VOORWOORD | FOREWORD
Dr WP Steenkamp Beste Brig. Hennie: In hierdie maand se Nongqai word daar so baie pitkos aangebied. Wat my veral getref het, is die nuwe rubriek “Eietydse Polisiëring” en die onrusbarende feite wat daarin reflekteer word. Seer sekerlik wil mens nie dat Nongqai in die partypolitieke debat verstrengel raak nie. In ag genome egter dat daar ‘n wesentlike verskil is tussen partypolitiek voer, en legitieme gedagtewisseling oor nasionaal-belangrike politieke kwessies (waarvan wet-en-orde in die breë altyd, in enige land, ‘n uiters belangrike komponent is) glo ek dat dit tyd geword het om padlangs te praat oor die stand van polisiëring in Suid-Afrika. Maar nie net daaroor nie – ook die stand van dienslewering in die algemeen in die openbare sektor. Ek glo voorts dis belangrik om dit vanuit ‘n arendsoog perspektief te doen (m.a.w., die globale prent, en die strategiese impak en implikasies daarvan) want andersins kan mens in hare-klowery oor die detail verval – soos die Engelse sê, dan nie die bos van die bome onderskei nie. Sekerlik die eerste plig van enige owerheid, van oertyd af, was en bly die beskerming van sy burgers. Dit raak drie vlakke: eerstens beveiliging teen aanval van buite (die taak van ‘n weermag), tweedens die beskerming van die individu binnelands, teen misdaad, en derdens die beskerming van die gemeenskap en die staatsinstellings teen openbare geweld en wanorde. Die laaste twee funksies rus op die skouers van die polisie. Maar as die polisie nie eers hulleself of hulle eie infrastruktuur kan beskerm nie (verwysend na die R11biljoen spandeer aan privaat-beveiliging) watter vertroue kan Jan Alleman dan hê dat die polisie vir hom, sy gesin en gemeenskap sal kan (wil?) beskerm teen misdaad en openbare geweld? Die erns van die misdaad-situasie, soos dit individue raak, spreek duidelik uit die aangehaalde statistiek. Die tendens is boonop sterk verslegtend. Die gebeure in Julie verlede jaar in KZN en Gauteng, het die onvermoë om die gemeenskap teen wanorde en geweld te kan beskerm, eweseer blootgelê. Dis nou ook weer onderstreep deur die onvermoë om die onwettige Eskom-stakers aan bande te lê. Benewens die uiters negatiewe effek wat dit op mense se sieleheil het, om so in vrees te moet lewe, het die vlak van onbevooegdheid om die Staat se mees basiese funksie en verpligting en teenoor sy burgers te vervul, uiters ernstige ekonomiese gevolge. Dit strek van versnelde emigrasie van hoëpotensiaal-mense (wie se verlies die land nie kan bekostig nie) na bes moontlik 12