Hart en Hand 16 Junie 2013

Page 1

Hart & Hand Hand 16 Junie 2013

Saam op pad met God

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Tested by Fire Dr Brian de Vries Aanddiens

Blydskap in lyding Griffel van Wyk Oorsig: Dikwels is Christene se eerste impuls om vir lyding te vlug. Of as lyding op die horison is waar jy jou werk as Christen doen, deins ons terug en wonder of dit God se wil kan wees. Dikwels maak ons sommer die afleiding dat dit nie God se wil kan wees dat ek ly of swaarkry in ’n bepaalde situasie nie. Dit is egter nie hoe die Bybel oor lyding praat nie. Lyding word baie pertinent genoem as deel van die lewe wat ’n Christen eintlik behoort te verwag ... selfs oor bly kan wees! Maar hoekom en hoe is mens bly in lyding ... en hoekom is dit nodig - of anders gestel hoekom vat God dit nie net weg nie? Karmel- en Troyestraat-dienste

’n Gebed vir ’n nuwe begin Ds Fanus Heystek Psalm 85:7 lees: “Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie?” Die Deputate Omkeerstrategie het hierdie teks as vertrekpunt gekies. Die versie is, soos u kan sien, met kernwoorde swaar gelaai.

Eredienste Duxbury: 09:30 Dr Brian de Vries Skriflesing: 1 Korintiërs 3 Sang: Ps. 138b:1, 2 Ps. 107b:1, 3 [tweede melodie] Ps. 103a:1, 3 Sb 1-2:2, 3

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Verskeie Sang Sang word tydens die erediens op die skerms vertoon.

Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Ps 85 Sang: Ps 103:1, 9 Ps 99:4, 5 LB 428:1, 2 SK 1-1:2, 3

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Sondag: Jeugdag Geen jeug-kleingroepe nie

Maandag:

Vakansiedag

Vrydag:

DAGBOEK

-

Jesaja 32:17

16/6

Ben

Bekker

083 282 8893

16/6

Annalie

Fourie

084 262 4440

16/6

Jochie

van der Walt

072 797 8722

18/6

Neil

Meyer

082 686 7964

18/6

Anri

Meyer

082 686 7964

18/6

Gerhard

Oosthuizen

082 595 0049

19/6

Rika

Lubbe

083 454 8167

20/6

June

Breedt

012 344 0072

20/6

Thinus

de Wet

083 268 2889

21/6

Riekie

Buter

012 361 4126

21/6

Antonie

de Ronde

071 883 7810

21/6

Nelia

Kruger

071 562 7064

22/6

Steinman

de Bruyn

082 559 8786

22/6

George

Higgins

012 348 8605

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041 of Hannes Welman by 082 850 1473, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Kosbank Ons kosbank is op die oomblik dolleeg en daar is siekes en behoeftiges wat gehelp moet word. ’n Vriendelike dog dringende beroep word op lidmate gedoen om ons hiermee te help. Enige geregte wat gevries kan word, sal verwelkom word. Bring dit Sondag saam kerk toe en sit dit in die yskas of gee dit aan Erna Kruger (012 361 3761) of enige van die Agapé-lede.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Huisgodsdiensriglyn

Ingekom met bewys NG

 Woensdag 19Junie:Bybelstudie/ kleingroep by Harmoniehof om 10:30.

Skole sluit

Gelukwense Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet.

Stoker Tertia Wassenaar Péter J Hartlik welkom!

Troyestraat-dagboek:

Cachet Suidoos Pretoria

Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Josef Bybelverse

Mense wat weg is

Storielyn

Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting aan die kerkkantoor

Die familie kom na Egipte Josef se pa kom Die familie woon in Egipte Hongersnood begin Hongersnood maak die mense slawe

Eljadahuis Met die winterkoue is daar ’n dringende behoefte aan komberse vir die mense by Eljadahuis. Daar is ook ’n tekort aan veral enkelbed-matrasse. Indien daar dalk mense is wat gebruikte of nuwe goedere kan skenk, sal dit baie waardeer word.

Datum

Gen 46:1-7 Gen 46:26-27 Gen 46:28-34 Gen 47:1-12

17 Jun

Gen 47:13-19

20 Jun

Gen 47:20-31

21 Jun

18 Jun 19 Jun


Baie dankie vir jou finansiële bydrae!

Biltongfees, biltongfees! 16 Augustus 18:30 – 19:00

Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Die reëlings vir die biltongfees is nou sommer ernstig aan die gang, maar behalwe vir wildsbokke en ander borge vra ons ook vir veral makataankonfyt wat ’n pasmaat is vir die brood en biltong, ook iemand wat vir ons kaas kan voorsien of inligting oor besonderse kaas teen besonderse pryse natuurlik! Die heel nodigste is natuurlik gasvroue en gashere met gaste vir tafels, rond of vierkantig, wat die minimum van 12 tot 20 persone kan akkommodeer. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir studente en R50 vir skoolkinders. Dit is beskikbaar by Marga op Sondae in die kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda, Bets, Frikkie, Harm, Danie Eloff en die kerkkantoor. Baie dankie en ons hoop almal voel opgewonde om hierdie funksie te laat slaag!

SESTIG PLUSSERS

Finansiële bydraes Maart tot Mei 2013

Harrie's Pancakes (oorkant die Amerikaanse ambassade) is gereed om ons te bedien op 27 Junie om 10:00. Sien julle daar! Niek.

FRANSE RADIOBEDIENING Die Franse Radiobediening het ’n lang verhouding met Transwêreld-radio (TWR), een van die grootste internasionale Christelike organisasies wat die evangelie deur radioprogramme in ’n klomp tale dwarsoor die wêreld uitsaai. Hierdie verhouding is eintlik amper 40 jaar oud, aangesien ds A.R. Kayayan die destydse Zaïre (vandag DRK) in die sewentigerjare met sy radioprogramme begin bereik het deur gebruik te maak van TWR se uitsaaigeriewe in Swaziland. Elke nou en dan ry ek Kemptonpark toe, gewoonlik op ’n Woensdagoggend, om nuwe radioprogramme in Frans by TWR se ateljees te gaan opneem. TWR is besig om ’n nuwe aanlynstelsel in te stel waardeur programvervaardigers (soos Reformed Faith and Life) al hul oudio- en geskrewe materiaal op ’n spesiale bediener kan plaas (met 25GB-huisvesting en 50-GB-bandwydte): enigiemand dwarsoor die wêreld kan dan hierdie materiaal gratis aflaai op sy of haar rekenaar of selfoon (indien hy/sy toegang het tot ’n internetkonneksie). Vanaf 1 Junie gaan hierdie bediener in werking tree met o.m. Engels, Spaans, Arabies en Russies as tale waarin die evangelie deur ’n verskeidenheid predikers verkondig word. ’n Franse afdeling word ook beplan (met 1 September 2013 as teikendatum). TWR het ’n spesiale aanbod aan Reformed Faith and Life gemaak om al ons radioprogramme (en selfs ander materiaal soos video’s) teen groot afslag vir ’n proefjaar te huisves (ses maande gratis, dan US$75 p.m. vir die res van die jaar). Indien lidmate belang stel om self te kyk hoe hierdie aanlynstelsel gaan werk, kan hulle by www.twr360.org na ’n demonstrasie kyk. Bid asb dat die evangelie al hoe wyer deur hierdie en ander media in Frans bekend gestel word. Ds Eric Kayayan.


Voorbidding – Tunisië In die Tunisiese kultuur is dit ’n skande as iemand teen die einde van sy of haar twintigerjare nog nie getroud is nie. Gelowiges (veral meisies) word onder druk geplaas deur families om met ongelowiges te trou. Bid dat gesonde en sterk huwelike tussen gelowiges gesluit sal word en dat die Here gelowiges wysheid en guns gee rakende hierdie saak

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Wynand le Roux van Fleurenville is onlangs oorlede. Hy was 94 jaar oud en die vader van dr. Johann le Roux, wat voorheen predikant van Brooklyn was. Ester Cordier se broer is oorlede en Woensdag begrawe. Ons bid hulle en hul familie vertroosting toe.

Siekte Fanie van der Schyff se moeder is ernstig siek in die hospitaal in Potchefstoom. Sy is gediagnoseer met kanker. Ons bid Fanie, Elmarie, die kinders en die familie sterkte toe in hierdie tyd van beproewing. Prof Salmon Ligthelm is in die Muelmed-hospitaal opgeneem. Ons bid hom sterkte toe. Herman van der Schijff het ’n operasie ondergaan en sterk tans tuis aan. Ons bid hom spoedige herstel toe

’n Beroering in Brooklyn Fanie, Griffel en Fanus Die laaste ses maande het ’n paar dinge onder ons gebeur: verstellings, veranderings en vernuwings. Die onderliggende rede tot hierdie beroering is ons roeping: Saam op pad met God om sy onvoorwaardelike liefde meer en wyer te laat uitkring in Pretoria. Ons wil bloot ons vreugde in die evangelie verder laat strek tot groter verwondering van mense oor God. Dit wat ons reeds goed doen ... en waarmee die kerk reeds eeue besig is... wil ons graag op die doeltreffendste manier doen. Met ons vergrootglas-gesprek, verbeterde kommunikasiemedia, ons nuwe medewerkers en lidmate wat passievol gawes gee en aanbied, is ons oortuig dat ons liefde na binne en buite sal groei tot eer van God. Ons kan ook reeds op allerlei terreine die vrug hiervan sien: 199 mense by die Kerrie-en-sjerrie-aand, getuienisse van mense oor onderlinge liefde, sowat 30 gretige medewerkers wat nou aan die werk gaan spring, ’n groeiende Nie-koffie-fonds wat die kuiers aan die gang hou rondom lekker Sondag-koffiedrink en ander geleenthede waarvan ons al meer en meer gebruik moet maak om mekaar te bedien. Ons ervaar dus reeds meer en wyd die vrug onder die leiding en werk van die Heilige Gees en soos ons daarop reageer, kom gesondheid en groei tot die eer van ons God wat onmeetbaar vir ons lief is. Daarom, met wat ook op die horison heerlik vir ons voorlê in die tweede helfte van 2013 en verder ... span saam ... Saam op pad met God.

Kerrie-en-sjerrie-aand Die Kerrie-en-sjerrie-aand verlede Vrydagaand was ’n fees! Daar moes stoele en tafels ingedra word om die verrassende opkoms te huisves. Daar was bykans 200 mense - ou bekendes wat lanklaas gesien is en nuwe gesigte, jonk en oud. Op dié manier het party lede van die ouer garde tussen die jongeres beland – en die geselskap toe sowaar aangenaam gevind. Almal het dit baie geniet, sê Soekie Kruger, wat aan die hoof van die reëlings gestaan het. Soekie bedank almal wat geregte gebring het, geld geskenk het, tafels pragtig versier het en ook almal wat gekom het om die aand te geniet.


Dr Brian A de Vries aanvaar beroep Dr Brian A de Vries het ’n beroep aanvaar na die Gereformeerde Gemeente Pretoria-Annlin met opdrag Engelse kerkplanting en voortgaande opleiding by Mukhanyo Theological College. Hy lewer vanoggend sy uittreepreek hier in Brooklyn. Lees hieronder meer oor dr De Vries. “Dr Brian de Vries is the Principal of Mukhanyo Theological College and has served in missional ministries in South Africa since 2005. He is sent and supported by the Heritage Reformed Congregations of North America. Dr De Vries was ordained in 2004 and previously led church plants in Rietvallei and Sunnyside. He is also a Visiting Professor of Missiology at the Puritan Reformed Theological Seminary in Grand Rapids, USA. Brian and his wife, Lanae, live in Montana Park with their two young children, Krista and Micah. Lanae first came to South Africa as a volunteer nursing sister. She is now a full-time homemaker and mother. In the last eight years, Brian has worked in a number of ministry areas: the initial planting of the English Rietvallei Church, the starting of the Centre for Reformational Urban Ministry in Africa (CRUMA), the planting of the Reformed Church Sunnyside (with Brooklyn), later it became the New Life City Church, the growing ministries of Mukhanyo Theological College, where he now is the Principal, and various other committees and projects.

How it came about that Brian is doing God’s work in South Africa In March 2005, Brian had the privilege of visiting South Africa for the first time. Dr Roger Greenway of Grand Rapids, USA had been invited as the keynote speaker for a mission conference held at the Reformed Church Rietvallei. He invited Brian to travel with him to attend this conference and also to .visit the seminary in Potchefstroom. So they came to Africa together. The mission conference was a great success, and Brian was planning to return home after being part of this wonderful experience. Little did he know, at that time, that South Africa would soon become his home and America would be the place where he visits family. On the day after the conference, a number of them, Dr Henk Stoker, Rev Naas Ferreira, Dr Roger Greenway, Rev Pieter Tuit (Australia), Dr Stefan Paas (the Netherlands) and others, enjoyed fellowship at the home of Arend and Annelize van den Berg. It was here that Dr Henk Stoker invited Brian to return to South Africa for long-term ministry. They talked that evening and then again later that week before Brian returned to the airport. Henk said the Reformed Church needed more English-speaking ministries. So Brian returned to South Africa in May 2005 for what he thought would only be three months. But that visit was extended to eight months, and the English section of the Reformed Church Rietvallei was started. Brian came to Africa again in 2006 for another extended visit. In 2007, with his PhD studies completed, he returned to live in Africa. South Africa quickly became his home, and it is now also home to his wife and two children.”

Kermis Ons Huis-ouetehuis Florida 27 Julie van 10:00 tot 14:00 Die inwoners, personeel en beheerliggaam nooi u om die dag saam met hulle te kom geniet Madelinestraat 110, Tel: 011 672 5018


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

Reëlings Datum

Plek

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

16 Junie

Duxbury

Ouderling Jozef Henning

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Esther

Diaken Fanus Nortje 16 Junie

23 Junie

23 Junie

Troyestr

Duxbury

Troyestr

Diaken Hannes Welman Dienste deur die Hervormde Kerk

Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA Sustentasiekas

Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884

Ouderling Colin Cameron Ouderling GertLambert Erasmus

082 971 2725 mashautd@gmail.com

Ronel

Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou Die wonderskat my toebedeel as kind: Dat ek, in wat ek op U wêreld vind, Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou. - C. Louis Leipoldt


ADVERTENSIEBLAD 1. WOONSTELKAMER TE HUUR

6. TUINWOONSTEL TE HUUR

teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

Oopplan-tuinwoonstel, met aparte badkamer (stort, wasbak en toilet). Eie binnehof, met ingeboude braaiplek. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in R3 100 per maand. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksiestoofplaat en dubbelbed (alles nuut). Ideaal vir mediese student of werknemenr by Steve Bikohospitaal, 500m van hospitaalingang. 1 maand deposito. Baie trappe. Beskikbaar 1 Junie 2013. Kontak Mathilda du Preez by 083 657 7007.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS open 1 Junie vanjaar in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n Christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

7. MABULA: LUUKSE TYDDEEL TE HUUR/TE KOOP Junie/Julie-vakansie Marshall Eagle: Luukse 4-slaapk (slaap 8 mense) beskikbaar, baie naby aan hoofkompleks, maar baie privaat. Sluit 32+ gratis wildritte vir die week in. Kontak Contessa by 082 464 26909.

8. OPTIMALE GESONDHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van “moderne medisyne” met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelproses om so die beste vir ’n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

9. OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Augustus Dankoffer Grafiese Vorderingsverslag

Groot DANKIE vir Brooklyn se NIEKOFFIE-FONDS! ’n Groot dankie vir die mildelike bydraes tot Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS! Ons bedieninge in en vanuit die gemeente kan steeds voortgaan om te groei met die heerlike verwelkomende geur van koffie in die lug! Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen.

NOOITGEDACHT

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650,00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode, konfyt + vriende = BILTONGFEES Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel. Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk saam daaraan!

Biltonggroete!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.