Hart && Hand Hand 23 Junie 2013
Saam op pad met God
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Luister na jou Gids, Hy lei jou na ewige heerlikheid Dr Klasie Heystek Mense verlang na heerlikheid: selfvervulling, geborgenheid, heiligheid.... Ja, ons is geskape weinig minder as ’n goddelike wese...daarom.... Waar kan ons ware heerlikheid vind – nou en vir altyd? Aanddiens
Geestelike klerekas Griffel van Wyk ’n Groot deel van ons energie gaan daarin om elke oggend seker te maak ons is reg aangetrek, ons klere pas bymekaar en dit is geskik vir wat daardie dag gedoen moet word... maar dit wat jy daardie dag gaan doen... is eintlik net ’n dekmantel vir jou regte werk... om te doen wat Jesus daardie dag deur jou wil doen... en daarvoor moet jy ook reg aangetrek wees. Wat hoort dan in daardie deel van jou 'klerekas'?
Eredienste Duxbury: 09:30 Dr Klasie Heystek Skriflesing: 1 Korintiërs 2:6-16 Sang: Ps 111b:1, 2, 3 Sk 12-3:1, 2 Sk 12-3:3 (Van Wyk) Ps 112b:1, 2, 3 Sk 12-2:1-5 Sk 18-6:1, 3, 5 Sk 10-2
Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Efesiërs 6 Sang Sang word tydens die erediens op die skerms vertoon. Karmel- en Troyestraat Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau
en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is, 1 Thessalonicense 3:12
Maandag: UP-eksamens eindig
Woensdag:
Mootkamp vir groepleiers begin.
DAGBOEK
Saterdag: Mootkamp begin
Gelukwense
Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God. (Psalm 146:5) 23/6 23/6 23/6 23/6 23/6 24/6 25/6 26/6 26/6 26/6 26/6 27/6 27/6 28/6 28/6 28/6 28/6 29/6 29/6
Anneri Cilliers Lisa de Ronde Leonore Jacobs Hendré Steenkamp Chrissie van Vuuren Jeanette Oosthuizen Meintje Schalekamp Ignetia Mashau Pieter Stronkhorst Herkie Venter Mechiel Venter Trudie Nel
083 259 6880
Cobus Stoltz Delmari Ambrosius Danie Eloff
082 902 0032
Magdel Marais Emke Stronkhorst Julie D Artnall Merle Potgieter
083 299 1407
082 886 9450 082 851 5772 083 447 3315 012 343 0390 082 293 7285 072 406 9092 082 971 2725 012 804 3661 082 320 8400 073 284 2081 083 740 6950
072 682 3470 083 952 4764
083 299 7413 072 322 0828 012 348 7787
Dr Oosthuizen officially retired from Mukhanyo.
We thank the Lord for Dr Gerhard Oosthuizen and his many years of service at Mukhanyo Theological College. Dr Oosthuizen began serving at Mukhanyo in 1994. He started then as the Registrar and has served in many other areas including as Office Manager and as the longestserving lecturer. Oom Gerhard or Oupa Gerhard has been teaching certificate and diploma level modules. http://www.mukhanyo.co.za/.
Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.
Eljadahuis Eljadahuis gee daagliks kos vir sowat 30 tot 40 mense. Hiervoor is baie kos nodig. Ons vra skenkings van enige nie-bederfbare blikkieskos wat aan die einde van elke maand na Eljadahuis geneem word
Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.
Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.
Tema: Josef Storielyn Jakob seën Josef se kinders Meer oor die seën Josef se pa sterf Josef begrawe sy pa Die broers is bang vir wraak Josef se lewe is verby
Bybelverse Gen 48:1-9
Datum 24 Jun
Gen 48:10-21 Gen 49:29-50:6 Gen 50:7-14
25 Jun 26 Jun 27 Jun
Gen 50:15-21 Gen 50:22-26
28 Jun
Baie dankie vir jou finansiële bydrae!
Biltongfees, biltongfees! 16 Augustus 18:30 – 19:00
Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Die reëlings vir die biltongfees is nou sommer ernstig aan die gang, maar behalwe vir wildsbokke en ander borge vra ons ook veral vir makataankonfyt wat ’n pasmaat is vir die brood en biltong, ook iemand wat vir ons kaas kan voorsien of inligting oor besonderse kaas teen besonderse pryse natuurlik! Die heel nodigste is natuurlik gasvroue en gashere met gaste vir tafels, rond of vierkantig, wat die minimum van 12 tot 20 persone kan akkommodeer. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir studente en R50 vir skoolkinders. Dit is beskikbaar by Marga op Sondae in die kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda, Bets, Frikkie, Harm, Danie en die kerkkantoor. Baie dankie en ons hoop almal voel opgewonde om hierdie funksie te laat slaag!
Diakonie van Pretoria-Wes: Fondsinsameling Finansiële bydraes: Maart tot Mei 2013
Sewe redes waarom ons ons nie moet bekommer nie
Geneem uit ‘Die Bybel in Praktyk’
Matt. 6:25 Matt. 6:26 Matt. 6:27 Matt. 6:28-30 Matt.6:32 Matt. 6:33 Matt. 6:34
Jy kan jou hele lewe elke dag toevertrou aan dieselfde God wat jou ‘n lewende wese gemaak het. Kommer oor die toekoms haal jou uit rat vir vandag. Kommer doen meer skade as wat dit help. God ignoreer nooit diegene wat op hom vertrou nie. Kommer dui op ‘n gebrekkige geloof en begrip van God. God wil hê dat jy werklike uitdagings die hoof moet bied en kommer weerhou jou daarvan. Doen elke dag wat jy kan doen, dan sal jy nooit deur kommer vernietig word nie.
Die diakonie van Pretoria-Wes verkoop “Best Braai”-houtskool, brikette en vuur-aanstekers as deel van hul fondsinsamelingsprojek. Houtskool verkoop @ R22 en vuur-aanstekers @ R15. Indien u belang stel, kan u Sondae by Marga Koelman u bestelling plaas.
Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.
Brooklyn Brokkies Ons soek iemand wat vir ons die bladuitleg van Brokkies kan doen, verkieslik met vorige ervaring van die bladuitleg van publikasies. As jy boonop rekenaarvaardig is en MicroSoft Office 2010 het, kontak Johanna asseblief by 073 295 5848.
Voorbidding – Katar Geopende Deure wil graag saam met plaaslike gelowiges in Katar werk en geleenthede daarstel vir geïsoleerde gelowiges om saam met medegelowiges rondom die Woord of in gebed te kuier. Bid dat goddelike verhoudings met die plaaslike inwoners gesluit sal word, sodat ware gelowiges “gevind” kan word en samesyn bewerkstekllig kan word.
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien jy bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Meelewing Ian Nagel is verlede week oorlede. Ons bid sy familie sterkte en vertroosting toe. Fanie van der Schyff se moeder, wat ook Louis de Klerk se suster was, is Dinsdagoggend oorlede en Vrydag in Potchefstroom begrawe. Ons dink aan die familie in ons gebede.
Bedanking Baie dankie vir liefde en ondersteuning in hierdie tyd. Ons Here leef! Fanie, Elmarie en kinders.
Gebeure wat die gemeente raak Laat weet ons per e-pos by
gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com
Voorbidding en steun gevra Ons hoop om weer vanjaar met sowat 100 skoolkinders te gaan kamp. Vir elkeen van hierdie kinders is die kamp nie net ’n groot klomp gesonde, skoon pret nie, maar ook die geestelike hoogtepunt van die jaar. Dit sal nou my sesde Mootkamp wees en ek was bevoorreg om nog op elke kamp te kon sien hoe kinders dit vir die eerste keer waag om die Here te begin vertrou en werklik daarna begin soek om Hom as sy dissipels te volg. Baie hegte verhoudings word ook tussen ons eie studente as groepleiers gesmee. Hierdie verhoudings loop dikwels uit op vriendskappe wat jare lank hou. Ons hoop is dat hulle ook die ervaring wat hulle as groepleiers opdoen, sal indra in die gemeentes waarheen hulle gaan met hul vertrek uit Brooklyn. Meer inligting en getuienisse van die kinders is te sien by www.mootkamp.co.za Borge vir kinders wat dit nie self kan bekostig nie Ons soek weer vanjaar borge vir die sowat 20 kampgangers wat nie self hul kampgeld kan betaal nie. Indien jy ’n kind/student borg soos hieronder, maak jy dit vir hulle moontlik om te gaan kamp: MOOTlight (Gr 7, 8, 9) kampkoste is R540 (5 dae) MOOT (Gr 10, 11, 12) kampkoste is R920 (7 dae) Groepleierskoste is R1 170 (10 dae) ABSA Hatfield: Moot Skoolverlaterskamp: Tjekrekeningnommer: 2140279016 Takkode: 632 005 Stuur asb ook vir my ’n e-pos sodat ek op die hoogte kan wees van watter bedrag en waarvoor die borg van ’n kampganger gaan by griffel@gkbrooklyn.org.za Voorbidding gevra En dan, wat elkeen van ons kan doen en wat onmeetbare waarde sal hê: Bid asb. Dat die Here hierdie kamp sal gebruik sodat Hy sigbaar sal word vir jongmense om hulle oor sy goedheid te verwonder. Vir wysheid vir die jong groepleiers waarna die skoolkinders vreeslik opsien. Vir die predikantespan wat moet bontstaan met leiding en raad. Griffel 082 354 3726
Igreja Reformada em Moçambique (TOPIA besoek – Maart tot Mei 2013: Deel 3) Stap saam met TOPIA op ’n reis van verandering. Sien die impak van ’n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. Ná drie weke in Zambië het ons via Malawi na Milange in die noorde van Mosambiek vertrek. Ons is die Here baie dankbaar dat alles voorspoedig afgeloop het. Albei die kinders het ’n baie hoë koors ontwikkel, maar hulle het genadiglik negatief vir malaria getoets. In die noorde van Mosambiek werk TOPIA saam met die Igreja Reformada em Moçambique, Sínodo de Tumbine (IRM). Die eerste week het Johannes ’n Visie-konferensie met die jeugleiers van die Liazi-, Luala- en Tumbine-klassisse in Milange gehou. Die jeugleiers is ouer as wat ’n mens sal dink en vervul ’n belangrike leierskaprol in hul gemeentes. Die konferensie het goed verloop en die Luala-groep het ’n toneel opgevoer as antwoord op een van die praktiese oefeninge waardeur na die leuens in hul gemeenskappe gekyk moes word. Die toneel het uitstekend daarin geslaag om die groep by die praktyk uit te bring en Johannes het besluit om vorentoe meer van rolspel gebruik te maak. Die laaste konferensie is by die gemeente van Mikongoni gehou. Die Visie-konferensie by Mikongoni is by die Itchi prayer house (wyk) gehou. Die gemeente bestaan uit 15 prayer houses. Die dominee kom hoogstens twee keer per jaar by elke prayer house uit en sy groot taak is om die leiers van die prayer houses toe te rus. By die konferensie het die praktiese toepassings deur musiek en rolspel baie goed gewerk. Donderdagmiddag het die kerkleiers Christus se liefde aan bejaardes in die gemeenskap betoon deur sogenaamde saadaksies en Vrydag het hulle beplan hoe die ouderlinge van elke prayer house dit wat hulle by die konferensie geleer het aan die gelowiges in hul prayer house sou oordra en hoe hulle deur middel van saadaksies na hul gemeenskappe sal uitreik. Vir foto’s en 'n vollediger weergawe van ons besoek, lees asseblief die Voetspore van Hoop-blog. . Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk op alle vlakke van die samelewing in Afrika. Bid vir kerke en kerkleiers van die Igreja Reformada em Moçambique. Dank God vir tweedegeslag-fasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Dank die Here vir sy beskerming aan ons tydens hierdie besoek aan Botswana, Zambië, Malawi en Mosambiek. Voetspore van Hoop-blog – teken in vir nuus en foto’s: (1) Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). (2) Klik op die blog-skakel. (3) Tik jou e-pos-besonderhede in die Voetspore van Hoop-blokkie in. (4) Klik op subscribe. Koninkryksbelegging – Indien God jou roep om by TOPIA ’n koninkryksbelegging te maak: ABSA-tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319. CHRISTUS HET OPGESTAAN – IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM! Lizanne, Lourens, Arina en Johannes Aucamp
Kermis Ons Huis-ouetehuis Florida 27 Julie van 10:00 tot 14:00 Die inwoners, personeel en beheerliggaam nooi u om die dag saam met hulle te kom geniet Madelinestraat 110, Tel: 011 672 5018
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
ReĂŤlings Datum
Plek
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
23 Junie
Duxbury
Ouderling Gert Lambert Erasmus
Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA Sustentasiekas
Ronel
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Soekie
23 Junie
Troyestr
30 Junie
Duxbury
30 Junie
Troyestr
Diaken Hannes Welman Dienste deur die Hervormde Kerk Ouderling Christoff Pretorius
Diaken Hendrik J v Rensburg Ouderling Gerhard Oosthuizen
082 971 2725 mashautd@gmail.com Ek slat my twee oge op; My kyk vang die verste kop. Waarvanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom. Hy't nou jimmel en Prieska gekom maak. Sonner lat jou voet klippers raak, Is Hy skoene agterrie skaap. Sontyd is Hy hoed op jou kop. Innie nag hou hy gevaarlikheid dop. Hy's mos nou da om jou op te pas. Jou siel hou Hy tussen ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt, Hy's oor jou vir ewig an vir altyd. (Psalm 121) Die Bybel In Griekwa-Afrikaans, Die Burger, 28 Augustus 1997 (opgeteken deur proff. Hans du Plessis en Christo van Rensburg)
ADVERTENSIEBLAD 1. WOONSTELKAMER TE HUUR
6. TUINWOONSTEL TE HUUR
teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.
Oopplan-tuinwoonstel, met aparte badkamer (stort, wasbak en toilet). Eie binnehof, met ingeboude braaiplek. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in R3 100 per maand. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksiestoofplaat en dubbelbed (alles nuut). Ideaal vir mediese student of werknemenr by Steve Bikohospitaal, 500m van hospitaalingang. 1 maand deposito. Baie trappe. Beskikbaar 1 Junie 2013. Kontak Mathilda du Preez by 083 657 7007.
2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS op 1 Junie vanjaar geopen in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.
3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.
4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.
5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n Christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.
7. BROOKLYN BROKKIES Ons soek iemand wat vir ons die bladuitleg van Brokkies kan doen, verkieslik met vorige ervaring van die bladuitleg van publikasies. As jy boonop rekenaarvaardig is en MicroSoft Office 2010 het, kontak Johanna asseblief by 073 295 5848. 8. OPTIMALE GESONDHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van “moderne medisyne” met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelproses om so die beste vir ’n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Augustus Dankoffer:
Groot DANKIE vir Brooklyn se NIEKOFFIE-FONDS! ’n Groot dankie vir die mildelike bydraes tot Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS! Ons bedieninge in en vanuit die gemeente kan steeds voortgaan om te groei met die heerlike verwelkomende geur van koffie in die lug! Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen.
OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240
NOOITGEDACHT
SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650,00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732
BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode, konfyt + vriende = BILTONGFEES Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel. Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk saam daaraan!
Biltonggroete!