Eenheid 1 Persoonlike en sosiale welsyn
Leerdoelwitte Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen: ● ● ● ● ● ● ●
Begrip en respek te hê vir liggaamsveranderinge.
Die invloede van die media en gemeenskap op jou liggaamsbeeld te identifiseer. Jouself aanvaar vir wie jy is.
Jou eie vermoëns, belangstellings en potensiaal kan identifiseer.
Geleenthede skep om die meeste te maak van jou eie vermoëns, belangstellings en potensiaal.
Groepsdruk kan identifiseer en hanteer.
Probleemoplossingsvaardighede kan toepas in konfliksituasies.
Belangrike terminologie Belangstellings: Dinge waarin jy belangstel en waarvan jy hou om aan deel te neem of te doen.
Groepsdruk: Wanneer ’n groep druk plaas op ’n individu/groep om aan ’n sekere aksie deel te neem, ongeag of dit reg of verkeerd is.
Liggaamsbeeld: Hoe jy jou liggaam sien.
Potensiaal: Die eienskap waaroor jy beskik om ’n sekere doelwit te bereik; om die beste te doen in die dinge waarin jy goed is.
Probleemoplossing: Sekere aksies wat gevolg word om probleme op te los. Selfbeeld: Dit wat jy van jouself as ’n persoon dink.
Vermoëns: Eienskappe waaroor jy beskik om sekere take te verrig – iets wat jy goed kan doen, bv. ’n vaardigheid of talent.
© Optimi
11