Hart en Hand 19 Mei 2013

Page 1

Eredienste

Hart

en

Hand 19 Mei 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Gewillig en met vreugde...

Nagmaal Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing:

Jesaja 53:7 Hebreërs 12:1-3 Sang: Ps 118a:2, 12, 14 Ps 119a:6, 14 Ps 43a:3, 4 Sk 5-4 Ps 100a:1-4

Fanie van der Schyff Gewillig en met vreugde...dit klink na belydenistaal. In die Heidelbergse Kategismus bely ons dat elkeen in die kerk van ons Here sy gawes gewillig en met vreugde tot voordeel van ander lidmate moet gebruik en die dag toe jy belydenis van geloof afgelê het, het jy dit teenoor ons Here beloof. Dieper as belydenistaal is “gewillig en met vreugde” egter 'n gesindheid van Jesus se hart!

Aanddiens

Minder sonde, meer Jesus Griffel van Wyk

\

In ’n Christen se lewe is die bedoeling dat sonde ná jou bekering al hoe meer moet plek maak vir al hoe meer Jesus in jou. In die teologie noem hulle dit “Heiligmaking”. Maar nee... jy gaan nie ’n “halo” kry nie en ook nie ’n lang wit rok met lang hare nie! So waaroor gaan dit dan, en hoe werk dit?

Troyestraat

Wat gebeur hier? Ds Fanus Heystek Op die Pinksterdag was daar skielik ‘n geluid soos van ‘n reuserukwind wat die vertrek gevul het. Tonge van vuur is gesien en baie het in vreemde tale God geprys. Wat was besig om te gebeur? Onder inspirasie van die Heilige Gees verklaar Petrus die Ou Testamentiese voorspellings oor die dag en wat dit vir die Nuwe Testamentiese luisteraars inhou.

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Verskeie gedeeltes Sang sal aangekondig word

Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00 Predikant: Ds Fanus Heystek

Skriflesing: Handelinge 2:1-14 Sang: Sk 8-2:3, 7, 9 Ps 119:39, 63 Sk 8-3 Sk 8-1:1, 2

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Sondag: Pinkstersondag Nagmaal Nagmaalete Jeug-kleingroepe: slegs gr-7 tot -11 Maandag: 18:00 Agapé

DAGBOEK

Troyestraat-dagboek:  Aanddiens by Karmel om 17:00. Johannes 14. Tema: Die Heilige Gees ons “parakleet”. Wat beteken dit vir my in my lewe?  Woensdag 22 Mei: Bybelstudie by Troyestraat 10:30. Tema: 1 Petrus 1:10-25

Gemeentesake Baie dankie aan almal wat Maandagaand 13 Mei opgedaag en saamgesels het oor die bediening en versorging in ons gemeente. Ons het waardevolle insette ontvang en is reeds besig met die verwerking daarvan. Ons glo dat dit verder kan bydra tot die opbou van die gemeente.

Voorbidding – Soedan

Sestigplussers

Bid dat die verskeie denominasies wat deelgeneem het aan die seminaar “Standing Strong through the Storm” in staat sal wees om mekaar te versterk, te ondersteun en te bemoedig. Bid dat die Here die kerk unieke maniere gee om te volhard in Sy werk. Bid vir wysheid vir die kerkleiers, veral wanneer hulle in aanraking kom met die regeringsamptenare.

Kom luister na 'n praatjie deur Lorraine Camisani oor "Die lewe en werk van Ingrid Jonker". Dit vind plaas op 23 Mei om 10:00 in die Moederskamer. Almal is baie welkom en onthou om vriende saam te bring. Sien julle daar. Niek

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Koos Wiechers, die broer van Niek Wiechers, is Dinsdagnag oorlede en Vrydag begrawe. Ons bid die familie die krag en vertroosting van ons hemelse Vader toe.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

Bedanking Mariechen Schulze skryf: “Baie dankie aan almal wat deur boodskappe en gebede meelewing getoon het met my operasie. Deur die genade van ons Here gaan dit baie goed met my en sterk ek reeds tuis aan”.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Storielyn Bybelverse Datum Josef Potifar se vrou Gen 39:120 Mei 10 Josef gaan Gen 39:1121 Mei tronk toe 23 Die Gen 40:122 Mei gevangenes 11 droom Betekenis van Gen 40:1223 Mei die drome 23 Die koning Gen 41:124 Mei droom 13


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode:334 745, Rekeningnommer 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum

Tema

Aanbieder

20 Mei 27 Mei

Agapé verg Eienskappe van ’n dissipel Grace of the City: Tim Keller

Paul

3 Jun

Die charismatiese versus die “konserwatiewe” kerke – wat is in ons land besig om te gebeur? Hoekom verlaat die jongmense die konserwatiewe kerke?

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041 of Hannes Welman by 082 850 1473, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Nagmaalete Sondag 19 Mei 11:30 vir 12:00 ’n Spesiale geleentheid vir almal in Brooklyn-gemeente Kom kuier en eet saam. Elke gesin bring asseblief ‘n eenbakgereg genoeg vir jou gesin en ‘n bietjie ekstra:  Vleis-en-groentebredie  Bobotie  Frikkadelle  Hoender- of pastageregte  Rys of enige ander styselkos (bring in aparte bak) Bring asb. ook ‘n slaai. Geregte kan voor die diens in die oond in die kombuis geplaas word. Alles word op een tafel uitgepak en almal skep van die groot verskeidenheid.  Bring asb. jou eie borde, nageregbakkies, eetgerei, glase en drinkgoed.

Agapé-diensgroep voorsien die nagereg.

Laurette

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode, konfyt + vriende = BILTONGFEES Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel. Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk saam daaraan!

Biltonggroete!


Gelukwense

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. (Psalm 145:18)

Eljadahuis

19/5

Anthony

Biddulph

071 994 0211

19/5

Elbie

Botes

083 739 9557

19/5

Philip

Loots

082 614 9415

20/5

Gerhard

Grobler

082 889 2834

20/5

Muzwali

Mashau

082 971 2179

20/5

Sonette

Roux

082 672 4174

21/5

Carlien

Bekker

079 509 0737

21/5

Elzette

Putter

084 805 7415

22/5

Makaylan Booyens

22/5

Ansie

23/5

Ide

Theunissen Louis Mansions 402 Bekker 083 444 2329

23/5

Jandré

Booyens

079 880 5629

Kosbank

23/5

Johan

Breed

083 417 5622

23/5

Marthie

Pelser

082 253 4837

24/5

Krista

de Vries

079 933 9884

25/5

Braam

Rossouw

082 550 9004

25/5

Dylan

Venter

078 166 3546

Ons kosbank is op die oomblik dolleeg en daar is siekes en behoeftiges wat gehelp moet word. ‘n Vriendelike dog dringende beroep word op lidmate gedoen om ons hiermee te help. Enige geregte wat gevries kan word, sal verwelkom word. Bring dit Sondag saam kerk toe en sit dit in die yskas of gee dit aan Erna Kruger (012 361 3761) of enige van die Agapé-lede af.

012 342 4204

Hartlik welkom by ons! Ingekom met attestaat: Bester Mané Riekert Hendrik FP

Rietvallei Rustenburg-Wes

Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting aan die kerkkantoor.

Voorlegging van finansiële state Die finansiële state sal op 2 Junie net ná die oggenderediens aan die gemeente voorgehou word.

’n Gebedskussing wat by Eljadahuis vervaardig is Onthou om ’n blikkie of so ekstra te koop en aan Eljadahuis te skenk. Skenkings kan agter in die saal in die houtkis geplaas word. Baie dankie, alle bydraes help.

Orrelkonsert Wim Viljoen en Walter Johannes tree op Saterdag 25 Mei om 17:30 by die Gereformeerde Kerk Annlin op. Die projek is ten bate van die President Kruger-Kinderhuis en donasies is welkom. Kaartjies is gratis vir voorskoolse kinders. Laerskoolkinders R20, pensioenarisse R50 en volwassenes R60. Ná afloop van die konsert word sop en sjerrie in die saal bedien. Kontak Marietjie Nortje by 082 928 9565 of saans by 012 543 1029.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die Kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

Reëlings Datum

Plek

19 Mei

Duxbury

082 971 2725 mashautd@gmail.com Diensbeurt Ouderling Schalk van Vuuren

Kollekte

Skinkbeurt

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Joëlna/Ina

Diaken Chris van der Meer 19 Mei

Troyestr

26 Mei

Duxbury

26 Mei

Troyestr

Ouderling Roelof Grové Diaken Drikus van der Walt Dienste deur die Hervormde kerk

Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Marie

Vriendelikheid is die sigbaarste deel van die vrug, want dit leef in ons oë, wys om ons mondhoeke en vind gestalte in ons dade! - Onbekend


ADVERTENSIEBLAD 1. WOONSTELKAMER TE HUUR teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155. 2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS open 1 Junie vanjaar in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793. 3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshekingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091. 4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig. 5. OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240.

6. OP SOEK NA WERK Ek is op soek na werk, enige werk. Ek is opgelei in die administratiewe veld, maar is bereid om enige werk binne my vermoë te doen. Ons het in Desember van Richardsbaai hierheen verhuis en sedertdien het ek net 1 tot 2 dae per week werk of soos dit benodig word. Dit is te min en ek wil iets meer permanent hê. Kontak Hannalie by 083 365 0465. 7. MABULA: LUUKSE TYDDEEL TE HUUR/TE KOOP Junie/Julie-vakansie Marshall Eagle: Luukse 4-slaapk (slaap 8 mense) beskikbaar, baie naby aan hoofkompleks, maar baie privaat. Sluit 32+ gratis wildritte vir die week in. Kontak Contessa by 082 464 26909. 8. OPTIMALE GESONHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as 'n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem , kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. 'n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van "moderne medisyne" met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelprosesse om so die beste vir 'n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS Met groot dankbaarheid sien ons hoe die bediening in en vanuit ons gemeente groei terwyl die heerlike aroma van vars gemaakte koffie in die lug hang. Wonderlike dinge gebeur en gesprekke vind daagliks plaas met stomende koppies koffie of tee in die hande. Ons geboue en geriewe word elke dag van die week benut en ons sien hoe mense saam met God op pad is en ook ander mense die pad na God toe wys. Die Agapé-diensgroep het die NIE-KOFFIE-FONDS gestig wat nie oor die koffie gaan nie, maar wel oor liefde en diensbaarheid. Die NIE-KOFFIE-FONDS bestaan sodat ons as gemeente hierdie bediening kan aanhou ondersteun met die nodige gasvryheid en liefde. Jy kan ook ’n bydrae lewer deur ’n oorbetaling vir die NIE-KOFFIE-FONDS in die Agapé-rekening te maak of deur kontant in ’n koevertjie vir Soekie Kruger, Ronel Stronkhorst of Gretha van Wyk te gee. ’n Groot dankie aan elke persoon wat reeds bygedra het tot ons NIE-KOFFIE-FONDS. Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugde soos wat broers en susters in Christus behoort te doen. Agapé-diensgroep: ABSA-spaarrekening: 380 2222 0656.

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Bediening en versorging


Streeksinode Pretoria Konferensie Die konferensie gaan DV op 1 Junie by Meyerspark gehou word, om 09:00. Die tema is voorlopig: Die omkeerstrategie en kerkeenheid. Die tema verteenwoordig die breë lyne van die werk van die twee deputategroepe. Ds. Piet Venter, voorsitter van die Deputate Omkeerstrategie, asook ds. Danie Snyman, voorsitter van die Deputate Eenheid-inVerskeidenheid, is die inleiers van die twee beplande sessies. Ons gaan ook op die konferensie die geleentheid kry om insette te lewer in die werksaamhede van die twee belangrike deputategroepe. Ons vra in hierdie stadium dat u die datum 1 Junie in u dagboek sal aanteken. Die konferensie is oop vir almal, en ons verwelkom die deelname van broeder- en susterlidmate, soos verlede jaar. Ons broeders en susters buite Pretoria is ook baie welkom. As u van ver af kom, kan u selfs met ons skakel vir huisvesting (en ’n preekbeurt by Andeon en Bergsig!). Vir enige navrae, kan u my kontak by 012 372 0311, e-pos anberg@absamail.co.za , of ons skriba, dr. Ferdi Kruger van Meyerspark, by 012 803 6980, e-pos ferdikruger4@gmail.com

Prof PJ de Bruyn Hy was van 1970 tot 1988 predikant in Pretoria Sunnyside. Prof De Bruyn word in Desember 80 en ter viering van hierdie spesiale verjaarsdag is sy kinders besig om as ‘n verrassing vir hom ‘n elektroniese fotoboek van sy lewe saam te stel. Indien u enige foto’s het van die tyd toe hy predikant in Sunnyside was, e-pos dit asseblief aan my. Ons is ook op soek na ‘n mooi foto van die Sunnyside-kerkgebou. Geskandeerde kopie van die foto’s in jpgformaat sal heeltemal reg wees. Foto’s kan na my gestuur word by carolien.botha@dhl.com en enige telefoniese navrae kan gemaak word na my suster, Retha Martiz, by 011 672 7589.

NOOITGEDACHT

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650,00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

WWesskamp ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente Die kamp vind plaas van 14 tot 17 Junie by Bergventure (naby Champagne Castle in die Drakensberg). Die koste beloop R650 en sluit alle etes in. Kontak

Erna Dreyer by erna@gkrandburg.org.za of skakel 011 886 0580.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.