4 minute read

Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur

Next Article
AKTIWITEIT 4

AKTIWITEIT 4

1.5 Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur)

1.5.1 Studiemetodes

Jou persoonlikheid gaan jou metode van studeer bepaal. Elke persoon se brein werk op ’n ander manier. Die deel van jou brein waarmee jy dink bepaal jou breindominansie. Dit klink dalk nou vir jou na ’n baie groot woord, maar dit is baie maklik om te bepaal.

Mense met linkerbrein-dominansie het die volgende eienskappe: 1. Hulle is logies en fokus op detail. 2. Hulle hou daarvan om ’n vaste roetine te volg. 3. Hulle verkies om ’n probleem in dele op te breek en hanteer elke deel dan opeenvolgend. 4. Verkies meervoudige keusevrae in ’n vraestel. 5. Hulle is baie taakgeoriënteerd. 6. Hulle is ingestel op tyd en hou daarvan om vir hul doelwitte te stel en ’n tydsbeperking daaraan te koppel. 7. Hulle maak primêr op taal staat in hul denke en geheue. 8. Hulle beheer hul gevoelens. 9. Reageer optimaal op luister en sien. 10. Hul hou van definitiewe grense: wat is reg en verkeerd?

Persone met regterbrein-dominansie het die volgende eienskappe: 1. Hul fokus op die geheel. 2. Hul hou daarvan om nuwe dinge te probeer en het nie ’n vaste roetine nie. 3. Hul los ’n probleem op deur na die geheelbeeld te kyk en dan hul intuïsie en gevoel te gebruik. 4. Verkies vrae in ’n vraestel waar hul eie mening kan gee. 5. Hul is baie mensgeoriënteerd. Is baie sosiaal. 6. Hul volg hul eie tydskedule. 7. Hul maak primêr staat op prente in hul denke en geheue. 8. Hul is baie spontaan met hul gevoelens. 9. Reageer die beste op beweging en aksie. 10. Hul is baie veranderbaar en aanpasbaar.

Dit kan so wees dat jy eienskappe van beide bogenoemde toon. Daarom kan niemand jou voorskryf met ’n bepaalde studiemetode nie. Jy moet dit vir jouself uitwerk. Dit is beter om al die metodes te probeer en dan te kyk watter een werk die beste vir jou.

Ons gaan kortliks na twee soorte opsommings kyk.

1. Die eerste metode het baie name: die kopkaart, die spinnekop en die breinkaart. Leerders wat meer regterbrein-dominant is, vind veral baat by die metode.

Hoe maak jy ’n breinkaart?

 Lees eerstens jou werkstuk deur.  Neem ’n skoon bladsy (A4 of groter) en skryf die hoofopskrif in die middel van die bladsy. Jy kan dit ook koppel aan ’n prentjie en dit in die middel teken.  Skryf nou al die ander belangrike feite (of teken dit) in vertakkings om jou hoofpunt.  Jy kan nou aanhou vertakkings byvoeg om minder belangrike feite ook uit te lig.  Dit help om verskillende kleure te gebruik.

Harsingsbalk

Harsingskors

Kleinharsings Die brein

Harsingstam

Hierdie is net ’n voorbeeld – jy kan nou by elke vertakking verdere vertakkings insit om dit verder te verduidelik.

2. Die tweede metode noem ons ’n vloeidiagram of ’n puntgewyse opsomming. Persone wat meer linkerbrein-dominant is verkies hierdie metode. Hulle is meer logiese mense en dit maak vir hul meer sin.

Doen dit as volg:  Lees jou werk deur. Kry ’n goeie prentjie in jou kop waaroor die werk gaan.  Lees dit weer deur en kyk wat is elke paragraaf se kernfeit.  Som die kern van die paragraaf in jou eie sin op.  Doen dit met die hele werkstuk.  Gaan jou opsomming nou deur en maak seker dat dit vir jou sin maak. ’n Voorbeeld van ’n puntgewyse opsomming is as volg: “Die kleinharsings is ’n geplooide lob wat onder die serebrum lê. Dit beheer en koördineer die spiere vir fyn motoriese bewegings, bv. loop.”

Opsomming van die leesstuk: Kleinharsings: - Geplooide lob - Onder serebrum - Beheer, koördineer - Fyn motories bv. loop

Jy kan nou albei metodes probeer en die beste metode vir jouself kies.

DEFINIEER

Studiemetodes: Dit is die metode wat jy gebruik om feite te memoriseer, sodat jy dit korrek kan weergee. Geheue: dit is die deel in jou brein wat jou help om dinge te onthou. Breindominansie: Dit is die deel van jou brein wat jou aksies en denke beheer. Visualisering: Dit is wanneer jy ’n begrip vorm met behulp van ’n prentjie. Assosiasie: Om dit wat jy moet onthou te koppel aan iets wat jou daaraan sal herinner en jou sodoende help om dit makliker te onthou.

1.5.2 Vaardighede om geheue te ontwikkel

Die mens is gebore met ’n onbepaalde leervermoë. Ons voorvaders het nie so baie goed gehad om te onthou soos ons vandag nie. Hul moes net die oorsprong van hul voedsel, water en gevare bepaal. Ons breine is dus so ontwikkel om dinge in helder beelde te onthou.

As jy dus geneig is om dinge te vergeet, probeer om dit te koppel aan ’n beeld van iets. Stres kan ook jou geheue beïnvloed. As jy onder baie druk en stres verkeer, sal jou geheue daaronder lei.

Gesonde eetgewoontes kan ook bydrae tot goeie geheue. Die volgende kosse is noodsaaklik vir ’n gesonde brein:  Gesonde vette, bv. eiers, sade, neute en olieryke vis, bv. salm.  Vars vrugte en groente  Proteïen bv. hoender  Vermy suiker en kafeïne  Neem goeie vitamienaanvullings  Daar is verskeie praktiese goed wat jy kan doen om jou geheue te verbeter.  Geheuespeletjies o Kaartspeletjies, bv. met flitskaarte. o Pak ’n patroon met bv. boublokkies. Maak die patroon nou deurmekaar en probeer dit weer presies dieselfde pak. o Skaak is een van die beste geheuespeletjies.

 Geheuehulpmiddels o Visualisering – voor jy iets doen visualiseer hoe jy dit gaan doen. Jy sal dit nou makliker onthou. o Assosiasie – koppel ’n woord of ’n storie aan iets wat jy moet onthou. o Oefen jou luistervaardighede. Kyk bv. die nuusberig op die tv en laat iemand jou vrae daaroor vra. Let daarna op om met aandag te luister.

This article is from: