Hart en Hand 21 April 2013

Page 1

Hart

en

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Sien die tekens raak Fanie van der Schyff Daar is baie druk op elkeen van ons om eenvoudig net kop bo water te hou. Soms voel dit asof alles net te veel raak en mens begin dikwels wonder: “Waarom en waarheen?” Ons Here laat ons nie in die duister nie... Aanddiens

Bergverskuiwings Fanie van der Schyff

\

Jesus was nie in die grondverskuiwingsbedryf nie – Hy was in die houtbedryf. Tog maak Hy daarop aanspraak dat Hy (en jy ook!) berge kan versit deur geloof. Wat het Hy daarmee bedoel? Troyestraat

Noodsaaklikheid van Jesus se verskyninge Ds Fanus Heystek  

Eredienste

21 April 2013

Waarom het (of moes) Jesus ná sy opstanding aan mense verskyn? Aan wie het Hy verskyn? Wat het Hy vir hulle gesê?

Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing:

Matt: 24:3-14 (6) Lukas 21:34-36 Sang:

Ps 68a:1 Ps 68b:5 Ps 68a:9 Ps 25a:2 Sk 15-3:3,4,5 Sk 18-7:1,11,12 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Matt: 21:21,22 Sang: Lofprysing Lb 190:1,3 Ps 46a:1,6 Sk 13-3

Karmel: 09:00 Troye: 10:00 Ds Fanus Heystek

Skriflesing: Lukas 24 Sang: Ps 150:1+3 Ps 86:6 SK 12-6:3-5 LB 422:1-3

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Sondag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Saterdag: Vryheidsdag

DAGBOEK Gemeentesake Voorbidding – Indië Bid vir die aanstaande verkiesings wat in die volgende state gaan plaasvind: Karnataka in Mei vanjaar, en later vanjaar in Madhya Pradesh, Mizoram, Delhi, Rajasthan, Chhattisgarh, Jammu en Kasjmir. Bid in die besonder vir die state Karnataka, Chhattisgarh en Madhya Pradesh, aangesien die Christene van hierdie state in die verlede geteiken is.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Peet Langley (082 585 7626) is in die Kloofhospitaal. ’n Kwaadaardige gewas is uit sy kolon verwyder. Dit gaan onder omstandighede goed. Ons bid hom krag en seën toe. 1. Meelewing 2. Die afgelope tyd is die moeder van Ian en Marinus Jansen van Rensburg, asook die vader van Rendani en Mashudu Kruger oorlede. Ons bid hulle die vertroosting van ons Hemelse Vader toe. Betsie van Wyk is Maandag oorlede. Sy en haar man, Batie, was baie jare lank lidmate hier gewees, voordat hulle saam met hul drie dogters na Australië vertrek het. Ons bid die familie krag en sterkte toe in hierdie tyd.

TroyestraatWoensdag:

 Woensdag 24 April: Bybelstudie om 10:30 in Karmel-kapel. Tema: Die gelykenis van die onregverdige bestuurder (Lukas 16:1-9)  Woensdag 1 Mei: Bybelstudie by Kronendal (Pretoriusstraat) om 09:30. Tema: Die gelykenis van die onregverdige bestuurder (Lukas 16:1-9)

Agapé-uitreik Ons uitreik verlede jaar na huishulpe en lidmate van New life City Church in Sunnyside, gehou in ons kerksaal, was ’n groot sukses. Dis met groot entoesiasme dat ons die geleentheid vanjaar weer aanbied - weliswaar ’n bietjie vroeër as verlede jaar. Reserveer dus solank SATERDAG 4 MEI, 09:00 vir 09:30, vir hierdie opwindende gebeurtenis. Verlede jaar was daar by hierdie geleentheid heelwat versoeke vir Bybels in verskillende tale. Ons wil dus graag ’n WIT OLIFANT-TAFEL organiseer vir die oggend, en die inkomste daarvan vir BYBELVERSPREIDING gebruik. Bring asb ’n wit olifant (of twee) na die kerk of kerkkantoor - duidelik gemerk vir dié geleentheid. Vir enige navrae, kontak Annalie Grové, Erna Kruger, Elmarie van der Schyff en Susan Heystek.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Jacob Storielyn

Bybelverse

Datum

Jakob kom by Laban aan Jakob trou met susters Ragel jaloers oor kinders Josef word gebore Gespikkelde skape en bokke

Gen 29:1-14

22 Apr

Gen 29:15-30

23 Apr

Gen 29:31-30:7

24 Apr

Gen 29:22-33

25 Apr

Gen 29:34-43

26 Apr


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode:334 745,Rekeningnommer 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum

Tema

Aanbieder

22 April 29 April 6 Mei

Evangelie op die markplein - Deel 1 Evangelie op die markplein - Deel 2 Missio Dei as paradigma vir die verhouding tussen geloofsgemeenskappe Eienskappe van ’n dissipel - Deel 1 Grace of the City: Tim Keller Eienskappe van ’n dissipel: Deel 2 Grace in and for the City: Tim Keller

Paul Paul Griffel

20 Mei 27 Mei

Paul Paul

DIE TWAALF DISSIPELS (ENKELE HOOFTREKKE UIT HULLE LEWENS) Geneem uit: DieBybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) Lees volgende week meer Naam

Beroep

Kemerkende eienskappe

SIMONPETRUS seun van Johannes

Visser

Impulsief maar sterk leier van die groep dissipels. Het later vreesloos die evangelie verkondig.

JAKOBUS seun van Sebedeus

Visser

Ambisieus,vinnige geaardheid vinnig om te veroordeel, maar opreg in sy toewyding aan Jesus.

JOHANNES seun van Sebedeus

Visser

Ambisieus, veroordeel maklik,later baie liefdevol in Evangelieverhaal.

ANDREAS Petrus se broer

Visser

Vol ywer om vir ander van Jesus te vertel.

FILIPPUS

Visser

Was krities ingestel maar het ook veral Grieke na Jesus gelei.

BARTOLOMEUS (Nataneal)

Onbekend

Lojaal,opreg en reguit. Tradisioneel ingestel.

MATTEUS (Levi)

Tollenaar

Is deur die algemene publiek verag vanweë sy oneerlike beroep.

TOMAS Didimus (bynaam)

Onbekend

Lojaal maar krities. Moes homself eers deeglik van feite vergewis.

JAKOBUS Seun van Alfeus

Onbekend

TADDEUS (Judas seun van Jakobus)

Onbekend

In Mark.15:40 word gepraat van Maria die moeder van KleinJakobus.Moontlik was hy kleiner van gestalte as Jakobus seun van Sebedeus. Moontlik iemand wat ‘n warm en sagte karakter gehad het volgens die betekenis van die naam Taddeus.

SIMON DIE SELOOT

Onbekend

‘n Vurige politieke en religieuse yweraar

JUDAS ISKARIOT

Onbekend

Die beursdraer wat inhaling was en Jesus sou verraai.


Brooklyn Brokkies

Gelukwense Ons Verlosser is die Heilige van Israel, sy Naam is die Here die Almagtige. (Jesaja 47:4) 21/4 21/4 22/4 23/4 23/4 23/4 24/4 24/4 24/4 24/4 24/4 25/4 25/4 25/4 26/4 26/4 26/4 26/4 27/4 27/4 27/4

Christo Step Nico Monica Grete Sylvia Kailah Susan Johan Gerrit Johan Willem Andreas Chris Hannes Herbert Frizelna Ané Ester Mike Edie

Stuur gerus jul bydraes vir die volgende uitgawe van Brooklyn Brokkies voor 3 Mei 2013 per epos aan: Johanna Helberg by johanna.hellberg@up.ac.za of Die Redakteur Brooklyn Brokkies gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com

Barnard Oosthuizen Schuman Jooste van Dijk Venter du Plessis Reinecke Scheepers Schreurs Stronkhorst Reyneke Scheepers van der Walt Grobler Knuppel Steyn Thiart Cordier Hartman Terblanche

082 689 9441 072 123 1340 071 328 8721 012 329 1813 072 878 4322 082 554 9560 079 902 2794 012 341 3648 083 327 0293 012 804 2296 083 675 3198 082 225 8790 012 430 5502 083 305 5694 082 578 1403 076 545 0125 082 782 8143 082 578 9920 072 463 9844 082 336 6533 083 574 4310

Van Der Merwe

012 341 Geskryf 5275 deur Dana Snyman op sy unieke styl, vertel die

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

SESTIG PLUSSERS Kom luister na ’n praatjie deur Paul Brink oor "Vetplante van Suid-Afrika" op 25 April om 10:00 in die moederskamer.

Sien julle daar! Niek

Ter approbasie, as diaken

Hannes van Wyk

Die Rooikaart 04/27 Annatjie

verhaal van ’n man wat die president van sy rugbyklub is, maar sake loop skeef. Frank Opperman se vertolking is briljant en Gys de Villiers se regie is in die kol. “Mens verlaat die vertoning met ’n glimlag maar ook met ’n gevoel van deernis.”

Waar? Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. Wanneer? Vrydagaand 26 April 2013 om 19:30. Kaartjies: R100 vir volwassenes, R80 vir studente en skoliere. Verkope: kantoor of Marga Koelman by 082 923 2346, Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5846, Wina Cameron by 082 859 5216.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Datum

Plek

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

21 Apr

Duxbury

Ouderling Marthinus Heystek

Onder die diens Diakonale werk

Elfrieda

Diaken Willem Daling Ouderling Gerhard Oosthuizen

By die deure Die Kerkblad

Ouderling Eben Venter

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

28 Apr

Troyestr

Duxbury

Diaken Wouter Potgieter 28 Apr

Troyestr

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau

Reëlings

21 Apr

Predikante verbonde aan die gemeente:

Dienste deur die Hervormde Kerk

(New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884 Sanet

Die dag waarop ek nie gebid het nie, is ’n dag waarop ek by God gespog het met my eie krag. – Owen Carr


ADVERTENSIEBLAD 1. KRONENDAL-AFTREEOORD Een- en tweekamer-eenhede te koop. Versorgingseenheid, haarsalon, biblioteek en kelderparkering beskikbaar. Maandelikse heffing sluit in: 3 maaltye per dag, water/elektrisiteit, skoonmaak en 24-uursekuriteit. Skakel Wanie by 012 343 0390 uitbr 312 vir meer inligting. 2. NOMAD-KAMPEERTENT Te koop: Kampeertent van duursame katoen-seilmateriaal met ’n groot raamwerk. Tent bestaan uit ’n 4persoon-slaapafdeling (met ingeboude grondseil), kombuisgedeelte, asook afsonderlike seilflap-konstruksiestoepgedeelte met sykante en voorkant, wat by die kombuisgedeelte aansluit. Puik toestand. Prys R3 690.00. Kontak Matthys van der Hout by 072 138 5060 of matthysvdh@gmail.com 3. VARS SWART OLYWE Uit die Noord-Kaap te koop om self in te maak. Oestyd: Maart en April. R30.00 per kg. Plaas bestellings by gjooste@global.co.za of by Cornelia by 082 903 1427. 4. VERBLYF VERSOEK Ek is op soek na verblyf vir 2 damestudente, vanaf 14 Julie tot 20 September. Ons is finalejaaronderwysstudente en doen in daardie tyd ons prakties by Laerskool Skuilkrans. Ons sal dit verkies om saam by ’n plek te kan

bly. Sal dit waardeer as iemand ons kan akkommodeer. Kontak Hermien Pieters by 073 255 2799. 5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ’n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ’n christelike manspersoon. Beskikbaar vanaf 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00. 6. VAKANTE POSTE Ons Huis, die tehuis vir bejaardes in Florida, het 2 poste beskikbaar: 1 geregistreerde verpleegkundige (Suster) en 1 stafverpleegster. Die sluitingsdatum is 30 April. Kontak Marita van den Berg by 011 672 0362 vir navrae. Rig CV aan Die Bestuurder, Ons Huis, Posbus 3007, Florida, 1710 of Faks 086 572 9579 of e-pos onshuis@residentia.co.za

Amateurfotograwe Wil jy graag ‘n bydrae lewer tot die Brooklyngemeente se fotogallery. Stuur jou besonderhede per e-pos na :Fotos by gereformeerdekerkbrooklyn@gmail.com

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS Met groot dankbaarheid sien ons hoe die bediening in en vanuit ons gemeente groei terwyl die heerlike aroma van vars gemaakte koffie in die lug hang. Wonderlike dinge gebeur en gesprekke vind daagliks plaas met stomende koppies koffie of tee in die hande. Ons geboue en geriewe word elke dag van die week benut en ons sien hoe mense saam met God op pad is en ook ander mense die pad na God toe wys. Die Agapé-diensgroep het die NIE-KOFFIE-FONDS gestig wat nie oor die koffie gaan nie, maar wel oor liefde en diensbaarheid. Die NIEKOFFIE-FONDS bestaan sodat ons as gemeente hierdie bediening kan aanhou ondersteun met die nodige gasvryheid en liefde. Jy kan ook ’n bydrae lewer deur ’n oorbetaling vir die NIE-KOFFIE-FONDS in die Agapé-rekening te maak of deur kontant in ’n koevertjie vir Soekie Kruger, Ronel Stronkhorst of Gretha van Wyk te gee. ’n Groot dankie aan elke persoon wat reeds bygedra het tot ons NIE-KOFFIE-FONDS. Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen. Agapé-diensgroep: ABSA-spaarrekening: 380 2222 0656.

Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting aan die kerkkantoor.

Toegangs-beheer by hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.

Kleuterkinders Kleur in

Verbind die punte by die nommers om die prentjie te voltooi

Begin hier


Streeksinode Pretoria Konferensie Die konferensie gaan DV op 1 Junie by Meyerspark gehou word, om 09:00. Die tema is voorlopig: Die omkeerstrategie en kerkeenheid. Die tema verteenwoordig die breë lyne van die werk van die twee deputategroepe. Ds. Piet Venter, voorsitter van die Deputate Omkeerstrategie, asook ds. Danie Snyman, voorsitter van die Deputate Eenheid-inVerskeidenheid, is die inleiers van die twee beplande sessies. Ons gaan ook op die konferensie die geleentheid kry om insette te lewer in die werksaamhede van die twee belangrike deputategroepe. Ons vra in hierdie stadium dat u die datum 1 Junie in u dagboek sal opteken. Die konferensie is oop vir almal, en ons verwelkom die deelname van broeder- en susterlidmate, soos verlede jaar. Ons broeders en susters buite Pretoria is ook baie welkom. As u van ver af kom, kan u selfs met ons skakel vir huisvesting (en ’n preekbeurt by Andeon en Bergsig!). Vir enige navrae, kan u my kontak by 012-372 0311, e-pos anberg@absamail.co.za , of ons Skriba, dr. Ferdi Kruger van Meyerspark, by 012803 6980, e-pos ferdikruger4@gmail.com

Wapadrant 30-jarige viering Die Gereformeerde Kerk Wapadrant is vanjaar 30 jaar oud en ons nooi alle oudlidmate en belangstellendes hartlik uit na ons feesvieringe op die volgende datums: Vrydag 24 Mei om 19:00 - optrede deur Joe Niemand (bekom kaartjies vooraf); Saterdag 25 Mei vanaf 09:00 Vreugdefees op kerkterrein; Sondag 26 Mei om 09:30 Gesamentlike Feeserediens; Woensdag 29 Mei om 19:00 Lofprysing. Volledige besonderhede beskikbaar op webblad by www.wapadrant.co.za of kerkkantoor by 012 991 1395.

Attestate Met attestaat vertrek: Lamberts Salinda

Oudtshoorn

Met bewys vertrek: Du Preez Magrietha J Labushagne Linda

NG Monumentpark NG Krugersdorp

Hartlik welkom by ons Met attestaat ingekom: Ehlers Christiaan F Egg: Hester J Pieterse Anna M Kruger Elmarie Schalekamp Hendrik J Egg: Meintje Dooplid: Ruan Dooplid: Iwan Kloppers San-Mari Snyman Magdalena EC Fourie Annalie F Van der Walt Renske S

Eloffsdal Kroonstad Kemptonpark Wapadrant

Pietersburg Waterberg Bloemfontein-Noord Centurion

NOOITGEDACHT

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650.00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

WWesskamp ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente Die kamp vind plaas van 14 tot 17 Junie by Bergventure (naby Champagne Castle in die Drakensberg). Die koste beloop R650 en sluit alle etes in. Kontak

Erna Dreyer by erna@gkrandburg.org.za of skakel 011 886 0580.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.