Tvs hh 2013 06 02rll

Page 1

Hart & Hand Hand 2 Junie 2013

Saam op pad met God

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Meer as genoeg Fanie van der Schyff Jesus gee meer as genoeg! Uit Sy oorvloed vra Hy dat ons onsself aan Hom sal gee. Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang! Aanddiens

Jou gawes is nie jou gawes nie Griffel van Wyk 1.Petrus 4:10 (1983) As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien. Troyestraat

Waarom bid vir vergifnis as ons reeds in Christus vergewe is? Ds Fanus Heystek Kol 1:14 lees: “...in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes”. Die verlossing beteken vergifnis van al ons sondes – van die verlede, hede en toekoms. En dit het almal wat glo reeds. Waarom bid ons dan nog elke dag om vergifnis?

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Handelinge 20:17-37 (:35)

Sang: Lb 69:1, 2, 3 Sk 9-2:1, 2 / 8, 9 Ps 116a:5, 7, 8, 10 Ps 150a:1, 2, 3 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk

Skriflesing: 1 Kor 12:7-10 Efesiërs 4:12-16 1 Petrus 4:10, 11

Sang Sang word tydens die erediens op die borde vertoon.

Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Mat 6:11-12 en 1 Jo 1:510 Sang: Ps 23:1, 2 Sk9-3:1 Sk10-2 Lb203:1, 3 New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Sondag:

Vrydag:

Jeug-kleingroepe Verjaarsdagtee

18:00 Kerrie-en-Sjerrie

Troyestraat-dagboek:

Maandag:

UP-eksamen begin 19:00 Dissipelskapkafee

Woensdag:

18:00 Bedieningskommissie vergader in die moederskamer

DAGBOEK

Donderdag:

12:00 KVA vergader in die konsistorie

Gemeentesake Voorbidding – Indië Bid vir die jaarlikse jeugkamp wat hierdie maand gaan plaasvind. Daar word 200 jongmense verwag. Bid dat talle lewens geraak en verander sal word en dat die hand van die Here kragtig onder die jongmense sal werk.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041 of Hannes Welman by 082 850 1473, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Eljadahuis Met die winterkoue is daar ’n dringende behoefte aan komberse vir die mense by Eljadahuis. Daar is ook ’n tekort aan veral enkelbed-matrasse. Indien daar dalk mense is wat gebruikte of nuwe goedere kan skenk, sal dit baie waardeer word.

Woensdag 5 Junie: Bybelstudie by Kronendal 09:30. Tema: Waarom bid vir vergifnis as ons reeds in Christus vergewe is? (Mat 6:11-12 en 1 Jo 1:5-10) Woensdag 12 Junie: Bybelstudie by Troyestraat 10:30. Tema: 1 Petrus 2

Kosbank Ons kosbank is op die oomblik dolleeg en daar is siekes en behoeftiges wat gehelp moet word. ’n Vriendelike dog dringende beroep word op lidmate gedoen om ons hiermee te help. Enige geregte wat gevries kan word, sal verwelkom word. Bring dit Sondag saam kerk toe en sit dit in die yskas of gee dit aan Erna Kruger (012 361 3761) of enige van die Agapé-lede.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Storielyn Bybelverse Datum Josef Broers as Gen 42:143 Jun spioene 24 beskuldig Broers gaan Gen 42:254 Jun terug na Kanaän 38 Planne om na Gen 43:15 Jun Egipte terug te 14 gaan Benjamin gaan Gen 43:156 Jun na Egipte 28 Josef huil Gen 43:297 Jun 34


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum

Tema

Aanbieder

3 Junie

Die charismatiese versus die “konserwatiewe” kerke – wat is in ons land besig om te gebeur? Hoekom verlaat die jongmense die konserwatiewe kerke?

Laurette

Kerrie-en-sjerrie-aand ’n Aand wat jy nie moet misloop nie! Datum: Vrydag 7 Junie Tyd: 18:00 vir 18:30 Kom drink ’n glasie sjerrie en eet daarna heerlike kerriegeregte. Daar gaan ’n verskeidenheid wees om van te kies: skaapvleis, beesvleis, hoender, groentekerrie en ook afval. Daar sal ook “kerrie-sonderkerrie” wees. Stampmielies, rys en slaai word ook bedien. Ons sluit af met koffie, tee en sjokolade. KAARTJIEPRYSE: R50 - volwassenes, studente, hoërskoolleerlinge R25 - laerskoolleerlinge R10 - voorskoolse kinders Koop kaartjies by Agapé-diensgroep en by Marga Koelman in die saal wanneer almal tee drink. ’n Beperkte hoeveelheid kaartjies is beskikbaar. KOM EN KOOP SOMMER DADELIK KAARTJIES! BRING EIE EETGEREI, GLASE, DRINKGOED.

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode, konfyt + vriende = BILTONGFEES Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel. Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk saam daaraan!

Biltonggroete!


Gelukwense

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. Psalm 128:1 2/6 2/6

Mieke Bakker Erna Cloete

012 362 3333 072 014 2220

2/6

Werner Pieterson

082 904 5885

2/6

083 635 2252

2/6

Ingrid van der Merwe Adriaan Venter

4/6 4/6

Marna Fourie Chris Lemmer

083 400 0103 079 523 0372

4/6

Riek Marais

082 773 5198

4/6

Walter van der Merwe Leonie Potgieter

072 355 9066

012 329 3105

7/6

Nonna van Dijkhorst Hannes Jansen van Vuuren Albert Joubert

7/6

Maretha Logie

082 442 2477

7/6

Willem Mennega

012 460 6613

8/6

Colin Cameron

072 278 5341

8/6

Edwin Carney

082 873 9706

8/6

Ronel Stronkhorst

083 299 7413

5/6 6/6 7/6

082 5526579

072 329 9760

082 467 9704 Susan Strijdom

Klereverkoping – Troyestraat Die klereverkoping vind plaas op Woendag 5 Junie om 06:15.

Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting aan die kerkkantoor.

Voorlegging van finansiële state Die finansiële state sal op 2 Junie net ná die oggenderediens aan die gemeente voorgehou word.

Die haan op die kerktoring? Die haan is 'n simbool en versinnebeelding van waaksaamheid en bedrywigheid. Gedurende die Middeleeue was die haan 'n belangrike Christelike beeld wat byna altyd te sien was op die hoogste windwysers (vergelyk die weerhaan) en katedraaltorings. Die haan is beskou as 'n simbool van waaksaamheid en van die opstanding.Dit moes die Son (Christus) sien en verwelkom selfs voor Hy in die Ooste verskyn. In Afrikaans sê ons geen haan sal daarna kraai nie, dit wil sê niemand sal ooit iets daaroor sê nie. Hierdie uitdrukking dateer uit die 17de eeu. Sommige mense het gemeen die oorsprong van die gesegde lê in die bekende verhaal van Petrus wat Jesus verloën, maar dit kan nie gestaaf word nie, aangesien Jesus bedoel het dat Petrus hom vóór die kraai van die haan, dit wil sê voor dagbreek, drie keer sou verloën. Die oorsprong moet eerder gesoek word in die volksgeloof dat die haan wat die enigste toeskouer by 'n moord is, se gekraai die moordenaar sal verklap. Wanneer 'n onreg gepleeg word en niemand ooit daarvan sal weet nie, word gesê: daar sal geen haan na kraai nie.Sy haan moet (altyd) koning kraai: hy moet (altyd) sy sin kry, die meeste te sê hê.Elke haan is koning op sy eie mishoop: elkeen voel hom die meerdere op sy eie gebied.As Petrus by is, praat ’n mens nie van die haan nie: dit sou taktloos wees om onaangenaamhede uit ’n persoon se verlede in sy teenwoordigheid te bespreek. STORIES OOR DIE HERKOMS EN BETEKENIS VAN AFRIKAANSE IDIOME, SEGSWYSES EN WOORDE Nagevors en saamgestel (tussen 1975 en 1995) deur Helena Liebenberg

VERJAARSDAGTEE SONDAG 2 Junie Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat in April, Mei en Junie verjaar asb ‘n bordjie hand-eetgoedbring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ‘n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die Kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

ReĂŤlings Datum

Plek

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

2 Junie

Duxbury

Ouderling Bingle Kruger

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Elfrieda/Janneke

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstoom Teologiese Studentekas

Gerda

Diaken Erna Kuger 2 Junie

Troyestr

Ouderling Ivan Altin

9 Junie

Duxbury

Ouderling Matthys van der Hout Diaken Este-Marie Pieterson

9 Junie

Troyestr

Dienste deur die Hervormde Kerk

082 971 2725 mashautd@gmail.com Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself - Prediker 10:12


ADVERTENSIEBLAD 1. WOONSTELKAMER TE HUUR

6. TUINWOONSTEL TE HUUR

teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

Oopplan-tuinwoonstel, met aparte badkamer (stort, wasbak en toilet). Eie binnehof, met ingeboude braaiplek. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in R3 100 per maand. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksiestoofplaat en dubbelbed (alles nuut). Ideaal vir mediese student of werknemenr by Steve Bikohospitaal, 500m van hospitaalingang. 1 maand deposito. Baie trappe. Beskikbaar 1 Junie 2013. Kontak Mathilda du Preez by 083 657 7007.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS open 1 Junie vanjaar in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

7. MABULA: LUUKSE TYDDEEL TE HUUR/TE KOOP Junie/Julie-vakansie Marshall Eagle: Luukse 4-slaapk (slaap 8 mense) beskikbaar, baie naby aan hoofkompleks, maar baie privaat. Sluit 32+ gratis wildritte vir die week in. Kontak Contessa by 082 464 26909.

8. OPTIMALE GESONHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van "moderne medisyne" met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelprosesse om so die beste vir 'n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

9. OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Medewerkers in die Gereformeerde Kerk Brooklyn Jou genadegawes is belangrik In die Nuwe Testament is daar getuienis van manlike en vroulike medewerkers wat ouderlinge en apostels in hul dienswerk in die vroeë Christelike Kerk bystaan (Rom 16:3,9,12-15, 21; 1 Kor 3:9; 2 Kor 1:24; Fil 2:25; 4:3; Filemon :24). Hierdie medewerkers was Christene wat kragtens die amp van gelowige hul gawes gebruik het om saam met en onder toesig van die apostels dienswerk in gemeentes te verrig tot opbou daarvan (Ef 4). Die Here het ook in ons gemeente aan lidmate besondere genadegawes vir dienswerk gegee. Die Kerkraad het in die lig van bogenoemde die gebruik van medewerkers in die bediening tot opbou van ons eie gemeente goedgekeur.

Jou bydrae as medewerker 

   

Medewerkers: kan belydende manne of vroue van die Gereformeerde Kerk Brooklyn wees wat die gawe, gewilligheid en tyd het om ouderlinge by te staan in hul dienswerk van huisbesoek en die vestiging van kleingroepe onder medegelowiges in die gemeente werk saam met en onder toesig van die ouderlinge met die spesifieke gerigtheid op onderlinge geestelike versorging van lidmate in die gemeente maar neem nie die taak en rol van ouderlinge of diakens oor nie; word nie formeel in ’n spesifieke amp bevestig soos ouderlinge of diakens nie, woon nie Kerkraadsvergaderings by nie en het ook nie deel in die regeer-amp van ouderlinge nie; sal terugvoering gee aan die ouderling van die wyk waarin daar diens verrig word;. sal na gelang van sy/haar kapasiteit lidmate besoek - dit beteken in die praktyk dat daar sommige medewerkers mag wees met so min as een besoekpunt, terwyl ander dalk baie meer mag hê. wat graag ander gawes wil aanbied (nie as ouderlinghulp wil optree nie), soos om onder meer in ‘n bedieningsnetwerk te help, word ook hartlik uitgenooi.

Word ’n medewerker Belydende lidmate wat geroepe voel om as medewerkers in die gemeente diensbaar te wees, of navrae daaroor het, word vriendelik uitgenooi om enige ouderling, predikant of die kerkkantoor te skakel.

“As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou tevergeefs” – Ps 127:1


UITNODIGING – VRYDAG 7 Junie SUSTERS VAN BRASILIË (IGREJA PRESBITERIANA do BRASIL) BESOEK ONS IN SA Susters (broers is welkom) van die GKSA word hartlik na die gesprek uitgenooi. Onderwerp: Die susters gaan vir ons vertel wat die susters van die Presbiteriaanse Kerk van Brasilië (IPB) doen en ook wat dié groepie susters in Mosambiek en Angola by hul sendingpunte ervaar het. Datum: Vrydag 7 Junie Tyd: 14:15 - 17:15 Plek: Die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand, hoek van Lange- en Deystraat, New Muckleneuk, Pretoria. Laat weet asb voor Woensdag 5 Junie vir Tobia Steyn as u die geleentheid wil bywoon by tobia.steyn@gmail.com (Navrae: Tobia by 082 354 7053).

Prof PJ de Bruyn Hy was van 1970 tot 1988 predikant in Pretoria Sunnyside. Prof De Bruyn word in Desember 80 en ter viering van hierdie spesiale verjaarsdag is sy kinders besig om as ‘n verrassing vir hom ‘n elektroniese fotoboek van sy lewe saam te stel. Indien u enige foto’s het van die tyd toe hy predikant in Sunnyside was, e-pos dit asseblief aan my. Ons is ook op soek na ‘n mooi foto van die Sunnyside-kerkgebou. Geskandeerde kopie van die foto’s in jpgformaat sal heeltemal reg wees. Foto’s kan na my gestuur word by carolien.botha@dhl.com en enige telefoniese navrae kan gemaak word na my suster, Retha Martiz, by 011 672 7589.

NOOITGEDACHT

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650,00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

WWesskamp ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente Die kamp vind plaas van 14 tot 17 Junie by Bergventure (naby Champagne Castle in die Drakensberg). Die koste beloop R650 en sluit alle etes in. Kontak

Erna Dreyer by erna@gkrandburg.org.za of skakel 011 886 0580.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.