Hart en Hand 24 Junie 2013

Page 1

Hart

en

Hand 26 Mei 2013

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Jou gawes is nie jou gawes nie Griffel van Wyk Aanddiens

Eredienste Duxbury: 09:30 Griffel van Wyk Skriflesing: 1 Kor 12:7-10 Efesiërs 4:12-16 1 Petrus 4:10, 11

Sang: Ps 138b:1, 2 Sk 9-3:1, 2 Ps 40a:3, 4 Ps 147a:1, 2, 4 (tweede melodie)

(Soos) wie is jy?

Duxbury: 18:30

Fanie van der Schyff Elkeen van Jesus se dissipels het van mekaar verskil. Hulle was ’n behoorlik uiteenlopende groep. (Soos) wie is jy? (Soos) wie wil jy wees?

Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 9:35-10:4

Medewerkers (1953 Vertaling)

\

Romeine 16:3 Groet Priscílla en Áquila, my medewerkers in Christus Jesus, Romeine 16:6 Groet Maria wat baie vir ons gearbei het Romeine 16:9 Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

1 Kortinthiërs 3:9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle

Sang Sang word tydens die erediens op die borde vertoon

Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00

Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

2 Kortinthiërs 1:24 nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.

Filippénse 2:25 Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus,

New Life City Church

my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur,

Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Sondag: Jeug-kleingroepe: Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Donderdag: UP: 2de kwartaal eindig

Troyestraat-dagboek:  Woensdag 22 Mei: Bybelstudie by Troyestraat 10:30. Tema: 1 Petrus 1:10-25

DAGBOEK Gemeentesake Voorbidding – Broenei Broeneise gelowiges met ’n moslem-agtergrond hou hul geloof geheim weens die vrees vir vervolging. Nietemin skraap hulle moed bymekaar om ’n Christelike byeenkoms by te woon, selfs al is dit net ’n klein groepie gelowiges wat in die geheim by ’n huis bymekaarkom. Bid vir hul beskerming en dat die Here hulle “onsigbaar” sal maak in die oë van spioene.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Johanna Goodchild (084 952 4362) van Fleurenville is die afgelope week in die Muelmed -hospitaal opgeneem. Ons bid haar krag en seën toe.

Meelewing Wina Cameron se broer wat in Karmel was, is die afgelope week oorlede en Donderdag begrawe. Ons bid die familie die krag en troos van ons hemelse Vader toe.

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041 of Hannes Welman by 082 850 1473, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Kosbank Ons kosbank is op die oomblik dolleeg en daar is siekes en behoeftiges wat gehelp moet word. ‘n Vriendelike dog dringende beroep word op lidmate gedoen om ons hiermee te help. Enige geregte wat gevries kan word, sal verwelkom word. Bring dit Sondag saam kerk toe en sit dit in die yskas of gee dit aan Erna Kruger (012 361 3761) of enige van die Agapé-lede.

Eljadahuis Onthou om ’n blikkie of so ekstra te koop en aan Eljadahuis te skenk. Skenkings kan agter in die saal in die houtkis geplaas word. Baie dankie, alle bydraes help.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Storielyn Bybelverse Datum Josef Die koning roep Gen 41: 27 Mei Josef 14-24 Die betekenis van Gen 41: 28 Mei die drome 25-36 Josef word Gen 41: 29 Mei onderkoning 37-46 Meer oor hom as Gen 41: 30 Mei onder-koning 47-57 Sy broers kom na Gen 42: 31 Mei Egipte 1-13


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum

Tema

Aanbieder

27 Mei

Eienskappe van ’n dissipel Grace of the City: Tim Keller

Paul

3 Jun

Die charismatiese versus die “konserwatiewe” kerke – wat is in ons land besig om te gebeur? Hoekom verlaat die jongmense die konserwatiewe kerke?

Laurette

Kerrie-en-sjerrie-aand ’n Aand wat jy nie moet misloop nie! Datum: Vrydag 7 Junie Tyd : 18:00 vir 18:30 Kom drink ’n glasie sjerrie en eet daarna heerlike kerriegeregte. Daar gaan ’n verskeidenheid wees om van te kies: skaapvleis, beesvleis, hoender, groentekerrie en ook afval. Daar sal ook “kerrie-sonderkerrie” wees. Stampmielies, rys en slaai word ook bedien. Ons sluit af met koffie, tee en sjokolade. KAARTJIEPRYSE: R50 - volwassenes, studente, hoërskoolleerlinge R25 - laerskoolleerlinge R10 - voorskoolse kinders Koop kaartjies by Agapé-diensgroep en by Marga Koelman in die saal wanneer almal tee drink. ’n Beperkte hoeveelheid kaartjies is beskikbaar. KOM EN KOOP SOMMER DADELIK KAARTJIES! BRING EIE EETGEREI, GLASE, DRINKGOED.

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode, konfyt + vriende = BILTONGFEES Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel. Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk saam daaraan!

Biltonggroete!


’n Toets vir elke dag

Gelukwense

Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. (Psalm 16:5,6) 26/5

Willem

Mennega

012 460 6613

26/5

Hannes

van der Walt

072 530 0881

27/5

Henk

Bakker

012 362 3333

28/5

Stephan

Jacobs

072 737 2114

28/5

Barbara

Mostert

012 344 3584

31/5

Doeks

Ehlers

084 356 5782

31/5

Roelof

Grove

082 603 4111

31/5

Gretha

Kruger

082 326 0420

31/5

Alwyn

Rossouw

083 259 2547

31/5

Smit

van Rooy

083 284 5195

1/6

Anna

Pieterse

082 350 5742

Hartlik welkom by ons! Ingekom met attestaat: Coetzee Anna C Vertrek met atttestaat: Van Wyk Ruaan Waterkloofrand De Beer Annamarie Dooplid: Mieke M Thiart Ané Vertrek met bewys: Prinsloo Anél

Kathu

Totiusdal Totiusdal

NG Oosterlig

Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting aan die kerkkantoor.

Voorlegging van finansiële state Die finansiële state sal op 2 Junie net ná die oggenderediens aan die gemeente voorgehou word.

Ons dink dikwels aan moed as ‘n eienskap wat ‘n mens net in tye van groot gevaar of stress nodig het. Moed is egter ‘n alledaagse deug wat ‘n mens nodig het as jy ‘n lewe sonder verwyte wil lei. Hoekom het ons moed nodig? 1. Ons het moed nodig om na die waarheid te soek wanneer ons weet dit kan dalk pynlik wees. 2. Ons het moed nodig om te verander wanneer dit makliker is om te bly soos ons is. 3. Ons het moed nodig om ons oortuigings te lug wanneer ander ons daartoe uitdaag. 4. Ons het moed nodig om struikelblokke te oorkom wanneer vordering op geen ander manier moontlik is nie. 5. Ons het moed nodig om te leer en te groei wanneer dit ons swak punte aan die lig gaan bring. 6. Ons het moed nodig om die goeie pad te bly volg wanneer ander mense ons sleg behandel. 7. Ons het moed nodig om te lei wanneer ons as voorloper ‘n maklike teiken is. Geneem uit : Die keuse is joune deur John C Maxwell

VERJAARSDAGTEE SONDAG 2 Junie Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat in April, Mei en Junie verjaar asb ‘n bordjie hand-eetgoed bring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ‘n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die Kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

Reëlings Datum

Plek

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

26 Mei

Duxbury

Ouderling Roelof Grové

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Marie

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Elfrieda/Janneke

Diaken Drikus van der Walt 26 Mei

Troyestr

Dienste deur die Hervormde kerk

2 Junie

Duxbury

Ouderling Bingle Kruger Diaken Erna Kruger

2 Junie

Troyestr

Ouderling Ivan Altin

082 971 2725 mashautd@gmail.com Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884

Omsoom jou seëninge met dankbaarheid, sodat dit nie uitrafel nie. - Onbekend


ADVERTENSIEBLAD 1. WOONSTELKAMER TE HUUR

6. TUINWOONSTEL TE HUUR

teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

Oopplan-tuinwoonstel, met aparte badkamer (stort, wasbak en toilet). Eie binnehof, met ingeboude braaiplek. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in R3 100 per maand. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksiestoofplaat en dubbelbed (alles nuut). Ideaal vir mediese student of werknemenr by Steve Bikohospitaal, 500m van hospitaalingang. 1 maand deposito. Baie trappe. Beskikbaar 1 Junie 2013. Kontak Mathilda du Preez by 083 657 7007.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS open 1 Junie vanjaar in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500.00 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

7. MABULA: LUUKSE TYDDEEL TE HUUR/TE KOOP Junie/Julie-vakansie Marshall Eagle: Luukse 4-slaapk (slaap 8 mense) beskikbaar, baie naby aan hoofkompleks, maar baie privaat. Sluit 32+ gratis wildritte vir die week in. Kontak Contessa by 082 464 26909.

8. OPTIMALE GESONHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van "moderne medisyne" met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelprosesse om so die beste vir 'n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

9. OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


One truth for life: 1 Timothy 1:15/2:1-15 Extracts from the sermon by Dr Brian de Vries on 14 April 2013 at Duxbury, Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: The society and culture today demands tolerance for all religions but the Bible teaches an exclusive truth with no tolerance for others: There is only one true God and all other beliefs are false. Look at 1 Tim 2:5: “For there is one God, and one mediator between God and men, the man Christ Jesus …” There are many truth claims, also called worldviews, contradicting each other. Even the Constitution guarantees the right to personal religious belief but the Bible does not allow for conflicting perspectives on truth. Allowing other truth claims means you don’t know God. Ultimately, you must make a choice: either allow religious tolerance or trust in the one true God.

The Christian faith is exclusive and demands exclusiveness. God desires all people to be saved and so God desires your salvation too … Jesus, the Mediator, is a man, meaning that He is fully human in every way yet without sin. Jesus is God, fully God in every way. Jesus is the perfect Mediator because Jesus reconciles the holy God and sinful people. Jesus gave himself as a ransom. He is the one who gave His life to make liberty and freedom possible. Jesus gives us true freedom: Jesus saves us from slavery to sin and the devil and Jesus gives us equal identity in Him. The Bible’s truth is the only foundation of true eternal freedom. This is the Christian gospel reconciliation with God via Jesus: The Bible is exclusive in its truth claim: there is no other gospel, no other name, no other way – all other truth

Bediening en versorging

claims are false and lead to eternal hell;  The Bible is inclusive in its truth claim: the gospel is offered without discrimination to all people in all places;  The gospel is offered to each person individually: everyone is free to believe or reject this gospel. If you believe this gospel, then you are saved by Christ alone. If you reject this gospel, then you are damned forever in hell. To believe in Jesus means:  to reject as false all other truth claims and therefore to trust in Jesus only,  to worship without fighting and to worship and live beyond reproach;  to pray for all people because all people need our prayers;  to live godly and honest, in modesty and with selfcontrol;  to proclaim this truth to all other people because our proper profession in a pluralistic society is to display good works as a Christian witness.


Streeksinode Pretoria Konferensie Die konferensie gaan DV op 1 Junie by Meyerspark gehou word, om 09:00. Die tema is voorlopig: Die omkeerstrategie en kerkeenheid. Die tema verteenwoordig die breë lyne van die werk van die twee deputategroepe. Ds. Piet Venter, voorsitter van die Deputate Omkeerstrategie, asook ds. Danie Snyman, voorsitter van die Deputate Eenheid-in-Verskeidenheid, is die inleiers van die twee beplande sessies. Ons gaan ook op die konferensie die geleentheid kry om insette te lewer in die werksaamhede van die twee belangrike deputategroepe.

Indien jy belang stel om dit by te woon, laat weet die kerkkantoor (Duxbury) voor Dinsdag 28 Mei.

Prof PJ de Bruyn Hy was van 1970 tot 1988 predikant in Pretoria Sunnyside. Prof De Bruyn word in Desember 80 en ter viering van hierdie spesiale verjaarsdag is sy kinders besig om as ‘n verrassing vir hom ‘n elektroniese fotoboek van sy lewe saam te stel. Indien u enige foto’s het van die tyd toe hy predikant in Sunnyside was, e-pos dit asseblief aan my. Ons is ook op soek na ‘n mooi foto van die Sunnyside-kerkgebou. Geskandeerde kopie van die foto’s in jpgformaat sal heeltemal reg wees. Foto’s kan na my gestuur word by carolien.botha@dhl.com en enige telefoniese navrae kan gemaak word na my suster, Retha Martiz, by 011 672 7589.

NOOITGEDACHT

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650,00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

WWesskamp ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente Die kamp vind plaas van 14 tot 17 Junie by Bergventure (naby Champagne Castle in die Drakensberg). Die koste beloop R650 en sluit alle etes in. Kontak

Erna Dreyer by erna@gkrandburg.org.za of skakel 011 886 0580.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.