Graad 6 Handleiding Lewensvaardighede

Page 29

G06 ~ Lewensvaardighede

1

Jy kan op verskillende plekke vriende maak en so uitvind dat daar ander mense is wat soos jy dink en wat jou belangstellings deel. Jy kan ook leer dat daar mense is wat baie anders as jy dink en dat dit nie altyd ’n slegte ding is nie. Jy kan pret hê saam met vriende, nuwe dinge leer, en nuwe, veilige dinge waag met jou vriende se ondersteuning.

Les 4 Probleemoplossingsvaardighede in konfliksituasies 4.1

Vaardighede om as tussenganger op te tree

Die meeste mense ervaar konflik as negatief. Konflik kan egter goeie veranderinge meebring en dit bring nuwe geleenthede mee. Konflik kan dan ’n positiewe uiteinde hê. Dit gebeur gereeld

dat mense wat in ’n konfliksituasie is dinge sê of doen wat die konflik net vererger.

Konflik kan verbaal (slegsê) wees of fisies (slaan, skop). Dit is belangrik om konflik op ’n gepaste

wyse op te los. Jy moet weet waar die konflik begin het, sodat jy planne kan voorstel om dit op te los.

Wat is onderhandeling? Dit is ’n proses waartydens mense wat in konflik is, bymekaar kom om hulle geskille te probeer oplos. Elke persoon kry die geleentheid om hulle mening te lig en voorstelle te gee vir die oplossing daarvan. Onderhandeling bestaan gewoonlik uit die volgende stappe:

● ● ● ● ●

Die probleem word geïdentifiseer en daar word besluit hoe dit opgelos gaan word.

Elke persoon kry die geleentheid om hulle kant van die saak te stel. Die persone respekteer mekaar se opinies.

Daar word ’n dinkskrum gehou. Dit beteken dat elkeen se voorgestelde oplossings bespreek en oorweeg word.

Daar word op een oplossing besluit wat albei persone se goedkeuring wegdra.

Hoe tree ek op in ’n konfliksituasie? ● ● ●

Stop en koel af. Wag ’n rukkie voor jy praat.

Identifiseer die werklike oorsaak van die konflik. Gebruik “ek”-stellings soos: “Ek voel ...”

© Optimi

29


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.