Graad 5 Handleiding Sosiale Wetenskappe Geografie

Page 19

Eenheid 2 1 Afrika, ons kontinent

Leerdoelwitte Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen: ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ●

Inleiding

Weet wat die ligging van Afrika op ’n wêreldkaart is. Benoem en vind die oseane wat Afrika omring.

Verstaan die konsep van ’n land met grense.

Ken die verskillende lande van Afrika, met betrekking tot die res.

Verstaan die konsepte en gee voorbeelde van lande wat landgeslote is of ’n kuslyn het.

Weet watter lande is noord, suid, of langs die ewenaar.

Verstaan die konsep van ’n eiland.

Vergelyk Madagaskar, ’n land en ’n eiland; met Zanzibar, ’n eiland wat deel is van Tanzanië.

Lys en dui die groot stede van Afrika op ’n kaart aan – insluitend Kaïro, Lagos, Johannesburg en Nairobi.

Lys en dui Suid-Afrika se buurlande op ’n kaart aan: Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland en Zimbabwe.

Verstaan die konsep van hoofstede en ken die hoofstede van Suid-Afrika en buurlande.

In hierdie eenheid leer ons waar Afrika op die wêreldkaart is en watter lande en oseane rondom

Afrika is. Ons leer ook van kuslyne, grense en eilande.

Alle lande het ’n hoofstad, wat die belangrikste stad in die land is. Dit is nie noodwendig die

grootste stad in die land nie, maar dit is oor die algemeen die middelpunt van handel of die

regering.

© Optimi

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.