12 150.00
15 550.00
9 699.80
9 699.80
9 699.80
3200.00
-
6 500.00
606.00
441.99
717.11
-109.35
27 059.41
-13 188.26
Uitgawes Barmhartigheidsdiens Maandelikse Toekennings Ad hoc-toekennings v/d maand Ander/Diverse
OORSKOT/TEKORT
Vir al die geldelike bydraes ontvang van die gemeente af, wil ons u graag hartlik bedank. U bydraes stel ons as diakonie in staat om ander te help wat die geld baie nodig het.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)
012 542 3667 073 777 1254 fansan@lantic.net
Phillip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum
Plek
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
17 Mrt
Duxbury
Ouderling Louis de Klerk
Onder die diens Diakonale werk
Joëlna/ Magda
Diaken Johandri Venter
Predikante verbonde aan die gemeente:
Derrick Mashau (New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)
082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za
By die deure Emeritaatfonds
Brian de Vries 17 Mrt
Troyestr
24 Mrt
Duxbury
Ouderling Schalk van der Walt Diaken Marinus van der Hout
24 Mrt
Troyestr
(Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)
Ouderling Gerhard Oosthuizen
Dienste deur die Hervormde Kerk
Onder die diens Diakonale werk By die deure Ekumenisiteit Buitelands
Marié
013 947 2179 079 933 9884 Jaarprogram nou beskikbaar op ons webtuiste by gereformeerdbrooklyn.co.za volg: Inligting Kerkkalender
ADVERTENSIEBLAD 1. EENSLAAPKAMER-TUINWOONSTEL vir ’n enkelpersoon is beskikbaar van 1 Maart 2013 in Waverley, Pretoria. Kontak asb Gerda Carney by 084 833 0421.
6. KAN JY HOOR? Indien jy sukkel om die predikant te hoor, kontak Liza van Wyk, die oudioloog, by Hearing Hub, 13de Straat 8, Menlopark by 012 346 0511.
2. OEFENFIETS BENODIG 'n Oefenfiets word dringend benodig vir Eddie Terblanche om op te oefen vir sy knie. Kontak asb vir Liza Terblanche by 073 588 6907 of 083 5744 310.
7. WOONSTEL GESOEK ’n Baie verfynde dame, Odette de Villiers, wat die Ooo la la-koffiewinkel in 13de Laan, Menlopark besit, is dringend op soek na ’n woonstel of tuinwoonstel in die omgewing. Kontak Odette by 083 609 6479.
3. EKSTRA INKOMSTE VIR STUDENTE As jy van kinders hou, word deel van "Babysitter Club" en verdien ekstra inkomste. Skakel Liesl by 0824761456 of stuur 'n epos na info@babysitterclub.co.za 4. KUNSKLASSE vir hoërskoolkinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig, Centurion.
5. ENGELSE KLASSE Ek bied ekstra Engelse klasse aan vir laerskool- en hoërskoolleerders in Taalwerk en Graad 12 se voorgeskrewe letterkunde in Home Language en First Additional Language. Kontak asseblief Marike Kotzé by 079 805 7614.
8. MOBIELE DIERESALON HOLLYWOOD PETS Vir die versorging, bad, sny, ens. van honde en katte kontak Yolandé by 073 873 7711. 9. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ’n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ’n christelike manspersoon. Beskikbaar vanaf 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00. 10. VERSOEK VAN DIE TUINIER Indien enige iemand kan help met 6 strelitzias vir die kerk se tuin, kontak Frans by 072 271 3778.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.