Hart en Hand 14 April 2013

Page 1

Hart

Hand

en

14 April 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing:

Levitikus 2:13

Baie welkom by ons

Sang:

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Gooi sout by! Fanie van der Schyff Gooi sout by ... so het ons Here beveel! Waarom? Levitikus 2:13 1953 vertaling Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die derde dag .

Sk 112-3:1,2 Sk 1-1:2,7 Sk 2-4:1 Ps 134a:4 Lb 292:1,2 Ps 116a:1 Ps 116b:5,7 Sk 10-2 Sk 13-3 Duxbury: 18:30

Aanddiens

Dr Brian de Vries

Perspectives

\

‘Leadership is the ability to meet each situation armed not with a battery of techniques but with openness that permits genuine response. It is about setting direction, aligning constituents, and inspiring others versus the fundamental management skills of planning, budgeting, staffing, and problem solving.’ -

Eredienste

John Kotter (Professor of management at the Harvard Business School)

‘Life is not primarily a quest for pleasure, as Freud believed, or a quest for power, as Alfred Adler taught, but a quest for meaning. The greatest task for any person is to find meaning in his or her life. Frankl saw three possible sources for meaning: in work (doing something significant), in love (caring for another person), and in courage during difficult times. Suffering in and of itself is meaningless; we give our suffering meaning by the way in which we respond to it.’ -

Victor Frankl, Man’s Search for Meaning.

Dr Brian de Vries Skriflesing: Sal aangekondig word Sang: Sal aangekondig word

Karmel: 09:00 Troye: 10:00

Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


DAGBOEK

Sondag: Jeug-kleingroepe 10:00 Fleurenville Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: 18:00 Diakonie vergader in die konsistorie 19:00 Kerkraad vergader in die moederskamer Donderdag: 18:00 Jeugbegeleiers

Troyestraat Woensdag: 10:30 Bybelstudie/kleingroep Harmoniehof

Gemeentesake Voorbidding – Algerië

Agapé-uitreik

Bid vir die voortsetting van multimediaprogramme in die Berber-taal. Die meeste gelowiges het nie ’n Arabiese agtergrond nie, maar wel ’n Berber-herkoms. Bid dat talle soekendes Jesus sal vind deur programme wat op die internet en satelliet-TV in hul moedertaal aangebied word.

Ons uitreik verlede jaar na huishulpe en lidmate van New life City Church in Sunnyside, gehou in ons kerksaal, was ’n groot sukses. Dis met groot entoesiasme dat ons die geleentheid vanjaar weer aanbied - weliswaar ’n bietjie vroeër as verlede jaar. Reserveer dus solank SATERDAG 4 MEI, 09:00 vir 09:30, vir hierdie opwindende gebeurtenis. Verlede jaar was daar by hierdie geleentheid heelwat versoeke vir Bybels in verskillende tale. Ons wil dus graag ’n WIT OLIFANT-TAFEL organiseer vir die oggend, en die inkomste daarvan vir BYBELVERSPREIDING gebruik. Bring asb ’n wit olifant (of twee) na die kerk of kerkkantoor - duidelik gemerk vir dié geleentheid. Vir enige navrae, kontak Annalie Grové, Erna Kruger, Elmarie van der Schyff en Susan Heystek.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Dirk Jurrius (012 341 9279) was in die hospitaal met dikderm-probleme en sterk tans in Karmel1. 2. aan. Ons bid hom krag en seën toe.

Gelukwense Hartlike gelukwense aan Brent en Heidi Breebaart met die doop van hul dogtertjie Chloe, asook Kriek en Renate le Roux met die doop van hul dogtertjie Emma. Ons bid dat hierdie verbondskindjies julle baie vreugde sal verskaf.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Storielyn Bybelverse Datum Jakob

Jakob gee voor om Esau te wees Jakob kry die seën Esau pleit vir ’n seën Jakob vlug na Laban Jakob se droom

Gen 27:11-20

15 Apr

Gen 27:21-29

16 Apr

Gen 27:30-41

17 Apr

Gen 27:4228:5 Gen 28:10-22

18 Apr 19 Apr


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom. April 15 22 29

Tema Waarom die spesifieke volgorde van die Bybelboeke? Evangelie op die markplein - Deel 1 Evangelie op die markplein - Deel 2

Aanbieder Fanus Paul Paul

Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS

Mense wat weg is

Met groot dankbaarheid sien ons hoe die bediening in en vanuit ons gemeente groei terwyl die heerlike aroma van vars gemaakte koffie in die lug hang. Wonderlike dinge gebeur en gesprekke vind daagliks plaas met stomende koppies koffie of tee in die hande. Ons geboue en geriewe word elke dag van die week benut en ons sien hoe mense saam met God op pad is en ook ander mense die pad na God toe wys. Die Agapé-diensgroep het die NIE-KOFFIE-FONDS gestig wat nie oor die koffie gaan nie, maar wel oor liefde en diensbaarheid. Die NIE-KOFFIE-FONDS bestaan sodat ons as gemeente hierdie bediening kan aanhou ondersteun met die nodige gasvryheid en liefde. Jy kan ook ’n bydrae lewer deur ’n oorbetaling vir die NIEKOFFIE-FONDS in die Agapé-rekening te maak of deur kontant in ’n koevertjie vir Soekie Kruger, Ronel Stronkhorst of Gretha van Wyk te gee.

Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting aan die kerkkantoor.

’n Groot dankie aan elke persoon wat reeds bygedra het tot ons NIE-KOFFIE-FONDS. Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen. Agapé-diensgroep: ABSA-spaarrekening: 380 2222 0656.

Sestigplussers Ons volgende byeenkoms vind plaas op Donderdag 25 April. Hou Hart en Hand dop vir verdere besonderhede.

Toegangsbeheer by hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.

Eljadahuis Baie dankie vir al die bydraes (finansieel, kos en klere) wat ons weer die afgelope kwartaal van die gemeente ontvang het om na Eljadahuis te neem. Dit word opreg waardeer en ten volle benut. Enige iemand is welkom om by te dra deur nie-bederfbare kos in die houtkis in die ingangsportaal van die saal te plaas.


Brooklyn Brokkies

Gelukwense Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte. (Efesiërs 6:10) 04/14

Thelma

de Jager

084 745 9902

04/14

Rendani

Kruger

082 697 1523

04/14

Jan Paul

Lubinge

078 215 3497

04/15

Nico

van der Linde

078 298 5849

04/16

Steinman

de Bruyn

082 786 5909

04/16

Rudi

de Lange

072 228 8461

04/16

André

Laubscher

082 955 1163

04/16

Anneline

Snyman

084 207 9272

04/16

George

Steenkamp

083 447 3315

04/16

Chris

Swanepoel

082 374 3210

04/16

Baba

van Rooy

083 284 5195

04/16

Annemarie Venter

082 622 0233

04/17

Gretha

van Wyk

076 468 8963

04/18

Louw

Steyn

082 775 3366

04/19

Fanus

Heystek

073 777 1254

04/19

Carina

Snyman

073 729 3932

04/20

Walter

Booyens

082 775 1627

04/20

Marietha

Kruger

073 194 3155

04/20

Gerhard

van Wyk

012 362 0320

Stuur gerus jul bydraes vir die volgende uitgawe van Brooklyn Brokkies voor 3 Mei 2013 per e-pos aan: Johanna Helberg by johanna.hellberg@up.ac.za of Die Redakteur Brooklyn Brokkies gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

Die allerbeste manier om jouself op te beur, is om almal om jou op te beur. -

Mark Twain

Die Rooikaart Geskryf deur Dana Snyman op sy unieke styl, vertel die verhaal van ’n man wat die president van sy rugbyklub is, maar sake loop skeef. Frank Opperman se vertolking is briljant en Gys de Villiers se regie is in die kol. “Mens verlaat die vertoning met ’n glimlag maar ook met ’n gevoel van deernis.” Waar? Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Wanneer? Vrydagaand 26 April 2013 om 19:30 Kaartjies: R100 vir volwassenes, R80 vir studente en skoliere. Verkope: kantoor of Marga Koelman by 082 923 2346, Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5846, Wina Cameron by 082 859 5216.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum

Plek

14 Apr

Duxbury

Troyestr

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3667 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

Ouderling Kobie Venter

Onder die diens Diakonale werk

Gerda

Diaken Willem Daling

14 Apr

Predikante verbonde aan die gemeente:

(New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za Brian de Vries

By die deure Uitreikfonds

(Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

Dienste deur die Hervormde Kerk

013 947 2179 079 933 9884 Filippense 4 vers 6

21 Apr

Duxbury

Ouderling Marthinus Heystek Diaken Willem Daling

21 Apr

Troyestr

Ouderling Gerhard Oosthuizen

Onder die diens Diakonale werk By die deure Die Kerkblad

Elfrieda

Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel. -

C.J. Langenhoven


ADVERTENSIEBLAD 1. KRONENDAL-AFTREEOORD Een- en tweekamer-eenhede te koop. Versorgingseenheid, haarsalon, biblioteek en kelderparkering beskikbaar. Maandelikse heffing sluit in: 3 maaltye per dag, water/elektrisiteit, skoonmaak en 24-uursekuriteit. Skakel Wanie by 012 343 0390 uitbr 312 vir meer inligting. 2. NOMAD-KAMPEERTENT Te koop: Kampeertent van duursame katoen-seilmateriaal met ’n groot raamwerk. Tent bestaan uit ’n 4persoon-slaapafdeling (met ingeboude grondseil), kombuisgedeelte, asook afsonderlike seilflap-konstruksiestoepgedeelte met sykante en voorkant, wat by die kombuisgedeelte aansluit. Puik toestand. Prys R3 690.00. Kontak Matthys van der Hout by 072 138 5060 of matthysvdh@gmail.com 3. VARS SWART OLYWE Uit die Noord-Kaap te koop om self in te maak. Oestyd: Maart en April. R30.00 per kg. Plaas bestellings by gjooste@global.co.za of by Cornelia by 082 903 1427. 4. VERBLYF VERSOEK Ek is op soek na verblyf vir 2 damestudente, vanaf 14 Julie tot 20 September. Ons is finalejaaronderwysstudente en doen in daardie tyd ons prakties by Laerskool Skuilkrans. Ons sal dit verkies om saam by ’n plek te kan

bly. Sal dit waardeer as iemand ons kan akkommodeer. Kontak Hermien Pieters by 073 255 2799. 5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ’n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ’n christelike manspersoon. Beskikbaar vanaf 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00. 6. MOBIELE DIERESALON HOLLYWOOD PETS Vir die versorging, bad, sny, ens. van honde en katte kontak Yolandé by 073 873 7711 7. KAN JY HOOR? Indien jy sukkel om die predikant te hoor, kontak Liza van Wyk, die oudioloog, by Hearing Hub, 13de Straat 8, Menlopark by 012 346 0511. In watter Bybelboek vind ons die volgende teksvers: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend." Efesiërs 5 vers 21 Galasiërs 1 vers 10 Filippense 4 vers 6 Romeine 1 vers 8

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Streeksinode Pretoria Konferensie Die konferensie gaan DV op 1 Junie by Meyerspark gehou word, om 09:00. Die tema is voorlopig: Die omkeerstrategie en kerkeenheid. Die tema verteenwoordig die breë lyne van die werk van die twee deputategroepe. Ds. Piet Venter, voorsitter van die Deputate Omkeerstrategie, asook ds. Danie Snyman, voorsitter van die Deputate Eenheid-in-Verskeidenheid, is die inleiers van die twee beplande sessies. Ons gaan ook op die konferensie die geleentheid kry om insette te lewer in die werksaamhede van die twee belangrike deputategroepe. ONS VRA IN HIERDIE STADIUM DAT U DIE DATUM 1 JUNIE IN U DAGBOEK SAL OPTEKEN. DIE KONFERENSIE IS OOP VIR ALMAL, EN ONS VERWELKOM DIE DEELNAME VAN BROEDER- EN SUSTERLIDMATE, soos verlede jaar. Ons broeders en susters buite Pretoria is ook baie welkom. As u van ver af kom, kan u selfs met ons skakel vir huisvesting (en ’n preekbeurt by Andeon en Bergsig!). Vir enige navrae, kan u my kontak by 012-372 0311, e-pos anberg@absamail.co.za , of ons Skriba, dr. Ferdi Kruger van Meyerspark, by 012-803 6980, e-pos ferdikruger4@gmail.com

Lees ... in hierdie uitgawe van Die Kerkblad Hierdie uitgawe fokus hoofsaaklik op die Heidelbergse Kategismus, wat vanjaar 450 jaar oud is. Dis ’n koffietafel-uitgawe met kosbare inhoud. Die gebeure rakende die atleet Oscar Pistorius het dae lank die voorblaaie van koerante oor die wêreld heen oorheers. Prof. Koos Vorster skryf oor hierdie gebeure in sy artikel “Die reg om te weet en die plig om te beskerm”. EN NOG BAIE MEER

Teken in op Die Kerkblad! Skakel Angie Mokobi by 018 297 3986 vir meer besonderhede; e-pos tydskrifte@gksa.co.za

WWesskamp ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente Die kamp vind plaas van 14 tot 17 Junie by Bergventure (naby Champagne Castle in die Drakensberg). Die koste beloop R650 en sluit alle etes in. Kontak Erna Dreyer by erna@gkrandburg.org.za of skakel 011 886 0580. NOOITGEDACHT SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650.00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

Wapadrant 30-jarige viering Die Gereformeerde Kerk Wapadrant is vanjaar 30 jaar oud en ons nooi alle oudlidmate en belangstellendes hartlik uit na ons feesvieringe op die volgende datums: Vrydag 24 Mei om 19:00 - optrede deur Joe Niemand (bekom kaartjies vooraf); Saterdag 25 Mei vanaf 09:00 Vreugdefees op kerkterrein; Sondag 26 Mei om 09:30 Gesamentlike Feeserediens; Woensdag 29 Mei om 19:00 Lofprysing. Volledige besonderhede beskikbaar op webblad by www.wapadrant.co.za of kerkkantoor by 012 991 1395.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.