Nongqai Vol 13 No 7A – Dames

Page 94

FOTO’S BRING NOSTALGIE UIT MY LOOPPBAAN Helena Nel Engelbrecht Vandag 23 November 2021 na 13 jaar is ek besig om my foto albums te verpak in plastiek kratte sodat dit nie verlore kan gaan nie. So kom ek op my foto’s af van my kollegedae. Dit is so ‘n nostalgiese oomblik. Kosbare herinneringe, goeie vriendskappe en kameradie opgebou. Die goeie en slegte tye in die kollege. Ek is op 5 Januarie 1981 ingesweer deur my pa, sers. Kallie Nel te Clanwilliam. Vir twee weke het ek onder hom gewerk van die ou garde waar alles pynlik netjies was en dissipline eerste prioriteit. Na die twee weke was ek baie opgewonde oor my nuwe toekoms en loopbaan en neem my ouers my Paarl toe waarvandaan ek met die trein na Pretoria reis om met my opleiding te begin. Ons is ‘n klomp plattelanders in die trein. Na ‘n tranedal van my ouers en ek te opgewonde om ‘n traan te pik en ‘n verwese koebaai van hulle, het ek besef nou is ek op my eie en net 17 jaar oud. Na bitter min slaap van opgewondenheid arriveer ons in Pretoria by die kollege. Nou word ons na ons kamers verwys. Ons het al ons bagasie en ook nog n blik trommel wat twee stelle trappe opgedra moet word.

Ek

beland in peloton 26, Rosehof, tweede vloer. Hoe gelukkig was ek nie die meeste van ons wat van die Kaap af kom is in dieselfde peloton van sover as Namakwaland en Hantam. Daar leer ek nuwe vriende en ons staan bankvas agtermekaar. Natuurlik is daar ook ‘n paar Valies in ons peloton. Nou ja op ‘n drafstap begin met ons nuwe lewe. Skroprokke en alle ander uitrusting wat ons benodig word aan ons uitgereik.

94 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.