2 minute read

Les 4: Probleemoplossingsvaardighede in konfliksituasies

Next Article
Les 3: Groepsdruk

Les 3: Groepsdruk

Jy kan op verskillende plekke vriende maak en so uitvind dat daar ander mense is wat soos jy dink en wat jou belangstellings deel. Jy kan ook leer dat daar mense is wat baie anders as jy dink en dat dit nie altyd ’n slegte ding is nie. Jy kan pret hê saam met vriende, nuwe dinge leer, en nuwe, veilige dinge waag met jou vriende se ondersteuning.

Les 4 Probleemoplossingsvaardighede in konfliksituasies

4.1 Vaardighede om as tussenganger op te tree

Die meeste mense ervaar konflik as negatief. Konflik kan egter goeie veranderinge meebring en dit bring nuwe geleenthede mee. Konflik kan dan ’n positiewe uiteinde hê. Dit gebeur gereeld dat mense wat in ’n konfliksituasie is dinge sê of doen wat die konflik net vererger.

Konflik kan verbaal (slegsê) wees of fisies (slaan, skop). Dit is belangrik om konflik op ’n gepaste wyse op te los. Jy moet weet waar die konflik begin het, sodat jy planne kan voorstel om dit op te los.

Wat is onderhandeling?

Dit is ’n proses waartydens mense wat in konflik is, bymekaar kom om hulle geskille te probeer oplos. Elke persoon kry die geleentheid om hulle mening te lig en voorstelle te gee vir die oplossing daarvan. Onderhandeling bestaan gewoonlik uit die volgende stappe:

● Die probleem word geïdentifiseer en daar word besluit hoe dit opgelos gaan word. ● Elke persoon kry die geleentheid om hulle kant van die saak te stel. ● Die persone respekteer mekaar se opinies. ● Daar word ’n dinkskrum gehou. Dit beteken dat elkeen se voorgestelde oplossings bespreek en oorweeg word. ● Daar word op een oplossing besluit wat albei persone se goedkeuring wegdra.

Hoe tree ek op in ’n konfliksituasie?

● Stop en koel af. Wag ’n rukkie voor jy praat. ● Identifiseer die werklike oorsaak van die konflik. ● Gebruik “ek”-stellings soos: “Ek voel ...”

● Praat oor hoe jy voel en wat gebeur het. ● Hou ’n dinkskrum. ● Kies oplossings wat elkeen mee tevrede is. ● Maak ’n plan en besluit hoe julle dit in werking gaan stel.

Figuur 1.8

Aktiwiteit 16

1. Dink aan enige probleem waarmee jy onlangs te doen gehad het. 2. Identifiseer die werklike rede vir die konflik. 3. Sê vir die ander persoon hoe jy voel. 4. Vertel jou kant van die storie. 5. Hou ’n dinkskrum om moontlike oplossings te vind. 6. Kies een van die voorgestelde oplossings. 7. Stel dit in werking. 8. Evalueer die oplossing en kyk of dit die konflik opgelos het.

Wat is bemiddeling of om as ’n tussenganger op te tree?

Dit gebeur soms dat ’n probleem so ernstig is tussen mense dat ’n derde persoon nodig is om die probleem op te los. Hierdie persoon word ’n bemiddelaar genoem. Dit is in meestal mense wat opgelei is om mense te help om ’n probleem op te los. Hulle probeer slegs verstaan wat die oorsaak van die probleem is en raak nie persoonlik betrokke nie. Hulle kies ook glad nie kante nie en het geen belang by die uitkoms van die konflik nie. Hulle tree dus onpartydig op in die

This article is from: