Nongqai Vol 12 No 8 (Lt-genl Van Deventer & SSVR)

Page 124

TROU TOT DIE DOOD TOE Genl Johan van der Merwe

Dr. Swart het my dringend ontbied toe hy hoor mev. Mandela is op Brandfort ingeperk. Hy was woedend omdat hy nie geraadpleeg is nie. Ek het verduidelik dat ons self van niks geweet het nie. Dr. Swart het mnr. John Vorster, wat toe Eerste Minister was, gebel en geëis dat mev. Mandela elders hervestig moet word. Mnr. Vorster het gesê hy sal kyk wat hy kan doen, maar het later laat weet dat die omstandighede in die land dit ongelukkig vereis. Brandfort sou nooit weer dieselfde wees nie. Mev. Mandela het die plek in ʼn ommesientjie op horings geneem. Sy het geweier om by enige plek die nie-blanke geriewe te gebruik. Gou het sy die hele swart gemeenskap agter haar geskaar. Sy het ʼn sterk persoonlikheid en charisma gehad en kon haar in enige geselskap laat geld. Van die vooraanstaande blanke vroue op Brandfort het haar vir tee genooi en dit het die atmosfeer verder vertroebel. Hoofkantoor was oortuig daarvan dat mev. Mandela ʼn belangrike rol gespeel het in die onluste wat in Soweto losgebars het. Volgens hulle was sy beslis die spil waarom talle ondergrondse bedrywighede gedraai het. Genl. Burger het my later vertel dat toe hulle vroeg die oggend van 16 Mei 1977 mev. Mandela by haar huis in Orlando-Wes gaan inlig dat sy na Brandfort verskuif word, hulle haar in die geselskap van Peter Magubane aangetref het. Hy was ook ʼn ingeperkte. Sowel hy as mev. Mandela

kon weens ʼn oortreding van hul inperkingsbevele vervolg word. Genl. Burger (toe kolonel) het Magubane egter bloot gewaarsku en hy het dankbaar die hasepad gekies. Sers. Gert Prinsloo het die minder aangename taak gehad om mev. Mandela se doen en late op Brandfort te monitor. Hy het informante, meeluistering en letterlik elke moontlike bron ingespan om vas te stel of sy nog politieke vure aanblaas. Hy het mettertyd inligting van informante ontvang wat daarop gedui het dat sy haar inperkingsbevele in verdagte omstandighede oortree het. Die destydse prokureur-generaal van die Vrystaat het besluit om haar op verskeie aanklagte te vervolg. Adv. George Bizos het haar verdedig en van ons getuies aan flarde geskeur. Sy is wel op een aanklag skuldig bevind, maar dit is by appèl ter syde gestel. In ’n stadium het ʼn dr. Chris Hattingh wat op Welkom gepraktiseer het, met mev. Mandela begin skakel en haar besoek. Aanvanklik was ons uiters

agterdogtig

en

elke

besoek

en

telefoongesprek is deeglik ontleed. Ons het egter gou agtergekom dat dr. Hattingh se belangstelling nie politiek van aard was nie en beslis nie met ondermynende bedrywighede verband gehou het nie. Dr. Hattingh het later genl. Johann Coetzee

NONGQAI VOL 12 NO 8 – NBS & SSVR

(Continued on page 125)

124


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Nawoord: HBH

5min
pages 241-244

ONREGEERBAARHEID: AP Stemmet

7min
pages 238-240

DOKOTELA BOET: Mr P C Swanepoel

15min
pages 230-234

SOUTH AFRICA AND WEAPONS OF MASS DESTRUCTION: NUCLEAR/ BIOLOGICAL/CHEMICAL (NBC): Tercio Oculus

17min
pages 221-229

HOW THE FORMER SOVIET UNION AC QUIRED THE "HELMET MOUNTED SIGHT" FOR THEIR AIR FORCE: Wolfgang Witschas

1min
page 219

REPUBLIKEINSE INTELLIGENSIEDIENS

1min
page 220

SA SPOORWEGPOLISIE HELMET: Carl

1min
pages 193-194

ABW: ENTERTEAINMENT: Jennifer Bosch

4min
pages 200-207

MARGARET THATCHER, NIEL BARNARD AND THE END OF APARTHEID: Prof H Giliomee

18min
pages 214-218

“CHRIS” (BOSPADDA): Paul Els en Frans Bedford Visser

0
page 192

1906: WATER POLISIE: DURBAN: HBH

0
page 191

DEPRESSIE, ‘n PSIGIESE SABOTEUR: D r

14min
pages 180-185

DIE GEBRUIK VAN HELIOGRAFIE DEUR

3min
page 179

1999: IPA NONGQAI (IPA EERS OOS MOOT): Insp Gert Visage

0
page 178

FRIENDLY MARCHES: Col HJ Odendaal

2min
page 174

ONAIMWANDI SE OLIFANTE: Kol JJ

18min
pages 160-173

No 2884 HEAD-CONST (WO) WFG

13min
pages 143-159

Corporal RH Sonnekus, 2nd Battalion, SA

1min
pages 175-176

HISTORIESE POLISIEFOTO’S: Prof Alex

0
page 139

MEDALS HANDED OVER FOR COM BINED TOTAL OF 84 YEARS OF SERVICE IN THE SOUTH AFRICAN POLICE FORCE: Col Lo-

0
page 177

No. 2364 Schutter (Rifleman) Hendrik Louis

4min
pages 136-138

JOHANNES GERHARDUS DREYER: Dicks

9min
pages 131-135

ACTUALITY ANALYSIS: UNDER STANDING THE ZUMA RIOTS: Dr. Willem

59min
pages 9-27

HERINNERINGE: Dr Leon Wessels

6min
pages 122-123

TROU TOT DIE DOOD TOE: Genl Johan

4min
pages 124-125

STAATSVEILIGHEID: DEPARTEMENT VAN DIE EERSTE MINISTER: Mnr AP Stemmet

1min
page 52

DIE DAMES BRING HUL KANT: Kol

17min
pages 126-130

WEES GEWILLIG OM TE VERANDER

1min
page 8

Inhoudsopgawe | Contents

3min
pages 3-7
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.