
1 minute read
Eenheid 1: Persoonlike en sosiale welsyn
Eenheid 1
Persoonlike en sosiale welsyn
Leerdoelwitte
Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
● Begrip en respek te hê vir liggaamsveranderinge. ● Die invloede van die media en gemeenskap op jou liggaamsbeeld te identifiseer. ● Jouself aanvaar vir wie jy is. ● Jou eie vermoëns, belangstellings en potensiaal kan identifiseer. ● Geleenthede skep om die meeste te maak van jou eie vermoëns, belangstellings en potensiaal. ● Groepsdruk kan identifiseer en hanteer. ● Probleemoplossingsvaardighede kan toepas in konfliksituasies.
Belangrike terminologie
Belangstellings: Dinge waarin jy belangstel en waarvan jy hou om aan deel te neem of te doen. Groepsdruk: Wanneer ’n groep druk plaas op ’n individu/groep om aan ’n sekere aksie deel te neem, ongeag of dit reg of verkeerd is. Liggaamsbeeld: Hoe jy jou liggaam sien. Potensiaal: Die eienskap waaroor jy beskik om ’n sekere doelwit te bereik; om die beste te doen in die dinge waarin jy goed is. Probleemoplossing: Sekere aksies wat gevolg word om probleme op te los. Selfbeeld: Dit wat jy van jouself as ’n persoon dink. Vermoëns: Eienskappe waaroor jy beskik om sekere take te verrig – iets wat jy goed kan doen, bv. ’n vaardigheid of talent.