Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Aktiwiteit 2: Evalueer eiewaarde Leerders moet die eiewaardevraelys voltooi om te bepaal hoe hulle hulself sien. Vra hulle om so eerlik as moontlik te wees. As hulle die vraelys voltooi, verhoog dit ook hul selfbewustheid. Eiewaardevraelys Hierdie vraelys is ’n manier om te bepaal hoe jy jouself sien. Deur eerlik met jouself te wees kan jy sien watter areas verbeter moet word. Jou selfbeeld is hoe jy jou eie lewe evalueer en hoe jy oor skool, jou verhoudings en die toekoms voel. Puntetelling: Nooit 1 Selde 2 Soms 3 Gewoonlik 4 Altyd 5 Stelling
1
2
3
4
5
Ek gee my mening openlik. Ek is nie bang dat ander mense my sal verwerp nie. Indien ek ’n groot besluit moet neem wat myself beïnvloed, kan ek ander mense raadpleeg, maar die finale besluit sal my eie wees. Ek vergewe myself vir my foute. Ek glo dat ek die beste verdien wat die lewe kan bied. Ek aanvaar myself vir wie ek is. Ek kan beide positiewe en negatiewe gevoelens uitdruk. Ek maak tyd vir myself. Ek vra vir hulp wanneer ek dit nodig het. Ek sal ’n onbevredigende item wat ek gekoop het na die winkel terugneem. Ek gee nie om wat ander van my dink nie. Wanneer ek ontevrede is met ’n deel van my lewe, sal ek stappe neem om ’n verandering te maak. Ek is gemaklik daarmee om oogkontak met ander mense te maak. Wanneer ek gekritiseer word, luister ek, maar neem dit nie persoonlik op nie. Ek is gemaklik daarmee om nuwe dinge te probeer. Ek kan my prestasies en positiewe eienskappe opnoem. Ek is gemaklik rondom suksesvolle mense. Ek glo dat ek enigiets kan hanteer. 21
© Optimi