Hart en Hand 31 Maart 2013

Page 1

Hart

en

Hand 31 Maart 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Johannes 20: 19-31 Skrifteks: Johannes 19: 25,28 Sang: Lb 409: 1,2 Sk 7-2: 1,2 Sk 5-4: 1,2,5,6 Sk 5-3: 1,4,5 Sk 13-3

Duxbury: 18:30 Oggenddiens

Hoe moeilik is dit om te glo? Fanie van der Schyff Wanneer ons aan Thomas dink, dan dink ons aan hom as die hardkoppige ongelowige Thomas wat nie wou glo dat Jesus uit die dood uit opgewek is nie. Klippe gooi maklik ... ontbloot hy nie dalk deur sy ongeloof, ongeloof by jouself nie? Aanddiens

Gesterf én opgestaan Fanie van der Schyff As Jesus net vir ons sou sterf, dan was Hy bloot ’n menslike heldefiguur. Jesus moes en het ook weer uit die dood opgestaan, sodat ons voor God vrygespreek mag wees. Deur sy sterwe en opstanding is die kruiswoord vervul: “Dit is volbring”. Troyestraat

\

Verskyning van die Opgestane Heiland DS Francois Lessing Ná die opstanding van ons Here het verwarring onder die dissipels geheers. Vandag is Paassondag. Ons leef ook in tye van verwarring:  Jesus het aan talle mense ná sy opstanding verskyn;  Verwarring en twyfel by moderne Christene;  Die oorsaak van twyfel;  ’n Geesvervulde kind van die Here hoef nie te twyfel nie — die Here hét regtig opgestaan en so die dood oorwin!

Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 27: 62 – 28:15 Skrifteks: Romeine 4:25 Sang: Sk 12-6: 3,5 Lb 190: 1,2 Sk 18-6: 1,2 Sk 18-6: 3,4,5 Sk 13-3

Karmel: 09:00 Troye: 10:00 Ds Francois Lessing (Emeritus) Skriflesing: Lukas 24:33 – 36 Sang: Lb 151: 1,2 Sk 9-1: 11 Ps 68:9 Ps 20: 1,5

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Brooklyn Brokkies Sondag: Paassondag Maandag: Gesinsdag Dinsdag: UP-lesings hervat

Stuur gerus julle bydraes vir die volgende uitgawe van Brooklyn Brokkies voor 3 Mei 2013 per e-pos aan: Die Redakteur Brooklyn Brokkies gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com

DAGBOEK Gemeentesake Voorbidding – Tadjikistan Bid vir meer werksgeleenthede in hierdie land, sodat die duisende mans, wat noodgedwonge werk in buurlande soek, kan terugkeer na hul tuisland en huisgesinne.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Agapé-uitreik Ons uitreik verlede jaar na huishulpe en lidmate van New life City Church in Sunnyside, gehou in ons kerksaal, was ’n groot sukses. Dis met groot entoesiasme dat ons die geleentheid vanjaar weer aanbied - weliswaar ’n bietjie vroeër as verlede jaar. Reserveer dus solank SATERDAG 4 MEI, 09:00 vir 09:30, vir hierdie opwindende gebeurtenis. Verlede jaar was daar by hierdie geleentheid heelwat versoeke vir Bybels in verskillende tale. Ons wil dus graag ’n WIT OLIFANT-TAFEL organiseer vir die oggend, en die inkomste daarvan vir BYBEL-VERSPREIDING gebruik. Bring asb ’n wit olifant (of twee) na die kerk of kerkkantoor - duidelik gemerk vir dié geleentheid. Vir enige navrae, kontak Annalie 1. Grové, Erna Kruger, Elmarie van der Schyff en Susan 2. Heystek.

Brooklyn Bokmakieries Ons volgende uitstappie is na die Mkhomdodam (die ou Rhenosterkopdam). Die gebied het ’n verskeidenheid water- en bosveldvoëls. Datum: DV 13 April 2013. Dis so 75km noordoos van Pretoria en dit sal ’n daguitstappie wees (05:15 om 05:30 te vertrek). Bring gerus ’n piekniekmandjie met ontbyt en middagete. Daar is geen formele piekniekterrein nie, dus moet ’n tafel en stoele saamgeneem word. Onthou ook 'n hoed, verkyker, kamera, sonbrandroom en tolgeld. Laat weet asb teen 10 April of jy wil saamgaan sodat ons die reisreëlings kan koördineer. Skakel gerus vir Arthur Hall by 083 387 3610.

Griffel - langverlof Griffel sal van 18 Maart tot 29 April met langverlof wees. Ons bid hom en sy gesin ’n geseënde rustydperk toe.

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Opvoering Die Rooikaart Die Rooikaart, geskryf deur Dana Snyman op sy eie unieke styl, vertel die verhaal van ’n man wat die president van sy rugbyklub is, maar sake loop skeef. Frank Opperman se vertolking is briljant en Gys de Villiers se regie is in die kol. “Mens verlaat die vertoning met ’n glimlag maar ook met ‘n gevoel van deernis.” Waar? Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Wanneer? Vrydagaand 26 April 2013 om 19:30 Kaartjies: R100 vir volwassenes, R80 vir studente en skoliere. Verkope: kantoor of Marga Koelman by 082 923 2346, Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5846, Wina Cameron by 082 859 5216.

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom. April 15 22 29

Tema Waarom die spesifieke volgorde van die Bybelboeke? Evangelie op die markplein - Deel 1 Evangelie op die markplein - Deel 2

Aanbieder Fanus Paul Paul

Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS Met groot dankbaarheid sien ons hoe die bediening in en vanuit ons gemeente groei terwyl die heerlike aroma van vars gemaakte koffie in die lug hang. Wonderlike dinge gebeur en gesprekke vind daagliks plaas met stomende koppies koffie of tee in die hande. Ons geboue en geriewe word elke dag van die week benut en ons sien hoe mense saam met God op pad is en ook ander mense die pad na God toe wys. Die Agapé-diensgroep het die NIE-KOFFIE-FONDS gestig wat nie oor die koffie gaan nie, maar wel oor liefde en diensbaarheid. Die NIE-KOFFIE-FONDS bestaan sodat ons as gemeente hierdie bediening kan aanhou ondersteun met die nodige gasvryheid en liefde. Jy kan ook ’n bydrae maak deur ’n oorbetaling vir die NIEKOFFIE-FONDS in die Agapé-rekening te maak of deur kontant in ’n koevertjie vir Soekie Kruger, Ronel Stronkhorst of Gretha van Wyk te gee. ’n Groot dankie aan elke persoon wat reeds bygedra het tot ons NIE-KOFFIE-FONDS. Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen. Agapé-diensgroep: ABSA-spaarrekening: 380 2222 0656.

Koffie in die Ou Testament? Toe het Ísai aan sy seun Dawid gesê: Neem tog vir jou broers ’n efa van hierdie gebraaide koring en hierdie tien brode, en bring dit gou vir jou broers na die laer toe. – 1 Sameul 17:17 (1953) …beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai. -2 Sameul 17:28 (1953) Stuur jou mening na gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com


Mense wat weg is

Gelukwense “As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.” Psalm 3:6 03/31

Henry

Murray

083 311 1228

04/02

Nicolene Erasmus

082 650 4516

04/02

Henry

Mathews

083 375 7443

04/02

Charl

Nel

083 607 3718

04/02

Marius

van Oordt

083 260 2085

04/03

Marlise

Kruger

082 789 3505

04/04

Naomi

Eloff

082 371 2672

04/04

Evan

Lategan

082 976 0756

04/04

Joan

Smith

082 570 1778

04/04

Elzeth

Steenkamp

083 447 3315

04/04

Dirk

van der Meulen

084 583 0029

04/05

Gerda

Carney

084 833 0421

04/05

Tinus

Fourie

073 716 0124

04/05

Riandi

Malan

082 652 8598

04/06

Emmie

Snyman

078 416 3018

04/06

Adriaan Venter

Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaarsdaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die kerkkantoor.

Toegangsbeheer by hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.

Troyestraat-klereverkoping Die volgende klereverkoping is op Donderdag 4 April om 06:15.

082 552 6579

Gemeentepiekniek: 13 April 2013 Bring-en-Braai by Groenkloofnatuurreservaat Die hele gemeente word uitgenooi om saam te kom kuier vanaf 10:00:  Bring u eie vleis, bykos, drinkgoed en eetgerei, asook stoele.  Spesiale bederf vir ons bejaardes! Die diakonie gaan vir julle sorg met heerlike potjiekos. As jy wil saamkuier, gee jou naam aan Petra de Klerk by 082 553 8602 of aan Bennie Aucamp by 072 014 8041.

Amateurfotograwe Ons sien God se almagtigheid en skeppingskrag in die natuur. Dikwels lê ons die grootheid en prag van God se skepping op ’n besondere foto vas.Indien jy oor so ’n foto of fotos beskik en dit graag met ander wil deel stuur dit gerus aan die Kerkkantoor vir moontlike plasing op Hart en Hand se voorblad as tema foto van die week. Amateurfotograwe word ook genooi om ’n bydrae te maak tot ons gemeente se foto gallery. Stuur jou kontak besonderhede aan FOTOS gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Reëlings Plek

31 Mrt

Duxbury

Diensbeurt Ouderling Colin Cameron Diaken Steyn van Wyk

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3667 073 777 1254 fansan@lantic.net

Philip Loots 082 614 9415

Datum

Predikante verbonde aan die gemeente:

Kollekte

Skinkbeurt

Onder die diens Diakonale werk

Sanet

Derrick Mashau (New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za

By die deure Uitreikfonds

Brian de Vries 31 Mrt

7 Apr

Troyestr

Duxbury

Ouderling Gerhard Oosthuizen Diaken Walter van der Merwe

7 Apr

Troyestr

(Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

Ouderling Petrus Bekker

Dienste deur die Hervormde Kerk

Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA Sustentasiekas

Esther

013 947 2179 079 933 9884 Jaarprogram nou beskikbaar op ons webtuiste by gereformeerdbrooklyn.co.za volg: Inligting Kerkkalender


ADVERTENSIEBLAD 1. KRONENDAL-AFTREEOORD 1- en 2-kamer-eenhede te koop. Versorgingseenheid, haarsalon, biblioteek en kelderparkering beskikbaar. Maandelikse heffing sluit in: 3 maaltye per dag, water/elektrisiteit, skoonmaak en 24-uursekuriteit. Skakel Wanie by 012 343 0390 uitbr 312 vir meer inligting. 2. KUNSKLASSE vir hoërskoolkinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig, Centurion. 3. VARS SWART OLYWE Uit die Noord-Kaap te koop om self in te maak. Oestyd: Maart en April. R30.00 per kg. Plaas bestellings by gjooste@global.co.za of by Cornelia by 082 903 1427.

4. KAN JY HOOR? Indien jy sukkel om die predikant te hoor, kontak Liza van Wyk, die oudioloog, by Hearing Hub, 13de Straat 8, Menlopark by 012 346 0511. 5. VERSOEK VAN DIE TUINIER Indien enige iemand kan help met 6 strelitzias vir die kerk se tuin, kontak Frans by 072 271 3778.

6. WOONSTEL GESOEK ’n Baie verfynde dame, Odette de Villiers, wat die Ooo la la-koffiewinkel in 13de Laan, Menlopark besit, is dringend op soek na ’n woonstel of tuinwoonstel in die omgewing. Kontak Odette by 083 609 6479. 7. MOBIELE DIERESALON HOLLYWOOD PETS Vir die versorging, bad, sny, ens. van honde en katte kontak Yolandé by 073 873 7711. 8. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ’n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ’n christelike manspersoon. Beskikbaar vanaf 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00. 9. VERBLYF VERSOEK Ek is op soek na verblyf vir 2 damestudente, vanaf 14 Julie tot 20 September. Ons is finalejaaronderwysstudente en doen in daardie tyd ons prakties by Laerskool Skuilkrans. Ons sal dit verkies om saam by ’n plek te kan bly. Sal dit waardeer as iemand ons kan akkommodeer. Kontak Hermien Pieters by 073 255 2799.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.